Bakgatland – A H Potgieter

 



‘n Geruime tyd gelede het die volgende historiese artikel van Koos Reyneke my aandag getrek oor ons volk wat tans hewig onderdruk word en skending van menseregte.   Dit begin met ernstige vrae wat ook andersinds heelwat op sosiale media gevra word.   Waarnatoe?   Moenie dit net ligtelik opneem of aangaan asof ons geen probleme het nie.     Dis belangrik om te weet dat enige volk ‘n geskiedenis het, ons almal het wortels en ons hoort hier.   Die volk weet waarvandaan en waarheen.    En dit geld vir armes en rykes onder ons volkslede.   En die wat kan werk om dit aan armoediges deur te voer, doen dit asseblief.

May be an image of 1 person

(foto)

Enreke (Andries Hendrik Potgieter) onderhandel met Moroka by Blesberg (ThabaNchu).   

Oorspronklike Gipsbeeld meester vir Voortrekkermonument marmer paneel.

HENDRIK POTGIETER


Koos se artikel

  • Is jy van Afrika?
  • Is jy ‘n Afrikaner of ‘n Boer?
  • Het jou voorsate aan die Groot Trek deelgeneem?
  • Het jou voorsate aan ‘n vryheidsoorlog deelgeneem?
  • Gaan jy en jou gesin, terug na Europa, Skotland of Ierland toe of vlug julle verder na Australië, NuZeeland, Kanada of Amerika toe?
  • Droom jy van ‘n plekkie in sonnige Afrika waar jy as witmens, ‘n muur om jou kan bou en niks met Afrika se anderskleuriges te doen gaan hê nie?

*

Of;
 
Gaan jy bly?
 

BAKGATLAND

(Boere-Afrikaner Kos Genoodskap Afrika Toekoms Land)


Hoofstuk Een:

Ek skryf al maande, nee jare aan dié stuk, maar gister, 14 Julie, was die dag waarop die Franse revolusie uitgebreek het (Bastille-dag) en die sterfdag van Paul Kruger in die vreemde koue Switserland, en dié twee dae het baie in gemeen met ons, hier in Afrika.   

Ás jy ‘n nageslag of mense hier in Suid-Afrika het, en jy gaan nié saam met hulle kan padgee nie, en jy droom nié van ‘n plek met ‘n muur om waar jy en hulle in afsondering wil gaan bly nie, dan moet jy jou toekoms hier in Suider Afrika bou op uitvoerbare toekomsdrome, want, soos dit tans hier gaan en versleg, Suid-Afrika al donkerder word, slaggate al meer, Afrikaans uit skole en universiteite gedruk word en stedelike verval met annargie, onluste, geblokeerde paaie, plaasmoorde en onveilige omstandighede al erger raak, steeds aangepor en vuur gestook deur die liberales en indoktrinasiemedia, wat sê jy moet alles weggee en totaal saamsmelt en integreer, om aanvaar te word om te kan oorleef, móét jou toekomsdrome realisties uitvoerbaar wees.

Jou voorsate het báie erger donkerte, onsekerheid en onbekendhede as jy ingestaar en in báie kleiner getalle, suksesvol ‘n heenkome gevind.

*

Op 14 Julie 1789, begin die Franse Revolusie, aangevuur deur die voorbeeld van die 14 kolonies in Amerika, wat met die Amerikaanse Revolusie, hulleself in 1776 onafhanklik verklaar as Die Verenigde State van Amerika.   

Toe die gepeupel klaar die strate van Parys omskep het in ghaos, die rykmense in hulle huise teruggedruk het, is die mure van die Bastille bestorm en het die een veilige bastion, kasteel en Landgoed, na die ander getuimel; het die koppe van die rykes gerol; het die annargie en revolusie álles verander, bewerkstellig deur die massas met niks, en die gepeupel wat nie meer beheer kon word nie.

*

Die 1652
VOC (Verenigde Oos-Indiese Companjie) Vryburgers en Burgers van die Kaapse Kos Kolonie (KKK), wat vrywillig die Kaap en Stellenbosch verlaat het vanaf 1710, om in Afrika hul eie kos te gaan soek en produseer, deur oor hulleself te beskik, het vanaf 1745 hulle onafhanklike Republieke Swellendam en Graaff-Reinet gestig met Landdroste en Heemrade selfbeskikkingsgesag en as enigste Oppergesag: die Woord van God, soos vervat in die Staaten Bijbel, hulle te lei en te rig op die Weg na Jesus, uit die Stam van Issai, as Enigste Verlosser met Jesus, die Verhewe Vaandel aan die Kruis, as Versoeningsoffer tussen mens en God.   



Hoekom die klem op Jesus en nie net God, Die Here nie?

“In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie.”



‭‭JOHANNES‬ ‭1:1-3‬ ‭AFR83‬‬


http://bible.com/6/jhn.1.1-3.afr83


*

Engelse
 agtervolging, deur middel van kolonisasie, het die Republiekeins- en Selfbeskikkingsgesinde vredeliewende Vryburger, Burger, Boer en Afrikaner, weereens vanaf 1835, gedwing om hulle eie Republieke, vrywillig, die Kolonie te laat verlaat, om die juk van Engelse oppergesag te ontkom, omdat hulle as enigste Oppergesag, slegs die Woord van God aanvaar het.

Daarom het ons Voorsate in 1835, noord, deur die Oranjerivier getrek, na sorgvuldige beplanning en voorbereiding vanaf 1820-35.


Die
Verkennigstrekke van Louis Trichardt en Hans van Rensburg, is vooruit, Afrika in tot by Soutpansberg en Mosambiek.

Hermanus Potgieter, 35, het reeds in 1801-2, Graaff-Reinet as trekboer verlaat en stadigaan noord beweeg tot by Colesberg (wat eers in 1812 sou ontstaan), met sy gesin en drie ander families. Hermanus se oudste seun Andries Hendrik Potgieter, is gedurig opgeroep om reeds vanaf tienjarige ouderdom op die oosgrens te gaan veg.

Hendrik Potgieter word as agtienjarige weereens vanaf Colesberg opgekommandeer om, suidoos van Graaff-Reinet, in die 4e grensoorlog te gaan veg, en op 27 jarige ouderdom weer, om die gebied tussen die Vis- en Keiskammariviere te gaan “skoonvee” as bufferstrook, maar, na Slagtersnek, word dinge,
tussen 1820-30 só onhoudbaar dat Hermanus Potgieter (Colesberg) en seun Hendrik (wat intussen op Tarkastad gevestig het), hulle gereed maak om oor die Oranje te trek, omdat Hollands nou ook as amptelike taal afgeskaf is en landdroste en heemrade selfregering, weggeneem is deur die Engelse oppergesag van Kaapstad.   

Andries Hendrik Potgieter en sy 70-jarige vader, Hermanus, verlaat in 1835, met 200 Burgers en 50,000 vee, as eerste groot groep Voortrekkers, die eerste sogenaamde: Groot Trek beweging, die Kaap-kolonie, wat die Oranjerivier deurkruis, en die Burgers verklaar hulself as Burgers van “Trans-Oranje, ‘n Vrije Republiek van Holland”!     

Met onderhandeling by Blesberg (Thaba Nchu) is van die Barolong opperhoof, Moroka, grond bekom tussen die Vet- en Vaalrivier, ‘n Barolonggebied wat deur die Matabeles van Silkaatz gestroop is en waarvan al die jong vrouens en dogters, deur Silkaats en sy 7,000 impis, ontvoer is.     

*

Enreke (Andries Hendrik Potgieter) onderhandel met Moroka by Blesberg (ThabaNchu).   

Oorspronklike Gipsbeeld meester vir Voortrekkermonument marmer paneel.

Een van die betalingsvoorwaardes aan die Barolong opperhoof Moroka, was dat Enreke (Hendrk Potgieter) altyd die beskerming, naamlik: “die bul se horings” of buffer, tussen die Barolong en Silkaatz se Matabeles sal wees.

*

‘n Eerste vrye Boere- (of Afrikaner) dorp te
Winburg word noord van die Vetrivier gestig. Nog trekke onder Maritz, Uys en Retief, sluit hulle by die eerste Boere- en Afrikaner “hoofstad”, te Winburg aan.   

Retief en Maritz wil noordoos, bergom en af na Natal, maar Potgieter glad nie, omdat Natal kontak met die see en die Engelse het. Potgieter wil verder Noord!

Noordtrekkende, na die Vaalrivier, kom soek ‘n klompie vlugtende oorblywende Tswana mans van die Bataung stam (Leeumense, wat vleis rou eet) na Potgieter, nadat byna hulle hele stam in Wes-Transvaal deur Silkaatz en sy Matabele uitgewis en die jongvroue en dogters ontvoer is.

Potgieter se noordtrekkende 200 siele, word onverwags op 18 Oktober 1836 aangeval by
Vegkop, die kop waarop die gestroopte Leghoya stat van die Barolong voorsate was.

Oor die wonderwerk van Vegkop, waar slegs 34 mans (omdat drie mans, waaronder Potgieter se skoonseun, gevlug het), wat seuns ouer as elf jaar insluit, teen ‘n oormag van meer as ses duisend Matabele geveg het met byna 170 vrouens en kinder binne in die haastiggetrkte walaer, word elders geskryf.   

Vegkopterrein skildery deur T Baines van die huisies van die gestroopte stat, Leghoya, boöp Vegkop se plato. 



Na die uitmoor van die Liebenberg en Erasmus families net noord van die Vaalrivier, deur die bloeddorstige Matabeles van Silkaatz, terwyl Potgieter verder noord in Afrika verken het, op soek na die bolope en ontspring van die Nylrivier van Egipte, bereik Potgieter se verkenningsgroep, onder andere die Ngamimeer, Groot Valle (Musiwatona, of Victoria Valle), Zimbabwe Reünis, Banjaland en Inhambane in Mosambiek, asook, met sy terugkeer uit Inhambane, ‘n uiteindelike besoek aan Louis Trichardt by Soutpansberg (vanwaar Van Rensburg reeds intussen suidooswaarts na Mosambiek getrek en “verdwyn” het). 

Potgieter besluit met sy terugkoms by die Vaalrivier-noordergrens van sy reeds verkryde gebied, om Silkaats en die Matabele heeltemal uit die gebied tussen die Vaalrivier en Magaliesberg te verdryf, veral, omdat hy, soortgelyk as met Moroka, ook ‘n versoek van die BaKwena Tswanastam, noord van die Magaliesberg, langs die Krokodilrivier (tans die Brits omgewing), ontvang het om, soos hul mede Tswanas van Thaba-Nchu, grond te ruil vir beskerming teen Silkaatz, wat hulle gedurigdeur geteister het deur by Silkaatsnek vanaf die suide, oor die Magaliesberg te kom plunder en uitmoor.

Sodoende verkry Potgieter ook krokodilriviergrond suid van die Magaliesberg (tot huidige Johannesburg) asook noord van die Magaliesberg, Rustenburg en Boshoek gebiede noord van die berg, tot by Pilanesberg. Die Bakwena kon nou rustig vanaf die Magaliesberg, al langs die Krokodilrivier woon, omdat Potgieter se mense die drie bergoorgange beset en afgesper het tot waar die Magaliesberg en Pilanesberg ‘n laaste poort vorm.   

Steeds vegtende teen Silkaatz se Matabele in Wes-Transvaal, word Hendrik Potgieter versoek om dringend in Natal te gaan help (Natal, waarheen Potgieter nooit wou trek nie, weens kontak met die see en dus die Engelse), nadat Retief en sewentig man, deur Dingaan vermoor is en die groot slagting onder die vrouens en kinders plaasgevind het by Bloukrans en Weenen.   

Lafras Uys en Hendrik Potgieter beplan vanuit ‘n veilige hoogte, ‘n tweeledige aanval op die Zoeloes by Italeni en verdeel in twee groepe om om die berg en ook deur beboste dongagebied, die Zoeloes aan te val. 

Beide Potgieter en Uys se groepe ondervind geweldige teëstand heeltemal weg, en uit sig van mekaar, waar beide kommandos onderskeidelik in hewige gevegte betrokke raak!

Uys se kommando, beland boonop in ‘n hinderlaag! Boodskappers jaag na Potgieter se vegtende kommando om die berg, om hulp te kom verleen maar Potgieter se manne was self reeds besig om besig om verder om die berg terug te val teen ‘n oormag Zoeloes en kon nie betyds in Uys se rigting beweeg om te gaan help nie. Meeste van Uys se manne het reeds self padgegee en kon uit die hinderlaag ontsnap kon, maar die vlugtende Uys is self swaar gewond en sy seun Dirkie moes alleen terugjaag om sy pa, te gaan help om weer op sy perd te kom, waar beide pa en seun doodgesteek is. Uys en Potgieter se vlugtende kommandos word hierna die Vlugkommando genoem en Potgieter verlaat die laaste keer Natal, waar hy nooit wou gewees het nie.

Intussen is nog trekke uit die Kaap, waaronder ‘n baie groot trek onder Andries Pretorius uit Wellington. Boodskappers uit Natal, versoek Pretorius om in Natal te kom help aangesien meer as 500 trekkers reeds deur die Zoeloes uitgemoor is.

Intussen was Potgieter in Wes-Transvaal, steeds in hewige gevegte mét Silkaatz se Matabele gewikkel was, met veel minder manne, as die Trekkers in Natal. 

Maritz en Bataung mans te voet, het vir Potgieter gehelp met die aanval op Mosega. Die Bataung mans wou hulle vrouens en doters wat deur Silkaatz weggevoer is, terugkry en hulle het hulle ou statte by Mosega en Enzelsberg, goed geken.

Terwyl Maritz by die waens naby Mosega (Zeerust omgewing) sou wag, het Potgieter en die Bataung, die Matabele uit vier voormalige Tswana statte gedryf soos vooraf besluit is, naamlik: om die Matabele van Silkaatz, finaal uit die hele Wes-Transvaal te dryf, waar sy hoof stat, Mosega, en drie ander groot statte, Enzelsberg (die ou vulkaan) Silkaatskop en Capain (naby Tweedepoort in die Dwarsberg en Lotteringskop), almal voormalige Tswana statte, was! 

Potgieter het in agt dae, die totale nuwe Matabelevolk, wat bestaan het uit 7,000 Zoeloe impis van Natal en ontvoerde vrouens en dogters van verskeie Boesman en Tswana stamme soos die Barolong, Bataung, Bakwena, Bafokeng, Bathlaping en selfs Bakgathla, weg te dryf tot naby die Zimbabwe reünis (die latere Mathabeleland) van Suid-Rhodesië).   

Nadat Silkaatz en die 23,000 Matabele finaal uit Suid-Afrika gedryf is, het Andries Hendrik Potgieter, of “Enreke” (afgelei van Hendrik), soos hy onder die Tswana-stamme bekend was, saam met al die Tswana stamhoofde gaan sit en die hele gebied (grootste deel van die Vrystaat en Transvaal, suid van Potgietersrus en die hele Wes-Transvaal) onder mekaar verdeel!     

Elke Tswana-stam het weer ‘n gebied gekry waar die stam, voor Silkaatz se grondgrype, gewoon het. Potgieter het die onbewoonde dele gekry, waar voorheen net nomade en rondtrekkende Boesmans (waarvan die meeste deur Silkaatz uitgewis is, buiten die jongvroue en dogters) hulle sporadies bevind het, asook dele wat hy van die Barolong, Bakwena, Bataung, Bafokeng en Bakgathla gekry, gekoop of ontvang het vir beskerming teen Silkaatz.




*

No photo description available.




 

Een gedagte oor “Bakgatland – A H Potgieter”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s