* This has always been the case, but it is not difficult to guess who is behind all these revolutions to slander countries? Possibly those who want to exercise control in the end. The violence, revolution, crime, corruption, murders have been going on for a long time and are created by the common sharers and… Continue reading Gemene delers en onderdruktes
Kategorie: Wêreld & globalisme / World & globalism
Groenland nie te koop – geskiedenis en kultuur
* Die verkoop van 'n land is hoogs debateerbaar en uiters plofbaar regoor kontinente. Die nuutste is Groenland wat hierby gevoeg word - kan dit weens die minerale onder die ys wees en nie soseer die sekuriteit en beheer nie, of dalk albei? Dog soms word dit toegelaat as daar onwettige anneksasies plaasvind… Continue reading Groenland nie te koop – geskiedenis en kultuur
Internasionale misdade, volksmoorde, oorloë en wapentransaksies
* Internasionale menseregte het betrekking op alles in die lewe, om te mag lewe is op alle mense, volkere en nasies van toepassing. Daar is geen mandaat aan meerderhede, hetsy volke of nasies, of gekombineerde volkere en nasies, gegee om aanvalle, hetsy van watter aard ookal, uit te voer of die reg om minderhede… Continue reading Internasionale misdade, volksmoorde, oorloë en wapentransaksies
Groenland en onafhanklikheid
* Groenland en haar eilandbewoners het 'n reg tot vryheid en internasionale onafhanklikheid, nes enige ander volk. Waarom skryf groot moondhede of ander lande voor aan eilandgroepe of minderhede wat hulle mag of nie mag doen nie. Vir jare en etlike dekades bestaan minderheidsvolke sonder enige hulp van buite of selfs groot moondhede. Maar… Continue reading Groenland en onafhanklikheid
Groenland en Faroë-eilande -Denemarke
* Daar bly heelwat gemeenskappe en minderheidsvolke op die outonomiese eilande, Groenland en Faroë-eilande. Groenland die grootste eilande in die wêreld wat aan die Koninkryk van Denemarke behoort. Daar is meer as 100 duisend mense op die twee groot eilande saam. Beide eilandbewoners is ook burgers van Denemarke. Groenland bestaan hoofsaaklik uit ysberge en… Continue reading Groenland en Faroë-eilande -Denemarke
P5 Veto magte by Verenigde Nasies
* Die P5 lande is Brittanje, Frankryk, Verenigde Nasies van Amerika, Rusland en China. Hulle is die lande met veto regte by die wêreldliggaam, die VN waar besluite gemaak of gebreek word teen ander volke, nasies, lande en gemeenskappe. Dit raak alle minderheidsvolke wat graag onafhanklikheid soek soos enige ander volk en land wat dit… Continue reading P5 Veto magte by Verenigde Nasies
Oorloë het geen wenners – Wars have no winners
* Alles gaan vandag meestal oor geld, ekonomie en wie dit beheer. Daar bestaan nie iets soos regverdigheid vir die skending van menseregte en lewens wat verwoes word nie. Dit loop hand aan hand saam met resolusies, die misbruik van minderwaardige meerderhede loop oor in oorloë waar die bloed vloei. Oorloë wat dae, dekades… Continue reading Oorloë het geen wenners – Wars have no winners
Was Atlantis groen in die Sahara
* Niemand sal regtig weet of die bekende Atlantis, 'n eens goed en vooruitstrewende ontwikkelde beskawing, onder die golwe gesink het soos wat vermoed word nie. Daar word ook moontlik geredeneer dat Atlantis eerder 'n weelderige en groen eiland êrens in of naby die Atlantiese oseaan moes gewees het. Laat die verbeelding gly oor… Continue reading Was Atlantis groen in die Sahara
Alinsky – Cloward-Piven – Soros planne
* Die patroon is vernietigend en verskil van regering tot regering, korporasie tot korporasie of land tot land. Die Cloward–Piven-strategie is een van daardie teorieë wat woede van beide aan die regse en bewondering van links in Amerika ontlok. Die linkses skilder graag die prentjie van deernisvolle sosioloë wat bekommerd is oor die welsyn van… Continue reading Alinsky – Cloward-Piven – Soros planne
Alinsky – Cloward-Piven – Soros Strategieë
* In 1965 het twee Columbia-universiteitsosioloë Richard Andrew Cloward en Frances Fox Piven 'n strategie gelei om die Nuwe Linkses se beplande transformasie van die Verenigde State in 'n Sosiale Demokrasie te kataliseer. Dit is niks anders as kommunisme nie. In die 2 Mei 1966-uitgawe van "The Nation" het hulle hul voorgestelde strategie in… Continue reading Alinsky – Cloward-Piven – Soros Strategieë
Lowergroen Kontinente
* Hou die Sahara net respek vir sommiges in of skuil daar ander belangrike dinge in die boek van hierdie magdom van sandgolwe en -woestyn wat met elemente verander. Verseker is die gebiede nie geskep net vir fotografie nie. Elemente wat hier uitgewoed het is nie altyd of noodwendig natuurlik van aard nie. Waarom word… Continue reading Lowergroen Kontinente
Skatte van Afrika
* Word die antieke dorpies en stede ingesluk deur die hitte, golwe van sand en woestyn? Chinguetti is in Noord-Mauritanië geleë en dit word ook die sewende heiligste stad in Islam genoem. Dit is volgens hul antieke waardes, die tuiste van sommige van die wêreld se belangrikste Middeleeuse Korantekste. Dit is in 777… Continue reading Skatte van Afrika
Die Engelse ryk teen die Boere volk
* Die Engelse was nie alleen in gevegte betrokke teen die handjievol BOERE vegters, vroue en kinders in helkampe nie. Hulle is bygestaan deur verskillende ander lande op verskillende terreine. Honderde duisende perde is spesiaal geteel vir die doeleindes vir die Anglo-BOERE oorlog en was alles vooraf beplan en uitgewerk om die perde met stoombote… Continue reading Die Engelse ryk teen die Boere volk
Suid-Afrika grens: Mosambiek Zimbabwe Lesotho Swaziland
* Wanneer daar na al die bedrywighede in die binneland maar ook op ons landsgrense gekyk word, is dit inderwaarheid 'n ontploffing van verskillende misdade wat hier plaasvind en andersinds aanleiding gee tot meer onbeheerde misdaad soos korrupsie, moorde, mense- en orgaanhandel. Laasgenoemde 'n terme wat min bespreek word met sulke tipe van oop… Continue reading Suid-Afrika grens: Mosambiek Zimbabwe Lesotho Swaziland
Rhodes se BSAC pad deur Afrika
* Magsposisies, beheer en kontrole - dit gaan terug na Rhodes en Milner. Cecil John Rhodes is op 5 Julie 1853 in die klein gehuggie Bishops Stortford, Engeland, gebore. Hy was die vyfde seun van Francis William Rhodes en sy tweede vrou, Louisa Peacock. 'n Priester van die Kerk van Engeland, sy vader het vyftien… Continue reading Rhodes se BSAC pad deur Afrika
De Beers myn in Kimberley
* Op 18 April 1860 is die titelaktes op die plaas Vooruitzicht toegeken aan die De Beers broers. Daar is egter heelwat ander plase wat genoem word. Dit is nou die area van Kimberley se groot Gat. Kimberley is bekend vir die groot Gat en is vandag 'n toeriste aantreklikheid. Van hierdie gebiede… Continue reading De Beers myn in Kimberley
Tale in Suid-Afrika – Afrikaans
* Die redes wat steeds in 2024 deur 'n sogenaamde demokrasie aangevoer word in Suid-Afrika om Afrikaans as 'n "apartheidstaal" te beskou is of as haattaal uitgekryt word, is totaal en al diskriminasie en rassisme teenoor die Afrikaanse taal sowel die Boere volk en ander volk(e) wat dit praat, lees en skryf. Dis nie genoegsame… Continue reading Tale in Suid-Afrika – Afrikaans
Afrikaans se kragtige lewenslig
* Afrikaans is lewendig en sal altyd so bly, nie net onder die Boere volk nie. Dit is 'n trots gevoel om te kan kommunikeer in die taal waarvoor 'n liefde ontwikkel is en haar lewensliggie wat daagliks skyn. Afrikaans het nog altyd 'n oop deur gehad tydens die Groot trek. Afrikaans is met ossewa,… Continue reading Afrikaans se kragtige lewenslig
Geheime organisasies van Milner-Rhodes
* Die Ronde Tafel (Round Table) - bewegings, wat in 1909 gestig is in suidelike Afrika, was verenigings van organisasies wat die nouer unie tussen Brittanje, bondgenote en haar selfregerende kolonies wou bevorder. Heelwat ryk en bevoorregtes was (en waarskynlik steeds is) deel hiervan en was nie net uit Brittanje afkomstig gewees nie. Dit het… Continue reading Geheime organisasies van Milner-Rhodes
Geskiedenislesse: Boere, Rusland en Hongarye
* Is daar 'n vergelyking tussen die Russe, Hongarye en Boere volksgenote - lees en besluit self. Die Boere volk van die eertydse Boere republieke, moet oopkop wees en leer deur geskiedenislesse en herhalings van foute, wat voorkom kan word. Nie net met ons nie, maar ook in ander volkere se geskiedenis is daar lesse… Continue reading Geskiedenislesse: Boere, Rusland en Hongarye


















