*
Die sionistiese staat Israel en haar bondgenote, Amerika, Brittanje en ander wat wapens, kamera tegnologie, hoë mure en finansiële hulp aan Israel verskaf, oortree alle ooreenkomste en verdrae rakende skending van menseregte, bomme, besettings met geweld en is die oorsaak dat daar nie net EEN nie, maar meer as een volksmoord plaasvind. Israel en haar bondgenote ontken dat daar volksmoord(e) plaasvind.
![Smoke rises and billows in different regions of Gaza as the Israeli army conducts the most intense air attacks on the in Gaza Strip, Gaza on October 28, 2023 [Ali Jadallah/Anadolu Agency]](https://i0.wp.com/www.middleeastmonitor.com/wp-content/uploads/2023/10/AA-20231027-32543289-32543284-ISRAELS_INTENSE_AIRSTRIKES_CONTINUE_TOWARDS_GAZA-1.jpg?fit=1200%2C800&ssl=1)
*
Indien lande simpatie toon met Palestina, word hulle almal deur Israel aangeval en dan is die verskoning, hulle moet hulself verdedig. Die lande het dieselfde reg as Israel as hul aangeval word en so het elke land daardie internasionale reg om hulself te verdedig.
Lebanon
*
Bomme gaan steeds voort
*
OMSTANDIGHEDE IS OMSTREDE EN VERDAG
SIONISTIESE KOLONIALISME
PALESTINA
As daar dan Jode al vir soveel jare in Palestina is, waarom is hulle nie in sionistiese Israel (geskep vir jode) aanvaar nie, maar word dieselfde hanteer as moslems en christene, wat wegvlug uit hul eie huise nadat hulle met geweld deur Israel verwyder is en hul huise platgestoot en gebom word. Daarna is luukse huise en kompartemente gebou met hoë mure en kamera’s opgerig vir die sioniste van oorsee wat uit verskillende lande afkomstig is. Die sionistiese staat Israel het eers in 1948 ontstaan. Palestina bestaan al baie lankal.
Die land Palestina het nog nooit net uit Arabiere of moslems bestaan nie. Sedert Ottomans regering hulle vir eeue regeer het, het daar heelwat jode en christene gebly. Vandag is hierdie groepe almal voor die voet, sonder huise gelaat en vlugtelinge. Heelwat vlugtelinge wat in ander lande bly, terwyl heelwat deur sionistiese staat Israel onder rommel begrawe is. Dis al hierdie verskillende vlugtelinge wat niks het nie, wat elders gevoed en geklee moet word. Die sioniste, die grootste oorsaak van die ellende, ontwrigting en volksmoorde en ekstra las op ander regerings.
Ekonomiese en finansiële uitgawes
Dit is die lande buite Palestina, wat nou met al hierdie ekstra las, ‘n groot finansiële las sit. Die vlugtelinge moet geherberg word, agteroorbuig omdat daar nie teen hulle gediskrimineer mag word nie. Kinders moet skoolgaan en mediese onkostes weens die feit dat hierdie mense steeds moontlik letsels het wat versorg moet word en mediese sorg en aandag of selfs hospitalisasie moet verkry.
Hierdie las word moedswillig deur die sionistiese staat Israel en haar bondgenote (NWO) gedoen dat ander lande nou met groot ekstra uitgawes sit. Die sioniste wat hier inbeweeg het saam Brittanje, kom niks oor nie, inteendeel hulle bomme word oral getoets op onskuldiges en slagoffers. Hulle beset alles en verwilder die res. Let op hul duur luukse huise wat opgerig word en die mure word nie gratis gedoen nie.
Sionistiese ideologie, Apartheid, mure en Britse reservate en hroongebiede in Suid-Afrika
Die wat dink hierdie sionistiese Israel staat is of voer apartheid uit soos ons dit in SA geken het, of pas dit toe, maak ‘n groot fout, Hierdie is totaal iets anders en moet nie met die Suid-Afrika omstandighede vergelyk word nie. Suid-Afrika het nie oor hierdie tipe van ‘apartheid’ beskik nie, veral nie hoë mure of kamera’s gehad, of grusame bomaanvalle geloods of swart mense se grond geweldadig beset nie. Dit was Sioniste doen is afskuwelik en barbaars. Die wat in Palestina gebiede woon is nie almal moslems of arabiere nie.
In Suid-Afrika is meer as 12 verskillende volke, wat elkeen van mekaar verskil. Die meer as 10 Swart etniese stamme en volke kom ook nie ooreen met mekaar nie, net soos wat die Griekwa en Khoi san ook verskil van mekaar. Elkeen het hul eie tradisies en taal, kultuurhuise en identiteite. Hul het elkeen hul eie leiers het en selfs vandag nog, na 1994, eie APARTE gebiede (CPA en Trustgebiede).
Daar is nie afstand gedoen van aparte gebiede nie soos voorgehou word nie. Lees al die hansards en grondwet 1996. Swartes wou almal eie onafhanklike state gehad het voor 1990 en het amptelik gestem daarvoor.
Israel en Palestina is totaal anders. Palestina bewoners was ook nie net een volk voor 1948 nie. Suid-Afrika en die sionistiese staat Israel verskil hemelsbreed van mekaar.
Terwyl die ou regering van voor 1994 hul eie wapens en vegvliegtuie ontwikkel en gehad het, het hulle nog minder die verskillende Swart en Khoi san of Griekwa volke mekaar uitgebom of die tegnologie op die minderheidsvolke uitgetoets.
Jenin vlugtelingkamp, Palestina gebied in die Wesoewer word deur Israel gebom en beset – Julie 2023. Die Palestina bewoners mag hulle nie verset teen Israel se geweld nie.
Die Israel sionistiese staat het haar eie ideologie, ‘n kolonialistiese rewolusionêre kommunisme wat hul afdwing op ander volke reg rondom hulle, veral die wat met Palestina simpatiseer.
Hierdie tipe mure van die die sionistiese staat Israel is 9-30 meters hoog, het nog nie een dag in Suid-Afrika bestaan nie. Dit is dus onvergelykbaar.
Aparte gebiede in SA, die pasboek 1809 en aparte wetgewing
Brittanje het suidelike Afrika beheer vanaf 1800 tot 1961 , selfs Uniewording is onder die Britte uitgevoer (London).
Daar was aparte gebiede in Suid-Afrika en dit kom uit Britse kolonialisme 1840 uit. Swartes het hul eie gebiede beset saam lord Shepstone, 1854, is aparte wetgewings geskep en in 1894 Rhodes in die Kaapkolonie. Dit loop hand aan hand saam die Mfecane oorloë waar swartes mekaar uitgewis het na 1810-1830. Die pasboek is deur die Engelse lord ingestel (Caledon rule) in 1809.
Niks van die sionistiese staat Israel se idees of ideologie of wat hulle deurvoer, is deur Suid-Afrika se Boere of konserwatiewe Afrikaners of 1948 of wyle Dr Verwoerd geskep nie. Israel beheer al die mense met kamera’s, permitte en hoë mure sedert 1940 reeds. Daar is hoegenaamd geen ooreenkoms met wat in SA gebeur het nie.
Reservate word Tuislande
Swart reservate, kom uit 1840, nadat Brittanje die gebiede beset het en ook later die onafhanklike BOERE republieke, asook alle minerale regte. Dit was reeds geskep deur hulself en Engeland. Reservate en lokasies word later in 1961 Tuislande genoem. Hulle stem almal vir hul onafhanklike state. Hierdie volke het almal na 1961 hul eie leiers ingestem, vir onafhanklikheid en nie een blanke het hul hiertoe gedwing, geskiet, gebom of aangeval nie.
Kroongebiede was die gebiede van Griekwas en Khoi San, en was wetlik voor 1900 bepaal deur Brittanje en al die Swart, Khoi san en Griekwa leiers, nie deur blankes nie. Brittanje het dit presies heraal in 1917 teenoor die Palestina mense. Na 1994 word die gebiede geëis deur onderskeie volke en leiers.
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
*
Tuislande en Kroongebiede word Trust en KEV’s (CPA) (Grondeise wetgewings) (CPA/Trust)
Na 1994 word grondeise wetgewing ingestel en word Tuislande en Kroongebiede geëis, as slegs gebiede wat aan die verskillende swartes, khoi san en griekwas behoort.
APART VAN MEKAAR ONDER DIE ANC.
Slegs hulle mag die voordeel trek uit die gebiede, wat deur belastingbetaler gefinansier word. Daar is oor die 8840 tradisionele leiers en elke volk het hul eie kultuurhuis wat alles ‘onderhou’ word.
*
November 2023
Israel het sedert die begin van sy grootskaalse oorlog op 7 Oktober meer as 25 000 ton plofstof op die Gazastrook laat val, gelykstaande aan twee kernbomme, het die “Euro-Med Human Rights Monitor” in ‘n persverklaring gesê.
Die staat Israel voel baie trots om soveel bomme en plofstof op mense te gebruik, hoeveel jode en ander volke is in die proses vermoor?
Volgens die Genève-gebaseerde menseregte-organisasie het die Israeliese weermag erken dat hulle meer as 12 000 teikens in die Gaza-strook gebombardeer het, met ‘n rekordtelling van bomme van meer as 10 kilogram plofstof per individu. Euro-Med Monitor het uitgelig dat die gewig van die kernbomme wat die Verenigde State aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog in Augustus 1945 op Hiroshima en Nagasaki in Japan laat val het, op sowat 15 000 ton plofstof beraam is.
As gevolg van tegnologiese ontwikkelings wat die sterkte van bomme beïnvloed, kan die plofstof wat op Gasa gegooi word twee keer so kragtig wees as ‘n kernbom. Dit beteken dat die vernietigende krag van die plofstof wat op Gasa gegooi is, groter is as dié van die bom wat op Hiroshima gegooi is, het Euro-Med Monitor gesê en opgemerk dat die gebied van die Japannese stad 900 vierkante kilometer is, terwyl die gebied van Gaza dit doen. nie 360 vierkante kilometer oorskry nie.
Een verklaring het onderstreep dat Israel bomme met groot vernietigende krag gebruik, waarvan sommige wissel van 150 tot 1 000 kilogram, en het ‘n onlangse verklaring deur Israeliese oorlogsminister Yoav Gallant aangehaal wat verklaar het dat meer as 10 000 bomme op Gazastad alleen gegooi is.
Palestina bewoners en omliggende lande se volkere is niks anders as proefkonyne wat Israel gebruik nie.
Israel se gebruik van internasionaal verbode wapens in sy aanvalle op die Gaza-strook is gedokumenteer, het Euro-Med Monitor gesê, veral die gebruik van tros- en fosforbomme, wat wasagtige giftige stowwe is wat vinnig op suurstof reageer en ernstige tweede- en derde- graad brandwonde veroorsaak. ‘n Lewende helse vuur wat op Palestina se bewoners losgelaat word.
Israel se gebruik van hoogs plofbare bomme in digbevolkte gebiede hou die enkele grootste bedreiging in vir burgerlikes in moderne gewapende konflikte, het Euro-Med Monitor gesê, en verduidelik die volledige gelykmaking van woonbuurte in Gasa en die algehele erns van die wydverspreide verwoesting daar.
Die regte-organisasie het verder beklemtoon dat Israel se vernietigende en arbitrêre aanvalle in stryd is met internasionale humanitêre reg, wat bepaal dat die beskerming van burgerlikes verpligtend is in alle gevalle en onder enige omstandighede, en dat die doodmaak van burgerlikes as ‘n oorlogsmisdaad in beide internasionale en nie -internasionale gewapende konflikte en kan neerkom op ‘n misdaad teen die mensdom.
Die Haagse Konvensies van 1899 en 1907 en die Geneefse Konvensie van 1949 reguleer beide fundamentele menseregte in tye van oorlog om dodelike gesondheidseffekte te voorkom van wapens wat deur internasionale reg verbied word – waarvan sommige veral, omdat hulle die potensiaal het om “volksmoord” te veroorsaak. (Hier is meer as een volksmoord ter sprake).
Intussen bepaal Artikel 53 van die Vierde Geneefse Konvensie dat “Enige vernietiging deur die Okkupasiemag van vaste of persoonlike eiendom wat individueel of gesamentlik aan privaat persone, of aan die staat, of aan ander openbare owerhede, of aan maatskaplike of samewerkende organisasies behoort, is verbied, behalwe waar sodanige vernietiging deur militêre operasies absoluut noodsaaklik gemaak word.”
Oortredings van Artikel 147 van die Vierde Geneefse Konvensie word beskou as ernstige oortredings van die Wet van Gewapende Konflik, en dus as oorlogsmisdade.
*
Waarmee is sionistiese Israel en haar bondgenote besig want hulle bom almal wat loop en bly in die gebiede, om vlugtelinge in ander lande te word, sodat hulle ekonomies op ander plekke geakkommodeer moet word. Dus nog weer eens meer vlugtelinge die duister toekoms ingebom. Waar moet hierdie mense heen vlug? Hierdie geboue was al voorheen gebom en moes herbou word.

*
Israel het meer as 45 000 bomme op Gasa gegooi wat meer as 65 000 ton weeg, het die Gaza-mediakantoor gesê.
“Besettingsvliegtuie het meer as 45 000 missiele en reuse-bomme, waarvan sommige 2 000 pond plofstof geweeg het, tydens die omvattende volksmoordoorlog op die Gaza-strook laat val en doelbewus hele woongebiede geteiken,” het dit gesê.
“Die gewig van die plofstof wat deur die weermag op die Gaza-strook gegooi is, het 65 000 ton oorskry, wat meer is as die gewig en krag van drie kernbomme soos dié wat op die Japannese stad Hirosjima gegooi is.”
Die kantoor het gesê sowat “twee-derdes van die bomme en missiele is ongeleide en onakkuraat, algemeen bekend as dom bomme.” (word met opset so uitgevoer – wie gee die opdragte)?
Dit het daarop gewys dat die gebruik van sulke bomme dui op “die doelbewuste teiken van onoordeelkundige en ongeregverdigde moord deur die besetting, ‘n duidelike en eksplisiete skending van internasionale reg en verskeie internasionale konvensies.”
Die kantoor het Israel se gebruik van sowat nege internasionaal verbode bomme en missiele teen burgerlikes, kinders en vroue gedokumenteer.
Die bomme wat deur die kantoor geïdentifiseer is, sluit in “bunker-brekende bomme van tipes (BLU-113), (BLU-109), (SDBS), die Amerikaanse tipe (GBU-28), gelei deur GPS-stelsels om infrastruktuur te vernietig, wit fosfor, slim bomme, en Halberd Gudum-missiele.” Dit het opgemerk dat die bomme “massamoorde en beserings binne sekondes veroorsaak het, benewens permanente skade aan die beseerdes, soos misvormings en gestremdhede, tesame met die omgewingsrisiko’s wat voortspruit uit die vrystelling van giftige bestraling.”
*
GENOCIDES – VOLKSMOORDE
Nie net deur die sionistiese staat Israel nie, maar ook Amerika, Brittanje en ander lande – meer as een volksmoord word gepleeg en uitgevoer, ook op buurlande wat so gebombardeer word, word daardie lande se volksmense uitgewis. Waarneming is alle moslem lande word geteiken.
*
Dit het voor 1948 begin – Besettings met geweld deur Brittanje en voortgesit deur sionistiese staat Israel en ander bondgenote. Kamera’s en hoë mure, na besettings en geweld is Palestina bewoners ontruim van hul huise. Niemand mag die sioniste teenstaan nie, hul woord is wet.
*
Vernietiging en moorde vind plaas – Jabalia kamp is totaal vernietig, huise is totaal gebom
*
7 Oktober 2023
Wie se militêre tenks het hier geskiet? – Nie Hamas nie.
*
Uitwissing van die inwoners van Palestina, besettings en bomme
*
Etniese uitwissing van Palestina en omliggende gebiede: Hamas het niks met Wesoewer te doen nie.
*
BOMBS
Israel has dropped more than 45,000 bombs on Gaza weighing more than 65,000 tonnes, the Gaza Media Office has said. “Occupation aircraft dropped over 45,000 missiles and giant bombs, some of them weighing 2,000 pounds of explosives, during the comprehensive genocidal war on the Gaza Strip, deliberately targeting entire residential areas,” it said.
“The weight of the explosives dropped by the army on the Gaza Strip exceeded 65,000 tonnes, which is more than the weight and power of three nuclear bombs like those dropped on the Japanese city of Hiroshima.”

*
*
*
VERWANTE INLIGTING, ARTIKELS EN BRONNE
WHO started this wars in the middle east?
Dalet Plan
https://www.palestine-studies.org/sites/default/files/attachments/jps-articles/Plan%20dalet.pdf
Nakba en Plan Dalet
https://imeu.org/article/plan-dalet
https://www.jewishvirtuallibrary.org/plan-dalet-for-war-of-independence-march-1948
Gestig in 1974
https://www.britannica.com/topic/Gush-Emunim
7 October Oktober 2023
https://www.middleeastmonitor.com/20231119-israeli-helicopter-opened-fire-on-israelis-in-festival-during-hamas-attack-on-october-7-report/
*
Wie het alles begin – Brittanje ASOOK lidlande van die VN wat die mandaat aan Brittanje gegee het om Palestina inwoners te beset en van hul grondgebiede te verwyder. Watter rol het Jan Smuts gespeel en ook by Balfour verklaring? Die Uganda voorstel en oorlog in Oos-Afrika.
Jaffa 1900 (Ottomans) (Brittanje)
1936 in Palestina
Oren Kessler Midde Ooste
Ottomans – Arabs – Palestine – Israel – England – France
Israel Drobles plan – Trump (2020)
Palestina and its people: Is not only Arabs, also Jews and Christians are living here in Palestina since before 1900.
Palestina gebiede en sy mense
What are the different plans of Israel against Palestina peoples?
Israel Sionist state
Aardgas en olie – Palestina en Israel oorloë
Napoleon, Egipte, Ottomans, Palestina
Balfour verklaring – Jan Smuts
Jaffa 1900 (Ottomans) (Brittanje)
Yemen Houthi – Houthi’s – Saudi Arabia – Israel – USA – Iran
Saudi Arabia, Yemen Houthi, Iran, Israel, USA, UK, oil
Yemen Houthi – US bases – Iran – Saudi Arabia – Israel
*
[…] Volksmoorde en skending van menseregte […]
LikeLike
[…] Volksmoorde en skending van menseregte […]
LikeLike
[…] Volksmoorde en skending van menseregte […]
LikeLike
[…] Volksmoorde en skending van menseregte […]
LikeLike
[…] Volksmoorde en skending van menseregte […]
LikeLike