*
Dis ontsettend belangrik om kennis te dra wat rondom ons gebeur, veral swart bemagtiging, regstelaksies en onteiening. Opregte Boere en konserwatiewe Afrikaners moet saamstaan in dorps en plaaswagte vir self beveiliging. Hul moet werk daaraan om hul ou Boere republieke te herstel soos dit hoort. Die waterkwessie en -lisensiekwotas is van toepassing in hierdie paar belangrike gedagtes en opinies. Hierdie is niks anders as skending van ons hele volk se menseregte nie. Die departement van water en sanitasie het by sy voorgestelde nuwe reëls gestaan en gesê daar is ‘n behoefte om te verseker dat daar transformasie van watergebruiktoewysings plaasvind,

*
Die kommunistiese regering, parlement en politici, met die hulp van hul liberale multi-kultuur-vennote en finansiers, is steeds besig met die toepassing van hul rassistiese en diskriminerende wetgewings om veral landbougrond en bates wat met spoed aan swart bemagtigers oorgedra word, wat niks anders as die onteiening sonder vergoeding nie. Daar is geen boerdery wat sonder water kan funksioneer nie. En geen besigheid of boerdery is gratis nie. Maar hier word 25%-75% aandele belowe aan swart bemagtigers wat dit uitvoer. Hulle gaan die nuwe grondeienaars word.
Die konsepregulasies en wetgewing vir waterlisensies vanaf regeringskant om nog meer swart bemagtiging (25-75% vereistes in swart aandeelhouding) in die landbousektor toe te pas, kan die doodsnikke meebring vir sommige Boere en hul besighede. Onteiening sonder vergoeding, met die ‘25%-75% aandele’ skemas in daardie Boerderye en besighede wat dit netso sal oordra aan die swart bemagtiger.
Dis ook die eerste keer dat daar van 25%-75% aandele gepraat word in swart bemagtiging wetgewing en kwota stelsel of vereistes. Dit raak elke Boer en konserwatiewe Afrikaner in Suid-Afrika. Dit geld ook vir bates, sowel huise, op dorpe en stede en elders. Hul teiken is elke BOER in die land.
Sodra swart bemagtigers meer as die helfte persentasie aandele van alle bates wat water gebruik, het, het swart bemagters die hef in die hand in die betrokke boerderye, besighede en volle voedselproduksie. Dit sluit alle bemarking en bates daarby in. Lees die 1996 grondwet en onteieningswet. So kan hierdie Boere een dag hul ogies oopmaak waar hul nuwe swart aandeelhouers plase en voedsel saboteer om verder voedsel te produseer. Dis hulle wat uiteindelik die besluite sal maak oor die hoeveelheid water wat gebruik mag word en wat nie – so gaan die krane toegedraai word – en deure sal sluit.
Dieselfde het met al die staatsinstellings, banke en hospitale gebeur waar daar aandele beskikbaar gemaak is. Korrupsie en bankrotskap het die oorhand geneem. Daar word openlik gediskrimineer op publieke vlak.
Inteendeel, daar word van die Boere en konserwatiewe Afrikaners, wat op ‘n sekere grote plaas boer, om tussen 25% tot 75% aandele te laat oordra aan die swart bemagtiger. Indien dit nie gebeur nie, word daardie Boere se besighede wat vir dekades oud is, eenvoudig genoodsaak om toe te maak. Daardie krane en boorgate sal toegemaak en geseël word, sodat swart bemagtigers later die grond en bates vir appel en ei kan koop of selfs gratis verkry. Die opinie is reeds, indien swart bemagtigers 75% aandele besit, is dit die meerderheid aandele van daardie plot of plaas die van die swart bemagtiger. Sonder een skoot wat afgevuur word.
Die een stel wetgewing geld vir groep A (die Boer en konserwatiewe Afrikaners) en die ander groep B word vrygestel van rassisme en diskriminasie. Dit gebeur alles met die hulp van ongrondwetlike wetgewings en in die stilligheid word ons Boere en konserwatiewe Afrikaners beroof van hul bestaan en lewenswyse in Suid-Afrika, menseregte wat geskend word. Om net pad te gee.
Terwyl mynmaatskappye, staatsbeheerde organisasies en swart bemagtigers totaal vrystel van die beheerde en beoogde wetgewing, is die landbou sektor ongeveer 60% van die watergebruik, indien dit ooit die waarheid is.
Nie lank gelede nie was en is dit steeds die geval dat daar honderde mynmaatskappye wat nie aansoek gedoen het vir waterlisensies nie. Dus, hul het onwettig bedryf. Daar is duisende myne na 1994 waar daar nooit rehabilitasie gedoen is nie en almal het water gebruik wat in suurwater uitgepomp word wat skadelik is vir mens, dier en omgewing. Besoedeling en erosie het gevolg, met riviere en damme wat al ons vars water besoedel. En skielik, onder hierdie selfde lisensie, word myne vrygestel van die swartmag aandele van lisensies omdat permitte deur kommunistiese regering uitgereik word. Mynmaatskappye se waterverbruik is baie groot, groter as wat ons dink. Daar is geen myn wat nie water gebruik nie. Waar is die audits hierop gedoen?
Die prentjie word geskilder die Boere is die grootste gebruiker. Dog, dis onwaar, dat dit dus 60% kan wees, omdat die voedselketting eindig op die gebruiker self, op die markte en kettingwinkels.
Selfs die 700 plus rioolwerke van regering en munisipaliteite, wat water gebruik om rioolwater te suiwer, word netso rou in die riviere ingepomp en so alle damme besoedel met rou riool. Ook hulle is van alle blaam onthef en word niks daaraan gedoen nie. Dieselfde geld vir kragstasies van Eskom wat ook water gebruik.
Indien die boer swart bemagtigers is, het hul 100% toegang tot dieselfde water, maar ‘n blanke Boer wat vir jare hul eie boerderye alleen met groot skuldlas opgewerk het, ekstra damme gebou het en ekstra bates, moet nou skielik 25%- 75% afstaan aan aandele), moet alles eensklaps prysgee. Dit is onteiening waarmee gedobbel word. Die swart bemagters wat 25 – 75% aandele besit het die hef in die hand en beheer alles.
Geen besigheid het gratis en sonder groeipyne gepaardgegaan nie. Alle besighede het groeipyne. Daar kan ook nie verwag word dat swart boere 75% aandele moet afstaan aan blanke Boere nie. Dis absoluut eensydige diskriminasie en rassisme wat plaasvind. Die regering trek nou die toutjies, die swart bemagtiger wil instap en tussen 25-75% aandele van die werklike Boer se watergebruik beheer en bestuur, terwyl die regte boer slegs aan die einde 25% besluitneming gaan hê. Die Boer gaan met geen mag eindig nie, selfs indien sabotasie plaasvind, gaan die Boer nie in staat wees om dit te bewys nie. Dink aan Eskom.
Toekenningsvereistes van waterlisensies op Boere en selfs konserwatiewe Afrikanerplase, sal op grond van die swart ras en kwota stelsels (SEB) gedoen word. Indien hierdie tipe van wetgewing goedgekeur word, sal dit rampspoedig verloop vir Boere in die algemeen en voedseltekorte op die rakke veroorsaak. Met groot persentasie aandele kan enige Boer van binne hul eie plase gesaboteer word, hul kan selfs voorgeskryf word om anders te boer en in die proses alles te vernietig.
Groentemarkte en Kettingwinkels wat voedsel voorsien, sal probleme in die gesig staar om wel klein hoeveelheid voedsel te kan voorsien as daar tekorte is. Boere sal ook gestop word om hul eie markte te vorm wat deur groter aandeelhouers gestop sal word. Dit kan aanleiding gee tot allerlei besighede , nie net Boere nie, wat hul deure sal sluit vir die groter mark van voedselvoorsiening. Werkloosheid gaan uiteindelik seëvier waar hierdie spul almal afhanklik van die maatskaplike toelaes gaan maak , wat vergroot sal word.
Die swart en ander boere, sowel mynmaatskappye en staatsbeheerde organisasies, het nie nodig om daaraan te voldoen nie. Dit is duidelik soos daglig deur hul weldeurdagte planne om lisensiehouers (Boere en konserwatiewe Afrikaners) wat water gebruik versnel en tussen 25% tot 75% aan swart bemagtigers oor te dra.
Hiermee word swart bemagtigers ingespan om die gebruik van water sogenaamde vals propaganda ‘reg te stel’ met 25-75% aandele in daardie wateraktiwiteite op plase. Boere moet ophou glo wat die regering aan hul wysmaak.
Dit is ONTEIENING.
Die standaard watergebruiklisensiedokument bevat besonderhede van die entiteit wat die lisensie toestaan, besonderhede van die aansoeker, eiendomme wat die aansoek of lisensie dek, watergebruike waarvoor aansoek gedoen word, ‘n beskrywing van hierdie aktiwiteite, algemene voorwaardes van die lisensie, en hoe om te appelleer teen die toestaan van die lisensie.
*
*
Theo de Jager, (multi-kultuur) en voorsitter van die direksie van die Suider-Afrikaanse Agri-inisiatief, ’n landbou belangenetwerk vir boere, het gesê die plaasdam kos miljoene om op te rig. Baie dikwels is ‘n dam op die plaas duurder as die plaas self. Baie boere het in waterbergingsfasiliteite belê, maar hulle skuld steeds miljoene daaraan, elke jaar moet hulle die lenings daarvoor afbetaal. Dit is onduidelik of die voorgestelde regulasies sal beteken dat die swart aandeelhouers ook sal moet deel in die skuld wat aangegaan is met die berging van die water. Dit is dieselfde vir die besproeiingstoerusting, het hy gesê. Die spilpunt op besproeiingsgrond is baie duurder as die grond self. Die waarde is in die feit dat jy water op daardie grond kan sit. Nou sal die water ‘n ander (spoedig meerderheid) aandeelhouding hê. Boere, as hulle dit geweet het, sou waarskynlik nie in die toerusting belê het nie.
Vraag is ook – Wie op aarde kan swart bemagtigers in ’n familieplaas inskryf? Vyf-en-negentig persent van ons plase is familieplase. Meeste besighede en staatsentiteite het dieselfde pad gevolg.
*
IN HANSARDS, WETGEWING EN GRONDWET VERVAT
Almal weet ook vir ‘n feit waar al die ou swart reservate, tuislande en kroongebiede is. Die gebiede bestaan na kodesa en 1994 in ‘n ander vorm. Grondeise het gevolg, en duisende is goedgekeur en sogenaamd ‘gegee’ (dit was reeds hulle sin voor 1910 reeds), met bates, saad, trekkers, diere, finansies, ensovoorts. Onder nuwe wetgewing staan dit as KEV of Trustgebiede bekend.
Dit is nie nuus dat geen Boer of konserwatiewe Afrikaner kan die grond besit het in reservate en tuislande nie, omdat dit onder anneksasies van die Britte beskermde gebiede is. Boere kon nog nooit ander se grondgebiede geneem het nie, want hulle bly steeds daarop. Maar dit word aan die groot klok gehang dat Boere en konserwatiewe Afrikaners hul grond gesteel het.
Oor die 5000 plase is na 1994 deur die regering aangekoop en waar is al hierdie produktiewe plase vandag – uitgedeel aan ANC kaders of aan KEV (CPA) of Trustgebiede? Van die produktiewe uitvoerplase is vandag eenvoudig vernietig in die proses.
Indigenous land (old homelands) – Trustland – CPA – landclaims
Gold and diamonds -1886 – Griqualand West
Richtersveld – KHOISAN AND CPA
*
*
Oral is en word daar gemyn – hier is ‘n paar voorbeelde:


2012
Click to access 120911proposed_0.pdf

My oplossing . Stalin het dieselfde gedoen, miljoene is dood agv daarvan, maar die grond was vir hom belangriker. Al uitweg vir ons is om al ons plase en kleinhoewes te groepeer, te omhein, arm blankes daar te plaas as arbeiders of bywoners. Elke groep kies sy leiers, al die leiers kom bymekaar en vorm “‘n regering en begin met ruilhandel tussen die groepe. Hierdie is’ ‘n trek na binne, vir self beskikking, die Groot trek, was’ ‘n trek na buite vir vryheid. So hoef ons by niemand vir grond te gaan vra nie, ons het grond. Later kan ons erwe beskikbaar stel vir woongebiede, skole ens. Kom mense, voeg by wat gedoen kan word. Myns insiens is dit al uitweg, dit gaan net erger word, nou trek ons weer laer waar ons veilig sal wees.
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele […]
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening – water lisensie aandele […]
LikeLike
[…] Rassisme, diskriminasie en onteiening water lisensie aandele […]
LikeLike