Ons as Boere en Afrikaners is nie die enigste volk wat staatloos is nie, wat beteken ons moet onderhewig wees aan ‘n meerderheid en ‘n magsbehepte kommunistiese stelsel en krummels ontvang vanaf ‘n kommunistiese stelsel en grondwet wat ons menseregte skend. Wie van ons volkslede kan “Onderdanig” aan ‘n grondwet en verskeie wetgewings wees wat ons regte totaal en al skend vir 25 jaar en dalk langer. Ons as volk het ‘n internasionale reg om ons vryheid te verkry, mits ons dit saam doen – ons hoef nie staatloos te wees nie. Ons hoef ook nie bannelinge in ander lande te wees nie om ‘n bord kos op die tafel te kry nie. Liberaal verligte blankes wil saam die multi-kultuur kommuniste wees omdat hul help skryf het aan die grondwet en ander wetgewing wat ons regte skend.
*
Nie eers die ANC leiers hou hul by die grondwet wat hulle saam die liberales blankes opgestel het.
Dit is ‘n rassistiese tendens hoe magsbehepte nasies, van volke wat eie lande het, probeer ontslae raak. Soms “wetgewing” instel om te diskrimineer, soms met meer as een heksejag en oorloë weggejaag of vervreem word vanaf hul eie staat en grondgebiede, sodat die wettige inwoners wat as “vlugtelinge” of “immigrante” soms ‘n bestaan elders probeer maak met “beleggings” in die nuwe land van herkoms.
Meeste van hierdie volksbewoners het reeds ‘n eie land, dis nie ‘n nuwe land wat gevorm word nie. Soms word dit “tuislande” genoem, dit is nie, dit was ‘n onafhanklike land(e). Normale tuislande geniet meestal nie volle soewereine onafhanklikheid nie, net ‘n selfregering. So ‘n volk wat onafhanklik was, het ‘n regering en ekonomie gehad wat geblom het.
Dis so maklik om “opstande” te reël om vrees te skep, moorde en aanvalle, verkragtings en martelings, sodat die volkslede moet vlug met ‘n sak in die hand. Alles deur die toedoen van groot moondhede wat alles summer geannekseer het weens die minerale rykdomme of net die uiteindelike wêreldmag en beheer oor grondgebiede te kan uitoefen.
*
Die Koerde het ‘n land wat daar was, wat weggeneem is. Gee daardie land terug aan wie dit behoort. Lande wat so inmeng om mag te bekom is uiters laakbaar en sulke leiers moet aangekla word van oorlogmisdade wat hulle teenoor hierdie mense pleeg
Die Boere en Afrikaners het reeds lande, wat onafhanklikheid gehad het, wat internasionaal erken was, nie ‘n tuisland of volkstaat in wording nie. Gee daardie lande of republieke terug aan wie dit behoort. Verseker is ons almal moeg vir swart bemagtiging, onteiening en diskriminasie teenoor ons as volkslede wat elders in hul honderde duisende moes hervestig om van misdaad, vrees, verkragtings, aanrandings, moorde en rassisme weg te kom.
*
Die ondersoeke waartoe die ANC en vorige regering ingestem het, het ‘n wettige Volkstaatraad daargestel om ons situasie te ondersoek, alles met internasionale erkenning van verskillende lande. Daar was in 1994 oor die 37.5% van ons bevolking wat hierdie selfbeskikking en volkstaat gesteun het. Daar was goeie en intensiewe navorsing hieroor gedoen en miljoene was spandeer om hierdie grondgebied(e) wat ons sin is , terug te kry. Dit is wettig ons sin.
Tot op datum is die uitvoering van hierdie aanbevelings gestop deur dieselfde owerheid en die politieke drywers wat veronderstel was om dit vorentoe te neem, waar daar aanbeveel is ons kry selfbeskikking (soewereine onafhanklikheid) in gebiede, waartoe ons ‘n internasionale reg het.
Daarteenoor het die huidige ANC regime en hul kaders wat ons nie ons vryheid gun nie, nie ons reg tot onafhanklikheid soos Botswana geniet nie deur ons totaal en al magteloos te laat en totaal te vervreem van gebiede en ‘n land wat ons sin is wat wettig bekom is.
Ontelbare bedrae geld word spandeer deur volkslede om oorsee te gaan staatloos word, sonder volksidentiteit, taal en kultuur.
Dus – dit gebeur daagliks dat ons as Boere en Afrikaner volk van ons menseregte daagliks geskend word – ontkenning van ons Taal Afrikaans, kultuur, identiteit, swart bemagtiging, regstellende aksie, misdaad, moorde, verkragtings en martelings. Die haat wat hoogty vier en vals beskuldigings oor grond of ander diefstal, sonder bewyse. Regeringsleiers wat hierdie haat aanmoedig. Diegene wat oorsee is, is ook staatloos en word van alles beroof. Hoeveel “inkomstes” gaan nou in hierdie nuwe lande in wat geen erkenning aan ons volkslede gee nie.
Daar is alreeds honderde duisende van ons volkslede oorsee wat sorg vir ‘n nuwe bron van inkomste vir die nuwe land en beter omstandighede. Volksgenote het staatloos geword in ander lande en heelwat as vlugtelinge moes emigreer of skuiling gaan soek as vlugtelinge weens die misdaad en verwoesting van lewens. Besef ons ons groot omvang hoe groot ons staatsloos geword het, ons wat eens republieke gestig en onafhanklikheid geniet het?
*
Die Verenigde Nasies het na aanleiding van ‘n wêreldwye probleem wat ontwikkel het / is, weens verskeie redes, die onwenslikheid van persone wat staatsloos is as nie-vlugtelinge of vlugtelinge, besluit om die Konvensie oor die status van staatlose persone in 1954 op te stel.
Kommerwekkend is, wat help dit as daar sulke konvensies bestaan wat dit juis die probleme uitlig, maar meerderhede (of magsbehepte regerings) steur hul nie aan konvensies of ooreenkomste nie, maar gaan voort met ‘n heksejag, swart bemagtiging en onteiening, alles deel van menseregte skendings en ‘n internasionale misdaad om lande wat onafhanklikheid gehad het, te vernietig? Elke vlugteling of diegene wat nie werk kry weens swart bemagtiging (SA), het ‘n land van herkoms – nie een “tuisland” wat nog geskep moet word nie.
Die definisie van ‘n staatlose volk, word volgens hierdie verdrag as persone (of volk) gereken, wat nie deur ‘n staat of regering, ingevolge sy wetgewings as burgers beskou word nie en heel somtyds onderdruk word met wetgewing.
Vandag is ons Afrikaner en Boere identies wat met die Koerde gebeur het. Die Koerde is natuurlik ‘n volk op hul eie en dit is niks minder as reg dat hul hul eie land terugkry nie.
*
Ons onmenslike situasie word aangehelp met ‘n korrupte regering, guptas wat die staatskas misbruik en onwettige tenders en maatskappye wat bankrot gesteel word.
Daar is direkte swart bemagtiging, regstellende aksie, onteiening en hervorming, misdaad, moorde, verkragtings, martelings, ens. op ons volk. Die presidente wat die land hierin die afgrond in bestuur. Alles ook te danke aan die Dakargangers, die in Mellspark huis, die Broederbonders wat in 1982 al begin samesprekings voer het met die ANC, alles buite ons landsgrense. Liberaal verligtes en klassieke liberales wat die grondwet steun om ‘n volk te vernietig. Hierdie liberaal verligte blankes steun die grondwet en wetgewing, wat hulle help skep en skryf het om ons as volk se regte te skend en land te vernietig, waar ons vandag is. ‘n Staatlose volk, wat reg tot hul eie land het, nie ‘n tuisland of “selfregering” of “selfwerksaamheid” nie. Ons het ook menseregte wat geskend word.
Moorde en aanvalle is aan die orde van die dag, nie net om vrees te skep nie, maar ekstra veiligheidsmaatreëls in plek te kry. Misdaad het ‘n beplande inkomste van 15% VAT vir die regering geword op alle vlakke van misdaad waar die regering geen steen hoef op te tel vir die 15% inkomste nie.
Dus, al ons volkslede wat regoor ander kontinente versprei is, en weens misdaad in die land geniet geen vryheid of volkskap nie, moes ander heenkome gaan soek het, sit vandag staatloos en identiteitloos, waar die wortels van die volk in Suid-Afrika ‘n volksbegrafnis tot gevolg het – ‘n volksmoord. Elkeen moes opofferings maak, ‘n ander taal en kultuur probeer “aanneem”. Niemand ontgroei wortels van ‘n volk nie. Ons bly steeds staatloos.
Hierdie volklede wat oorsee gaan vestig het, het vlugtelinge geword sedert die ANC die land oorgeneem het en die res van ons word steeds onder swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening vervolg sodat die elite swartes in die land alles kan besit of die rewolusionêres alles kan plunder en afbrand.
Leiers wat sing om ons uit te wis en te vermoor. Watter reg het hierdie leiers om ons so te behandel om ons openlik te ontken as ‘n volk en openlik te dreig om ons te verwoes en uit te wis. Regsbanke is eensydig en maak dit af as ‘n grap dat hulle dit mag sing. Wat sou die Zoeloevolk gedoen het as hierdie leiers so oor hul mense gesing het en ingevaar het om hulle uit te wis.
Daar is sekere fondasies gevestig in die manifes van die ANC van 1955 – kommunisme – bolsjevisme. Deel van die fondasies is haatspraak, wat aan die orde van die dag is, waar dit grotendeels die Boere of Afrikaners is wat deurloop, nie net op sosiale media nie, maar ook in elke samelewing, waar ons van alle regte, ons taal Afrikaans beroof word en ook van ons land en gebiede, wat eens ons sin was.
Misdaad het geen einde nie. Gewis is ons as Afrikaner en Boere dalk nie die enigste volk wat uitgewis word nie, en is daar ander te bespeur, maar oor die 50-60 moorde per dag is dit onseker wie al hierdie moordenaars is wat vrylik rondloop om hul taak te voltooi uit ‘n rooimag se oogpunt. Daar word weinig of ooit hofsake gewys of selfs begrafnisse van die 50-60 moorde. Die kommerwekkende vraag is, is dit waar, hoe waar en wie word vermoor? Waar is al hierdie grafte en families wat begrafnisse hou waar geliefdes vermoor was en het dit ooit plaasgevind?
*
The Elements of Statehood
*
TERRITORIALE ONAFHANKLIKHEID
VERWYS na die Volkstaatraad van 1994 se ondersoeke en aanbevelings, waarop ons as volk ‘n reg het, en daar is selfs meer dan een gebied wat intensief ondersoek was. Aanbevelings was dekades reeds gelede so bewoord dat ons reeds meerderheid in die gebiede is. Dus, maak werk daarvan, moenie net oorsee gaan hervestig nie, ons het gebiede waartoe ons ‘n internasionale reg het.
Gebiede is belangrik om te behou. Ons was reeds onafhanklik in die gebiede wat ter sprake is, wat onderhandel was en wat aan niemand behoort het nie. Daar was nie grond gesteel soos wat afgemaak word dat ons voorouers ander beroof het nie. Die feit dat daar twee erkende onafhanklike gebiede bestaan het, wat die Britte geannekseer het met die Anglo Boere oorlog is 100% bewys daarvan.
>
Vryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)
Self-determination – Selfbeskikking (publikasie 1995)
Diamonds, Gold and War: The British, the Boers and the Making of South Africa
Boer-Afrikaner – Independent areas – volle soewereine Onafhanklikheid
+
Dr Hendrik Verwoerd – 8 September 1901-6 September 1966
Agreements and Traditional leaderships
Ingonyama Trust – King Goodwill Zwelithini –
*
FEITE
Die Koerdiese volk in die midde oosterse lande was net so beroof tydens oorloë van hul land wat oorspronklik aan hul voorgeslagte behoort het. Daar is nie noodwendig altyd ‘n geval van dat iemand ‘n vlugteling word en dan staatsloos gebore word.
Immigrante wat onwettig in ‘n land ingaan, het almal ‘n land van herkoms – hoekom is hul verjaag uit hul land uit en deur wie. Hoekom word hulle nou skielik ‘n ander land se probleem of wanneer word daar gekyk na die werklike oorsake hoekom daar staatlose volke bestaan?
*
Die Koerde is vir eeue al in die Midde Ooste – dis nie ‘n nuwe land nie, dit was ‘n bestaande land wat ander geneem het, herverdeel het en die Koerdes het so staatloos geword.
*
STAATLOOS – hul stryd kom ‘n langpad – 2013 video
*
Staatloos – Koerde in Iraq
https://www.youtube.com/watch?v=HxddG9Y0TuI
*
Terloops – soms word hierdie oorloë deur groot moondhede haarfyn beplan , juis om sekere volke te vernietig met ‘n groot “oorlog” en om wêreldmag/ besittings en eiendom te bekom of grond word eenvoudig aan ander toegedeel.
Leer uit die Koerdiese volk se geskiedenis asook wat in die Anglo Boere oorloë gebeur het om ons staat te steel vir minerale. Interessant wie agter die Koerdiese volk se “ontmagtiging” sit en wie agter ons “ontmagtiging” sit. Daar is waarskynlik nog ander voorbeelde wat nagegaan kan word.
Dit het ook met ons volk gebeur hier in die suidelike dele van Afrika, wat eers later in 1910 ‘n Unie van Suid-Afrika geword het. Ons het as volk onafhankike gebiede gehad, wat van ons weggeneem is met oorloë.
*
State Recognition – erkenning van ‘n staat
[…] Staatloos – Menseregteskending en internasionale misdade […]
LikeLike
[…] Die ANC en hul liberale en klassieke maatjies weet reeds ons Boere en Afrikaners het ‘n reg tot ons eie regering en onafhanklikheid, nes wat Botswana het. Verwys na die Akkoord van die Volkstaatraad, wat amptelik in 1994 ingestel is met ‘n mandaat wat in 1994 verkry is met die verkiesing. Hierdie akkoord was ONDERHANDEL met die ANC, vorige regering en ook buitelandse verteenwoordigings vir die Afrikaner-Boere wat selfbeskikking (onafhanklikheid) verlang soos vereis deur internasionale reg. The Afrikaner Accord was negotiated before the 1994 elections and there was an official mandate to go forward with the fully investigation and implementation thereof. It was recommended at the end we get a province and self-determination on those areas. All peoples have a right to self-determination, the Afrikaner and Boers as well. The Zulu people also negotiate their old homeland (Kwazulu) and change the name to Ingonyama Trust as their own with their own traditional leaders. It is not apartheid, but people have rights. Staatloos – Menseregteskending en internasionale misdade […]
LikeLike
[…] Ons as Boere en Afrikaners is nie die enigste volk wat staatloos is nie, wat beteken ons moet onderhewig wees aan ‘n meerderheid en ‘n magsbehepte kommunistiese stelsel en krummels ontvang vanaf ‘n kommunistiese stelsel en grondwet wat ons menseregte skend. Wie van ons volkslede kan “Onderdanig” aan ‘n grondwet en verskeie wetgewings wees wat ons regte totaal en al skend vir 25 jaar en dalk langer. Ons as volk het ‘n internasionale reg om ons vryheid te verkry, mits ons dit saam doen – ons hoef nie staatloos te wees nie. Ons hoef ook nie bannelinge in ander lande te wees nie om ‘n bord kos op die tafel te kry nie. Liberaal verligte blankes wil saam die multi-kultuur kommuniste wees omdat hul help skryf het aan die grondwet en ander wetgewing wat ons regte skend. Staatloos – Menseregteskending en internasionale misdade […]
LikeLike
[…] * Ons as Boere en Afrikaners is nie die enigste volk wat staatloos is nie, wat beteken ons moet onderhewig wees aan ‘n meerderheid en ‘n magsbehepte kommunistiese en liberale stelsel en krummels ontvang vanaf ‘n kommunistiese stelsel en grondwet wat ons menseregte skend. Staatloos – Menseregteskending en internasionale misdade […]
LikeLike