*
Die Vermoor die Boer lied, (Kill the Boer, kill the farmer), is ‘n walglike en diskriminerende lied, maak nie saak wat howe in Suid-Afrika bepaal het dat dit reg is volgens hulle uitsprake. Dit is nie reg nie en dit is die Boere volk wie se menseregte hierdeur geskend word. Daar is lankal nie meer enige teken van die sogenaamde ‘apartheid’ nie, want die meerderheid regeer die land.

Hou op lieg vir die mense in en buite Suid-Afrika. Dus waarom sal die politici ‘n moordlied kies om te sing om die Boere uit te wis. Dis rassisties en diskriminerend. Die Boere volk sing nie dat hulle ander volke, stamme of nasies wil uitwis nie. Dis politieke leiers wat onetiese dade uitvoer om hul ondersteuners aan te moedig om moorde uit te voer.
Die sleutelbordkrygers is ‘n bedrywige spesie in Suid-Afrika. Hulle steek hul neuse gedurig in ander volke se sake wat hulle nie regtig raak nie. Plaas dat die sleutelbordkrygers eerder self ondersoek instel en hul eie lyste saamstel oor wie en waar hulle mense vermoor. Dan sal hulle dalk agterkom wie vermoor wie onder die swartes en ander groepe/ volke of stamme. Dalk sal hulle ‘n verrassing van hul lewens kry as hulle selfondersoeke begin doen en wie agter hul moorde sit of staan.
Die ironie van die land se misdaad word weerspieël in hierdie tipe ongeduldige persone wat niks daarvan hou as lede van die Boere volk rekord hou van hul eie volkslede wat aangerand en vermoor word in die land. Deurdat die Boere volk heelwat inligting bymekaar maak in al die jare rakende aanvalle, verkragtings en moorde, bou hul hul eie sensus en statistieke op oor die Boere volk. Sleutelbordkrygers het niks om oor te kla nie en moet hulself blameer vir hul gebrek aan informasie – steek die hand in eie boesem en bou jou eie volk en stam op.
Die Boere volk het en sal nooit ontken dat daar nie ander moorde of aanrandings in Suid-Afrika plaasvind nie, want die Boere volk weet dit in elk geval. Dis nie hulle plig om ander se lyste en inligting op te bou nie. Die Boere volk het ‘n internasionale reg om as Boere volk voort te leef en ook hul eie statistieke op te bou. Net soos wat ander die reg het om te leef in Suid-Afrika, het die Boere volk, dieselfde regte. Lede van die Boere volk moet voortgaan met wat hulle doen, hulle weet wat hulle doen. Hulle wat opstaan het dieselfde regte as die ander volke en nasies in SA. Die Boere volk skuld niemand iets of enige redes of verduideliking nie en het ‘n reg tot lewe volgens die kommunistiese grondwet.
Die Boere volk is nie sleutelbordkrygers nie, maar werk onderling saam met mekaar om goedbedoelde eindresultate te sien. Niemand skryf aan die Boere volk voor wat hulle mag doen en wat nie. Hulle doen hul eie dinge en pla niemand nie. Hulle skryf nie aan ander voor wat hulle mag of nie mag nie. Dis elkeen se reg om dit te doen om rekord te hou of agteroor te sit en bolletjies rol.
Volgens al hierdie swak veralgemening en vals beskuldigings vanaf die onbekende sleutelbordkrygers veral , is dit wat die Boere volk doen verkeerd. Wat is verkeerd daarmee om te weet wie van ons mense word aangeval en presies waar dit gebeur.
Selfs die leiers wat so sing om die Boere uit te wis, maak of dit net hulle is wat ‘n reg tot lewe het, dis hulle wat die opdragte uitskree voor gehore.
Trek die skoen aan
Van wanneer af mag net sekere bevolkingsgroepe hul oor misdade en aanvalle teenoor hul eie mense uitspreek en selfs soos nou, die Witkruis monumente oprig, sodat families kan onthou en mekaar bystaan in hul leed. Die regering doen dit nie en gee ook nie om oor die Boere volk wat uitgewis word nie, want hulle ontken dit, nes hul volgers en die sleutelbordkrygers Die regering doen nie veel om die plaasmoorde aan te spreek of selfs op te los ne. Die wat dink daar is ander aanvalle en moorde, moet maar dieselfde doen. Hulle het ook tyd en geriewe om dit te doen. Dit is goed om rekord te hou van misdaad, want vir jare tot en met 2007 was dit gedoen, maar nie meer nie. Omdat die Boere volk na aan mekaar is en lewe, weet hulle as daar aanvalle op die Boere is.
Ironies, word selde indien ooit, ‘n begrafnisdiens, ‘n roudiens of hofsake of polisiesake wat aanhangig gemaak word van ander bevolkingsgroepe gesien. Waar is die naamlyste van families en vriende van die sleutelbordkrygers? Dit klink eerder of hulle bang is om dit uit te voer want dan mag hulle dalk agterkom wie agter al hulle moorde en aanvalle sit. Of is dit teveel vir al die gemaksugtiges gevra om dit ook te boekstaaf as daar wel soveel moorde en aanrandings plaasvind. Ander kan tog nie verwag dat die Boere almal se lysies van moorde en aanvallers moet hou nie. Daar word reeds vir 30 jaar teen die Boere volk gediskrimineer deur swart bemagtiging, maar om te verwag dat die Boere daardie lysies van ander moet byhou moet diegene wat weet wie vermoor word, maar hul eie lysies byhou.
*
Neem kennis die Boere is ‘n volk op hul eie en nie deel van die veelvolkige Afrikaner reënboognasie nie.
Boere is nie net landbouers nie, die woord BOER het meer as een betekenis.
Boere is ‘n VOLK nie net landbouers
Sedert 1902, is dit die Afrikaner leiers, saam die Engelse, wat die Vredesverdrag van Vereeniging help opstel het en daarna is dit hulle mans organisasies wat die 1910 en ook 1948 regerings beheer uitgeoefen het.
Dit was Afrikaner leiers wat die Boere rebellie se leiers in 1914 ter dood veroordeel het, niemand anders nie. Hier was dit ook Afrikaner mans en op hul eie gesag, en lede wat hul eie mandaat verkry het en die van statebond Engeland hul moorde uitgevoer teenoor die Rebelle. Net omdat die Boere nie wou veg vir Brittanje nie.
Die Boere is ingedwing in die Unie van Suid-Afrika en moes lank voor 1910 hul Boere repubieke (18) teruggekry het.
1914 BOERE Rebellie: Suid-Afrika
Dit was ook dieselfde Afrikaner organisasies, besighede, liberale leiers en kommuniste, wat na Dakar, Zambië en ander plekke vol gereis het om hier te besluit dat hulle, die Afrikaners die land moet oorhandig aan kommuniste.
Dis hier waar swart bemagtiging in 1987 ontstaan het, inderwaarheid het dit reeds in J Vorster tydperk begin plaasvind.
Vandag is dit leiers soos Zuma, Malema, Steenhuizen en Mandela, saam hul voorganger Makoba wat sing om die Boere uit te wis. Moenie van al die ondersteuners vergeet wat dreunend voortsing nie.
Die kommuniste het dan in 1994 van die sogenaamde apartheid ontslae geraak, is dit nie so nie. Hulle is hul eie vyande en maak of dit dan die Boere volk is. Waarom is daar dan soveel misdaad, aanvalle en moorde?
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Afrikanerbond Afrikaner-Broederbond in SA
Diskriminasie is niks anders as ‘n kleinmannetjiesindroom nie.
Swart en gekleurdes bly steeds apart van mekaar, maar dit is aanvaarbaar, niemand anders mag op KEV of Trustgebiede bly wat hulle grondgebiede is nie.
Hoeveel van die sleutelbordkrygers in van hierdie afsonderlike KEV of Trustgebiede bly is ‘n ope vraag, want hier geniet hulle waarskynlik die beveiliging van hul eie netwerke. Daar is reeds duisende grondeise wat afgehandel is en KEV of Trust gedoop is. Die KEV en Trustgebiede was meestal al die ou Reservate of Tuislande en Kroongebiede.
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Gold and diamonds -1886 Griqualand West
*
MINDERWAARDIGHEID
Sleutelbordkrygers ly aan ‘n kleinmannetjiesindroom sodat hulle nog steeds na 32 jaar sing om die BOER te vermoor. Dis nie net minderwaardigheid nie, maar hul eie ryk bevoordeelde leiers wat hulself op podiums plaas en die trompette blaas. Hulle het die leiers gekies, aangestel en beheer die land. Nie die Boere volk nie.
Ironies hoe minderwaardig kan mens wees en voel om te sing, vermoor die Boere, terwyl hulle die regering reeds vir 32 jaar steun, om meer as 60 mense per dag te vermoor, sonder bewyse, grafte, hofsake of polisiesaaknommers.
Sleutelbordkrygers moet hul eie statistieke bymekaar maak.
*
Aanvalle op Boere gaan gepaard met grusame geweld, pangas, gewere, bendes, brand met kookwater of brandende olie, verkragtings en moorde. As ander doodgemaak word, is daar nie martelings en ander erge barbaarse terreur nie.
Luister hierna – listen
https://www.youtube.com/live/K4KXkOhFd4s
*
OPINIS – Volksmoorde vind plaas in Suid-Afrika
https://www.youtube.com/watch?v=S0G6bjV4iA8
*
VOLKSMOORD
Internasionale kenner het die land in 2012 besoek en dit as volksmoord verklaar. Sou die moordgevalle waar is, is die kans dat hier meer as een volksmoord plaasvind, groot.
Volksmoord – Genocide – SA Dr Stanton
SA Missionary report on Genocide (Volksmoord)
BOERE Volksmoord – Genocide in SA (kriteria)
Volksmoorde en skending van menseregte
Kill the Boer, kill the Farmer
Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song
Kill the Boer Kill the farmer in South Africa
Elke volk, die Boere volk het ‘n internasionale reg om hul Boere republieke te herstel.
Herstel van Boere republieke en Boere volk
*
APARTHEID is deur swart en gekleurde leiers saam Brittanje en kolonies begin, nie deur die Boere nie. Nog minder het wyle Dr Verwoerd dit gedoen. Toe hy leier geword het, was Reservate en Kroongebiede reeds sedert 1815 daar op die Britse wetboeke. Meeste van die stamme het grond beset en nooit van niemand aangekoop nie.
Aparte gebiede – Duncan Du Bois
Mfecane, Dfecane, aparte gebiede
Agtergrond
Wat swartes en anderskleuriges wat die MOORD lied “Kill the BOER, kill the FARMER” sing, is onder ‘n groot wanindruk en glo hulle net wat hulle wil. Net soos wat baie blankes is, veral Afrikaners, wat nie besef dat die BOER of die BOERE volk nie deel is van die veelvolkige multi-kulturele Afrikaner reënboognasie nie, is daar swartes en anderskleuriges wat dieselfde glo.
Hulle besef nie die woord BOER het meer as een betekenis, naamlik, dat ‘n Boer kan ook ‘n landbouer wees en fisies boer, maar die BOERE as sulks is nie almal landbouers nie. Die Boere is ‘n aparte VOLK en het ‘n reg tot opinie en beslis ‘n reg tot lewe in Suid-Afrika. Net soos wat daar ‘n Zoeloevolk of Khoi san is wat uit verskillende stamme of clans bestaan, bestaan daar ook blanke volke, stamme en selfs ‘n veelvolkige reënboognasie wat hulself Afrikaners noem.
Nie alle blankes is deel van die Afrikaners nie.
Nie alle swartes is deel van die Zoeloes nie.
Nie alle gekleurdes is Khoi san of Griekwas nie.
Die Boere volk en BOERE spesifiek kom uit al die 18 plus Boere republieke en is niks van die Afrikaners nie. Hulle het nie die selfde geskiedenis in die onderskeie (18) Boere republieke, wat die Britte en haar bondgenote teengestaan het toe hulle kom oorlog maak het teen die BOERE republieke, hul kommando’s, vroue en kinders.
Afrikaners, wat grootliks blankes is, het heelwat ander lede uit alle bevolkingsgroepe en is dus veelvolkig en multi-kultureel. Hulle staan nie vir ‘n spesifieke volk se reg nie en beslis nie vir die Boere volk se reg tot lewe en onafhanklikheid soos wat hul voorouers gehad het in die 18 Boere republieke.
Afrikaners was nooit ooit deel van enige Boere republiek nie, want hulle het van toeka af tot nou, geglo aan EEN land (Unie van SA), soos wat Brittanje en haar mynmagnate geglo het.
Afrikaners was nooit gevange gehou in Britse helkampe nie, want hulle het saam Brittanje teen die Boere kommando’s, Boer vroue en Boer kinders geveg.
Dus, kan geen veelvolkige Afrikaner multi-kulturele reenboognasie, wat teen die Boere volk se voorgeslagte oorlog gemaak het, daarop roem dat hulle deel is van die BOERE volk of hul nasate nie.
Afrikaners, swart en gekleurde stamme het saam die Britte en bondgenote oorlog gemaak teen die 18 BOERE republieke. Dus hoe kan hulle dan aanspraak probeer maak op gebiede wat die Boere volk se voorsate wettig bekom het en dit as Boere republieke verklaar het. Heelwat van die Boere republieke het internasionale erkenning gehad.
Dit was selfs Brittanje wat van die konvensies opgestel het en haar voorwaardes probeer geldig maak het met haar mynmagnate en swart arbeiders uit Afrika in die Boere republieke. Nie lank na hierdie konvensies gemaak is deur die Engelse, soos die in London, is dit hulle wat met die Boere kommando’s en volk oorlog gemaak het. Wat van ‘n dubbelsinnige agenda is dit nie? Eers word voorwaardes gestel en omdat die Boere volk nie voor koningin wou buig nie, is hulle aangeval met oorlog, konsentrasiekampe en verskroeide aarde hel.
Afrikaners, swart en gekleurde volke/stamme het die Verskroeide aarde beleid saam die Britte uitgevoer – daar is baie foto’s hieroor beskikbaar. Die Boere republieke se gebiede is almal wettig bekom en onderhandel, niks het gratis uit die hemel geval of beset nie.
Swart en gekleurdes het hulle gebiede beset en dis apart gehou deur hul eie leiers saam die Britse lords, Rhodes en Shepstone. Swartes en gekleurdes kan ook lees, die feit dat die Boere republieke op vele plekke geboekstaaf is, hulle weet presies wie en wat die BOER is.
Indien swartes en gekleurdes hul huiswerk doen, sou hulle gesien het dat die regerings van 1910, 1948 tot en met 1994 was deur die bank Afrikaners wat beheer uitgeoefen het onder die hand en wetgewing van die Britse Statebond.
Nou word die vraag al herhaaldelik gevra, wie sit agter die opsweping van Malema, Zuma, Mandela en al hul ondersteuners om die BOERE te vermoor?
Suid-Afrika, Unie van Suid-Afrika het na 1910 ontstaan.
Dit is feite dat die Engelse oorlog gevoer het met die Zoeloes, Xhosas en andere is nog nooit ontken nie, dit is so.
Swartes weet en besef lankal daar is en was Boere republieke, want ook hulle het dan al hordes kere genoem dat dit nie net BOERE oorloë was nie, hulle was deel en wou dit as Suid-Afrikaanse oorloë laat deurgaan.
Dis beslis nie reg nie, want in 1880 en 1899 was daar nog geen land, Suid-Afrika nie, dus kan dit onmoontlik Suid-Afrikaanse oorloë wees. Afrikaners, swart en khoi san groepe wat hulle saam Engeland geskaar het, word so beoordeel onder die woord “Anglo”.
*
Aanvalle op Boere : Bultfontein Desember 2002
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*