Dertig jaar PLUS se afbreek in SA

*

Diegene wat gerieflik met hoë inkomste en heelwat byvoordele ontvang, en op die groen stoele in Parlement sit, wat beheer uitoefen, het  eerstens die rooi rewolusie en vernietiging toegelaat.     Hulle neem die besluite om alles in Suid-Afrika af te breek.  Daar word soms ‘harde woorde’ in parlement geuiter deur misnoeës wat teen radikale elemente en hul dade uitgespreek, maar dis waar dit bly.   Niks of weinig word herstel en nog minder word ernstige pogings aangewend om misdaad, moorde en veral korrupsie vas te vat.   

Mapping poverty in South Africa | South Africa Gateway



*

Misdaad en rassisme is groot in Suid-Afrika.   Rassisme en diskriminasie begin by parlement self.   Hulle maak die wetgewing.  Regerings oorsee wat ooreenkomste aangaan met die huidige ANC en parlementslede, maak hulle netso skuldig aan diskriminasie teenoor blankes in Suid-Afrika.   

SWART bemagtiging – wie bou infrastrukture, paaie en wie laat rewolusies toe om motorbande te brand, wat gate in paaie veroorsaak.

‘n Regering wat die regter, aanklaer en hoërhof dieselfde tyd is, kan nie regter speel in sake waarby hullself betrokke is nie.  Volgens die 1955 manifes, aka die 1996 grondwet, stel die ANC president regters en kommissies aan.   Zuma het tog ook die Zondo kommissie aangestel en Mandela het Ramaphosa in beheer geplaas van Swart bemagtiging en regstellende aksie kommissie na 1994.   NIKS sal gebeur nie.

Selfs die staatsentiteite sal met baie moeite weer lig in die tonnel gewaar, mits die wat aangestel word, bevoeg is om hul werk te doen en toegelaat word deur die vele ministers van die ANC wat hul eie rol speel daarin.   Dieselfde geld vir werkskepping in die land.   Gun elke volk hul eie onafhanklikheid.

KORRUPSIE BLOM NIE NET IN SUID-AFRIKA NIE.   KORRUPSIE FLOREER SLEGS VIR DIE ‘ELITES’ EN BEVOORREGTES.   

Korrupsie floreer slegs vir die ‘Elites” en swart/ander bevoorregtes wat reeds ryker geword het na 1902 en veral na 1990 met swart bemagtiging.     

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

B-BBEE – Shanduka black umbrellas

*

Afleidings – Alles is NWO gerig. 

Ander regerings of selfs Trump, gaan vir ons niks doen nie.   Kyk hoe is hy en die Amerikaanse regering in die midde ooste betrokke – is dit ook moontlik ons voorland?     Dis ons Boere volk wat ons uit die gemors moet kry, sommiges wat so agter afrikaner organisasies skuil, moet hul losknoop van die rokspante van die afrikaner organisasies.     

Amerika is ‘n land op hul eie met hul eie probleme. 

Interessante die laaste gesprekke met ‘afrikaners’ waar Rupert en Steenhuizen teenwoordig was.    Sy aanvanklike ‘uitnodiging’ was gerig aan ‘afrikaners’ wat later na ‘alle minderhede uitgebrei is.   Let wel, ALLE minderhede, beteken letterlik almal in Suid-Afrika, want Suid-Afrika bestaan net uit minderhede, volke en die Afrikaner nasie.  Meeste swart, khoi san en griekwas bl steeds apart in hul reservate, tuislande en kroongebiede, wat na 1994 Trust en KEV gebiede geword het.  

*

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Internasionale reg tot lewe

Suid-Afrika se volksetnisiteite

Het jou gesê

Met rassisme en diskriminasie teenoor elke blanke in die land, word swart bemagtiging en regstelaksies uitgebrei en sluit die een na die ander maatskappy hul deure en het meer werkloosheid tot gevolg.   Word ‘n moord en aanval op ‘n plaas of plot gepleeg, is die kanse goed dat daardie gebied tot niet gaan.  So verloor die in die landbousektor asook ander hul werksgeleenthede.  Dus word werkloosheid bevorder met hierdie wetgewings wat slegs teenoor blankes gemik is.   

Niemand kan daarmee ‘n land bou nie.   Die ryk bevoordeeldes en diegene wat veral tenders kry, bou hul eie kastele weg van die publiek af.  Daarmee word alle staatsentiteite afgebreek tot op die grond.  Hierdie rassistiese wetgewings gaan nie vir die armes sorg of ‘n beter lewe gee nie.   Daar is miljoene wat afhanklik raak van die regering van sassa.  Indien dit stopgesit word, is daar nog meer miljoene sonder werk of inkomste.

Meer as kwart van SA leef in armoede | Die Son

Misdaad effek.

Min word gedoen om misdadigers te vang of selfs te vervolg.   Word dit met opset gedoen en uitgevoer?  Dit sluit die hele parlement (400 lede) daarby in, sowel as provinsies en munisipaliteite wat toelaat dat mafias beheer, die korrupsie en vernietigingswerk van hul base uitvoer.   Ministers en hul kaders voer elke stap met presiesie uit. 

Ironies, wanneer verkiesings kom, spoeg almal hul leë beloftes uit aan die publiek wat elke woordjie(s) moet glo – niemand glo die spul groenstoelsitters nie.  Daar is geen waarborge dat dit wat uitgespoeg word, sal plaasvind nie.  Ook nie onder koalisies nie, want daar is al sedert 1994 heelwat koalisies op alle vlakke van die politieke arena en niks het geslaag nie.

Dit is interessant en ietwat teenstrydig, referendums vir ‘n mandaat en afstigting, hou via provinsiale premier of president van die land.   Die een kaart van Nuuspod, dui slegs die Wes-Kaap in.   Dit is totaal anders as die een by Boer media wat meer as een provinsie insluit.   Nêrens word van die ander provinsies se ‘referendums’ gepraat nie.   Groot leemtes of kwelvrae bestaan met diegene wat onderhoude voer daaroor.

ETNISITEIT

Suid-Afrika bestaan uit verskeie ETNIESE en rasverwante volksgroepe.   

Taal vorm deel van elkeen van ons en is nie werklik verwant aan enige etniese volksgroep nie, maar taal bly wel deel van enige volk.    Terug in die geskiedenis sal aangedui word waar die Xhosa, Zoeloes, ander swart volke, die Khoi san, Griekwas en veral die Boere republieke was.   

Swart en bruin volksgroepe was soms nomadies, rondtrekkend en ander het grond beset tydens Mfecane oorloë.  Die gebiede is as Reservate, Kroongebiede en Boere republieke (volle onafhanklikheid) verklaar.  Van hierdie groepe word vandag doodgevee deur ‘n kommunistiese ANC-EFF en ander politieke partye besempie omdat dit hulle pas.   

Volksuitwissing is aan die orde van die dag en andersinds word twyfel gesaai oor geskiedkundige oorsprong.   Tog is daar voorsiening gemaak vir ‘grondeise’ soos die ou kroongebiede en reservate (tuislande).   

Die Zoeloes, Xhosas, Pedi, Sotho en ander volke het reeds gebiede gehad voor 1900 (sedert ongeveer 1815), wat hulle beset het, maar wat later deur Brittanje geannekseer is vir al die minerale regte in 1902.  Na 1961 het Reservate Tuislande geword met die oog op selfbeskikking en volle soewereiniteit.

Die TWEE onafhanklike Boere republieke word sedert 1902 daarby ingesluit (uniewording) , wat reeds volle onafhanklike lande was.  Suidelike Afrika was nie ‘n een unitêre land onder Britse beheer nie, maar dit geword onder dwang gehou sedert 1910.  Met die Vredesverdrag 1902 is die Boere ingedwing in hierdie situasie, die ooreenkoms is eensydig verbreek deur Brittanje.

Dit word gerieflik onder die mat in gevee en ook vergeet dat die Boere gestem het vir ‘n mandaat in 1994 vir Selfbeskikking, want liberale Afrikaners wou steeds een land hê.   Lees die inligting op oor Kodesa en wat daar plaasgevind het.

Intussen het ander volke sedert Kodesa 1993 hul grondgebiede ge-eis en dit gekry onder Trust en KEV (CPA) gebiede.    Duisende grondeise is reeds afgehandel en dit word onder APARTE huise en wetgewings gedoen, wat teen ander volke diskrimineer.   

Volke kan nie aanspraak maak mekaar se historiese grondgebiede nie.   Hulle kan nie op Boere gebiede aanspraak maak nie.   Net so kand die Boere nie aanspraak maak op Zoeloe gebiede (Ingonyama Trust sedert 1993) of Richtersveld sedert 2007 wat aan die Khoi san behoort nie.   

Geskiedkundige grondgebiede behoort aan daardie volk en dis al sedert 1815 die geval.  Die Zoeloes maak vir meer as 200 jaar aanspraak op hul gebiede asook Griekwas en Khoi san.  Verseker het die Boere volk dieselfde regte as ander volke.   Dit beteken nie omdat die Boere nie wapens opneem om hul gebiede terug te kry, dat daardie gebiede nie aan die Boere volk behoort nie.   Daarteenoor, radikale swartes neem daagliks reg in eie hande, brand af alles wat voorkom en kom weg daarmee.   Heelwat sing om die Boere uit te wis (kill the Boer kill the Farmer).

Boermedia en Kaap – Dr Shawn Stewart
https://www.youtube.com/watch?v=4lIagccBQrw

*


‘N MANDAAT OOR AFSTIGTING / SESESSIE

Indien die hele ou Kaapkolonie ter sprake is, moet meer as een provinsie ‘n mandaat verkry en kan daar nie ‘n mandaat slegs vir Wes-Kaap uitgeroep word.   Ander provinsies kan nie daarby ingesluit word nie.   Daar word van ‘n ‘algemene getal’ gepraat wat dit steun (wêreldwyd) – en dit sluit die hele Kaapkolonie in.  Waar is die ander provinsies se mandate hiervoor?

Hoekom burgers in daardie provinsies mislei met sulke inligting indien kaarte van die hele ou Kaapkolonie vertoon word. 

 In Boer media se onderhoud word dit sommer bygevoeg en aanvaar as feite, en daar is heelwat Boere gebiede hierby ingesluit.   Dit is nie hoe ‘n mandaat werk nie.

*

BOERE REPUBLIEKE EN GEBIEDE

Die verskillende verslae aan Parlement (Hansard) kan bewys waar die gebiede is, wat vergelyk kan word met die Boere republieke van ouds.    Verskeie verslae is by Parlement ingedien voor 1995.

‘n Dokument is internasionaal gepubliseer (Boere gebiede, wat as ‘Afrikaner gebiede beskou word).   Afrikaners het nog nooit enige Boere republieke gehad of uitgeroep of was internasionaal as onafhanklik verklaar.   

Indien van hierdie gebiede reeds ondersoek is, kan ander provinsies, vreemdelinge of ander volke nie net oornag aanspraak maak daarop dat dit hulle gebiede is nie.   Daar is gebiede selfs in Wes-Kaap ondersoek wat deel gevorm het van die ou Boere republieke.

Boere kan netso nie aanspraak maak op Zoeloes se Ingonyama trust of Khoi san se Richtersveld of enige ander volk se CPA of trustgebiede nie. 

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

*


39:44

LET WEL – Internasionale reg is duidelik, dat elke volk die reg het tot ‘n eie onafhanklike gebied om hulself te regeer.   Daar is internasionale regsvereistes wat nagekom moet word.

*

Rakende die Wes-Kaap

Wes-Kaap sluit net ‘n klein deel van die land in, maar is DEEL van Suid-Afrika.  Dit sluit ook die Seeroete van Kaap die Goede Hoop hierby in.     Daar is verskeie sprekers en elkeen het hul eie opinies hieroor weergegee.

Dit het Corne Mulder 30 jaar geneem om hier ‘n uitspraak te kom maak oor ‘sesessie’ en onafhanklikheid vir die Wes-Kaap, maar sy eie VFplus politieke party het ‘n reuse mandaat en geleenthede gehad vir die herstel van Boere republieke en nie veel moeite gedoen om dit uit te voer nie.

Na 30 jaar sit die Boere volk steeds met niks en ‘n ‘akkoord’ wat aan Afrikaners gekoppel is, terwyl die gebiede wat ondersoek is, alles Boere volkgebiede is.   Inteendeel, die 1994 verkiesing was ‘n mandaat en daaroor was daar plek gemaak in parlement vir die VF plus.   Ongelukkig het hul nie hul beloftes nagekom soos in hul manifes geskryf is nie.

Wetgewings

Wetgewings is ‘n probleem volgens die 1996 grondwet, naamlik artikel 235 (wat deur Corne Mulder en ‘n sub-komitee geskryf is).  Die aanbevelings van die sub-komitee is glo ietwat verander.   Dit wil sê, die voorstel van wetgewing om selfbeskikking moontlik te maak is as ‘n plaaslike vereiste gestel, terwyl dit indirek teen internasionale vereistes is.   Wetgewings is ‘n lang proses en daar is vereistes wat nagekom moet word.

2024 VERKIESING OP HANDE

Die nuwe ‘kompakte’ koalisie vorming word as ‘n wortel voorgehou deur sommige sprekers, maar niks is of word gewaarborg met hierdie of enige ander verkiesing nie.   Vorige verkiesings het geen oplossings vir ons land gebring nie, net misdaad, moorde, korrupsie en verkragtings vererger. Inteendeel, 80% of selfs meer van die politieke verteenwoordigers het dan help skryf aan die 1996 grondwet (aka 1955 anc-pac-sakp manifes).    Vir jare is hulle ingesweer onder die 1996 grondwet.

Die onderskeie sprekers maak vurige aannames dat Suid-Afrika se regering ‘onthoof’ kan word, maar die probleme daarna waarmee ons sit, gaan beslis nie êrens heen verdwyn nie.   Die beloftes is tipies net soos die FW de klerk beloftes wat nie gehou het nie.

Sou hulle afstig en dit word deurgevoer, is dit net nog ‘n reënboognasie 2 wat geskep word soos in die res van RSA, want meeste kulture wat in die res van Suid-Afrika woon, is ook in Wes-Kaap te vind.   En in die gebiede is daar Boere republiek gebiede wat aan die Boere behoort, nie aan ander volke nie.

Daar is min groepe wat nie ook in Wes-Kaap voorkom nie, maar in die hele land, indien wel is hulle by verre in die minderheid.    Probleme gaan nie verdwyn nie, net soos Sassa asook salarisse en byvoordele van die duisende (8840 +) tradisionele leiers ook nie gaan verdwyn nie.

Niemand is gekant teen onafhanklikheid vir elke volk nie – dis ‘n internasionale volkereg – Wes-Kaap is nie net een volk nie. 

Net soos wat die Wes-Kaap inwoners nie met die ANC en parlement se korrupsie en misdaad tevrede is nie, is die res van ons, die Zoeloes of die Boere volk, wat al sedert 1994 gepoog het om hul eie Boere republieke terug te kry, te hestel, ook nie gediend met wat tans in die land aangaan nie.  Niemand het  vir die gemors gestem nie.   Nie net die Wes-Kapenaars nie. 

Die Wes-Kaap bewoners sluit verskillende groepe van die huidige ‘reënboognasie’ in – dus, wat maak hul uniek anders as die res van ons in ander provinsies.  Ook hier is daar miljoene immigrante en veral onwettiges wat deur die ANC toegelaat is om die land binne te kom en oral te plak.   Of gaan die immigrante na die res van die land gestuur word om weer te kom plak en bakhand staan?

*

Sesessie Wes-Kaap en ou Boere republieke

Die gebiede op hierdie kaart wat aan die land voorgehou  en bespreek word, sluit ook heelwat gebiede in wat Boere volkgebiede is, wat vir etlike jare ook Boere gebiede is.

Een volk kan nie net ‘n ander volk se grond vat soos hulle wil nie, dit is geskiedkundige grondgebiede wat aan die Boere behoort.

Selfs die Volkstaatraad se ondersoek in 1994 (Volksfront), se ondersoeke (Afrikaner akkoord) het dit bevind waar BOERE in die algemeen steeds bly en in meerderheid is.   Die ondersoeke gedoen is 100% Boere gebiede en nie Afrikaner gebiede nie.   Die ANC en haar hulpkaders het met hul oopdeurbeleid gesorg dat daar 50-60 plus miljoen immigrante uit Afrika en elders hier in die land kom plak.

*

Die ‘afrikaners’, blank verligte liberales, maak asof die Boere nie bestaan nie en klas die Boere volk nie as ‘n aparte volk nie, terwyl die Boere volk baie bewyse het in hul geskiedenis dat hulle wel ‘n volk op hul eie is.  So nou maak die spul afrikaners, selfs afrikaner leiers in parlement, aanspraak op Boere grondgebiede, selfs in die Wes-Kaap.

Daar is ‘n paar dinge wat uitstaan:

Na 5:00
Daar is oor die 31 kultuurgroepe in Suid-Afrika
Daar is 14 taalgroepe in Suid-Afrika
Daar is 9 rasgroepe in Suid-Afrika

https://www.youtube.com/watch?v=XDC02zGMFlA

*

Daar was nou nie onafhanklike grondgebiede hier soos ZAR en Vrystaat nie, maar dit is Boere gebiede en Boere republieke via ooreenkomste wat aangegaan is.

Boere het om vry te wees, oral soos hul getrek en beweeg het, hul Republieke gestig.

Daar is groot gebiede wat destyds net na Jan van Riebeeck se tyd deur die Koina stamme in 1672 onderteken dat die ooreenkoms  (Crudop), aan die Vryburgers (voorgangers van Trekkers), behoort.  Dit was soos ander gebiede totaal en al niemandsland en het aan niemand behoort nie.

CRUDOP – DAAR IS OOK ANDER REPUBLIEKE WAT GESTIG IS DEUR DIE BOERE

No photo description available.

*

*

*

Neil de Beer en UIM – die inligting vir kleiner partye, ‘n konkoksie en alles behalwe ‘n sogenaamde demokratiese stelsel.   Dit gaan uit en uit oor finansies en stemme, wie in beheer sal wees.    Neil probeer waarskynlik baie hard vir nog ‘n gemengde reënboognasie, wat nooit in die land sal slaag nie.   Wat is die waarborge dat hierdie sal slaag, want die huidige SA slaag nog minder.

Natuurlik met wat genoem word van politieke partye wie se groepe van WA eenvoudig afgehaal word.   Nou wie beheer WA en FB – niemand anders as die ‘kabaal’ of nwo soos ons dit ken nie?   Die stigma van ‘n vals demokrasie dobber na bo.

Die Boere wil al sedert 1994 nie deel wees van hierdie kommunistiese plannetjies van die kabaal of nwo orde nie, maar die Boere volk word ingedwing onder die vals pretensie van Afrikanerwees.   Dit is twee verskillende volke.   Daar is heelwat swart volke, wat totaal en al verskil van mekaar.  Die Zoeloes verskil van die Xhosa en Sotho en andersom.

Wees en bly Boer en wees trots daarop om deel van die Boere volk te wees, want hierdie deurmekaarspul is erger as kots in ‘n tuimeldroër.

*

KEN DIE GESKIEDENIS – DIE VERSKILLE MET TRADISIES, IDENTITEIT EN KULTUUR

Anglo-BOERE oorloë
BOERE Republieke – daar is meer as 17, waarvan 2 (met ander wat hierby ingesluit is), volle onafhanklikheid geniet het.
Was BOERE republieke nie afrikaner republieke of khoi san of zoeloe republieke nie

let wel …

Daar behoort fyn geluister te word na al die politieke groenstoele of die wat nog nie deel is, se leë beloftes.  Dit moet sonder oorpluisies en oogklappe te wees.   Elkeen borduur hul eie geheime agendae en hou alles so mooi voor.   

Die sprekers op die politieke arena en almal kom met ‘n sogenaamde oplossing voor verkiesings, tydens en selfs daarna, tog gebeur daar niks na die verkiesing nie.  Maar vir 30 jaar word daar voortgebou op hierdie selfde tema van opbou en voortbou, maar intussen hardloop hulle uit aan woorde.   

Sommige se slim praatjies klink te goed om waar te wees, want dit was FW en die ANC se woorde in 1994.  Tog is word daar voortgeborduur om heirdie donker prentjie nog donkerder in te kleur.   Groot woorde, geen waarborge en niks sal gebeur nie. 

In 2019 het niks verder as die dampkring van ryk bevoordeeldes in die groen stoele gebeur nie.   Alles steeds in donkerte gehul, sonder ‘n tikkie Eskom krag of enige ander entiteit wat niks werk en niks werd is nadat alles geplunder en afgebreek is nie. 

Swart bemagtiging en regstelaksies,  as voorbeeld is deur die ANC asook parlement en provinsies ingestel, met Ramaphosa in beheer van die Kommissie. 

Dit was egter liberaal verligtes wat in Dakar was voor 1990 wat hierdie einste swart bemagtiging lappies borduur het sodat die rykes net al ryker word.  Dieselfde spul wat help skryf het aan die 1996 grondwet, die wetgewings wat gevolg het, sit steeds in parlement en ander het met groot byvoordele afgetree.

*

Die politieke partye woeker voort met hul reeds geborduurde manifeste en ondergeskiktheid aan die 1996 Grondwet, wat niks anders is as die 1955 ANC-PAC-SAKP manifes nie.   Onteiening is klaar besig en regstelaksie en swart bemagtiging, wat net sekeres bevoordeel weet almal al vir etlike jare. 

Tog borduur die partye voort en kleur die lappie van rassisme net verder in op die groen stoele.   Almal wil die ‘anc onthoof’.    Elke politieke leier kom met hul eie slim plannetjies wat al sedert 1994 uitgevoer word, tog is dit die arm man op straat, wat die gelag moet betaal van informele sektore, misdaad en moorde, geen of min dienste en al die miljoene HOP huise wat toegeken word al vir 30 jaar.   So maak elkeen beloftes net soos wat ou FW ook syne ‘getrou’ aan hul base gedoen het.

Die vraag is, is nie die BOERE volk en konserwatiewe Afrikaners wat die land afgebreek het nie, maar die in beheer van die land wat die afbreek toegelaat het om dit te doen.   

Dis nie die Boere volk wat die korrupsie toegelaat het sonder dat dit vervolg word nie.   DUS, wie moet nou weer die land wat ander kriminele en misdadigers afgebreek en verbrand het, weer opbou en met wie se geld? 

Die belastingbetalers of diegene wat dit afgebreek het, moet alles opbou, nie die ander nie.  Misdadigers het gesteel en geplunder,  hulle ken geen perke in hierdie land nie, want hulle het meer voordele en magtiging as die pligsgetroue belastingbetalers.   Dit is die AB/BB en al hul liberaal verligtes wat die land oorhandig het aan dit wat om ons plaasvind.

*
*

ANDER INLIGTING VAN BELANG

Dekades van donker Koalisies in SA

Trustgebiede – Tuislande – Reservate en Kroongebiede

Etnisiteit en onafhanklikheid

Multi-kulturele organisasies en -partye

No economy –  geen ekonomie

Legkaart vir ons volk se voortbestaan

Boer  Independent areas  –   volle soewereine Onafhanklikheid

SA Boers and conservative Afrikaners

*



*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

8 gedagtes oor “Dertig jaar PLUS se afbreek in SA”

Lewer kommentaar