Onderstebo – Upside down


*

Die Boere volk se geskiedenis, kultuur en identiteit loop langs die spoke wat chaos saai,  Die rooies hits die REWOLUSIE daagliks aan, dans en saai verwoesting in Suid-Afrika.   Hul rewolusies is rooi en brandend soos die kommunistiese lande van ouds.   Hul hou daarvan om met vuur te speel en alles te verbrand nadat hulle hulself gehelp het.   Selfs die paaie word slaggate ingebrand om hul stempel of seël af te druk – hul was daar om hul rewolusionêre magte ten toon te stel.   Dit is en word aangeteken in die arnale van Suid-Afrika en sal waarskynlik deel wees van die dagboeke van elke politikus.

PARLEMENT2 MANDELA ONDERSTEBO

*

Dis nie nodig om op jou hande te loop om te weet dis die parlement in Kaapstad nie.   Is dit nou die vlêrmuis politiek?    Hulle mag blind voorkom, maar is nie blind nie.   Hul vlieg doelloos rond vir Agenda 2030, koekeloer waar daar gesteel kan word om die misdaad te laat groei om die land in chaos te dompel.   

Heelwat Britse voetspore en skakels is in hierdie gebou, een van vele, wat die Boere volk se vryheid gesteel het en dit nie gun dat ‘n Boere volk hulself mag regeer nie.  Die Boere volk het lankal ontstaan en opgestaan.   Dis juis hulle, ons voorgeslagte wat die gapings geneem het om vry te kom van die Engelse en bondgenote se bewind.   

Die veelvolkige Afrikaner nasie het hard gepoog om al die jare in die boeke van die Engelse te bly, selfs finansieel bygedra om die Boere volk geniepsig te stuit om hul Boere republieke suksesvol te regeer.   Hulle het die Engelse help veg met geld en soldaat, teen die Boere volk.    Hulle was saam die Engelse en bondgenote in die Unie van Suid-Afrika en ook die 1948 regering.   

*

Hulle is skaamteloos want hulle wil almal om hulle manipuleer en beheer – daar sal nog eendag ‘n keerpunt kom vir die Boere volk.   Die Boere volk is nie onderdane van die spul nie.

https://www.youtube.com/watch?v=4ukc-MAj50w&t=8s

*

Wat hul regtig eerlik op hul eis kon bereik het sonder die Boere bydraes, is boeke vol, waarvan die Anglo-Boere oorloë getuig, asook die slagvelde, konsentrasiekampe en verskroeide aarde beleid.    Die Boere volk is harde werkers en weet wat hulle doen, al dink ander vreemde nasies die Boere volk is niks werd nie.   Die Boere volk skuld niemand niks nie.

Die Boere volk het steeds nie gaan lê nie en nog minder die kniegies so laag gebuig soos wat die veelvolkige Afrikaner nasie dit deesdae doen om die Weste en selfs die Britse statebond gelukkig te hou nie.   Hul is almal oorgretig om vinnig in ‘n vliegtuig te klim vir kuiertjies aan die Withuis en liberale organisasies van Soros, die Cato Instituut.

Die Afrikaner organisasies hou daarvan om die Boere volk se geskiedenis en identiteit as hulle sin in te palm en te maak of dit hulle is wat die Gelofte afgelê het op 16 Desember, en dis nie al nie.   Daar was nog nooit Afrikaner republieke nie, net Boere republieke wat wettig voor 1900 aangekoop is, met onafhanklike status.

*

Die rooi rewolusie


Is Malema hul leier?

https://www.youtube.com/watch?v=wsBcKFs-Ibk&t=108s

Dit is erger as Mfecane, inteendeel Mfecane en Verskroeide aarde beleid van die Britte het nog nooit opgehou bestaan in Suid-Afrika nie.   Dit leef voort in die Britse statebond, Suid-Afrika is steeds deel daarvan.

Al hierdie dinge was beplan rondom die Idasa en Kodesa vergaderings, heelwat buite ons landsgrense.  Dis hier waar die “grondwet” beplan was om al ons menseregte te skend – grondwetskrywers – heelwat blank en verlig – het hul deeltjies bygedra hiertoe.   

Tot swart bemagtiging en regstelaksies is deur liberale Afrikaners uitgedink in 1989 in Dakar.  Moenie dink dit was die ANC of hul kaders nie, hulle het dit help bewaarheid maak.   Hul agendae is ROOI met baie voetsoldaatjies.

 

Regstellende aksie – Affirmative Action – Dakar 1989

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Kodesa –  ;liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Geheime organisasies van Milner-Rhodes

Rewolusionêre ekonomiese oorlogvoering

*

VALS VLAGGIES EN HERHALING VAN GESKIEDENIS

Dit is hul forte.   Dit was die Britte en al haar bondgenote tydens die Anglo-Boere oorlog.   Niks het verander nie.    Om plase en voedsel af te brand, en dan vroue en kinders soos diere aan te jaag na hul nuwe Brits geskepte  konsentrasiekampe.   Diere is afgeslag en doodgemaak.   Hul vooruitgang is om grond met geweld af te neem vir minerale rykdom.   Voedsel is vernietig.  Kannibalisme het oral geseëvier.

Kannibalisme en slawerny
https://www.youtube.com/watch?v=pZ9Wp7cjWLM&t=309s

Anglo-Boere oorloë
https://www.youtube.com/shorts/SbPC4VXVceU

Verkragtings en konsentrasiekampe
https://www.youtube.com/shorts/RpG4BcD69Ms

*

Is visioene waar?

https://www.youtube.com/watch?v=cUM_n3KI80g

*

Die spoke of voetsoldate van vandag het geleer by Brittanje, hoe en wat om te doen, te brand, te plunder, aan te rand en uit te wis.   Hul verf hul nuut gevonde kultuur en tradisies met rooi vlamme van onheil, die rooi span osse uit die noorde wat nie net deesdae in Suid-Afrika is nie, maar ook op ander kontinente soos Europa, Amerika en Australië.  Dit gaan nog oral verskroeide aardes vorm saam met haar konsentrasiekampe.  Hulle sal ook moontlik elders vlugtelinge in konsentrasiekampe word.

Tydens Mfecane was dieselfde patroon van verwoesting sigbaar en dit het nog niks verander nie.   Hoeveel mensevreters was by hierdie slagtings teenwoordig en het ruim fees gevier?

Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024

Slavery –  human trafficking

SA Grondregte sedert 1750

Elke volk se geskiedenis, kultuur en tradisies is deel van daardie spesifieke volk.  Niemand, ook nie die liberale Afrikaner en kommuniste nie, kan geskiedenis verander nie, al probeer hulle hoe hard om die Boere se kultuur na ‘n “reënboognasie” te probeer verander.   Geen volk kan ‘n ander volk se kultuur en geskiedenis verander nie.      Daar was nog nooit ‘n reënboognasie nie al dink die Afrikaner en kommuniste so met al hul veelvolkige organisasies.   Al probeer Afrikaners hoe hard om die Boere volksgenote deel te probeer maak van hul multi-kultuur organisasies.   Die Boere volk is en was nog nooit deel van die veelvolkige Afrikaner nasie nie.

Hoekom moet die Boer volk wortels verander – om kommuniste en liberales te pas?   Nie maklik nie, elke volk het hul eie wortels.    Die Boere volk,  as volk, het die reg om te lewe, die reg om voort te bestaan, die reg om ons self in ons eie onafhanklike gebiede te regeer.

Die herstel van al die Boere republieke wat aan die Boere volk behoort.

*

Most of us, Boer people are not involved in this communist rewolution at all.   Read our history – nobody can change your roots and we are all proud of this years of progress and development.  Why must we change – if we do not want to?

Be proud of you and your people, your culture, Afrikaans and history.  We do not force our history, roots, culture and believes on other people.  They have their own.  We as people do have a right to our own areas and full independence.

By the way – it’s not necessary to walk on your hands to know it’s our parliament in Cape Town.  If you want to see chaos, just watch the inside of those meetings, since and even before 1994 – refer to all the Kodesa and Idasa meetings.   They created this so-called “demoncratic” constitution, that violate our white’s human rights.

****

Skending van menseregte / Violation of our human rights

Codesa Constitution – Kodesa Grondwet

Internasionale mensereg Artikel 17

RACISM AND LAND REFORM

1955 ANC Freedom Charter

Boereheld Jopie Fourie en Smuts

J C Smuts, Balfour, Zionism

Jan Smuts –  VN  –  Darwin  –  Britse ryk

Jan Smuts en Brittanje (44)

*

Contact Admin
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.co

Lewer kommentaar