Herstel van Boere Republieke

*

Daar was meer as een Boere republiek wat deur Brittanje en haar bondgenote afgeneem en oorgeneem is vir al die minerale rykdom, goud, diamante en ander belangrike metale.   Al hierdie Boere republieke was Niemandsland en het aan niemand behoort nie, maar dis onderhandel met omliggende swart stamme wat dit nie gebruik het nie.    Wettige ooreenkomste is aangegaan met verskeie plaaslike leiers en hoofmanne wat grondgebiede beset het.  Grondgebiede wat aan Niemand behoort het nie is of aangekoop of vir dienste gelewer aan stamme.

Suid-Afrika South Africa – ONAFHANKLIK

*

 Dit word gestel dat die herstel van Boere republieke alle Boere republieke afsonderlik hierby insluit.   Daar was nie een groot Boere republiek nie, daar is verskillendes, dit was nie net ZAR en Vrystaat Boere republieke nie.   Beide die twee Boere republieke, het onderling ook verskillende Boere republieke bevat.  Hiermee dus word al die Boere republieke as gelykwaardig beskou.   Een Boere republiek kan nie bo ‘n ander Boere republiek gestel word nie.   Boere volkslede het deelgeneem aan die Anglo-Boere oorloë EEN en TWEE en het almal vir ons vryheid geveg, nie net vir sekere Boere republieke nie.

Daar was meer as een Boere republiek wat deur Brittanje en haar bondgenote afgeneem en oorgeneem is vir al die minerale rykdom, goud, diamante en ander belangrike metale.     Swak skuld is voor deur van die Boere leiers geplaas, wat allermins die waarheid is.   Die Boere republieke is ryk aan minerale.

Al hierdie Boere republieke was Niemandsland en het aan niemand behoort nie, maar dis onderhandel met omliggende swart stamme wat dit nie gebruik het nie.    Wettige ooreenkomste is aangegaan deur Boere leiers met verskeie leiers, wat grond beset het, en nooit gekoop het nie.  Dis van kardinale belang hoe Engeland en haar bondgenote skielik toegeneem het om die minerale rykdom in die Boere republieke te bekom.   Dink aan al die myn magnate.   Dit was Boere leiers wat ooreenkomste aangegaan het met stamhoofde en leiers van lokale stamme. 

Wat bly vir ons oor as nageslag van hierdie Boere leiers en families wat in konsentrasiekampe en oorlog gesterf het – net ons as Boere volk kan die herstel van die Boere republieke bewerkstellig.   Ander volke kan en gaan dit nie vir ons doen nie, hulle het geen mandaat om dit uit te voer nie.

Vir etlike jare na 1994 word die woord Afrikaner gebruik en misbruik om selfbeskikking te verkry vir ‘n multi-kultuur nasie in gebiede wat nie aan hulle behoort nie.  Afrikaners as sulks het nog nooit enige konkrete gebiede gehad nie, maar daar was en is wel Boere republieke, waar meer as 20 Boere republieke in suidelike Afrika gestig is, deur Boere wat die Kaapkolonie verlaat het.   Dit is grondgebiede wat aan niemand behoort het nie.   Daar is ‘n groot verskil tussen die Boere volk en die Afrikaner nasie.   

Die Afrikaners kan nie aanspraak maak op Boere volk of Zoeloe of enige ander volk  se gebiede nie.   Die Boere kan nog minder aanspraak maak op Zoeloe of Khoi san gebiede, eens Reservate en Britse Kroongebiede. 

Oral in die geskiedenis is dit feite dat dit die Boere, Voortrekkers en Trekboere was wat Boere republieke gestig het en nie Afrikaners nie.   Die Trekkers was ‘n aparte volk en ander volke het nie die reg tot gebiede wat nie aan hulle behoort nie.   Die Zoeloes, Xhosas en Khoi san het ook nie reg tot die Boere se gebiede nie. Dis ons as volk wat die herstel van die Boere republieke moet verder neem op internasionale vlak.

*

Trek en anneksasies – daar was letterlik vervolgings, veral met die Vryburgers en Boere / Trekboere, wat besluit het hulle het genoeg gehad van die Engelse bewind en vervolgings.   Hul het reeds in 1740 begin trek na die binneland om elders te gaan vestig, weg van die Engelse bewind.    Nog Boere republieke is in die proses gestig deur die Boere en Trekkers.  Let wel geen Afrikaners was betrokke by die skep van Boere Republieke nie.   Vryburgers, Trekkers en Boere beslis.

Die Britte het altyd die skuld van slawerny voor die deur van die Boere volk gelê, terwyl dit nie altyd so was nie.  Swartes wat bo uit die Noorde na suider-Afrika ge-emigreer het, het grond beset en Boere het hulle nie gedwing in daardie gebiede in nie.  Die gebiede wat hul beset het was van die beste landbougrond in suider-Afrika met ‘n hoë reënvalsyfer.

https://shorturl.at/o46xi

https://shorturl.at/NXZeY

Kaart heelbo

https://omniatlas.com/maps/sub-saharan-africa/19000605/

*

Verwante artikels en inligting

Invalsplanne op Boere republieke

Grondgebiede van Boere volk

Boere republieke en Suid-Afrika

Boere, Groot Trek en Boere republieke

Die Anglo-Boere Oorloë in kleur

Boere (2016-2017 ANC jaarboek) Minerale rewolusie en arbeid




*

Kontak Admin

volksvryheid9@gmail.com

12 gedagtes oor “Herstel van Boere Republieke”

  1. Herstel van Boere Republieke is die Trekboer toekoms die Trekboer is die regmatige eienaars van grond gebied en is besig om dit te herstel 1902 – 2024

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar