Vryheidsdag – Freedom day

Daar is GEEN vryheidsdag vir ons as konserwatiewe Boere en Afrikaner volk nie.   Sedert die ontstaan van sogenaamde “demokrasie” en Vryheidsdag van 1994, wat deur ander so gedoop is, het niks buitensporig gebeur nie.   Liberaal verligtes en kommuniste het die grondwet opgestel om by hul lewenstyl aan te pas.  Dink maar wyer wat in SA aangaan met al die protesaksies en rewolusies, die moorde, aanvalle, verkragtings en veral korrupsie – hoeveel is immigrante en onwettiges wat ons lewens onder die rooi kommunistiese vlae uitwis.  Reg tot lewe?

5,770 Drakensberg Stock Photos, Pictures & Royalty-Free Images - iStock


*

Vir meeste van ons konserwatiewe Boere, Afrikaners en Blankes is die dag net ‘n gewone dag om saam familie en/of vriende deur te bring.   Maak dit sommer net nog ‘n braai dag om die Boer se produkte te geniet.  Dis jammer dat daar nie op elke dorp en stad direk van die Boer vars produkte gekoop kan word nie.  Of dat daar meer markte is vir direkte aankope nie.

Al wat deesdae uitstaan is rooi flikkerligte wat verblind,  die hoë misdaad, korrupsie, wanbestedings, rassisme, diskriminasie teenoor blankes,  moorde, verkragtings en aanrandings op Blanke Boere – min vervolgings vind plaas.

Al wat mooi bly in die land, is ons natuurskoon wat geniet en bewonder kan word as daar nie misdaad en moorde is nie.   Reg tot vryheid en lewe staan in die Grondwet, maar dit is betekenisloos en in skrille kontras met die werklikhede.

*

Heelwat huise is deur ANC aan swart en ander ondersteuners belowe en dit het nie gebeur nie.   Beloftes van meer werksgeleenthede het nie plaasgevind nie – die laagste wat ons nog ooit was – en ekonomies verval.   Swart bemagtiging sorg net vir ‘n paar duisend bevoorregtes.    Onwettiges stroom die land binne op soek na krummels wat van tafels afval en skep hul eie plakkershuise vir hoop vir ‘n beter lewe.   Hul word later in metropole en munisipale stadsrade opgeneem word en stemreg geskied op alle vlakke.

Steeds bly die rooi flikkerligte verblind.

Misdaad, korrupsie, verkragtings en moorde vind daagliks plaas en wat doen die regering daaromtrent?     Reg tot lewens eindig in aanrandings en moordverhale.

Werklikheid oor ‘n demokratiese vryheidsdag beteken daar word nie gediskrimineer teen enige individue en burgers van die land nie.   Dis allermins die geval vandag.  Daar word gediskrimineer op vele ander gebiede, soos onteiening van alle bates, grond en eiendomme, spesifiek van Boere en Blankes.   Dit kring verder uit na ander minderbevoorregtes.   Lees die grondwet, wetgewings van al die regstelaksies, swart bemagtiging en die president van die land is dan die voorsitter van B-BBEE kommissie al sedert 1994.  Waar is enige vryheid?   Vir sekeres was daar hoop op verbetering, maar dit het oor die horison verdwyn.

Al hoe ons as volk ons vryheid kan verkry is onafhanklike gebiede, gebiede wat aan ons behoort al voor die Anglo Boere Oorloë.    Dis ‘n internasionale reg om dit te verkry as volk om weg te kom van onderdrukking en uitwissing.

Elke swart en khoi san volk het steeds hul eie gebiede – al die ou Tuislande of Reservate het Trustgebiede of CPA geword en meeste van die Britsbeheerde Kroongebiede, is  opgeëis en verander in afsonderlike CPA’s.  Dus waar is dit vryheid.    Onlangs word weer gelees hoe radikale swartes ‘n gastehuis oorneem, wat deur blankes opgerig is op grond wat by ‘n Zoeloe swart hoofman gehuur is onder die Ingonyama Trust.   Dit word eenvoudig gekaap en gemaak of die eienaars wat die gastehuis bedryf dit gesteel het.   Daar is dan huur ooreenkomste gesluit.   Meer verhuring word daar ‘n paaiement betaal.  Baie huur ‘n huis of woonstel van iemand anders.   Niks is onwettig om grond te huur by die Trust of CPA, maar om te reken dat blankes dit gesteel het, is niks anders as ‘n ernstige misdaad wat deur die regering goedgekeur word.

Terloops, geen blanke kan grond wettig bekom by enige CPA of Trustgebied nie, nou hoe kan dit demokraties wees?   Hierdie gebiede word uitgesluit uit die res van Suid-Afrika en wat is die spesifieke redes hiervoor?   Met Uniewording was dit reeds ingeskryf in die grondwet (London) dis hul gebiede – dus word dit gebruik as ‘n slaanstok om ons by te kom.

Swart en Khoi san is geregtig op hul gebiede, maar die Boere en Blankes wat gebiede het, voel dieselfde, maar dit word eenvoudig genoem dat Blankes diskrimineer of grond steel, maar Khoi san en Swartes kan maar grond eis, wat net aan hulle behoort en aan niemand anders nie.    Dan is hulle NIE grondloos soos hulle voorgee nie – want met onteiening sonder vergoeding, word rassisme aangeblaas dat ons al die grond besit.   Waar bly 50 miljoen Swart en Khoi San vandag?  Op wie se grondgebiede staan al die miljoene immigrante se plakkershuise?

Khoi san lede kan ook nie in Ingonyama Trust gaan koop nie en die Tswanas kan ook nie in die Richtersveld grond wettig aankoop nie, want dit behoort aan die Khoi san volke.  Vryheidsdag is ‘n klugspel.

*

Baie verwys daarna dat daar nooit stemreg was vir swartes voor 1994 nie, wat ‘n spul leuens is.   Daar was en daar was amptelike verkiesings gehou 1961-1994.

Die liberale verligtes, klassieke liberales en kommuniste moet hul huiswerk gaan doen – dit bly onkundig oor ons verlede en wat swartes vir hulself besluit het.   Na 1961 het ons in Suid-Afrika ‘n totaal ander rigting ingegaan, waar elke swart volk hul eie leiers kon instem en dit het met algehele verkiesings gebeur.    Wat voor 1961 gebeur het, glo ek het dieselfde plaasgevind, maar dit het onder die Unie en wetgewing uit London gebeur.

Swartes het vir Tuislande gestem, niemand anders nie.  Diegene wat nie ingelig is oor wat tussen 1961 tot 1994 gebeur het in Tuislande nie, moet hul vergewis wat daar gebeur het en hoe daar amptelik stemreg uitgeoefen is.  Daar was selfs amptelike vlae, volksliedere sowel as sommiges het ‘n eie weermag en polisie gehad, waar die Weermag en Polisie hul opleiding gegee het, vir die dag van onafhanklikheid. Hulle sou onafhanklikheid verkry het, soos Botswana en ander lande.   Selfs die lede van ‘n tuisland wat buite hul gebiede gewerk het, kon gaan stem vir hul eie leiers.     Die NOK het selfs besighede laat skep sodat swartes nader aan hul gebiede kon werk en minder kos weens gebrek aan bus/treine.

Wat vind na 1994 plaas met al die swartes en khoi san, gebiede en leiers?   

Hansards, witskrifte, grondwet beskryf alles.    Swart en Khoi san doen dit steeds.   CPA’s is apart van mekaar.   Miljoene het nie verhuis na ander gebiede nie.

Daar twee aparte Tradisionele huise (een vir Swart volke en een vir Khoi san,, Griekwas en ander).  Selfs wetgewing wat dit bekragtig.      Daar is tans 8840 tradisionele leiers waarvan kennis geneem is in die Hansard van 2018-19.   En elkeen van hierdie tradisionele leiers word meer as genoeg vergoed vir niks doen.
Dis nie al die landwye swart en khoi san raadslede by munisipale stadsrade en provinsiale rade nie, wat almal meer as genoegsaam vergoed word vir niks doen en vergaderings hou.   Hoeveel van die spul was bankrot verklaar, meer as een provinsie en munisipaliteit en almal kla oor geen dienste nie.

Klink dit demokraties en vryheid?   Vir wie is daar vryheid? 

Wat gaan aan in die land, want bykans al die provinsies en munisipaliteite is dan bankrot en daar word net gesteel – dit kom voor of daar ‘n wedstryd is tussen die spul wie steel die meeste.   Indien dit sommiges nie welgeval nie, dan word hul summier uitgehaal, geskors of selfs vermoor – daar is baie sulke voorbeelde.

Hoeveel is al onder administrasie geplaas die laaste 27 jaar weens korrupsie, misdaad, wanbesteding. En al hierdie geld wat toegedeel word omdat etniese volke ook verskillend is in dieselfde munisipaliteit, waar die een net hulself bevoordeel bo die ander minderhede (Phalaborwa omgewing).   Praat nie eers van die staatskaping en ander staatsentiteite wat eenvoudig weens swart bemagtiging verkrummel het tot ‘n ashoopstatus.

*
*
*
*

VRYHEID ?  REG TOT WATER EN DIENSTE?

DIE OORSAAK VAN SWART BEMAGTIGING EN REGSTELAKSIES

B-BBEE AND EE …

Inhoudsopgawe B-BBEE Index

Black economic empowerment (BEE  B-BBEE)

Blanke armes – daar is honderde duisende (vermoedelik 30%)  van ons reeds in die arm nedersettings en kampe na 1994 juis as gevolg van regstellende aksies en swart bemagtiging.

2013

Coronation Park is a squatter camp with a majority white population in Krugersdorp, South Africa.

*

The struggles of the people in Munsieville in the Krugersdorp area in Gauteng Province, South Africa. We wanted to build them a day care center (a creche) but went to meeting after meeting but the town councilor kept making one false promise after another in terms of supplying the land. Then once my colleague [in the Most High (Baba)] and I began to make some progression Echo Africa pulled out leaving the hopes of what we promised these people in shreds. All this because of small personal issues and pride in some. I’m not a quitter to begin something and not finish it, especially when it’s something this important. I guess some people This is a reupload of an old video from 2018 for documentation purposes.

2018

Trevor visits a Squatter Camp in Munsieville where white families, once protected by the economics of Apartheid, are now struggling to make ends meet.

*

Ditsem Nuus - Blanke armoede: Hoe wyd verspreid?

*

DIE OORSAAK VAN SWART BEMAGTIGING EN REGSTELAKSIES

B-BBEE AND EE 

*

Blankes word nie deur die regering gehelp nie – nie eers nou met die virus nie.

*

Wit armoede

https://www.youtube.com/watch?v=T11KM0iYl28

 

*

WHITE POVERTY AND THE RACE CARD

Reggie Yates spends a week in South Africa’s largest white squatter camp, Coronation Park. Are young white South Africans now the ones being discriminated against?

*
*

NOT THE TRUTH

The day marked the first time when anyone could vote regardless of their race. The first elections in 1994 gave birth to our constitutional democracy and political freedom since the majority of South Africans had never voted prior to that day.

What is Freedom Day and why is it important?

*

 

Blacks were NOT systematically herded into restricted areas and homelands and their rights to equal opportunity or even voting rights were NOT denied.   

*

During 1961-1994 there were various elections that took place in the old Homelands – each culture elected their own leaders, have an anthem of their choice, a flag, own schools and businesses, Bophuthatswana (one of 10) also develop their own money and handle most of their own exports.

“apartheid”  was created after 1840 – 1854 Shepstone under British Control.    They reserve Crownland (Khoi san, Griqwas) and Reserves for blacks.   It is even in the Union Constitution.

Shepstone – Natal, roots of segregation

1994 – 1961 – 1854
Trustgebiede – Tuislande – Reservate


The real South Africa before 1994

Bophuthatswana – homeland

*

In the years before 1961, Blacks were living in Reserves (and since 1854) under British colonial empire like the rest of us (Union was part of British empire and legislations from London).   Blacks created themselves Reserves with the British empire after the Mfecane wars 1840.   British Empire created the Shepstone policy for them after they annexed their land.  Even the Khoi san and coloureds have separate areas, it was called British Crown land.   Long before 1900.

The British empire also took the two independent Boer republics during the Anglo Boer Wars.

The British empire also annexed the mines in southern Africa.

In 1950-3, the British empire dumped the black schools (mostly church schools) onto Dr Verwoerd.

Then, after 1961, the different black peoples do have voting rights, elections to vote for their own leader.   After 1961 the old National party , with the Industrial Development Corporation (IDC-NOK) created various places and businesses on the borders of most of the homelands.

Who are living here in this township – citizens or illegal immigrants, because there are millions and millions of immigrants and illegals in South Africa?
2019

It is 25 years later into “democracy” and the ANC-EFF-DA are in charge of all those townships and even illegal immigrants.   South Africans can still not celebrate freedom – it was stated in 2019 they are painfully aware that one cannot eat democracy. . But democracy doesn’t put food on the table. Nor does it provide decent shelter or secure a dignified living.

https://qz.com/africa/1606376/freedom-day-in-south-africa-and-unfinished-work-of-anc/

*

“What is the meaning of freedom if you don’t have a job? Or if you don’t have a house or land?” Makhura said the government of the African National Congress party is working to get title deeds for black South Africans: “The land must belong to our people!”

 

 

Vryheidsdag – Freedom day

Een gedagte oor “Vryheidsdag – Freedom day”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s