*
Die Anglo-boere oorlog wat nog nooit regtig verby is nie, loop hand aan hand saam met besettings van grondgebiede en alle minerale regte in suidelike Afrika. Dit was die Britse koloniale magte wat oral, nie net in suidelike Afrika derduisende seemyle gereis, volke aangeval en van hul grondgebiede beroof het. Dit was hul heel eerste doelwit, om populasie in die eerste plek so te verklein om seker te maak die plaaslike bevolkings is nie ‘n bedreiging vir hierdie magtige Engelse regering en vennote in die Britse statebondslande. Afrikaners is ‘n multi-kultuur nasie met verskillende organisasies.

*
Dis waarom die burgers in Suid-Afrika steeds onder Britse heerskappy staan (die Britse statebond waar die koninklikes en verskeie regerings voordeel trek uit hierdie land se minerale rykdomme). Dis hulle wat alle gebiede, sowel minerale regte afgeneem, beset en beheer voor 1902. Engeland was nie alleen in haar magstryd teen die Boere of ander volke nie.
Die statebondslande het identies dieselfde stappe in Palestina gevolg om die sioniste daar in te wurm wat ook nie enig in haar soort is nie. Die Wesbank, Golan hoogte sowel Gaza strook is deel van Palestina (onder protes).
Dit het ook in Oos-Afrika gebeur, waar nog ‘n sionistiese staat probeer skep is. Netso is ons Boere, hul vroue en families van die Boere republieke beroof, veral met die hulp van liberaal verligte Afrikaners wat nie geskroom het om deel van die Britte te wees nie.
Die tydsverloop van die verskillende aanvalle op verskillende volke in suidelike Afrika, bewys dat hul eers ander volke aangeval en hul gebiede beset het alvorens die Boere die laaste teiken geword het met die eerste en tweede Anglo-Boere oorloë. Die oorlog was inderdaad ‘n “kolonialistiese onderneming” deurdat dit hoofsaaklik geveg is om Brittanje se oppergesag oor die twee Boere republieke van Transvaal en die Oranje-Vrystaat te bevestig. Die twee Boere republieke het verskillende Boere republieke, daar is oor die 20 Boere republieke wat aan die Boere volk behoort.
Liberaal verligte Afrikaners en ander volke het hieraan gewerk om deel van Brittanje te wees. “Die eintlike punt wat goed gemaak moet word aan suidelike Afrika,” het Britse premier Lord Salisbury erken, “is dat ons nie die Nederlanders se baas is nie.” Maar hulle beheer ons steeds in 2024. Suidelike Afrika se blanke burgers bestaan nie net uit oud Nederlanders nie. Die Afrikaners wat saam Engeland geveg het, is ook blankes.
Vir baie burgers uit Brittanje was die oorlog onafgehandelde sake. Twintig jaar tevore het Brittanje ‘n vernederende nederlaag gely in die hande van die Boere – die sogenaamde wit setlaars van Nederlandse, Duitse en Franse Hugenote-afkoms – in die Transvaalse Oorlog van 1880-1. Hierdie handjievol Boere en hul gesinne wou glad nie deel van Brittanje wees in die destydse Kaapkolonie nie. Daarom het hul getrek.
Die vredesooreenkoms na die Anglo-Boere oorlog 2, het aan die Boere selfregering verleen, maar onder Britse soewereiniteit. Bestudeer hierdie vredesverdrag en vergelyk dit ook met internasionale reg vandag dat elke VOLK die reg het om oor hulself te beskik en te besluit. Brittanje haarself het haar onlangs losgemaak van die magtige EU lande. Dis ‘n internasionale reg vir die Brit, maar ook vir die Boer en elke ander volk.
Die delikate magsbalans is versteur deur die ontdekking van goud in die Transvaalse Witwatersrand in 1884, wat die Boere in staat gestel het om genoeg “wapens en ammunisie” te koop om al die leërs van Europa neer te skiet. Brittanje het dit afgemaak dat die onafhanklike gebiede bankrot is, terwyl dit nie die geval was nie. Is dit nie menslik om as volk jouself ten beste te voorsien veral wapens omdat oorlog teen die magtige Engeland onafwendbaar is. Brittanje het dit dan gedoen, waarom mag die Boere dit nie ook gedoen het nie.
Dis net jammer die Boere kon nie meer doen om hul en hul vrouens/ kinders beter te beskerm teen snobs en terreurdade van die Britte wat reken die Boere is veragterlik en sal slawe bly. Hiermee het die Boere volk hul vryheid tydelik verloor. Dit is wat herstel moet word in gebiede wat hulle sin is.
Die Britte wou bewys lewer aan die Boere se voorgeslagte met die ‘verowering van die Boere republieke” hulle wil die wêreld regeer en seker gemaak baie vrouens en kinders word in helkampe – konsentrasiekampe – martelkampe uitgewis. Soos aasvoëls is nie lank na die ABO toegesak op al die minerale rykdomme.
Let wel – dis nie net die Boere se gebiede wat afgeneem is nie, maar ook Khoi San, Griekwas en ander etniese groepe wat ook nie grond gekoop het nie, maar dit beset het na 1806. Brittanje het seker gemaak hul palm alles in. Bondgenote beheer die ekonomie in die land. Dis hulle wat swart bemagtiging ingestel het in 1989, reeds voor die 1994 oorname. Dakar.
Government CPA – Commonwealth – Statebond
Boere republieke en Suid-Afrika
Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989
*
https://historyreclaimed.co.uk/the-anglo-boer-war-a-complex-war/
Natuurlik was Rhodes direk en indirek verantwoordelik vir diskriminasie, rassisme en ook die sogenaamde apartheidsbaadjie wat rondom ons gedrapeer is. Die Britse regering ontken alles ten sterkte, want dit is mos so lekker om die Boere volk die skuld te gee vir hulle besettings tydens die twee Onafhanklike Boere republieke. Daar is ook nog ‘n stuk wetgewing wat lank voor Rhodes sin in 1894 die lig gesien het. Dit was die van Lord Shepstone in 1854. Wat is daar dan in 1887 deur die Britse regering neergepen?
Dit was ook almal meestal Britte , sioniste of selfs ander statebondslande wat hul ingewurm het naby die Goud en Diamantvelde. Paleise wat opgerig is, is vandag almal museums.
https://historyreclaimed.co.uk/cecil-rhodes-a-critical-response-to-professor-william-beinart/

*
VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS
https://www.gutenberg.org/files/23692/23692-h/23692-h.htm
https://www.gutenberg.org/files/41521/41521-h/41521-h.htm
*
Paardekraal monument, Krugersdorp
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie
Britse konsentrasiekampe Hester de Beer
Verskroeide aarde – Scorched earth
Die Anglo-Boere Oorloë in kleur
Shepstone – Natal, roots of segregation
Commonwealth and suppression by British Colonialism
Jan Smuts – Churchill – Rhodes – apartheid : British rules
SWART Apartheid van die ANC
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl
Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring
Afrikaner verklaring 2024
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Boere, Britte en uitlanders […]
LikeLike
[…] 1900 (Ottomans) (Brittanje)Oos-Afrika sionistiese voorstelBoere republieke en Suid-AfrikaBoere, Britte en uitlandersIsrael Sionist stateVerskroeide aarde – […]
LikeLike
[…] Boere, Britte en uitlanders […]
LikeLike
[…] Boere, Britte en uitlanders […]
LikeLike
[…] 16 Desember 2022Melrose huis – Vrede van VereenigingTrekboere en die XhosaPaardekraal belofteBoere, Britte en uitlandersPaardekraal monument, KrugersdorpSlag van Stormberg – 10 Desember […]
LikeLike
[…] lande is magnate gegroepeer juis om die Boere republieke te vernietig, saam die volksgenote.Boere, Britte en uitlandersNeem in ag, dis die oorwinnaars wat geskiedenis herskryf, dit doelbewus verdraai en misleiding vind […]
LikeLike
[…] Boere, Britte en uitlanders […]
LikeLike