*
Al is dit ‘n ou gesprek, bly dit interessante gesprekke met ‘n verskeidenheid van vrae en antwoorde. Heelwat Boere en konserwatiewe blankes sal saamstem met die dieper gedagtes en direkte waarhede van wyle Eugene Terreblanche op televisie oor die Boere volk se geskiedenis, gebiede en ook hoe ons voorgeslagte hierdie grondgebiede bekom het. Dit is grondgebiede wat aan niemand anders behoort het nie. Daar was heelwat onderhandelinge en ooreenkomste aangegaan tussen Boere Trekker leiers en ander etniese stamhoofde oor spesifieke gebiede. Dis juis daarna wat van hierdie Boere gebiede internasionale status van onafhanklikheid verkry het – grond wat nie aan ander volke behoort nie.

*
Luister gerus hierna:
Mens wonder vandag hoekom hierdie man (ET), wat reguit en die waarheid gepraat het, brutaal vermink en vermoor is? God sal eendag daardie bloed roep, nes ander Boere wat vermoor word vir hul identiteit tot ‘n Boere volk en ongeregtighede wat uitgevoer word deur manipuleerders. Dis feite wat nie weggeredeneer kan word nie, die bestaansreg van die Boere volk en hul gebiede.
Beeldmateriaal
John Berks het debat met Eugene Terreblanche en ander sprekers
https://www.youtube.com/watch?v=OqUrwdLUZ_I
*
Die onderhoud bevestig wat wyle Eugene Terreblanche hier uitgespreek het en waarop ons as nakomelinge van die Boere volk trots moet wees, want ons deel een volk. geskiedenis, gebiede, taal, kultuur, tradisies en identiteit. Niemand betwis die bestaan van die Afrikaner, Zoeloe, Xhosa, Tswana of ander volke nie en hulle het toe bestaan en na 1994 het dit voortgegaan om te bestaan.
Liberaal verligtes wil so graag dit alles onder die sambreel van Afrikaners probeer doen en dit werk al vir eeue glad nie. Dit is juis hulle wat saam die ANC hardloop vir een gemengde reënboognasie wat nooit sal wees nie. Maar hulle is nie teësinnig vir aparte Trust en KEV gebiede vir Swart, Khoi san en Griekwa volke en stamme nie – en hulle ondersteun elke wetgewing wat daarmee saamgaan, sowel swart bemagtiging, regstelaksie en onteiening.
Afrikaners wat onder die Engelse in die Kaapkolonie wou wees, het inderwaarheid meestal in die kolonie agtergebly en het derduisende van hierdie Afrikaners en Afrikaanssprekendes teen die Boere volk opgestaan en saam die Engelse geveg. Daar is selfs finansieel bygedra tot die Engelse oorlog teen die Boere om die volk uit te wis in konsentrasiekampe en die Anglo-Boere oorloë self. Hulle het grootliks bygedra tot die Unie van Suid-Afrika wat uit London beheer is (statebondland).

Diegene wat nog nie die geskiedenis van die Boere, die Boere republieke en geskiedenis ken nie, moet maar hul eie navorsing daaroor gaan doen. Omdat Boere families (Vryburgers en Trekkers) nie onder die Britse heerskappy wou bly nie, het hul later in die binneland opgeëindig, waar die gebiede oop en vry was.
Tydens hierdie vryheidstogte en trek, is heelwat verskillende BOERE republieke gestig soos wat hul getrek het. Daar is verskillende trekleiers en ook verskillende Republieke gestig in die proses. Die grondgebiede was oor die algemeen Niemandsland en die Republieke is gestig deur die Boere volk leiers. Grond is geruil en daar is verskillende ooreenkomste en transaksies, soos traktate (Retief), aangegaan om in vrede te lewe.
Daar is verskeie Boere republieke se grondgebiede wat nie aan ander volke kan behoort nie , want hul voorsate was nie daar nie. Terloops, geen swarte of khoi san/griekwa het ooit enige sent al uitgehaal en hulle grond aangekoop nie? Swartes en ander het beslis sekere grondgebiede beset, wat net na 1806 as reservate of kroongebiede gedoop.
Dit is ‘n internasionale volkereg dat volke hul eie gebiede het en mag behou, nes die Zoeloes, Griekwas, Khoi san en ander etniese swart volksgroepe hul grondgebiede kwansuis geëis het na 1994. Niemand staan daarteen op nie en dit is ook aparte gebiede nes voor 1994. Nes hulle daardie reg uitgeoefen het, mag die Boere volk dit ook doen soos wat dit was in 1902 – volle soewereiniteit.
Sonder om af te kraak en toevallig is daar liberaal verligte blanke Afrikaner groepe wat die Boere volk probeer beroof van hul identiteit, taal, kultuur, tradisies en geskiedenis soos hul tradisionele erfenisdae en Boere volk vlae wat steeds hoog wapper. Indien hulle nie Boere is nie, dan kan hul nie aanspraak maak op ‘n ander se eiendomme nie. Vlae van die Boere republieke, behoort aan die Boere republieke en daardie volksgenote.
Dit het ook niks met sogenaamde apartheid te doen nie. Die Zoeloevolk en ander soos Khoi san en Griekwas wat trust en KEV gebiede het, is dan ook apart van mekaar en van almal van ons. Dit is omdat die liberaal verligte Afrikaner hul gewig en standpunte afdwing op die lede van die Boere volk om ons te probeer verander na Afrikaners. Probeer om ‘n Zoeloe persoon te verander in ‘n Pedi of Xhosa en kyk wat gebeur.
Anglo-Boere oorloë
Die Anglo-Boere oorloë is en was nog nooit ‘n Suid-Afrikaanse oorloë nie, omrede daar nog geen Suid-Afrika in 1900 bestaan het nie. Hulle doen dit steeds, net met ander vals demokratiese sambreeltjies wat hul toevou onder die allerheilige ‘afrikanerdom’ en om onderdanigheid te bewys aan die Engelse of wie hul leermeesters is. Die Boere was ook nie ‘n gevestigde weermag wat amptelik opgelei is. Die Engelse en ander lidlande van statebond was almal opgeleide weermaglede wat ‘n handjievol Boere geteiken het saam die vroue en kinders.
Daar is meer as een blanke volk in Suid-Afrika vandag (en ook voor 1900), net soos daar verskillende gekleurdes en swart volke in Suid-Afrika is. Daar is verskeie blanke volke in Europa ook, wat verskil van mekaar. Italianers is nie Nederlanders nie.
Die Boere volk kan en wil nie deel van die Afrikaner wees nie al probeer die liberale verligte blanke hoe hard om te torring aan ‘n Boer wat ‘n Boer sal bly in murg en been. Die Boere volk is nie net landbouers soos wat daar tekenne gegee word nie.
Dit is vir jare aan ons voorgehou ons is almal Afrikaners, tog is baie nie Afrikaners nie maar deel van die ou Boere republieke en ‘n volk op hul eie. Dit was onafhanklike land met onafhanklike burgers, wat Boere genoem is. Indien ‘n persoon hulself as ‘n Boer klassifiseer, beteken dit nie hulle dink hulle is beter as ander volke nie.
Hierdie tendens is regdeur hul hele lewe gedoen met hul statebondslande wat hul bly inpalm het. Wat sedert 1902 met ons Boere volk gebeur het, het ook met die swart reservate en khoi san en griekwa volke se kroongebiede na Mfecane gebeur. Dit is geannekseer deur Brittanje.
Ironies hoe die “swart mamba” van Britse apartheid wurggreep en wetgewings van 1854/1894 weer nadergesleep word en word die Boere veral die skuld gegee dat indien hulle hul gebiede probeer verkry is dit dan apartheid. Swart, Khoi san en Griekwa volke of stamme word toegelaat om hul grondgebiede (reservate en kroongebiede – oftewel tuislande) op te eis sedert kodesa (1993), en dit word hoegenaamd nie gekoppel aan enige apartheidsfoefie nie. Die gebiede word bevoordeel en apart onder die huidige parlement bedryf.
Onderdrukking van enige volk veroorsaak groot konflikte, armoede en oorlog. Dit is wat vandag in suidelike Afrika gebeur. Hulle het swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding slegs op blankes (Boere) afgedwing.
Dit bly steeds ‘n internasionale volkereg en vryheid, dat die Zoeloe, Khoi san, Griekwa en elke ander etniese swart volk geregtig is daarop, maar dat die Boere dieselfde regte geniet vir volle soewereiniteit. Ander volke kan nie aanspraak maak op Boere republieke of die Boere kan nie aanspraak maak op Zoeoe of Khoi san gebiede nie. Dit is totaal teenstrydig met internasinale volkereg. Die twee onafhanklike Boere republieke, ZAR (Transvaal) en Vrystaat, was immer ten volle onafhanklik en binne die twee Boere republieke is daar meer as een Boere republiek geskep voor 1900 deur Boere leiers, nie deur ander volke of volksleiers nie.
*
VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS
Lees gerus:
Eugene Terre Blanche : 3 April 2010
APARTHEID EN ANDER SAKE
Jan Smuts – Churchill Rhodes – apartheid – British rules
Anglo-Boere oorloë – Springfontein
Isandlwana – Anglo-Zulu war (140 years)
Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede
Ingonyama Trustland (Zulu people)
Zulu people – KZN –
https://slideplayer.com/slide/6847625/
Zulu people – 1816-2016 -200 Years
Zulu people – Ingonyama Trustland
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
Zoeloes – Ingonyama Trust and land reform
Ingonyama Trust – King Goodwill Zwelithini –
Ingonyama Trustgebied (en andere)
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA – landclaims
Black – Khoi san
Traditional leaders South Africa: 8840
15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC
Volksmoorde en skending van menseregte
[…] Suid-Afrika – AWB Eugene Terreblanche en ander […]
LikeLike