Kommando sisteme

*

Die DA en feitlik alle ander politieke partye, is deeglik bewus van wat gebeur het met die Kommando’s van ouds en sekere stellings word in die artikel van 2022 genoem .   Hulle het na 1996 ingeval by swart bemagtiging en regstellende aksie.  Die Afrikanerbond het ook Sanlam en Metropolitan oopgestel vir swart bemagtiging en regstellende aksie na 1990.  Dit is nie deur die ANC begin nie, maar deur die vorige regering.   Daar is egter nog meer inligting wat meer bevraagteken moet word.

Parliament of the Republic of South Africa, Cape Town Central - Tripadvisor

*

Die Afrikanerbond en Afrikaner organisasies sowel die NP en DP het na 1986 reeds begin aanvoorwerk gedoen om swart bemagtiging en regstellende aksies, sowel onteiening te laat implementeer.    Dit is niks anders as die Agenda 2030 nie, waar niemand grond mag besit nie.  Sanlam en Metropolitan het reeds na 1990 hul deure wyd oopgegooi vir swart bemagtiging en regstellende aksie.  Dis reeds voor die tyd bespreek, agter die Boere volk en ander blankes se rug.   Hulle het geen mandaat gehad om dit te doen nie, nog minder het hulle die reg gehad om ons blankes voor die kommunistiese bus in te gooi.

https://www.youtube.com/watch?v=eNKg-W8RPHA

LEES OOK  HOE EN WIE ALLES BEPLAN EN LAAT DEURVOER HET

Skaakspel van Swart bemagtiging, korrupsie, skending van menseregte

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

Dakar 1986 – Notes of H Giliomee

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

*

WIE EN WAT IS NARYSEC  ?

Die kwessie rondom Narysec jongelinge (spesifieke ANC en SAKP ‘studente’ en jeuglede) wat ook biljoene rande beloop.   Verwys na die artikel wat in die media verskyn het.

MISLUKTE REGERING – MISBRUIK VAN MAG EN WETGEWINGS WAT AFGEDWING WORD

Die regering het misluk in al hul sogenaamde pogings om misdaad vas te vat, te bekamp of selfs te beheer.   Met ‘n  oopdeur grensbeleid wat hul na 1994 gevolg het, wat misdadigers hiernatoe lok, is dit juis aanmoediging vir misdadigers om hier te vestig.   Op grondgebiede wat nog nooit een dag aan hul behoort het nie.

Met immigrant-getalle maak hulle dit op, dat hulle verewig in meerderheid bly, veral rondom stede.  Immigrante wat hier kom plak, hetsy wettig of onwettig, eis almal gratis opvoeding, skole, universiteite, HOP huise, mediese sorg en toelaes.  Dit beteken daar is nie net nou 70 miljoen landsburgers nie, maar net soveel en selfs meer immigrante.

Al hierdie immigrante word ook van voedsel voorsien, want almal koop hier en dit word selfs landuit geneem.  Dus, is die voorsiening van voedsel, meer as dubbeld.   Plus die grondhervorming en onteiening van grond en bates sonder vergoeding – hiermee word elke Boer, landbouer en eienaars afgedreig om voorsiening te maak vir die miljoene immigrante uit Afrika en elders.  Hierdie tendens plaas ekstra lading op mediese sorg, hospitale, Eskom en elke ander infrastruktuur wat nog bietjie werk.   Dis belastingbetalers wat moet betaal hiervoor.      Dis nie net ‘n skande nie, maar ‘n onreg wat gepleeg word teenoor elke besigheid, burger en Boer.

Immigrante, veral onwettiges,  het almal huise en ook wonings in hul eie lande van afkoms.  Daarvan getuig al die baie bewegings oor ons grense, waar hul hier kom koop (of steel) en dan oorneem na buurlande en lande in Afrika.  Heelwat van hierdie immigrante is reeds stemgeregtigdes in hul eie lande, maar stem ook hier in SA.  So bly die groot partye in beheer, met immigrante.

Rassisme en diskriminasie, die swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening sonder vergoeding is nog ‘n euwel en voldoen nie aan internasionale verdrae  wat deur ANC onderteken is nie.  Hul laat toe dat radikales oproer liedjies sing om BOERE uit te wis en saam met swart bemagtiging ons van al ons menseregte weghou.

Sindikate  is aan die orde van die dag, en dit stel ons almal bloot daaraan.   Die grense was voor 1994 gesluit vir immigrante en dis deur die weermag beman en beskerm.  Suid-Afrika beskik oor ‘n lang grens, en dit sluit ook die see en hawens in.  Dit is onmoontlik om dit nie met ‘n weermag uit te voer nie.

Daar word nie aan internasionale vereistes voldoen om die publiek, landsburgers en besighede en /of veral boerderye te beskerm nie.   Die ANC maak hul skuldig aan die skending van menseregte op internasionale vlak.

Die ANC sowel die vorige regerings het al hierdie veiligheids verdrae van die Verenigde Nasies onderteken en ignoreer dus die beveiliging van ons almal.   Hoeveel volksmoorde is nie al sedert 1994 gepleeg nie?   Aanvalle en moorde word vir jare deur die ANC en EFF ontken, terwyl beide van hierdie partye se leiers voluit sing om BOERE uit te wis en te vermoor.

Dit is selfs in hul vals demokratiese grondwet vervat dat elkeen die reg tot lewe het – nie net misdadigers nie.   Misdadigers het vandag meer regte as die slagoffers, aangesien hul gratis bly, van voedsel voorsien word, gratis mediese sorg geniet en ander byvoordele geniet.  Dis die publiek wat ekstra onkostes moet aangaan om hulself te beskerm.  Met beserings en mediese uitgawes is dit die slagoffers wat moet betaal vir hul eie uitgawes en beveiliging van kameras en versekerings, plus 15% gaan aan die regering vir 15% BTW.

*

Met hierdie uitspraak van ‘n Minister wat hoop om die Kommando sisteem weer in werking te stel, sal op dooie ore val.  Narysec is een daarvan wat totaal misluk het en dis belastingbetalers wat die onkostes en gelag sedert 1994 betaal.   Hierdie derduisende jong mense het groot geleenthede gehad wat ons as belastingbetalers gefinansier het.     Hulle kan alles ontken dat die Kommando sisteem nie gewerk het nie, dit het gewerk.   Dit is die regering wat hiervoor moet betaal soos hul beloof het, nie die privaatsektor wat alreeds uit hul pad gaan om hulself te beskerm.

*

NARYSEC

Genoemdes het almal in parlement gesit, terwyl daar sedert 2009 ook ‘n veredere 30 000 jong soldate (ANC en SAKP jeugbrigades), dubbeld opgelei is deur die regering.  Hulle is opgelei as soldate maar ook in privaathoedanigheid en is ook uitgeplaas in hul gemeenskappe.

Narysec opleidings is deur parlement met belastingbydraes en staatskas gefinansier.   Miljoene rande is na 2009 spandeer om die bykans 30000 soldate op te lei, wat in gemeenskappe geplaas is.  Volgens rekord van die Parlement is hulle verantwoordelik vir die uitplasings en opleiding gewees.

VERKRY MEER INLIGTING

Narysec (soldiers) and other careers

Narysec training

Narysec soldiers – SA Parliament

Narysec 2016

Narysec 2014

*

*

AGTERGRONDSINLIGTING

DIE MINISTER IN PARLEMENT

Ms Thandi Ruth Modise

Thandi Modise het haar ‘belangrike bydrae gelewer oor die Kommando’s van ouds’.

Modise het ‘n ‘ryke geskiedenis van opleiding buite ons landsgrense  in verskillende lande, asook die MK het sy haar rol gespeel.   Sy is deel van die 1994 parlement tot datum waar sy ook verskillende posisies beklee het.

https://www.parliament.gov.za/person-details/231

*

Die Kommando sisteem is uit die sisteem en wetboeke gehaal, terwyl Modise deel van Parlement was.  Dis gedoen gedurende Thabo Mbeki se tyd met Lekota as minister van Verdediging wat hul eie beuels geblaas het oor rassisme en diskriminasie, wat ongegrond en onwaar is.     Natuurlik het hierdie besluite, sowel ander betrokkenes, die deure nog groter oopgemaak vir misdadigers van alle lande om die lande binne te kom.  Misdade word maklik gepleeg as grense oop is en so kom misdadigers weg met goedere en selfs moorde wat gepleeg word.

Lekota en Mbeki

https://www.pa.org.za/person/mosiuoa-gerard-patrick-lekota/

Kommando withdrawal  – SA

Kommando

*

ARTIKEL NOVEMBER 2022

’n Oproep deur Thandi Modise, minister van verdediging en militêre veterane, dat die “beste aspekte” van die verlate kommandostelsel in ’n “burger se veiligheidstruktuur” moet herleef, was “ ’n aangename verrassing”.     Die waarneming deur Dennis Ryder, Demokratiese Alliansie (DA) se finansiële woordvoerder in die Nasionale Raad van Provinsies (NROP), verwys na wat Modise tydens ‘n onlangse debat veral oor grens misdaad gesê het.

Ryder het verder gesê dat die kommandostelsel in Februarie 2003 deur die destydse minister van verdediging Mosiuoa Lekota en destydse president Thabo Mbeki ontbind is. Die destydse DA-woordvoerder “Watty” Watson het gesê “die ontbinding van landelike kommando’s is ‘n onverantwoordelike politieke stap wat nou alle boere en plaaswerkers weerlose en maklike teikens vir misdadigers”.

Daar is bewys dat die toename in geweldsmisdaad in Suid-Afrika nie ‘n kwessie van persepsie is nie, maar onbetwisbare feit wat bevestig word deur jaarlikse misdaadstatistieke wat deur die Minister van Polisie gepubliseer word. Landelike misdaad, insluitend moorde op boere en plaaswerkers, hoewel dit nie afsonderlik in die statistieke uiteengesit word nie, het minstens so vinnig toegeneem.

Begroting- en personeelbeperkings wat die SA Polisiediens (SAPD) in landelike gebiede in die gesig staar, word hierdie wanbalans verwag aangesien doeltreffende polisiëring ’n groter impak behoort te hê in stedelike gebiede waar polisieaktiwiteite gekonsentreer is.    Ryder hou vol die verwydering van die Kommando-stelsel het ‘n vakuum in landelike gemeenskappe gelaat wat “vinnig deur wetteloosheid gevul is”.

Daar is genoem dat dit sake vererger.   Daar is ‘n vermindering in polisiereserviste van 52 054 in 2011/12 tot net 4 393 in 2021 in ‘n oënskynlike strategie wat daarop gemik is om die 2009-moratorium in daad voort te sit, indien nie in woord nie.     Die afwesigheid van ’n sinvolle gemeenskaps polisiëringstrategie en vernietiging van die polisiereservisprogram reduseer gemeenskappe tot toeskouers wanneer dit kom by die bekamping van misdaad en die versekering van hul veiligheid.

Die 2016 Witskrif oor Veiligheid en Sekuriteit het die behoefte geïdentifiseer om gemeenskappe by veiligheid en sekuriteit buite gemeenskapspolisieforums te betrek.    Die samekoms van gemeenskapslede om hulself te beskerm word herhaaldelik gekritiseer as waaksaamheid en gepeupelgeregtigheid.

Misdaadstatistieke bevestig die regering is nie meer in staat om misdaad te beheer nie. Die Witskrif erken die behoefte aan gemeenskapsbetrokkenheid. Om ‘n formele struktuur terug te bring waar gemeenskapslede, bereid om dit te doen, in ‘n wettige en beheerde liggaam kan groepeer om hulself en hul gemeenskappe te beskerm, verseker aanspreeklikheid en menseregtebeskerming van alle betrokkenes, is ‘n ooglopende oplossing.

Namate Suid-Afrika se sogenaamde demokrasie volwasse word en vertroue groei tussen voorheen verdeelde gemeenskappe, moet die regering se benadering tot die bestuur van ons gedeelde ruimtes ook volwasse word.   Dit is geen demokrasie nie.

Wat die vestiging van die burgers se veiligheidstruktuur betref, kan dit “maklik gedoen” word deur bestaande wetgewing en regulasies te gebruik, het Ryder gesê. Die vestiging van ‘n hulpdiens in terme van die 2002 Verdedigingswet “sal negatiewe persepsies en herinneringe van ‘n verdeelde verlede afgooi” en ‘n gedissiplineerde en verantwoordbare struktuur tot stand bring met “‘n opregte mandaat om gemeenskappe, hul eiendom te beskerm en met die regering saam te werk”.

“Die wetgewing bestaan en die mag om hierdie beslissende stap te neem om landelike veiligheid te prioritiseer, lê geheel en al by die gesag van minister Modise. Ons sien uit na ‘n aankondiging wat ‘n duidelike pad vorentoe beskryf, veral wat uiteensit wanneer die nuwe struktuur/s hervestig sal word,” het Ryder gesê.

https://www.defenceweb.co.za/sa-defence/sa-defence-sa-defence/empowering-rural-communities-with-commando-system-elements-a-good-call-da/

*

Die BOERE VOLK het ‘n internasionale reg tot ‘n eie onafhanklike land om hulself te regeer – die Boere republieke hoort by die Boere volk.  Dit sluit nie net die twee onafhanklike Boere republieke in nie, daar is sowat 15.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

4 gedagtes oor “Kommando sisteme”

Lewer kommentaar