*
Die multi-kulturele AFRIKANER nasie kan nie aanspraak maak op enige Boere volk gebiede in Suid-Afrika nie. Afrikaners het nie Boere republieke gestig nie. Boere het Boere republieke gestig voor 1902 – daar is ‘n hele paar Boere republieke gestig deur die Boere. Verwys na die ‘Afrikaner’ akkoord hierby. Dit voel lank gelede, tog is die ondertekende Akkoord van 1994 en die amptelike ondersoeke daarna om te bepaal waar van ons volk se grondgebiede is, 100% amptelik en regverdig uitgevoer.

*
Die mandaat van die Akkoord is wettiglik tydens die 1994 verkiesing verkry. In die laat 1990’s is hierdie wetgewing eenvoudig eensydig deur die ANC en ander politici in Parlement van die wetboek verwyder, sonder om die volksgenote wat daarvoor gestem het in 1994, te ken in die saak.
Dis egter ons volk wat die aanbevelings vorentoe moet neem om daardie aanbevelings vir ons volk ‘n werklikheid te maak. Niemand anders gaan dit vir ons of ons volk doen nie – slegs ons as Boervolk kan dit doen. Die gebiede wat ondersoek is, is feitlik almal Boere gebiede of beter bekend as BOERE republieke.
Nêrens word voorgeskryf of bepaal hoe groot of klein ‘n volk moet wees om onafhanklikheid te verkry nie Politici kan dit nie vorentoe neem nie. Lede van enige politieke word ingesweer onder hul 1996 grondwet. Nog makliker, al die Boere republieke moet herstel word soos en met 1902 (Vredesverdrag) en dit sluit selfs die in waarop die Boere volk onderhandel het voor 1902 – daar is heelwat ooreenkomste (Treaties) wat die BOERE aangegaan het om grond te bekom of te koop.
*
Verwys na ‘n onlangse berig in die media, waarna gereageer sal word (22 Augustus 2023) – Afrikaners het nie Boere republieke gestig nie, dit was Boere wat dit gestig het.
Afrikaners is ‘n multi-kultuur nasie met verskeie multi-kultuur organisasies en kan nie op ‘n Boere volk se gebied(e) aanspraak maak nie.
Die Zoeloes en Xhosa kan ook nie aanspraak maak op Boere gebiede nie en die Boere kan nie aanspraak maak op Zoeloe of Khoi san gebiede nie.
*
HAAL ARTIKEL AAN
NETWERK24 Afrikaner Akkoord van ’94 kan glo dié onteiening keer
Alet van der Walt
’n Oos-Kaapse boer het ’n voorlegging ingedien waarin hy vra dat onteiening sonder vergoeding gestaak word totdat ’n dokument wat uit 1994 dateer, die Afrikaner Akkoord, deel van die proses vorm. Koos Odendaal van Aliwal-Noord sê in die voorlegging onteiening sonder vergoeding is strydig met die akkoord wat in 1994 deur die ANC, die Vryheidsfront en NP onderteken is.
Die voorlegging steun op die Afrikaner Akkoord en is ook in 2018 by die parlement ingedien om teen die beoogde onteieningswetgewing beswaar te maak.
Luidens die voorlegging kan daar nie met die onteiening van grond voortgegaan word totdat al die onderstaande voorwaardes in die akkoord in ag geneem is nie.
• Die Afrikaner Akkoord moet deel vorm van verdere prosesse voordat enige grond onteien word.
• Die proses van onteiening moet uitgestel word totdat daar ’n ooreenkoms tussen die onderskeie etniese groepe, soos verteenwoordig deur tradisionele leiers, politieke partye en individue is.
• Daar moet aandag aan ’n multikulturele onderhandelingsproses oor grond in Suid-Afrika gegee word.
• Die kwessies wat by Kodesa ter sprake was en die parlementêre prosesse wat in 1994 gevolg is, moet in ag geneem word.
Volgens die opstellers van die voorlegging behou hulle die reg voor om die hooggeregshof of die konstitusionele hof in Suid-Afrika, asook internasionale howe, oor die kwessie te nader.
Die Afrikaner Akkoord is volgens Louis Smuts van die Taboktrust aan die vooraand van die geskiedkundige eerste demokratiese verkiesing onderteken en erken Afrikaners se aanspraak op grond in Suid-Afrika asook die reg op selfbeskikking.
Die Taboktrust is in 1996 gestig en het hoofsaaklik daarop gefokus om Afrikaanse skole teen regeringsinmenging te beskerm, sê Smuts.
Hy sê in 2019 is die trust deur wyle genl. Constand Viljoen, destyds leier van die Vryheidsfront, genader om die afdwinging van die akkoord voort te sit.
“Die akkoord is op 23 April 1994 onderteken, net enkele dae voor die eerste verkiesing en word internasionaal erken,” sê hy.
Hy sê 30 jaar ná die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika is daar baie mense wat nie weet dat Afrikaner-selfbeskikking en Afrikaners se historiese aanspraak op grond in 1994 erken is nie.
Die Afrikaner Akkoord was ’n geskiedkundig belangrike dokument wat onderteken is terwyl daar oorlogswolke op die horison was.
“Onthou, daar was Afrikaner-groepe wat reg was vir oorlog en die diplomate het ingegryp en Nelson Mandela het die ooreenkoms onderteken,” sê Smuts.
Volgens Smuts was die Switserse ambassadeur, asook diplomate van Amerika, Engeland, Ierland en Duitsland by die onderhandelingsproses betrokke.
Hy sê die akkoord is op 23 April 1994, net vier dae voor die verkiesing, onderteken. Dit is in ’n bindende dokument vervat met verskeie bepalings en voorwaardes waarin toekomstige reëlings oor Afrikaners se reg op grond en selfbeskikking beskryf is.
Die dokument is volgens Smuts volwaardig deel van die onderhandelinge wat by Kodesa plaasgevind het. Die tussentydse Grondwet is destyds gewysig om Afrikaners se aansprake te erken, sê hy.
Art. 235 van die Grondwet erken volke in Suid-Afrika se reg op selfbeskikking en is danksy die akkoord deel van die Grondwet.
Smuts sê die voorwaarde wat gestel is vir die erkenning van die akkoord en vir die opneem daarvan in toekomstige wetgewing was dat Afrikaner-belange 300 000 stemme moes kry. Altesaam 600 000 Afrikaners het vir die Vryheidsfront gestem, wat die geldigheid van die Afrikaner Akkoord bevestig het.
Volgens Smuts is die akkoord ná die ’94-verkiesing gedeeltelik geïmplementeer, maar is dit deur die ANC as regerende party gekanselleer.
https://www.netwerk24.com/netwerk24/nuus/aktueel/kyk-afrikaner-akkoord-van-94-kan-glo-die-onteiening-keer-20230822
STOP AANHALING
*
*
*
*
*
VRYHEID, ONAFHANKLIKHEID EN SELFBESKIKKING is ‘n internasionale reg wat enige volk kan verkry. Ons as Boere ook.
Liberale en klassieke liberales het nog nooit belanggestel in enige onafhanklikheid, selfbeskikking of volkstaat nie. Hulle werk saam die regering aan een unitêre land. Sedert ABO dae is dit so.

*
BYKOMENDE INLIGTING TOT SELFBESKIKKING EN VOLKSTAAT, VOLKSTAATRAAD EN AMPTELIKE ONDERSOEKE NA 1994
Elke volk het ‘n internasionale reg om dit uit te voer. Die feit is, die vorige regering, sowel die ANC het hierdie Akkoord mede-onderteken en daarmee saamgestem. Internasionale verteenwoordigers was teenwoordig wat dit mede-onderteken het. Die Akkoord van 1994 en wat daarmee gepaardgaan, is voorafgegaan deur verskeie vergaderings en het lang en gewigtige besprekings uitgelok. Wat egter belangriker is, na 1994 is dit via wetgewing geïmplementeer in die Parlement, dat die gebiede amptelik ondersoek sal word. Terugvoer is amptelik in Hansards gedoen.
As Boer word volkslede feitlik daagliks ongevraagd van vele kante af gestenig in Suid-Afrika, net om te mag lewe en omdat ons ‘n blank volk is. Die Akkoord het volgens verskeie inligtingsbronne, ‘n groot mylpaal bereik wat bepaal dat ons as volk ‘n reg tot lewe het in Suid-Afrika en ook grond wat van niemand gesteel is nie. Die vorige Zoeloekoning, Zwelithini, het dit ook by meer as een geleentheid erken dat ons gebiede het wat onderhandel is, naamlik die Retief traktaat (Port Natal) en Vryheid Boere republiek. Toevallig is die gebiede nie by die Ingonyama Trust ingesluit nie.
Politici in die huidige kommunistiese en sogenaamde demokratiese stelsel gaan of kan dit nie namens ons volk doen nie. Die politici in parlement stem 100% saam met die 1996 grondwet, want almal van hulle is en word na 1996 ingesweer onder die stukkie papier.
Hulle blank liberale Afrikaner steun 100% die ANC se demokratiese stelsel en is ver verwyder van Boere wat vryheid en hul eie gebiede onafhanklik soek. Afrikaners was nog nooit ten gunste van selfbeskikking en onafhanklikheid nie.
Die vereistes en veral bepalings van die Akkoord was duidelik dat die:
1. Volkstaatraadslede moet beide Selfbeskikking en Volkstaat vir die spesifieke volk ondersteun.
(van die raadslede het wel verskil met die volle aanbevelings van die Volkstaatraad en eerder gefokus op hul eie privaat plasie in die Vrystaat, wat totaal en al verkeerd is).
2. gebiede intensief te ondersoek wat aan die volk behoort.
Die mandaat was wettig en het deel gevorm van die Akkoord en ‘n voorwaarde in 1994. Sonder ‘n mandaat kon niks gedoen word nie.
Die 1994 Akkoord kon nie voortgaan sonder ‘n mandaat nie, wat ook met en tydens die 1994 verkiesing verkry is (37.5% van die Boere het daarvoor gestem). Hierdie mandaathouers, selfs die wat weggebly het, was nie ten gunste van oorname aan kommunistiese en liberaal verligte regering nie. Hul wou hul eie leiers kies en deur hul eie leiers gelei word, met ‘n eie onderrig, kultuur en identiteit. Indien daar geen mandaat was nie, sou daar geen amptelike ondersoek gewees het nie.
Na 1994, tydens en ook aan die einde van die Volkstaatraad se intensiewe navorsing en ondersoeke was daar verskeie verslae en ‘n finale aanbevelings waar ons Boervolksgebiede is, wat ondersoek en besoek was tesame met internasionale verteenwoordigers, wat aan die parlement voorgelê is. Dit is gebiede waarop ons as volk geregtig is. Dit sluit veral die ou Boere republieke se gebiede daarby in.
Dis ook hier waar ons BOERE republieke se onafhanklikheid voor 1900 internasionaal erken is, maar later deur Brittanje gesteel en geannekseer is. Die Retief traktaat of Port Natal was nie so intensief ondersoek nie, maar dit moet vermeld word dat dit wettige besitreg was en die Boere republiek ook onafhankikheid geniet het maar weer eens deur Brittanje gestroop. Die Boererepubliek van Vryheid was ook gebiede wat onderhandel was met die Zoeloekoning, waar die gebied later by die ZAR of Transvaal ingelyf is.
Dit is net die Boere van die Boere republieke, wie van hul grondreg vervreem is en sodra daaroor gepraat word, word dit as apartheid en misdaad beskou. Dit is dus baie moontlik dat daar gebiede oor die hoof gesien is tydens hierdie ondersoeke van die Volkstaatraad van 1994. Verskeie voorstelle en aanbevelings is gemaak waar ons volksgebiede is, maar dit sluit ongelukkig nie die Retief Traktaat (Port Natal) en ander betrokke gebiede daarby in nie. Daar moet onthou word, enige grondkwessie is nooit finaal nie en daar kan altyd later gebiede bygevoeg word, maar nie verwyder word nie. Solank daar fisiese bewyse is dat dit vir eeue aan die volk behoort.
*
MEER INLIGTING KAN GELEES WORD, WAAR DIE GEBIEDE IS.
DIT BETEKEN OOK NIE AL DIE GEBIEDE WAT AAN DIE BOERE BEHOORT, IN DIEPTE ONDERSOEK IS NIE.
Verwys na die Griggs dokument, wat in 1995 internasionaal gepubliseer is. Dit spesifiseer waar ons volk in die meerderheid is en bly en op grondgebiede wat ook deur die Volkstaatraad van 1994 ondersoek is.
Hierdie publikasie is internasionaal gepubliseer:
Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)
Lees Griggs se publikasie en uiteensettings waar ons gebiede is.
Verskeie verslae aan parlement word ook in Hansards vervat.
Publikasie oor Selfbeskikking deur Griggs – internasionaal gepubliseer:
*
VERWANTE INLIGTING OOR TRUSTGEBIEDE (OU RESERVATE OF TUISLANDE)
Hofsaak
‘n Gastehuis in Sodwanabaai is’n paar jaar gelede op Ingonyama Trust grond gebou, en dit was nie die enigste geval wat in howe opgeëindig het nie. Ander volke het geen seggenskappe oor ‘n spesifieke volk se grondgebiede, en dieselfde geld vir die Boere en hul gebiede. Die gastehuis eienaarskap was betwis omrede dit aan die Zoeloevolk en Ingonyama trust behoort. Dus het die ‘eienaar’ wat gebou het, alles verloor.
Racism and discrimination – Andre Slade
*
*
*
Met die bekragtiging van die 1996 Grondwet , het Grondwetregters die volgende uitspraak gelewer oor selfbeskikkingsreg van volke:
Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996:
[217] A related contention was that the right to self-determination, including the right to secession, is internationally accepted as a right, and thus should not be subjected to the discretion of Parliament. Thus, if a dispute reached this Court, it should be decided according to objective criteria as determined by international law, and not by whether or not Parliament has passed the requisite legislation.

Sertifisering van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996:
[217] ‘n Verwante betoog was dat die reg op selfbeskikking, insluitend die reg op afstigting, internasionaal as ‘n reg aanvaar word, en dus nie aan die diskresie van die Parlement onderwerp moet word nie. Dus, indien ‘n dispuut hierdie Hof bereik, moet dit beslis word volgens objektiewe kriteria soos bepaal deur internasionale reg, en nie deur of die Parlement die vereiste wetgewing goedgekeur het of nie.
https://www.saflii.org/za/cases/ZACC/1996/26.html
*
Die 1993 tussentydse grondwet en 1996 grondwet en wetgewings is drie jaar uitmekaar.
Die Tussentydse Grondwet, 1993 en wetgewing is van toepassing op die Akkoord van 1994 en nie die 1996 Grondwet nie.
Artikel 235 is deel van 1996 en kan nie van toepassing gemaak word op die 1994 onderhandelinge nie. Dit word in elk geval internasionaal bepaal dat volke die reg tot onafhanklikheid het om hulself te regeer.
Die Britse statebond het nie bestaan nie, want die RSA het die Britse statebond in 1960 verlaat (na ‘n referendum wat plaasgevind het in 1960).
Die ANC het sommer namens hulself en massas ondersteuning daardie besluit gemaak om weer deel te vorm van die Britse statebond laat in 1994. Daar was geen referendum hieroor gehou of mandaat nie.
Commonwealth and suppression by British Colonialism
*
Selfbeskikking – Self-determination
Selfbeskikking en Volkstaat (Akkoord)
Statelessness – Violation of Human Rights and international crimes
Selfbeskikking – Afrikaner voorgestelde wet 1998
*
TOEPASLIKE INLIGTING
Die ANC het die wetgewing eensydig gewysig en geskrap. Al drie partye behoort hierby betrokke te gewees het, en word hierdie Akkoord gesien wat nooit ten uitvoer gebring is nie. Geen politici of ander volk het die reg om oor ons sake besluite te maak nie.
Net omdat die ANC wat die land regeer, besluit het, daar is verskille of wat ookal, is alles eenvoudig gestop. Triljoene rande se minerale is al in die gebiede uitgehaal om die huidige regering en veral swart bemagtigers te verryk. Om nie eers te praat van die NWO agente en hul base nie. Politici behoort geen rol te gespeel het in die Volkstaatraad nie. Al die ander volke het hul gebiede geëis, hul kultuurhuise verkry en ons sit met niks.
Is daar twee stelle reëls wat geld in Suid-Afrika?
Dit is beslis ONGRONDWETLIK. Rassisme en Diskriminerende wetgewings teenoor die blankes, is ook ongrondwetlik en internasionale misdade, maar word ook selfs deur lande oorsee gesteun en memorandums wat gerieflik onderteken word vir hul eie voordele in B-BBEE en EE.
Grondsake – Land issues
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Land expropriation without compensation
Land expropriation – racism – South Africa
Ons as volk het geen impak te maak op ander volke se grondgebiede wat hulle beset het voor 1900 nie.
ANDER VOLKE – ter inigting
Die Khoi san, Griekwas en ander swart volke se grondgebiede is steeds hulle sin en word vandag steeds bewoon – 45-50+ miljoen. Dit sluit immigrante en onwettiges daarby uit.
Met Kodesa is daar ooreengekom dat die ou Zoeloe tuisland/reservaat aan die Zoeloevolk behoort en so oorgedra en verander is na Ingonyama Trust met toepaslike wetgewing.
Na 1994 is meeste van die swart reservate en kroongebiede (khoi san en griekwa gebiede) weer eens geëis, waarop hul steeds gebly het, onder Trust of KEV wetgewings. Dubbele vergoedings is uitbetaal wat miljarde beloop. DIT nadat sommige van hulle voor 1994 heelwat veral grensnywerhede en ander werksgeleenthede ontvang het.
Meeste tradisionele leiers wie met verkiesings gewen het voor 1994, is almal besoldig en dit word na 1994 steeds gedoen onder ANC wetgewing en val onder die Minister van Tradisionele aangeleenthede en plaaslike owerhede.
Sedert Kodesa-1994 verkiesing, en onder Grondeise en kommunale wetgewings (KEV en Trustgebiede – kommunale gebiede), is die spesifieke grondgebiede geëis, maar met die verkondigde idee dat alles gesteel is deur blankes, wat van alle waarheid ontbloot is. Die Boere van die twee Boere republieke het volle onafhanklikheid geniet, met ‘n eie regering. Hulle was twee onafhanklike lande voor 1902.
Ingonyama Trust is slegs vir die Zoeloevolk en niemand anders kan voordeel trek uit die Zoeloe gebiede nie. Lees op oor die Trust en wetgewing. Dit is ook op die blog.
So is dit ook met die Griekwa, Khoi san en ander swart gebiede wat almal aparte KEV’s (kommunale eiendom verenigings) geword het, waar hierdie bewoners sedert Kodesa en na 1994, grondeise ingesit het en ryklik beloon is met finansële steun, bates, trekkers, immplemente, saad en selfs mentors om hulle op te hef.
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Nugter alleen weet hoe hulle opheffing gedoen is na 1994, as die fondse spesifiek geallokeer is aan hierdie volke wat die grond geëis het wat reeds aan hulle behoort en myns insiens, ongrondwetlik is. Heelwat van die grondgebiede wat aan hulle oorhandig is, met al die uitspattige steun, is totaal en al in armoede gedompel. Waar het al die miljoene heen verdwyn? Spogplase wat oorhandig is, is totaal en al vernietig in die 30 jaar.
Hierdie selfde gebiede, veral die ou Tuislande (eens Reservate), was tussen 1961-1994 hoofsaaklik deur die NOK en ander besighede opgehef met grensnywerhede.
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Tuislandbewoners het almal amptelike stemreg geniet en hul eie leiers gekies, en was van geen stemreg beroof soos tekenne gegee word nie.
GEEN volk kan aanspraak maak op ‘n ander volk se gebied wat vir geslagte hulle sin is nie. Daar is vandag reeds afgehandelde hofsake in veral Ingonyama Trust, waar blankes gastehuise opgerig het op Trustgrond, met die veronderstelling hulle het dit gekoop. Ongelukkig kan GEEN Trustgrond/kommunale grond deur ander volke besit word nie.
Die ou Nasionale party sowel as hul liberaal verligte en kommunistiese vriende is almal bewus daarvan dat die Boere republieke ten volle onafhanklik was en internasionaal erken is. Daar is al vir jare na 1961 gepoog om die gebiede weer onafhanklik te kry, wat myns insiens nie verkeerd is nie, aangesien onafhanklikheid ‘n volkereg is. Dit was om dieselfde rede wat die ou Reservate Tuislande geword het met amptelike stemreg deur daardie volke self, sodat hul hul onafhanklikheid kon behou.
Met hierdie akkoord word en is dus erkenning gegee dat daar wel gebiede is en bestaan wat aan die Boere behoort en dat niemand hierdie grondgebiede kan onteien of vervreem nie. Dit is volksgrondgebiede. Nie eers die minerale regte op daardie grond wat so onwettig uitgehaal, uitgevoer en misbruik word, mag deur ANC, NP, politieke organisasies en selfs swart bemagtigings maatskappye van ons Boere vervreem word nie. Geen BOER het al ooit enige mandaat daarvoor aan die ANC of ander organisasies oorhandig nie. Hierdie spul wat so ryklik aas, behoort daardie inkomstes wat verkry word, terug te gee waar dit hoort.
Net so kan die BOERE van die Boere republieke nie aanspraak maak op grondgebiede wat aan die Zoeloes, Xhosas, Khoi san of Griekwas of ander behoort nie. Al hierdie gebiede was voor 1994, 1961 en selfs in 1910 erken. Selfs die 1910 grondwet het voorsiening gemaak vir Reservate en Kroongebiede wat nooit gesteel of verkoop kan word nie. Dit geld ook vir die Boere republieke wat onafhanklikheid gehad het en deur Brittanje gesteel is, hulle dit ook met Kroongebiede en Reservaatgebiede gedoen.
Reservate en Kroongebiede is verskans in die 1910 Grondwet wat niemand ‘n ander volk se grondgebiede kon steel of verkoop soos wat daar feitlik daagliks deur die media verkondig word nie. Na regtens, is selfs Zuma se huise op Ingonyama trust gebou en behoort dit nie aan hom nie. Dit staan ook so in die Ingonyama trust wetgewing aan wie daardie grond behoort.
ELKE VOLK HET ‘N REG TOT SELFBESKIKKING OM OOR HULSELF TE REGEER.
*
VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS
2019 Die plan sluit al die tradisionele leiers hierby in
[…] Onafhanklikheid van ‘n volk […]
LikeLike
[…] Onafhanklikheid van ‘n volk […]
LikeLike
[…] Dus, elkeen wat dit dus steun is niks anders as ‘n slaaf van hierdie London westminster stelsel wat in meer as 100 jaar ook ons Boere volksgenote uitgewis het tydens die heksejag van Anglo-BOERE oorloë, verskroeide aarde beleid en die hel kampe, waar ons voorgeslagte hongerte en gebrek aan dienste moes deurmaak. Klink die koning van Engeland bekend, want hy is in beheer van die Britse statebond wat al die statebondslande insluit. Dit is die Westminster stelsel waaronder daar gestem word.Onafhanklikheid van ‘n volk […]
LikeLike
[…] van Parlement, wat deur die 1994 Volkstaatraad gedoen is.Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)Onafhanklikheid van ‘n volkKodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywersKennis is mag – Boere volksgenoteTwee […]
LikeLike