Etnisiteit en onafhanklikheid

*

Dit is selfs in die natuur ooglopend sigbaar:  Olie en water meng nie.    Soort soek soort.   Dit is egter ‘n feit dat die kommuniste en hul kaders, die verligte Afrikaner liberalis probeer om dit al vir dekades te doen dat die vals reënboognasie in 1994 geskep is, met geen geskiedenis om op trots te wees nie..  Hul gaan dit nie regkry met hul vals front van demokrasie nie of agentskappe vir die NWO nie.   Dis hulle wat sekere volke afbreek vir politieke gewin en punte, ‘n salaris en byvoordele in parlement.

African Forest Elephants moving past Bongo Antelope herd - Stock Image -  C042/0921 - Science Photo Library

*

Sogenaamde demokrasie, koalisies, federasies en konfederasies gaan nie ons volk se situasie verander nie.   Dit word aangewend juis om ‘n wig in te dryf om volke te vernietig.    Dit is nog minder politieke partye of nasionale regerings soos wat in Suid-Afrika heers, wat bepaal dat volke onafhanklikheid verkry nie, maar volke self.

Die ras of kleur van die vel, bepaal nie ‘n volk se vryheid en onafhanklikheid nie, die volkswil moet daar wees en daar is ander internasionale vereistes wat nagekom moet word.   Daar is geen voorskrifte of vereiste wat bepaal hoe groot ‘n volk moet wees nie.

*

Koalisies en sameswerings

‘n Nuwe en/of ou speelbal wat kop uitsteek is die sogenaamde koalisies, wat weer eens ‘n vals front is.   Dit is ironies, dat dieselfde grondwetskrywers en kodesa gangers, die liberaal verligte Afrikaners, kommuniste en ander, nou skielik ook hul roetes na koalisies wil verander om die kommuniste uit te skakel om sodoende die land te beheer.  Waarom ongelukkig voel oor iets waaraan sulke partye en persone aandadig was.

Daar was al heelwat koalisies in die verlede uitgeoefen op provinsiale en munsipale vlakke in SA, maar nêrens was dit al ooit geslaagd nie.    Wie kan 2009 onthou in Wes-Kaap en spesifiek Kaapstad?   Ander munisipaliteite.    Rugstekery, oorlopery, omkopery, korrupsie en wanadministrasies, is en was oral aan die orde van die dag.    Het hulle dan nie geleer dat volksetnisiteit en identiteit veel belangriker is as geld en mag nie.   Politieke partye wat in die bykans 30 jaar opgebreek het, gerieflik ander name gestig het om aandag weg te lei van beheer en mag, het niks bereik nie.  Hul het almal ‘n politieke agenda wat hul nastreef met politieke punte.

Duidelik was hul gesamentlike planne juis om die land totaal te laat vernietig en nou wil hulle as die bemagtigers of ‘redders’ te voorskyn tree.   Hulle vergeet gou hul eie geskiedenis na 1994 en hul deel aan die vernietigingsproses.   Dis hulle wat help ‘skryf’ het aan die 1996 grondwet, wat nou skielik vir hulle ‘n probleem blyk te wees.

Waarom het hulle dan eerstens die 1955 anc-pac-sakp manifes aanvaar as hul grondwet, want dit stem ooreen met die 1996 grondwet?   Hulle wat steeds in parlement sit, word ingesweer onder hierdie grondwet wat vir hulle in 1996 aanvaarbaar was.   Dit wat in SA aan die gang is, is deur die kommuniste en verligte liberale Afrikaners by Kodesa ontwerp en vrygestel.

Volksidentiteit en sterker bande

Volksidentiteite en patriotistiese bande loop sterk in Suid-Afrika, asook in die res van Afrika en elders op ander kontinente.   Die grootste rede hoekom daar steeds onafhanklikheid toegeken en erken word op internasionale vlak, is juis as gevolg van volke wat nie onderdanig wil wees of slawe bly aan meerderheid en onderdrukking nie.   Al is daar soms verskille en konflikte wat knaend op die horison verskyn en later verdwyn, sal dit ook met ons as volk die geval wees.  Niemand gaan etniese volke, tradisies en tale in Suid-Afrika of elders uitwis nie.

Niemand kan ‘n volksgenoot van hul identiteit of wortels vervreem nie. Niemand gaan en kan die onderskeie swart of ander volke, soos die Zoeloes, Khoi san, Griekwas, Xhosas,  Boervolk en die konserwatiewe Afrikaners van hul onderskeie volkskappe beroof van vryheid nie.     Mense word deur vals propaganda en veral politici misbruik om hul wil op ander af te dwing.

Realiteite

Om 15-20+ volke te dwing in een kookpot in SA, die vals reënboognasie, het sedert 1994 klaaglik misluk.   Sekere groepsleiers en agente van die NWO help hulself om so die algemene minderhede se welwillendhede en gesindhede te misbruik/mislei en veral belastinggeld as korrupsie ten koste van selfverryking.

Aan die einde van die dag, word minderheidsvolke gedwing om saam te staan as volksgenote en mekaar op alle vlakke self en beter te beveilig, te respekteer, aangesien die in beheer nie veiligheid kan uitoefen nie.   Dit word selfs in hul eie grondwet onderskryf, maar ‘n kort sin van reg tot lewe, het geen impak op hul bestaan nie.   Sommige aanvalle en moorde, soos die op plase, word eenvoudig ontken, en so word volksmoorde ontken.

Onafhanklikheid en vryheid

Die aanspraak van Onafhanklikheid en vryheid van elke volk, om hul eie leiers te kies om oor hulself te regeer is die enigste opsie vorentoe, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die res van Afrika en op ander kontinente.    Selfs die EU en die magtige Amerika bewys dit dat federasies en konfederasies nie geslaagd is nie.   Daar is selfs oor die 8840 tradisionele Khoi san, Griekwas en Swart etniese stamme wat steeds hul gebiede behou het, met byvoordele en dit steeds beheer.   Niks daarvan is van hul gesteel nie.

Identiteit en etnisiteit

Daar is verskillende etniese volke in Suid-Afrika wat elkeen hul eie afsonderlike identiteite, verskille, kulture, tradisies, geloof, tale en selfs kultuurhuise het wat hul daagliks beoefen en uitleef. Regdeur Afrika lande, is dit basies identiese realiteite, waar veral die meerderheid stamme, die minderhede wil beheer, regeer en oorheers. Dis op hierdie vlak waar daar etniese konflikte bestaan, waar hul mekaar uitwis, vee en eiendomme, selfs vroue en kinders steel.   Was so in die verlede ook, maar dan word die skuld voor blankes se deure of apartheid gepak.

Omdat daar soveel onderlinge verskille is, bestaan daar nie net een identiteit van swart, khoi san of griekwa groepe in Suid-Afrika nie.    Daarom is daar ook ‘n verskil tussen die Boervolk en die liberalistiese Afrikaner, wat glo een land gaan almal gelukkig hou, terwyl die konserwatiewes glo dit kan nie voortbestaan nie en is nie volhoubaar nie.

Aparte wetgewings na 1994

Vanaf Kodesa en spesifiek na 1994 verkiesings, is aparte wetgewings geskep deur die ANC en tradisionele leiers, wat ook in die 1996 grondwet vervat is en deur liberaal verigte Afrikaners help skryf is.

Daar is geen verskil wat wyle Dr Verwoerd en die vorige regering wou doen en wat die ANC-EFF-DA-VF+ en ander in realiteit uitvoer nie.

Verskeie volke het steeds hul aparte gebiede behou waar hul al sedert 1840 woonagtig is, wat hulle glo steeds tradisioneel hulle sin is. Daarmee is niks fout te vind nie, maar dan moet dit ook aan die Boere en konserwatiewe Afrikaners gegun word, waar die Boere republieke eens onafhanklikheid geniet het.   Geen tradisionele reservate en kroongebiede het al ooit aan die Boere behoort nie.

In SA het die Khoi San, Griekwas en Swartes elkeen hul eie en verskillende kapteinskappe of konings en tradisionele leiers na 1994 behou.    Daar word ‘n groot ophef gemaak dat Boere en konserwatiewe Afrikaners, die ander volke se grond gesteel het, wat van alle waarheid ontbloot is.   Na 1994 het hul grond geëis, wat sedert 1840-1910 steeds aan hulle behoort, want dit is waar hul al die jare gebly het.   Hul bly op en in gebiede wat deur hulself beset is en nie waar blankes hul ingedwing het nie.    Sedert die Britte hul verskillende grondgebiede wat hulle beset het, geannekseer het, is die gebiede nooit gesteel of afgeneem nie, want dit is in die 1910 grondwet beskerm.   Die teendeel na 1994 bewys weer eens dat grondeise is identies waar reservate en kroongebiede geleë is.

Besettings

Die verskillende swartes en ander stamme het ook al die gebiede beset wat aan niemand behoort het nie, want ook hulle is boorlinge afkomstig uit Sentraal, Noord en Wes-Afrika.

Minerale regte – Britse anneksasies:
Meer as 400000 immigrante uit Afrika werksaam in Britse myne

Met Britse anneksasies het hul minerale regte in 1902 verkry.  Daar is vanaf anneksasie tot na 1950 oor die 400000 swart groepe mans uit Afrika ingevlieg en ingevoer om in Britse myne te kom werk.  Hierdie swart mans het later met gesinne kom vestig, veral rondom die goud en diamantvelde.   Hulle is ook boorlinge uit Afrika nes die ander, wat grond besettings daagliks doen, wat aandring en aanspraak maak op gratis gedienste HOP huise, gratis water en elektrisiteit verwag, klinieke besoek, kinders wat hier skoolgaan en sommige toelaes ontvang met volle stemreg om hul steun te te gee aan die kommuniste.   Die belastingbetaler moet vir die res van hul lewens hoor oor die agtergeblewenes en nagevolge van sogenaamde apartheid, wat deur hulself en Britte geskep is en betaal vir ander honderde duisende wat nie hier hoort nie.   Die swart werkers of mans het meestal in swak geskepte hostels rondom hul werksplekke gewoon, wat nie deur die Boere voorsien is nie.

Reservate en Kroongebiede – Apartheid en segregasie

Voor 1994 was die gebiede bekend as “tuislande” of reservate en kroongebiede sedert 1840 tot 1961.   Apartheid of segregasie is deur hul eie leiers 1806-1854 geskep, nie deur Verwoerd nie, ook nie deur enige blankes nie. (Shepstone-beleid 1854, Rhodes 1894).

As ‘n area oop is en niemand woon daar nie, dink swartes en veral immigrante uit die Noorde dit is hul reg, hulle kan die grond beset en dan behoort dit aan hulle. Dieselfde met diere oor die jare waar vee, selfs vroue en kinders gesteel is.

Die onderskeie Boere republieke het ook tot stand gekom, waarvan twee later internasionale onafhanklik erken is.

*
*
*

FINANSIëLE STEUN EN BYSTAND NA 1994 AAN DIE SOGENAAMDE ‘AGTERGEBLEWENES’

Na 1994 het die Waarheids en Versoeningskommissie tot stand gekom, waar daar biljoene geskenk is uit die buiteland en toegedeel of toevertrou aan hierdie sogenaamde ‘agtergeblewenes”.    Daar was propagandistiese howe gehou waar die sogenaamde onreg aan die groot klok gehang is.   Van hierdie biljoene wat veral uit die buiteland ontvang is, is reeds uitgedeel, tog is hulle nie tevrede met daardie bietjie geld nie.   Swartes vergeet selfs gerieflik hoe die ANC die swartes gestraf het met hul eie kampe in buurlande en die halternekmoorde is deur hulself uitgevoer.

Commissions  – TRC – Waarheids en Versoeningskommissie na 1994

Deel 1
TRC AND THE LEADERS

Deel 2

Deel 2 word gewys hoe burgerlikes vermink en vernietig is, waar die terroriste hulself in die voet geskiet en self vernietig het.
MOORD bly MOORD.    Indien onsekerheid bestaan het, moes bomplanters nie voortgegaan het, tog het hulle.   Hoeveel van die slagoffers en hul families is ooit vergoed vir verlies aan inkomste en lewe.
HALTERNEK MOORDE is en word slegs deur sommige swart bevolkings toegepas.  Was dit regtig dan nodig om hul eie mense te vermoor?  Ja, hul het dit in eie belang gedoen en uitgevoer.
‘CHANTS’  Die sing van “Kill the Boer, kill the farmer”, hit steeds geweld, misdaad en moorde aan.  Hul is al sedert 1994 in beheer en tog sing hulle dit steeds en word BOERE steeds vermink en vermoor.

ANC – Quatro camps

Angola Quatro camps – A N C

BOMBS planting, Landmines in South Africa – Terrorism

Vanaf Kodesa is wetgewing geskep om al hierdie ou tuislande oor te dra aan die ANC regering, wyl die Inkatha aangedring het dat die Zoeloes hul grondgebiede behou, wat ook verander is na Ingonyama Trust.

Khoi san, Griekwas en verskillende Swart volke het steeds aangegaan en gebly op hul tradisioneel besette gebiede, want geen blanke kon hier grond bekom of eienaar word van Brits beheerde reservaat of -kroongebiede nie.

Onder nuwe wetgewings (Grondeise, KEV (cpa) en Trustgebiede), is biljoene rande se produktiewe plase opgekoop en uitgedeel.   Niks het hiervan gekom en van die plase is tot niet.

Biljoene rande is toegeken aan grondeise, ou Kroongebiede en Reservate (Tuislande) het onder nuwe wetgewing, KEV of Trustgebiede geword.   Saad, trekkers, diere met finansies, wat biljoene beloop is sedertdien uitbetaal.  Khoi san en Griekwa volke, waar hul sedert britse anneksasies bly/ werk, het hul grond onder ‘grondeise’ ontvang.  Van die groot gebiede, wat miljoene hektaar beloop is in 2007 deur Thabo Mbeki toegeken.    Almal skree van die kantlyn af oor hoe hul steeds agtergeblewenes is en bly en tog is daar biljoene toegeken en uitgedeel.    Steeds bly die ouers en selfs hul kinders agtergeblewenes.

Swart bemagtiging en regstelaksies.   Met nog meer wetgewing in plek, is dit Ramaphosa wat die kommissie voorsitter is van sy Swart bemagtiging en regstellende aksies om elke Boer en konserwatiewe Afrikaner se besigheid te probeer vernietig met rassisme en diskriminasie en hul sogenaamde agtergeblewenes.   Triljoene word en is geplunder.

Selfs Covid skenkings het deurgeloop, waar net aan ander uitgedeel is.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Grond eienaars: ANC regeringsplase

CPA’s in SA –  2021

Gold and diamonds -1886  – Griqualand West

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Wet op tradisionele Khoi San-leierskap en volke

Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA –  landclaims

Ethnic people in South Africa

Etniese volke / Ethnic people (SA)

Het jou gesê

Volksregte – Rights of people

2 gedagtes oor “Etnisiteit en onafhanklikheid”

Lewer kommentaar