Lord Shepstone in Britse Kolonies

*

Sommige van die Boere volksgenote en selfs buitelanders, besef nie dat suider Afrika regtig aan niemand behoort het gedurende of na 1652 nie.    Daar was basies net wilde diere en hier en daar nomadiese en rondtrekkende stamme.     Die Boere volk het nie in 1902 ophou bestaan toe hul hul vryheid verloor het nie en het ook nie saamgesmelt met die veelvolkige Afrikaners soos baie dink nie.    Hulle bly ‘n aparte volk nes wat die Zoeloes en Griekwas ook aparte volke is.  Destyds was hier wel rondtrekkende of nomadiese Khoi of San en ander stamme, wat nooit gevestig het op een plek nie  ook in die Kaapkolonie.   Daar is wel heelwat Boesman tekeninge in grotte te vinde in SA.  Dis hulle wat hul voetspore nagelaat het as rondtrekkend en vandag aanspraak maak op die hele suider Afrika.   Lord Shepstone het ook ‘n direkte en indirekte rol gespel in skeppings waarvoor hy verantwoordelik was wat uitgekring het na die res van suider Afrika.

The British Colony of Natal, 1843-1870 - War History

*

SHEPSTONE SE BELEID EN ADMINSITRATIEWE ROL IN DIE NATALIA BOERE REPUBLIEK

Die administratiewe ideologie van Lord Shepstone het gedurende die 1840’s en 1850’s duidelik begin word. Hy was ‘n voorstander vir sy eie stelsel en het indirekte heerskappy virt die swart en ander stamme gepleit.   By wyse van administrasie van Afrika-bevolkings deur hul tradisionele leiers behels, eerder as direkte ingryping deur koloniale owerhede. Hierdie benadering, hoewel dit oënskynlik meer respekvol teenoor bestaande sosiale strukture was, was uiteindelik steeds ontwerp om Britse belange te dien deur stabiliteit op grondvlak te probeer handhaaf.   Dit het nooit gebeur nie, maar hy het gespook om sy stelsel af te laat dwing.  Hy het geglo dat dit die mees effektiewe manier was om vrede in die streek te handhaaf en die stelsel van inheemse swart reservate, wat gedurende hierdie tyd gevestig is, het nou met hom geassosieer geraak.    In ander gebiede is die Khoi san en Griekwa gebiede KROONgebiede genoem.

*

SHEPSTONE STELSEL – HY HET APARTHEID BEGIN IN 1845 (SEGREGASIE)

Dit is uit en uit op die boeke hoe Shepstone saam die Zoeloe volke in Natal hul eie segregasie en apartheid begin het.   Daar was reeds ook ander besette gebiede in Transvaal en ander gebiede..

In 1845 is Shepstone aangestel in die nuwe Britse kolonie Natal.

Hier is sy administratiewe idees ten volle in die praktyk toegepas. Sy beleid het bekend geword as die ‘Shepstone-stelsel’. Hy is aangestel as Sekretaris vir Inheemse Sake. Die kolonie het ‘n beduidende Afrika-bevolking gehad, en Shepstone se beleid was daarop gemik om beheer uit te oefen en grootskaalse konflik te voorkom, terwyl dit ook die ekonomiese en politieke oorheersing van die wit setlaars verseker het. Hy het ‘n stelsel van inheemse reservate gevestig.  Sy dade het net die teenoorgestelde uitwerking gehad.

Die Shepstone-stelsel’ het ‘n hiërargiese administrasie geskep wat tradisionele leiers onder die toesig van wit magistrate geplaas het. Dit was uit en uit daarop gemik om die Afrika-lewe te reguleer en te manipuleer, insluitend grondbesit, beweging en tradisionele gebruike.

Swart reservate en lokasies was volgens die berigte ontwerp om selfregerend te wees onder die beheer van hul tradisionele leiers, maar uiteindelik het Shepstone die mag behou om leiers te verwyder of op te lê.  Dit het inderwaarheid nie veel vir die swart groepe en stamme beteken nie, want leiers is maklik vervang deur die Britse ryk.

Shepstone's dark secret | The Witness

*

ANNEKSASIE VAN NATALIA BOERE REPUBLIEK – SHEPSTONE

RETIEF TRAKTAAT

Dit was die Britse Ryk wat Natal in suider Afrika, op 4 Mei 1843 geannekseer het.   Toe was die Boere volk en ander sedert 1652 reeds in die land, verwys na die VOC wat ‘n handelstasie moes kom vestig het.    Boere was toe al in die omgewing van Natalia Boere Republiek.   Dit was die Boere kommando lede wat onderhandel het vir grond en wat die fisiese werk gedoen het om Dingaan se vee terug te besorg, nie enige veelvolkige Afrikaners of Engelse nie.

Die Trekker leier, Piet Retief het in 1838, voor Britse besettings in 1843, ‘n ooreenkoms met Dingaan vir ‘n gedeelte van Natal onderteken.  Dit is bekend dat die Zoeloe volk sekere dele van Natal beset het en nie die hele gebied nie. Net nadat hierdie Verdrag onderteken is, het Dingaan en sy militêre mag, Retief en sy afvaardiging vermoor.   Of dit in opdrag was van iemand anders, sal altyd bevraagteken word.   Dit wil so voorkom.   Want, alles was haarfyn en voorafbeplan, dat die BOERE hul wapens, in goedertrou, buite die kraal moes los.

Na hierdie moorde en ander gebeurtenisse, het die Trekkers hierdie gebiede as Natalia Boere republiek verklaar.   Al was dit slegs van korte duur, is en bly dit steeds ‘n ooreenkoms wat met BOERE bloed verseel en onderteken is.  Dit was nie net Retief wat gemartel en vermoor is nie.

Daar word berig dat Andries Pretorius as President verkies is.  Hy het steun deur ‘n volksraad van 24 lede verkry.    Dit stem ooreen met wat by die ou landdros- en heemradestelsel van die Kaap gebeur het (Stellenbosch, Swellendam en Graaff-Reinet Boere republieke).

Venynige ‘afpersing’ wat geweld gebruik het om die gebied as ‘n Britse kolonie te laat verklaar.  Dit laat mens nogal dink hoe swartes vandag in 2024-24, in gehore optree en maak of die Boere of blankes hulle grond gesteel het en hulle grond met geweld sal afneem, nes hul finansierders.   Dit wil voorkom die Britte het gedink hulle het alleen toegang of sê gehad het oor die stukkie Niemandsland, later bekend as Suid-Afrika.   Brittanje het geweier om die Republiek van Natalia se onafhanklikheid vir die Boere volk te erken en HULLE  het met mag en mening Natal  (en die Natalia Boere republiek) beheer.   Die Britte het reeds op die stadium heelwat lande verower en hierdie gedeeltes was op hulle kerfstok.

Die konflik by Congella in Mei 1842 het basies die einde vir die Republiek van Natalia beteken.

Ironies genoeg, vandag, het al die gebiede van die swart reservate en kroongebiede vir elkeen (verskillende swartes, Khoi san en Griekwas, steeds behoue gebly).  Dit is slegs die BOERE volk wat hul 15 + BOERE republieke moes afstaan in 1902 waartydens hul hul vryheid verloor het.    Vandag besit die Khoi san, Griekwa en verskillende Swart groepe miljoene hektaar grond, wat na 1994 weer eens aan hulle ‘toegeken is’, hulle het dit nog nooit verloor nie.  Dit staan bekend as Trust of CPA gebiede onder hul eie wetgewings en Tradisionele huise.

No photo description available.
(BKA)

*

ANNEKSASIE VAN DIE ZAR OF TRANSVAAL,  1877

Lord Shepstone het makllik ingemeng in ander se huishoudelike aangeleenthede.   Sy mees kontroversiële daad was die anneksasie van die Transvaalse Republiek in 1877.   Dit was nie die Boere volk wat duisende seemyle gereis het om die Britte se eiland te stroop en hul burgers uit te vermoor nie.

Brittanje en haar bondgenote sit beslis agter die anneksasie en ironies, was hulle dadelik in aksie om die minerale te annekseer.  Daar is heelwat goud, steenkool, diamante en veel ander.

*

Shepstone is as Spesiale Kommissaris aangestel en na Transvaal gestuur, oënskynlik om orde te herstel  kwansuis weens finansiële probleme en vermeende bedreigings van die Pedi-mense en die Zoeloe-koninkryk. Hy het beweer dat die Transvaalse regering nie daarin geslaag het om orde te handhaaf nie en dat die onstabiliteit daarvan ‘n bedreiging vir die breër streek en Britse belange inhou.  Dit is natuurlik absoluut snert wat hier gevoer word deur Shepstone.

Die anneksasie was ‘n kontroversiële stap wat gedoen is sonder enige betekenisvolle konsultasie met die mense van Transvaal. Baie Boere, het die anneksasie as ‘n skending van hul outonomie en soewereiniteit beskou.  Dus is hul vryheid gesteel deur Britse optredes.   Die anneksasie word nou gesien as ‘n voorbeeld van Britse imperiale uitbreiding, wêreldwyd.

Shepstone het nie die diepgewortelde republikeinse ideale van die Boeregemeenskap verstaan of waardeer nie.   Inteendeel dit kom voor of Brittanje en haar bondgenote,  elke persoon in hierdie land onder hulle beheer wou gehad het.  Dus, op militêre vlak, staan al die bondgenote saam en deel die ‘winste’ (van minerale en grondbesittings) wat verkry word uit so ‘n land uit.   Shepstone het nie baie moeite gedoen om vrede te bewerkstellig in belang van die Boere volk nie.

Die anneksasie was een van die oorsake vir die Eerste Anglo-Boereoorlog wat op Majuba berg plaasgevind het – nie in die ZAR of Vrystaat nie.  Dit is voorafgegaan met heelwat veldslae teen die Boere vegters. Die anneksasie, wat bedoel was om Britse oorheersing te verseker, het uiteindelik weerstand en wrok aangevuur en die grondslag gelê vir toekomstige konflikte.

Indien dit die Boere was wat Brittanje binnegeval het, sou Brittanje beslis nie net gesit en toekyk hoe word hulle verwoes nie.

Shepstone – Natal, roots of segregation

Shepstone and Boer republics

Anglo Boere oorloë  – Shepstone

Besoedeling in ou Boere republieke

Verdrag van Vereeniging 1902

UITSPANFONTEIN, DE PANNEN –  5 February 1902 (ABW)

Landbou, minerale en rykdom

Diamonds/Diamante –  Gold/Goud -MINERALS
*

ANGLO-ZOELOE OORLOG – SHEPSTONE

Die Anglo Zoeloe-oorlog van 1879 is nou gekoppel aan Shepstone se optrede. Sy beleid, veral sy anneksasie van Transvaal en die spanning wat dit veroorsaak het, is beskou as faktore wat tot die oorlog bygedra het. Hoewel hy nie direk die oorlog begin het nie, het sy beleid ‘n belangrike rol gespeel in die skep van die omstandighede wat konflik meer waarskynlik gemaak het.

Sy buitengewone aggressiewe houding teenoor die Zoeloe-koninkryk het spanning aangevuur. Die Britse koloniale owerhede het ook die militêre sterkte van die Zoeloe onderskat, met die konflik wat begin het met ‘n vernederende nederlaag van die Britte by Isandlwana. Hierdie nederlaag, en die daaropvolgende militêre veldtogte teen die Zoeloe, het Shepstone se reputasie verder skade berokken, wat as een van die argitekte van ‘n rampspoedige beleid teenoor die Zoeloe beskou is.   Sy segregasie en apartheid leef egter steeds voort en dit het aangesluit by Rhodes se ideologie 1894 in die Kaapkolonie.

*

Kaart – Map (BO)

Interessant hoe die Engelse skielik ingevoer is om die blanke bevolkings aan te vul net nadat die anneksasie van Port Natal plaasgevind het.   Dit was die Engelse en ook Zoeloes wat slaags geraak het met die Boere volk om hulle uit te wis.   Dis die Engelse wat ook hutbelastings en allerhande ander administrasiefooie ingestel het.

The British colony, Natal became a second focus of British political authority in Southern Africa.   Five thousand men, women, and children arrived in the years 1849—51 under a scheme initiated by an adventurer named Joseph Byrne. They were mostly middle-class people who had been able to deposit a small capital sum in return for transport to Natal and possession of twenty acres of land per head. Their early experiences in Natal were similar to those of the 1820 Settlers in the Cape Colony. Most failed to make good as farmers and returned to England, tried their luck on the highveld, or settled in the port town of Durban, which was named for the former Cape governor, or the inland capital, Pietermaritzburg, which had been named for the trek leaders Piet Retief and Gerrit Maritz.   By 1870, the African population of the colony was estimated to be fifteen times as numerous as the white population.

TAX SYSTEMS WERE IMPLEMENTED BY THE BRITISH EMPIRE

The Natal colonial government tried to place the Africans in reserves (which it called locations), leaving the rest of the colony available for white settlement. By 1864, there were forty-two locations, with an area of 2 million acres, and twenty-one mission reserves, with 175,000 acres, out of the total colonial area of 12.5 million acres. In terms of colonial law, the rest of the colony was either owned by Whites or held by the government as unas-signed Crown lands. At least half of the African population, however, lived not in the reserves at all but on Crown lands or on land owned by Whites, to whom they paid rent. Until the 1870s the white landowners were making more money from “Kaffir farming” than from their efforts to produce agricultural or pastoral products for the market. The colonial state, too, exacted a substantial revenue from the Africans in the form of direct taxation and customs duties on imported commodities that they consumed.

The official responsible for controlling the African population was Theophilus Shepstone. Brought up in the eastern frontier region of the Cape Colony as the son of a Wesleyan missionary, he spoke the Nguni languages well. A convinced and skillful paternalist, he improvised a method of African control similar to what the British would later apply in colonial tropical Africa and call indirect rule. The key was the use of African chiefs as subordinate officials, made responsible, in the last resort, not to their own people but to the colonial government. Shepstone recognized the existing chiefs in communities that had survived the turmoil of the Mfecane; in other cases, he appointed men as chiefs. He also imposed a dual legal system: customary African law, as codified by him, prevailed among Africans; but the colonial Roman Dutch law, taken over from the Cape Colony, applied among Whites and in relations between Africans and Whites.

*

INFORMATION NOTE

Port Natal was never ever an afrikaner republic as mentioned in this article, it was a BOER republic like the others.  Afrikaners supported the British in the Cape Colony and was part of the parliament as AfrikanerBOND party.   They did not want self-determination at all or a separate country.  Afrikaners sent more than 50000 soldiers to the Anglo-Boer War 2 and also 30000 pounds per year for three years to fight against the BOER republics.   British and their allies the Afrikaners, can make changes as they wish, it will not change history facts of the Boer people and their freedom during the period of the Boer repubics.

https://warhistory.org/@msw/article/the-british-colony-of-natal-1843-1870

*

BYKOMENDE VERWANTE INLIGTING

Die Britse ryk wat duisende seemyle gereis het bestaan nie net uit Shepstone nie.  Daar was ander bekende lede wat gekom en gegaan het, verskeie hulp lande en bondgenote wat die Britse ryk gehelp het om soveel as moontlik te verwoes.       Hoe meer hulle verwoes en afgebreek het, hoe meer hul gal gebraak het teenoor leiers soos President Paul Kruger,  die dapper Boere kommando’s, hoe makliker was dit om die minerale oor te neem en uit te haal na anneksasies.    Die Afrikaner Bond party was die Afrikaners in die Kaapkolonie, wat ook sowat 50000 soldate aan die Britse ryk gegee het om te veg teen die Boere republieke.

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond)   ABO

Alles huigelary wat plaasgevind het en word daar vir ‘n magtige ryk baklei om soveel as moontlik in te palm.    Daar was vooraf beplan om veral die Boere volk en -republieke tot op die grond af te brand, soos byvoorbeeld honderde duisende perde wat spesifiek vir hierdie oorloë geteel is en om soveel moontlik soldate ‘op te roep’ tot diens van die Britse ryk.

Lede van die Boere volk en -republieke was nie die enigste wat deurgeloop het nie – ander volke en stamme is ook aangeval en uitgewis.

ABO Perde  – ABW horses

*

THEN IT WAS STATED:
From 1844 to 1856, the colony was administered from the Cape Colony. This was partly due to the lack of settlers in the colony and the population needed to be built up. But it was also due to the generally dangerous and fragile frontiers around Natal. The tiny colony needed all the support it could get being surrounded by powerful African tribes and the ongoing difficulties of dealing with the Boers.

MORE INFORMATION AT

https://www.britishempire.co.uk/maproom/natal.htm

https://www.britannica.com/biography/Theophilus-Shepstone

https://www.nam.ac.uk/explore/zulu-war

https://alchetron.com/Colony-of-Natal

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

 

Lewer kommentaar