*
Dis ontsettend belangrik om kennis te dra wat rondom ons gebeur in Suid-Afrika. VERAL swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening. Die Boere volk moet saamstaan in dorps en plaaswagte vir self beveiliging en beskerming. Daar behoort kennis gedra te word hoeveel bendelede en sindikate van anderskleuriges en liberale kommuniste, saamspan om veral die Boere wat produktief is vir voedselvoorsiening, eenvoudig aan te val. Die spul in sosiale media is lief om die Boere te beskuldig dat hulle onwettige immigrante in diens neem. Die Boere volk moet werk daaraan om hul ou Boere republieke (15 plus) te herstel soos dit hoort.

*
Die Boere volk moet werk aan hul voorgeslagte se gebiede, wat reeds hulle sin is, want swart en khoi san, ander gekleurdes het na 1994 begin om hul grondgebiede op te eis, waarop hul reeds woonagtig is. Dis met wetgewing verander (grondeise) na Trust en KEV (CPA) gebiede. Die Boere republieke (15 plus) is in 1902 van die Boere volk gesteel en die Boere volk is ingedwing in die Unie van Suid-Afrika.
Die waterkwessie en -lisensiekwotas is van toepassing in hierdie paar belangrike gedagtes en opinies. Hierdie is niks anders as skending van ons hele volk se menseregte nie. Dit beteken as die Boere wat produktief is, nie water kry weens die kleur van hul vel, sal daar geen voedsel op die rakke wees of selfs tydens Boere markte nie. Boere moet werk aan meer privaat verspreiding op grondvlak, om hul produkte te verkoop. Maak gebruik van volkseie arbeiders en ook verspreiders.
Nog iets wat bygevoeg is, is dat daar laboratorium voedsels vervaardig word, wat onmenslik is vir mense en onverteerbaar. Hierdie produkte, waar moontlik moet uitgewys word, deur elkeen van ons om nie hierdie laboratorium of WNNR te gebruik nie. Dit het alles te doen met populasies wat die groot leiers wil uitwis. Die Boere volk wat voedsel produseer, word 100% hierdeur geraak en so ook elke verbruiker. Mense is nie hase of rotte om mee te eksperimenteer nie. Die vals vervaardiging van kosse sluit deesdae baie produkte in, vleis, suiwel en alle voedselprodukte.
Die departement van water en sanitasie het by sy voorgestelde nuwe reëls gestaan en gesê daar is ‘n behoefte om te verseker dat daar transformasie van watergebruiktoewysings plaasvind, Indien die swartmag hul wetgewings gebruik om ook hier te diskrimineer, beteken dit groot voedseltekorte en hongersnood. Boere volk moet sover hul kan hul eie mense in diens neem en wegbly van vreemde arbeiders. Let op na die aanvalle, verkragters, martelaars en bendes wat lief is om toe te slaan op vroue, kinders en die Boere wat besig is met hul onderskeie besighede.
Die kommunistiese regering, parlement en politici, met die hulp van hul liberale multi-kultuur-vennote en finansiers, is steeds besig met die toepassing van hul rassistiese en diskriminerende wetgewings om veral landbougrond en bates wat met spoed aan swart bemagtigers oorgedra word, wat niks anders as die onteiening sonder vergoeding nie. Daar is geen boerdery wat sonder water kan funksioneer nie. En geen besigheid of boerdery is gratis nie. Maar hier word 25%-75% aandele belowe aan swart bemagtigers wat dit uitvoer. Hulle gaan die nuwe grondeienaars word.
Die konsepregulasies en wetgewing vir waterlisensies vanaf regeringskant om nog meer swart bemagtiging (25-75% vereistes in swart aandeelhouding) in die landbousektor toe te pas, kan die doodsnikke meebring vir sommige Boere en hul besighede. Onteiening sonder vergoeding, met die ‘25%-75% aandele’ skemas in daardie Boerderye en besighede wat dit netso sal oordra aan die swart bemagtiger.
Dis ook die eerste keer dat daar van 25%-75% aandele gepraat word in swart bemagtiging wetgewing en kwota stelsel of vereistes. Dit raak elkeen van die Boere volk in Suid-Afrika. Dit geld ook vir bates, sowel huise, op dorpe en stede en elders. Hul teiken is elke BOER in die land en ook besighede. Groot besighede waarmee die Boere volk betrokke is, en wat meer water gebruik, word geteiken om sodoende die Boere volk ekonomies uit te roei.
Sodra swart bemagtigers meer as die helfte persentasie aandele van alle bates wat water gebruik, het, het swart bemagters die hef in die hand in die betrokke boerderye, besighede en volle voedselproduksie. Dit sluit alle bemarking en bates daarby in. Lees die 1996 grondwet en onteieningswet. So kan hierdie Boere een dag hul ogies oopmaak waar hul nuwe swart aandeelhouers plase en voedsel saboteer om verder voedsel te produseer. Dis hulle wat uiteindelik die besluite sal maak oor die hoeveelheid water wat gebruik mag word en wat nie – so gaan die krane toegedraai word – en deure sal sluit.
Dieselfde het met al die staatsinstellings, banke en hospitale gebeur waar daar aandele beskikbaar gemaak is. Korrupsie en bankrotskap het die oorhand geneem. Daar word openlik gediskrimineer op publieke vlak.
Inteendeel, daar word van die Boere volk verwag, wat op ‘n sekere grote plaas boer, om tussen 25% tot 75% aandele te laat oordra aan die swart bemagtiger. Indien dit nie gebeur nie, word daardie Boere se besighede wat vir dekades oud is, eenvoudig genoodsaak om toe te maak. Daardie krane en boorgate sal toegemaak en geseël word, sodat swart bemagtigers later die grond en bates vir appel en ei kan koop of selfs gratis verkry. Die opinie is reeds, indien swart bemagtigers 75% aandele besit, is dit die meerderheid aandele van daardie plot of plaas die van die swart bemagtiger.
Sonder een skoot wat afgevuur word. Hiermee word selfs onteiening sonder vergoeding teenoor elke Boer , hetsy plaas of besigheid, toegeslaan. Onteiening in dorpe en stede veral is nie ongewoon nie, dit vind reeds sedert 1994 plaas, want onwettige immigrante kom ruim die land binne in hul miljoene en beset groot geboue en besighedsgebiede. Sonder om een pennie te betaal, word buitelanders gerieflik sedert 1994 aangewend om die stede en dorpe se geboue so te verwoes, dat daar niks oorbly nie.
Die een stel wetgewing geld vir groep A (die Boere, veral op plase en besighede) en die ander groep B word vrygestel van rassisme en diskriminasie. Dit gebeur alles met die hulp van ongrondwetlike wetgewings en in die stilligheid word die Boere volk beroof van hul bestaan en lewenswyse in Suid-Afrika, menseregte wat geskend word. Om net pad te gee.
Hierdeur verloor hul al hul privaat besit en titelaktes, sodat hulle die Agenda 2030 kan laat waar word – die regering werk saam om die WEF of NWO te gehoorsaam. Dit het niks te doen met alles aan die sogenaamde swart agtergeblewenes te gee nie, want daar is reeds oor die 5000 plase deur regering opgekoop en nooit versprei nie. Swartes wat in die ou tuislande (reservate) gewoon het, bly steeds in hul gebiede en daar is miljoene wat kompensasie ontvang het, hul grondeise het na Trust of KEV verander. OOK hulle het geen privaatbesit nie, maar slegs ‘n sertifikaat van lewensreg.
Terwyl mynmaatskappye, staatsbeheerde organisasies en swart bemagtigers totaal vrystel van die beheerde en beoogde wetgewing, is die landbou sektor ongeveer 60% van die watergebruik, indien dit ooit die waarheid is.
Nie lank gelede nie was en is dit steeds die geval dat daar honderde mynmaatskappye wat nie aansoek gedoen het vir waterlisensies nie. Dus, hul het onwettig bedryf. Daar is duisende myne na 1994 waar daar nooit rehabilitasie gedoen is nie en almal het water gebruik wat in suurwater uitgepomp word wat skadelik is vir mens, dier en omgewing. Besoedeling en erosie het gevolg, met riviere en damme wat al ons vars water besoedel. En skielik, onder hierdie selfde lisensie, word myne vrygestel van die swartmag aandele van lisensies omdat permitte deur kommunistiese regering uitgereik word. Mynmaatskappye se waterverbruik is baie groot, groter as wat ons dink. Daar is geen myn wat nie water gebruik nie. Waar is die audits hierop gedoen?
Die prentjie word geskilder die Boere is die grootste gebruiker. Dog, dis onwaar, dat dit dus 60% kan wees, omdat die voedselketting eindig op die gebruiker self, op die markte en kettingwinkels.
Selfs die 700 plus rioolwerke van regering en munisipaliteite, wat water gebruik om rioolwater te suiwer, word netso rou in die riviere ingepomp en so alle damme besoedel met rou riool. Ook hulle is van alle blaam onthef en word niks daaraan gedoen nie. Dieselfde geld vir kragstasies van Eskom wat ook water gebruik.
Indien die boer swart bemagtigers is, het hul 100% toegang tot dieselfde water, maar ‘n blanke Boer wat vir jare hul eie boerderye alleen met groot skuldlas opgewerk het, ekstra damme gebou het en ekstra bates, moet nou skielik 25%- 75% afstaan aan aandele), moet alles eensklaps prysgee. Dit is onteiening waarmee gedobbel word. Die swart bemagters wat 25 – 75% aandele besit het die hef in die hand en beheer alles.
Geen besigheid het gratis en sonder groeipyne gepaardgegaan nie. Alle besighede het groeipyne. Daar kan ook nie verwag word dat swart boere 75% aandele moet afstaan aan blanke Boere nie. Dis absoluut eensydige diskriminasie en rassisme wat plaasvind. Die regering trek nou die toutjies, die swart bemagtiger wil instap en tussen 25-75% aandele van die werklike Boer se watergebruik beheer en bestuur, terwyl die regte boer slegs aan die einde 25% besluitneming gaan hê. Die Boer gaan met geen mag eindig nie, selfs indien sabotasie plaasvind, gaan die Boer nie in staat wees om dit te bewys nie. Dink aan Eskom.
Toekenningsvereistes van waterlisensies op Boere volksplase, sal op grond van die swart ras en kwota stelsels (SEB) gedoen word. Indien hierdie tipe van wetgewing goedgekeur word, sal dit rampspoedig verloop vir die Boere volk in die algemeen en voedseltekorte op die rakke veroorsaak. Met groot persentasie aandele kan enige Boer van binne hul eie plase gesaboteer word, hul kan selfs voorgeskryf word om anders te boer en in die proses alles te vernietig. Indien water daagliks benodig word, vir werkers en produkte of diere, en dit nie gebeur nie, is die Boere volk reeds met hul rug teen die muur.
Groentemarkte en Kettingwinkels wat voedsel voorsien, sal probleme in die gesig staar om wel klein hoeveelheid voedsel te kan voorsien as daar tekorte is. Boere sal ook gestop word om hul eie markte te vorm wat deur groter aandeelhouers gestop sal word. Dit kan aanleiding gee tot allerlei besighede , nie net Boere nie, wat hul deure sal sluit vir die groter mark van voedselvoorsiening. Werkloosheid gaan uiteindelik seëvier waar hierdie spul almal afhanklik van die maatskaplike toelaes gaan maak , wat vergroot sal word.
Die swart en ander boere, sowel mynmaatskappye en staatsbeheerde organisasies, het nie nodig om daaraan te voldoen nie. Dit is duidelik soos daglig deur hul weldeurdagte planne om lisensiehouers (Boere volk) wat water gebruik versnel en tussen 25% tot 75% aan swart bemagtigers oor te dra.
Hiermee word swart bemagtigers ingespan om die gebruik van water sogenaamde vals propaganda ‘reg te stel’ met 25-75% aandele in daardie wateraktiwiteite op plase. Boere moet ophou glo wat die regering aan hul wysmaak.
Dit is ONTEIENING.
Die standaard watergebruiklisensiedokument bevat besonderhede van die entiteit wat die lisensie toestaan, besonderhede van die aansoeker, eiendomme wat die aansoek of lisensie dek, watergebruike waarvoor aansoek gedoen word, ‘n beskrywing van hierdie aktiwiteite, algemene voorwaardes van die lisensie, en hoe om te appelleer teen die toestaan van die lisensie.
Ander blankes wat ook besighede het of boer, sal ook geraak word.
Afrikaners is multi-kultureel en sluit nie net blankes in hul organisasies in nie.
*
*
Theo de Jager, (multi-kultuur) en voorsitter van die direksie van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, ’n landbou belangenetwerk vir boere, het gesê die plaasdam kos miljoene om op te rig. Baie dikwels is ‘n dam op die plaas duurder as die plaas self. Baie boere het in waterbergingsfasiliteite belê, maar hulle skuld steeds miljoene daaraan, elke jaar moet hulle die lenings daarvoor afbetaal. Dit is onduidelik of die voorgestelde regulasies sal beteken dat die swart aandeelhouers ook sal moet deel in die skuld wat aangegaan is met die berging van die water. Dit is dieselfde vir die besproeiingstoerusting, het hy gesê. Die spilpunt op besproeiingsgrond is baie duurder as die grond self. Die waarde is in die feit dat jy water op daardie grond kan sit. Nou sal die water ‘n ander (spoedig meerderheid) aandeelhouding hê. Boere, as hulle dit geweet het, sou waarskynlik nie in die toerusting belê het nie.
Vraag is ook – Wie op aarde kan swart bemagtigers in ’n familieplaas inskryf? Vyf-en-negentig persent van ons plase is familieplase. Meeste besighede en staatsentiteite het dieselfde pad gevolg.
*
IN HANSARDS, WETGEWING EN GRONDWET VERVAT
Almal weet ook vir ‘n feit waar al die ou swart reservate, tuislande en kroongebiede is. Die gebiede bestaan na kodesa en 1994 in ‘n ander vorm. Grondeise het gevolg, en duisende is goedgekeur en sogenaamd ‘gegee’ (dit was reeds hulle sin voor 1910 reeds), met bates, saad, trekkers, diere, finansies, ensovoorts. Onder nuwe wetgewing staan dit as KEV of Trustgebiede bekend.
Dit is nie nuus dat geen Boere volk kan die grond besit het in reservate en tuislande nie, omdat dit onder anneksasies van die Britte beskermde gebiede is. Maar dit is 100% korrek, Boere het geen seggenskap oor ander se plase in ou tuislande, reservate wat na 1994 verander is na Trust of KEV (CPA). Die Boere volk het en kon nog nooit ander se grondgebiede geneem het nie, want hulle bly steeds daarop. Maar dit word aan die groot klok gehang dat die Boere volk hul grond gesteel het, maar dit is alles wettig bekom.
Oor die 5000 plase is na 1994 deur die regering aangekoop en waar is al hierdie produktiewe plase vandag – uitgedeel aan ANC kaders of aan KEV (CPA) of Trustgebiede? Van die produktiewe uitvoerplase is vandag eenvoudig vernietig in die proses.
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA – landclaims
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
*
*
VALS FRONT EN IMMIGRANTE
Oral is en word daar gemyn – veral die Boere republieke. Gerieflik is daar na 1903 gepoog om miljoene der miljoene immigrante in te bring om kwansuis in myne te kom werk, maar word nou aangewend om informele sektore te skep. Die GROOT getalle word nou gebruik en soms word dit as ‘normale Suid-Afrikaanse swartes of anderskleuriges’ gereken, sodat dit moet lyk of armoede nog nooit weg is nie.
Inteendeel, daar is triljoene uitbetaal aan al die ou tuislandbewoners en kroongebiede, wat maar te gewillig was om mildelik te ontvang. Op die manier word voortgegaan om die armoede faktor, verewig aan die gang te hou met immigrante en onwettiges. Daagliks word die beuels geblaas oor die armoede wat alles deur ‘apartheid’ veroorsaak is. Nou maak die immigrante gebruik van die geleentheid om so gou moontlik verblyf hier te kry, soms in HOP huise, met mediese toelatings in hospitale en klinieke, gratis onderrig en selfs later permanente verblyfreg.
CPA’s in SA – 2021
George Soros OSF.SA ; FW stigting Grondeise: 1994
Parlement April 2023 Hansard Landelike sake en grondeise
2012
Click to access 120911proposed_0.pdf

*
Contact Admin @:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
My oplossing . Stalin het dieselfde gedoen, miljoene is dood agv daarvan, maar die grond was vir hom belangriker. Al uitweg vir ons is om al ons plase en kleinhoewes te groepeer, te omhein, arm blankes daar te plaas as arbeiders of bywoners. Elke groep kies sy leiers, al die leiers kom bymekaar en vorm “‘n regering en begin met ruilhandel tussen die groepe. Hierdie is’ ‘n trek na binne, vir self beskikking, die Groot trek, was’ ‘n trek na buite vir vryheid. So hoef ons by niemand vir grond te gaan vra nie, ons het grond. Later kan ons erwe beskikbaar stel vir woongebiede, skole ens. Kom mense, voeg by wat gedoen kan word. Myns insiens is dit al uitweg, dit gaan net erger word, nou trek ons weer laer waar ons veilig sal wees.
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele […]
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele […]
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening water lisensie aandele […]
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele […]
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele […]
LikeLike