Swaard van swart bemagtiging

B-BBEE is WETGEWING van die ANC en politieke partye in huidige parlement.  Die swaard van swart bemagtiging word op alle gebiede op ons as blankes, hetsy in stede of dorpe, boere gemeenskappe en feitlik op alle besighede toegepas.   Dit is niks anders dan rassisme en diskriminasie nie.  Die saad van swart bemagtiging het reeds in 1989 in Dakar ontstaan en is deur blanke liberaal verligtes uitgedra.  Hoe beinvloed die swaard ons blankes na 24 jaar?  Ekonomiese ontmagtiging vind plaas – verarming.

bbbeee

*

Saam met al die  misdaad, aanvalle en moorde wat plaasvind teenoor die Boere op die plase en kleinhoewes is dit niks anders as Volksmoord wat plaasvind nie.   Sedert 1994 het hulle reeds Afrikaans uit die skole en opvoedkundige instellings uitgehaal en ENGELS op die Boere volk afgedwing.  OOK in die werksverband.

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Grusame Plaasaanvalle, martelings, moorde en volksmoorde

Vermoor die BOER in SA

SA Witkruis Monument: Plaas aanvalle en moorde

Vir diegene wat nie weet wat swart bemagtiging in Suid-Afrika is nie – lees die verskillende wetgewings daaroor.   Kyk na Index artikel hierbo , daar is verskillende artikels wat omskrywend is.

Verskeie rassistiese en diskriminerende wetgewing is sedert 1994 opgestel en geimplementeer om alle blankes van hul menseregte te beroof.     Dit is van die opstel van die Grondwet af tot waar ons vandag probeer oorlewe.  Die Grondwet spel dit ook uit.

In die Grondwet van Suid-Afrika word ruim hiervoor voorsiening gemaak vir rassisme en diskriminasie.   Hulle beskou dit as regverdig om dit toe te pas.  Die bekragtigde 1996 Grondwet bevat ‘n kommunistiese inhoud vir die meerderheid swartes en was meestal buite ons landsgrense beplan was sedert 1983 tot en met 1994.

Ironies genoeg – die ‘elite’ blankes en veral besighede, liberales veral, was voor in die koor om die land te oorhandig in 1994.  Nou sien hulle nie wat hulle aan die res van die land doen nie.  Die feit dat dit as ‘n “demokrasie” bestempel word, dra nie juis baie water nie.   Dit bevoordeel net die elites hulself.   Die besighede en maatskappye het summier sonder enige mandaat swartes bemagtig met meerderheid aandele wat oorhandig is, voor 1993.   Sanlam en vele ander (Broederbond Afrikanerbonders en Afrikaners).   Besighede het agteruitgegaan en dienste het so verswak dat niks oorgebly het nie.

Swart bemagtiging is reeds in 1989 voorgestel deur die geheime blanke “onderhandelaars” buite die landsgrense van die Republiek van Suid-Afrika.   Vir meeste op grondvlak was dit ‘n baie groot onreg wat hierdie spul, sonder mandaat aan die burgers van die land gedoen het..    Idasa en Kodesa is slegs ‘n versamelnaam waar al hierdie verligte blanke “kenners” hul kragte bymekaar gegooi het saam ie kommuniste, om dit wat byvoorbeeld in Dakar, Mellspark huis in London. Zambië, Switzerland, Amerika en vele ander plekke, besluit was, ten uitvoer te bring na 1994.

Dit is presies hoe die Grondwet ook tot stand gekom het,  uit ‘n totaal vreemde rigting en wat natuurlik 100% die 1955 ANC-pac-sakp manifes is.  Dit was nie deur die kodesa spul uitgedink nie, dit was reeds daar om alles mettertyd te vernietig.   Maar dit was onnodig om diegene wat help bou het aan die suksesvolle stabiliteit wat daar in die land geheers het, nie eensydig en sonder mandaat, eensklaps saam te laat vernietig nie.   Die indruk, gevolgtrekking en uiteindelike eindpunte, is dat alles met voorbedagte rade gedoen is.   Die ‘elite’ dink hulle het tande, maar die wiel sal nog draai hierdeur en hulle aan die hakskeen byt.

Op uitnodiging van George Soros en beplanner Van Zyl Slabbert,  is honderde name van veral bekende skrywers en andere geskiedskrywers betrek by hierdie geheimsinnige uittogte en onderhandelinge in bogenoemde plekke  om saam met Slovo te gaan konkel, Suid-Afrika aan kommunisme te oorhandig.  Om menseregte te vernietig en uiteindelik die hele land daardeur te laat sink, hulself te verryk.

Die Grondwet, waarin al hierdie links liberales se versoeke uitgebring is,  is in 1996 bekragtig – ‘n regsbank wat deur die regering aangestel word.   Nou hoe kan dit ‘n regverdige en demokratiese Grondwet wees as daar slegs teen ons as BOERE en blankes gediskrimineer word?   Dit is begin deur die ‘elites’ van die land(e).    Bestudeer die Grondwet in diepte en weet ook dat Soros is een van die finansiers van hierdie dokument, huidige parlement se wetgewing, Idasa en Kodesa.

Die voormalige president, Mandela teken die eerste swart bemagtiging wetgewing in 1997 om die pad nog wyer oop te maak vir die naakte en skerpste swaard oor die blanke bevolking.   Tot op die sportveld word ons rugbyhelde hard geslaan met kwota’s en rassisme.     Alle presidente sowel as  politieke partye het hul steun tot hierdie gewraakte wetgewings te verleen.   Werkloosheid, besoedeling, misdaad en sindikate het allesoorheersend geword.

Die blanke ras (Boere) word hard geslaan met rassisme en diskriminasie.   Nie net om hulle te teiken nie, maar ook van alle menseregte te beroof en hul ekonomie totaal en al te vernietig.    Selfs die nageslagte word geraak.    Die sterftes en agteruitgang op maatskaplike gebied is baie groter as tydens die Anglo Boere Oorlog en konsentrasiekampe.   Miljoene immigrante uit die noorde, het ontplof in Suid-Afrika.

Verskeie Hansards en wetgewings is beskikbaar wat diskrimineer teen elke blanke in hierdie land – besluite wat oor ons gemaak word, sonder dat ons enige bydrae daartoe gelewer het, het ons vasgevang in hierdie kommunistiese wurggreep.   Van ons mense wat soos ons lyk, praat saam met hierdie diskriminerende swaard.

Op internasionale vlak, maak die Verenigde Nasies (ongeveer 200 lidlande) dit wel moontlik dat minderheidsvolke, die BOERE volk  daaruit kan tree en dit is deur selfbeskikking , volle soewereiniteit te verkry.  Daar is geen ander manier hoe ons gaan oorleef en die skending van menseregte gaan herstel nie.   Die mag, mandaat en wil is by die volk se deur om dit wel uit te voer.

Die vraag is:   hoekom is en was ons as volk uit alles uitgesluit?

Antwoord:   Om ons as volk totaal en al uit te wis en vernietig.

Oplossing:

Ons eie wetgewing kan slegs binne ons eie onafhanklike gebiede plaasvind.

Selfbeskikking (volle soewereiniteit) word ook opgedeel in interne en eksterne selfbeskikking wat geen waarborge bied vir enige volk nie. Interne selfbeskikking het slegs beperkte mag en is dieselfde as federale state of konfederale state binne sulke regerings.     Normaalweg het die federale regering/konfederaal die hoof funksies van enige land, wat slegs deur hulle beheer word.   Federale regering/konfederaal is dit massa meerderheid wat dit sal beheer, nie minderhede nie.  Volkstate in enige land het GEEN magte nie, daar is nie eers beperkte magte vir ‘n ‘volkstaat’ nie.

Die ander funksies van ‘n federale/ konfederale regering is   Finansies, buitelandse aangeleenthede en betrekking, beveiliging wat die weermag en polisie hierby insluit.  Dus  as een staat luuks is en geld mors en daar word geld benodig, dan moet ander state help daarmee.   Die unie en 1948 regerings het albei funksies van federale regeringstelsel.   Demokrasie is meer in die lyn vir soveel korrupsie en misdadigers wat die land regeer.   In 1994 is die land hieraan oorhandig.  Kommunisme.   Die vorige regering het hierdie land met die hulp van die hele Boere volk opgebou, maar dit sonder enige mandaat netso oorhandig aan kommuniste.  Hulle het presies geweet wat hulle doen.

Slegs volle onafhanklikheid sal die Boere volk losmaak van hierdie magte wat ons as volk manipuleer en vernietig.   Volke wat op CPA en Trustgebiede kan ook die roetes op hul eie volg, of as ‘n magseenheid,  saam andern volle soewereiniteit verkry op internasionale vlak.   Elke volk het daardie reg om oor hulself te regeer.

Die Trust en CPA gebiede het ook net kommunale waardes, beperkte magte, dis ooreenstemmend met die Shepstone beleid van 1854 en Rhodes in die Kaapkolonie 1894.

Glen Grey wetgewing, 1894

Apartheid –  1854

Aparte gebiede – Duncan Du Bois

Swart en gekleurdes het nooit grond gekoop nie, maar dit BESET.

Mfecane –  1795-1830 teenoor 2024

Doelbewuste korrupsie, rassisme, besettings en onteiening

Hulle doen dit vandag steeds.   Die Boere volk het al hul Republieke se gebiede gekoop, hetsy met geld, veetransaksies of dienste gelewer.   Daar is meer as twee Boere republieke wat internasionaal erken is as onafhanklike BOERE republieke.

Die  Wetgewing van aparte gebiede (1854-1894) hieroor is in London afgekondig wat dit van toepassing gemaak het op die Brits geannekseerde gebiede wat hulle kolonies genoem het.   Die Britte en haar bondgenote, Afrikaners in die Kaapkolonie, saam het dit toegepas.

Brittanje was nooit alleen in hierdie oorloë, veldslae, konsentrasiekampe en verskroeide aarde beleid nie.   Die gekleurde en swart groepe of stamme, sowel die Afrikaners uit die Kaapkolonie en ander kolonies, sowel Kanada, Australië, New Zealand, Skandinawiese lande (Olaf Bergh) het deelgeneem in die verwoesting wat hier plaasgevind het teen al die Boere republieke.  Daar was nooit net TWEE onafhankike Boere republieke nie, maar 18 republieke, wat deelgeneem het aan al die veldslae en oorloë teen die Boere volk.

Verskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer lied

Anglo-Boere oorloë konsentrasiekampe en verskroeide aarde

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

2 gedagtes oor “Swaard van swart bemagtiging”

Laat 'n boodskap