Selfbeskikkingsreg – Volk

AFRIKANERS EN BOERE  (BLANKES)   


Selfbeskikking word internasional verkry op grond van “etnisiteit” maar daar is ‘n paar kriteria waaraan voldoen moet word.   Elke volk het die reg tot hul eie gebied, eie ekonomie en onafhanklikheid.   Hulle moet soos ‘n land soos Botswana totaal en al onafhanklik wees, op hulself funksioneer, bestuur en regeer word. Met ‘n eie weermag, polisie, ekonomie, finansieel, internasionale betrekking, kultuur en identiteit.   Enige land wat onafhanklik is doen dit – waarom nie ons ook nie – ons het dit voorheen gedoen en bewys ons kan dit doen.  Ons het nie nodig om onder kommunisme, swart bemagtiging en misdaad ons dood te bloei nie.   Lees gerus verder wat in die res van die land aangaan sedert 1994 want baie is salig onbewus van wat die afgelope 25 jaar plaasvind onder ons neuse.

selfbeskikking walvis witsand.png

Meeste ou Tuislande het self-regerings gehad – wat ooreenkom met interne selfbeskikking.   Hulle was nie onafhanklik nie, van hulle selfregerend.  ‘n Tipe interne selfbeskikking en om hulself te regeer.    Hulle was op pad om onafhanklikheid te verkry, toe word dit deur kommuniste gestop.   Sommige selfregerende Tuislande het selfs ‘n weermag en polisie gehad, met volle stemreg.   Grensnywerhede was ook gebou wat steeds gebruik word vandag.   Daar is baie bewyse daarvoor.

Hoekom moet ons blankes pa staan vir oor die 8840 tradisonele leiers wat niks van ons is nie, terwyl hul almal hul eie Trustgebiede het en ook miljoene kry op CPAs wat ook meestal korrupsie is.

Ons is nie ‘n bedel volk nie.  Maar.  Hou ons handjies bak en word met minagting behandel.   Kommunistiese krummels wat van oorvol tafels afval.

Blankes is goed genoeg om die staatskas vol te hou, sodat die kommuniste dit leeg kan plunder.    Misdaad het ‘n enorme inkomste vir hulle geword – ons moet vir die miljoene immigrante sorg.   Swart bemagtiging vernietig ons, nes moorde, aanvalle en martelings. Ons is beter verskuldig aan ons kinders.

Swart bemagtiging en onteiening is maar twee van die internasionale misdade en menseregte skendings en dit moet uitgeskakel word met selfbeskikking (volle onafhanklikheid).

7 gedagtes oor “Selfbeskikkingsreg – Volk”

Lewer kommentaar