*
Melrose huis is waar die Verdrag van Vereeniging (beter bekend as die Vrede van Vereeniging) ‘afgedwing en onderteken” is. Dit is die vredesverdrag wat op Saterdag 31 Mei 1902 geteken is tussen sekere verteenwoordigers van die Boere en die Britte. Hierdie verdrag het die bloedigste oorlog ooit op die suidelike Afrika bodem, die Anglo-Boereoorlog, beëindig. Daar word saamgestem dat dit bloedig was wat dood gesaai het, maar dat hierdie oorloë eerder gelykstaande is aan die wêreld oorloë wat later gevolg het.
*
Hierdie ooreenkoms was nie tussen die Britse kroon en Afrikaners nie, maar Boere en veggeneraals tydens die Anglo-BOERE oorloë. Terloops, was dit die Afrikaner Jan Smuts wat die ‘vredesverdrag’ help opstel het saam Milner en ander om hierdie bloedige oorloë te stop. Daar het baie waters van bloed oor al die Boere republieke gevloei voordat die vals vlag van verdrag onderteken is. Net sodat die Britte en Afrikaners hul sin kon kry vir een land en een Unie van Suid-Afrika. So is die Boere volk mislei. Afrikaners doen dit steeds met hul multi-kulturele organisasies om te maak of die Boere en hul geskiedenis deel van hulle is.
Nie lank na 1902 het die voorwaardes uit Britse en Afrikaner kant gesneuwel en is eensydig verbreek. Brittanje en ander bondgenote het hoegenaamd nie by hierdie voorwaardes gehou nie. Wie was aan die anderkant van die sogenaamde vredestafel? Smuts, Mulder en ander (sioniste).
Voortvloeiend hieruit waar die verdrag verbreek is, het die Boere rebellie in 1914 gevolg. Selfs hierdie was ‘n Boere rebellie en nie ‘n Afrikaner rebellie soos wat tekenne gegee word nie. Skyn bedrieg – die Boere volk moet hul losmaak van multi-kulturele organisasies. Dit was die Afrikaner en Engelse in beheer van die Unie van Suid-Afrika wat teenoor die Rebellie gangers opgetree het. In hierdie tydperk na 1902 het die smag na minerale rykdom voortgeduur en dit is vandag nog so.
*
Verskroeide aarde beleid en volksuitwissing
Die Britse owerhede en haar bondgenote het letterlik meer as net ‘n sataniese heksejag op die Boere volk se voorgeslagte uitgevoer. Daarvan getuig die bittere lyding van ons voorgeslagte se geskiedkundige aantekeninge en grafte wat gemaak is en wat inderwaarheid vandag meer is as wat daaroor gerapporteer is. Dat oor die 30000 plase, plaashuise sowel alle voedsel in die proses vernietig en in rook opgegaan het, getuig van hul doelwit tot Boere volksmoord.
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Dit is alombekend dat Brittanje nie alleen in suidelike Afrika kom veg het teen die Boere volksgenote nie. Daar is ‘n paar dinge wat soos seer oë uitgewys kan word hoe Brittanje en al haar bondgenote vasberade hul eie moordadige passie uitgevoer het. Dit was duidelik ook nie die Britte se plan om alles alleen uit te voer nie.
Hul het gesamentlike aggressiewe planne in werking gestel en gesamentlik geopereer teen die Boere en families. Wat hulle met hul doelgerigte oorlogshandskoene en voorafbeplannings aangepak het om veral al die rykdomme van die Boere republieke (en ander gebiede) te bekom.
Is dit nie ironies dat die bondgenote van Brittanje tydens die Anglo-Boere oorloë almal opgeleide weermaglede gehad wat hier kom veg het om hul oppermeesteres Victoria en troonopvolgers ryk en gelukkig te hou. Dit nogal teen die Boere Republieke wat internasionaal erkende onafhanklike lande was, wat totaal onafhanklikheid en vryheid geniet het met geen opgeleide weermag in plek nie. Dat soveel ingeskeep is om ‘n handjievol Boere volkslede uit te wis.
Die verdere bewys dat daar honderde duisende perde spesiaal aangeteel en in die tydperk met bote verskeep is na suidelike Afrika, is ‘n groot aanduiding dat hierdie oorloë totaal en al voorafbeplan was om dit enduit te voer. Perde word nie oornag of binne ‘n jaar aangeteel nie. Dit is afgryslik en onmenslik wreed wat hierdie multi-kultuur nasies aan ons voorgeslagte gedoen het en hulle doen dit steeds.
EREPLEKKE
Ons voorgeslagte is ‘n baie spesiale volk waarop ons, die nageslag altyd op trots moet wees en om deel hiervan te wees is met slegs eer en respek waarna verwys kan word. Ons voorgeslagte moet altyd EREPLEKKE inneem soos dit hoort, verseker verdien hulle daardie ereplekke.
Dit is vandag 100% bewys dat ons NIE deel is van die Afrikaner nasie wat multi-kultureel is. Laat diegene wat daardie trots het, opstaan en hul weg tot die herstel van al die Boere republieke soos dit in 1902 was. Ken die geskiedenis van die Boere volk en republieke.

Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae
Verskroeide aarde – Scorched earth
Wêreldoorloë en Anglo-boere oorloë
In ag geneem wie almal aan Britse kant geveg het teen ‘n handjievol Boere, hul vroue en kinders, was dit inderwaarheid eerder ‘n tipe van Wêreldoorloë wat op plaaslike bodem deur Britse en heelwat bykomende lande deurgevoer is. Dit sluit lande in soos Amerika, Kanada, Australiê en New Zealand hierby in.
Anglo Boere oorloë – Shepstone
British concentration camps – ABW (Rudie Rousseau)
ABW concentration camps – Rudie Rousseau ea
Concentration camps by the British empire
Die Verskroeide aarde beleid en konsentrasiekampe was beslis geen grap vir enige van ons voorouers en veral die jong kinders nie. Die groot hoeveelhede bannelinge uit die Boere republieke, is verder bewys watse tipe nasies ons voorouers mee te doen gehad het. Dit was inderwaarheid wêreldoorloë wat plaasgevind het, omrede daar meer as een land betrokke was om die Boere volk uit te wis.
Die feit dat die liberaal verligte Afrikaners hierdie oorloë wil afwater as Suid-Afrikaanse oorloë is nie net vermetel en verregaande nie. En dan maak hulle of die Boere, Republiekgebiede sowel vlae en geskiedenis aan hulle behoort. Boonop het die Afrikaners van vandag se voorgeslagte saam Nederland, groot finansiële bystand aan Brittanje verleen en selfs van hul plase beskikbaar gemaak vir perde en ander doeleindes.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO
Vandag word hierdie selfde beleid van Verskroeide aarde onder nuwe beheerde tegnologie en militaristiese presisie uitgevoer. Diere wat daagliks lewendig afgeslag of gesteel word is alles deel van hierdie opdragte wat uit die Britse en bondgenote se geraamtes verskyn. Daagliks brand vure hemelhoog sodat Boere hul voer vir hul diere moet verloor. Dit word in dieselfde asem saam die misdade, aanvalle, martelings en moorde teenoor Boere geplaas. Die feit dat daar so min oplossings is, die howe en polisieverslae vir plaasaanvalle en moorde getuig daarvan want moordenaars kom weg met alles. Dit word selfs op internasionale podiums ontken dat dit hier gebeur.
Emigrasie
Dit maak dit veel makliker vir die Boere volkslede met verskillende beroepe, om elders anders heenkome te gaan soek en dan ‘bied’ dieselfde bondgenootlande van 1900 daardie ‘oplossings’ teen ‘n hoë prys. Hulle gee nie om nie, want hulle wen baie uit die sakke en beursies van ons volksgenote. Daar is bittermin wat swart bemagtiging of regstellende aksie veroordeel vanuit die buitewêreld en maak hierdie regerings hulle daaraan skuldig van rassisme en diskriminasie.
Ironies hoe maklik dit vir hierdie selfde bondgenootlande se regerings is om die lede van die Boere volksgenote en hul kinders teen ‘n baie hoë finansiële prys van emigrasievoorwaardes te werf, lok na hulle lande of te verwelkom. So ontvang hierdie lande opgeleide en hardwerkende volkslede uit plaaslike bodem. Daar is bykans nêrens gevalle van Boere volksgenote en families, wat soos ander vlugtelinge uit hul lande vlug of hanteer word in enige van hierdie lande oorsee nie.
Dis ook om van siek te word hoever Sionis Jan Smuts by name betrokke was by hierdie Vredesverdrag van 1902. Hy was by baie dinge betrokke.
Jan Smuts : Blue on Blue incident Germany
*
Die Vredesluiting
“Broers, ons het besluit om tot die bittere einde te staan; laat ons soos manne erken dat daardie einde vir ons gekom het, in bitterder vorm gekom het as wat ons ooit gedink het. Vir ’n ieder van ons sou die dood ’n soeter en sagter einde gewees het as die stap waartoe ons nou sal moet oorgaan. Maar ons buk voor Gods wil. Die toekoms is duister; maar ons sal die moed, die hoop, die vertroue op God nie prysgee nie.”
Dit was die woorde van genl. Jan Smuts aan sy mede-Boerestryders op die oggend van 29 Mei 1902. Hulle was byeen in die Tent van Samekoms op Vereeniging vir die aanvang van die vredesonderhandelinge wat ’n einde sou bring aan die Tweede Vryheidsoorlog, ook bekend as die Anglo-Boereoorlog. Hierdie stryd het reeds sedert 11 Oktober 1899 oor die hele land gewoed. Volgens die vredestraktaat, waarvoor net “ja” of “nee” gestem moes word, sou die twee Boererepublieke hul onafhanklikheid inboet.
*
Gedurende Mei 1902 het sestig Boere-leiers met Britse verlof by Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Op 15 Mei tref die afgevaardigdes daar alles in gereedheid aan. Hulle is in twee ruim tente gehuisves, terwyl samesprekings in ’n groter tent in die middel van die terrein gevoer is.

*
*
Boere en Trekboere
Joernaal oor die Anglo-Boere oorloë en strategieë – kennis en ervaring, wat uitgevoer is nie net deur die magtige Brittanje nie.
Dit is duidelik – Smuts het hom oral ingewurm as ondersteuner van Brittanje, wat deel gevorm het van hulle oorlogskamer, hy was ‘n sionis en het duidelik die destydse Paul Kruger se arm gedraai om die ZAR binne te val as ‘staatsprokureur’. Dus het hy wat Smuts is asook ander Afrikaner leiers in die Unie van Suid-Afrika, hul nessies gerieflik gevorm om die Boere republieke se ondergang te bewerkstellig vir een verenigde land en veral die minerale rykdomme.
https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC38064
Piet Joubert
https://www.angloboerwar.com/images/pdf/BreytenbachPt1C.pdf
https://archive.org/details/die-noordwaartse-beweging-van-die-boere-voor-die-groot-trek-1770-1842
https://www.taaloord.co.za/argief.htm
*
*
Contact – Kontak Admin
volksvryheid9@gmail.com
[…] Melrose huis – Vrede van Vereeniging […]
LikeLike
[…] paar ekstra inligtingstukke wat belangrik is in ons Boere volk se geskiedenis en kultuursakeMelrose huis – Vrede van VereenigingVierkleur en Vrystaat Boere republieke vlaeGrondgebiede van Boere volkBritse oorlog teen Boere […]
LikeLike
[…] stryd van die Boere volk het nie by die Vredesverdrag gestop nie, die Rebellie van 1914 het gevolg.Melrose huis – Vrede van Vereeniging 1914 Rebellie: Suid-AfrikaJan Smuts – VN – Darwin – Britse rykBoereheld […]
LikeLike
[…] ARTIKELS EN INLIGTINGMelrose huis – Vrede van VereenigingMelrose huis – Museum 1971https://repository.up.ac.za/handle/2263/22224Hier het vele […]
LikeLike
[…] inligting en artikelsGeloftedag 16 Desember 2022Melrose huis – Vrede van VereenigingTrekboere en die XhosaPaardekraal belofteBoere, Britte en uitlandersPaardekraal monument, […]
LikeLike
[…] Melrose huis – Vrede van Vereeniging […]
LikeLike
[…] https://en.m.wikisource.org/wiki/Dictionary_of_National_Biography,_1927_supplement/Kitchener,_Horatio_Herbert*Ander verwante inligtingInvalsplanne op Boere republiekeSWART Apartheid van die ANCApartheid – 1854Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid : British rulesBritish concentration camps – ABW (Rudie Rousseau)Emily Hobhouse en Lizzie van ZylVerdrag van Vereeniging 1902Melrose huis – Vrede van Vereeniging […]
LikeLike
[…] hulle sou terugkeer na hul plase en eiendomme. Brittanje het alles dus onwettig geannekseer.Melrose huis – Vrede van VereenigingDie Boere republieke ZAR en Vrystaat was meer as een Boere republiek binne daardie twee onafhanklike […]
LikeLike
[…] Melrose huis – Vrede van VereenigingVerdrag van Vereeniging 1902Invalsplanne op Boere republiekeOnregte en menseregte skendings teenoor Boere in SA […]
LikeLike
[…] inligting en artikelsOnregte en menseregte skendings teenoor Boere in SAHerstel van Boere RepubliekeMelrose huis Vrede van VereenigingGrondgebiede van Boere volkBoere republieke en Suid-AfrikaKennis is mag – Boere volksgenoteTwee […]
LikeLike
[…] Melrose huis – Vrede van Vereeniging […]
LikeLike
[…] Melrose huis – Vrede van Vereeniging […]
LikeLike
[…] Melrose huis – Vrede van Vereeniging […]
LikeLike