Suid-Afrika is reeds rommelstatus, maar al waaroor die ANC praat is grondonteiening, grond wat kwansuis deur blankes gesteel is en die kultuur historiese monumente is so ‘n seer oog vir die leiers, dat hul rede moet vind om partytjies en tema parke moet skep om ons volk se geskiedenis te gaan uitgooi of vernietig. Dalk eerder nog geldmaakfoefies, want wie gaan betaal en wie se monumente word geraak? Hoekom nou – duidelik kan misdaad nie voorkom of bekamp word nie. Ons volk het ‘n reg tot ons eie soewereine gebied met ons eie leiers.
ZAR – Boere republiek – Paul Kruger
*
Die vraag wat volksmense hulself moet afvra – Wat het na 1994 gebeur met ons hele volk se identiteit, kultuur, tradisies, ens, gebeur en hoe is dit afgebreek? Dit bly steeds feite wat niemand kan wegredeneer hoe ons ons identiteit moes verloor, heelwat moes prysgee, terwyl ander volke alles behou het.
Hoe kry ons alles terug – maklik, met ons eie onafhanklike land, eie verkose leiers, geskiedenis, taal en kultuur waar dit hoort. Dit gaan nie vanself gebeur nie, dis ons internasionale reg om dit te verkry.
Elke volk het daardie reg – ons kan nie namens ander volke besluite maak nie, en hulle kan ook nie namens ons volk besluite maak nie. Ons moet wegkom onder kommunistiese bestaan en heerskappy.
*
Hansards – Wetgewings – Grondwet – George Soros en kie
Swart en Khoisan het almal kultuurhuise en almal het hul erfenisse en identiteite behou, maar ons moes alles van ons oopstel vir alle rasse, want dis in ons keelgatte afgegooi hoe rassisties ons blankes is. Hulle kultuurhuise, feeste, sangfeeste en alles van hulle is niks oop vir ander nie.
Hul grondgebiede, hetsy CPA (grondeise) of Trustgebiede word ook nie met ander gedeel nie, inkomstes wat verkry word, finansierings vanaf staatskas is slegs vir hulle – ook op etnisiteit en ras gegrond. Maar dis hulle wat ontslae wou raak van aparte gebiede (tuislande en kroongebiede) – dit bestaan dan steeds, net onder ander name.
>
AGTERGROND
Reg op voortbestaan
Unesco : Mothertongue language of People, tribes and communities
>
Why must we do away with our culture and destroy our own identity in the process?
Etniese volke / Ethnic people (SA)
>
Different people – different cultures – diferent areas – different chiefdoms and different kings and traditional leaders.
*
Almal is moeg vir hierdie eensydige rassistiese verhale en alles word voor apartheid geplaas, terwyl apartheid in 1850 deur die Britte begin is, nie deur ons nie. Ken jou geskiedenis, want baie twak word aan blankes verkoop as die waarheid.
Ons kultuur en erfenis lê ons hele land vol op die stadium – erfenisse en gebeurtenisse het nie vanself plaasgevind nie. Die ANC verander alles soos en hoe dit hulle behaag. Tema parke gaan net nog ‘n steen wees in hul rooi rewolusie om ons volkseie historiese momumente en alles af te breek soos hul geboue afbrand..
Tema parke hoort by tee- en kinderpartytjies of dalk in die dieretuin wat daagliks die manewales van die diere geniet. As enige persoon ‘n kinderpartytjie hou, is daar finansies betrokke. Sedert 1994 is daar al baie ANC temas en partytjies. Daar word “ekstras” aangekoop vir diegene wat dit reël, en in sommige gevalle soos ons regering kyk is dit baldadig en uitspattige uitgawes.
Nou waarheen moet dit gaan?
Daar is slegs een plek.
Dit is om die 1994 Volkstaatraad se ondersoeke, artikels en aanbevelings af te stof, te kyk wat daardie aanbevelings was, sodat dit na die regte plekke verskuif kan word. Die in parlement kan nie daaroor besluit nie, maar hul eien hulself daardie reg toe.
Intussen kan ons sommer aandring, dat die Volkstaatraad wat ‘n ondersoek gedoen het, se aanbevelings in werking tree vir ‘n volle onafhanklike land. Gebiede kan aangepas word om die Retief traktaat en ander belangrike onderhandelings in te sluit.
Dink net vir een oomblik. Dan is EFF en ANC, sowel DA en andere ontslae van blankes. Kyk hoe groot is Lesotho en ander Afrika lande wat onafhanklikheid geniet.
Die blankes wat nog saam met hul reënboognasie wil doen, is meer as welkom om dit te doen.
Kultuurgesproke, een volk is nie beter as ander as mens aandring op ‘n eie land en gevestigde gebiede nie. Immers bly ons al vir geslagte in die gebiede en het so gebly voor die Engelse kom inmeng het. Daar is heelwat gebiede en selfs meer wat die Volkstaatraad van 1994 ondersoek en bevind het, van ons meerderheid bly steeds daar. Veral die Retieftraktaat en Vryheidrepubliek gebiede.
Swartes het ook hul eie gebiede na 1994 behou, so ook Khoi san volke, wat soms Trustgebiede genoem word en ander CPA’s grondeise. Ons het geen belang by enige ander tradisionele leier nie en is tyd dat elkeen vir hulself sorg en beheer. Ons verskil totaal en al van mekaar. Dit gaan nie daaroor wat die kleur van ons vel is nie.
Klip en yster meng nie.
Hercules Booysen
Misdade van die internasionale reg
>
Selfbeskikkingsreg van volke
Internasionale reg tot Selfbeskikking
Selfbeskikking
Selfbeskikkingsreg – Volk
Onafhanklikheid
Internasionale reg tot onafhanklikheid
>
Internasionale regte vir volke
International rights – Internasionale reg : Human Rights – Menseregte
>
Elke volk het ‘n internasionale reg om oor hulself te regeer.
International crimes: Violation of human rights of Afrikaner and Boers (whites)
>
Previously it was called different homelands, today there are different traditional houses for Blacks and Khoisan
Traditional houses – South Africa
>
No rainbow nation at all
Multi-culture failed in South Africa