Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795



*

Mfecane oorloë was beslis nie skynaanvalle waar swart teen swart of ander stamme opgestaan het nie en nog minder was dit sameswering.   Daar was meer dan een Mfecane oorlog en dit het wyd gestrek net na 1800 sodat hul mekaar kan uitwis.    Trekkers en pionier Boere, wat na 1836 die binneland bereik het, het op heelwat verlate gebiede, slagtings van beendere afgekom soos swart stamme of selfs ander stamme mekaar uitgewis het.   

Transformations in South Africa.  the Mfecane took place between 1795 and  ppt download

*

Wat gebeur vandag in Afrika en selfs Suid-Afrika?  Daar is steeds verskille in 2024 en steeds aparte gebiede wat anders genoem word na 1994.  Stamme en volke bly steeds apart van mekaar.   Dit geld ook vir Suid-Afrika, maar die leuens van een gelukkige Suid-Afrika word deur alle regerings geglo.   Grondeise of sogenaamde grondhervorming is die bewys van teendeel wat in SA gebeur.   Oorsese regerings sluit dan ooreenkomste met dieselfde spul wat so lieg oor alles.

Grondeise en die sogenaamde grondhervorming skep die indruk dat dit Boere is wat die ander se grondgebiede gesteel het.   Gedurig is daar berigte in parlement dat dit Boere is wat ander stamme se ‘besette’ grondgebiede gesteel het.    Dis alles leuens.  Die ANC en al hul ondersteuners skep reeds vanaf Kodesa hierdie ideale swart skaap liegstories oor ou kroongebiede en reservate.   Dieselfde het met Mfecane gebeur.

Woedende gevegte vind steeds in Afrika plaas vandag en dit word selfs vandag teenoor Boere en gesinne met barbaarse en terreurdade uitgevoer.   Alles word eenvoudig ontken.   Stamme wat na 1800 uit die noorde Of gevlug het Of moontlik vir ander dergelike redes hulle hier in suidelike Afrika bevind het waar hulle van die beste landbougrond beset het, sonder om een sent daarvoor te betaal klink dalk te goed om waar te wees.    Dit is feite dat hulle sekere gebiede gekies het om in te woon.  Vandag is daardie grondgebiede nutteloos en word hier en daar bewerk.

Boere het geen immigrant of onwettiges uit Afrika ingedwing in die besette gebiede (ou tuislande-reservate of kroongebiede) nie.   Nadat Brittanje begin het om die grondgebiede, veral hierdie sogenaamde inheemses uit sentraal en noorde van Afrika, is dit hul hoofmanne en Britte wat die gebiede, lokasie, reservate en kroongebiede gedoop het, lank voor 1900.   Swart stamme is maar skaars 200 jaar in die land, dus, hoe kan hulle inheems wees?  Watter groot moondhede was in 1800 reeds in sentraal, middel en wes/oos Afrika betrokke?

Trustgebiede – Tuislande –  Reservate en Kroongebiede

Richtersveld 1847

Richtersveld –  KHOISAN AND CPA

Ingonyama Trustland (Zulu people)

CPA’s in SA  –  2021

Brittanje het al hierdie reservate, kroongebiede en selfs die Boere republieke opgeslurp in hul statebondslande in.   Dis immigrante en veral mynmagnate uit die noorde en statebondslande wat hul nessies kom reserveer het langs die goud, diamante en ander mineraal gebiede.   Mynmagnate uit statebondslande wat die Britte help veg het teen die Boere vegters en vroue, het geëis om burgerskap en stemreg te verkry in die Boere republieke wat ten laaste in 1902 geannekseer is.   Die Boere republieke is vir heel laaste gehou en totaal vernietig, nadat al die ander swakker stamme eers verower en wie se grondgebiede geannekseer is.

Isandlwana –  Anglo-Zulu war (140 years)

Heelwat van die burgers van Suid-Afrika asook Afrika dra kennis van die Mfecane en Difaqne oorloë wat in suidelike Afrika gewoed het, wat ongeveer 1750-1840 plaasgevind het. 

 Meeste tradisionele (veral swart) leiers praat ook uit een stem, dat dit min of meer 1800 afgespeel het.    Of daar moontlik dieperliggende oorsake is of magte wat die etniese potte begin kook het, sal niemand weet nie, dit kom so voor.   Onthou gerus die paddas in die pot terwyl die water al warmer word.   

Duistere magte sit vandag agter al die onwettige migrasies, dus, is niks onmoontlik dat hierdie proses reeds begin afspeel het voor 1800 en dit nog nooit gestop het nie. 

 In Suid-Afrika was en is dit steeds oor minerale rykdom, mynmagnate was oor die algemeen almal immigrante wat President Paul Kruger se lewe hel gemaak het.  Dit is een van die grootste redes hoekom daar twee Anglo-Boere oorloë was nadat al die ander stamme en volkies aangeval en grond afgeneem is.   Al hierdie ryk elites het nog ryker geword met ons minerale wat veral uit die Boere republieke uitgehaal word.   Dink aan goud, diamante, platinum, chroom, silwer, steenkool en veel ander.   

Dan is daar hierdie alewige swaksinnige leuens van gronddiefstal teenoor veral die Boere wat die swartes en ander inheemse gebiede gesteel het.   Terwyl dit ook leuens is, want geen etniese of tradisionele leier het al ooit een sent betaal vir grond wat hulle beset het.    Daardie is opdragte wat gegee is om ook die leuens te verkondig van die sogenaamde ‘agtergeblewenes’, wat almal skaars 100 of 200 jaar in die land is.   

Immigrante het hier in die myne kom werk en het lande van hulself gehad.   So het elke immigrant en mynmagnaat ‘n eie land gehad, maar hulle het aangedring op burgerskap en stemreg by die Boere Republieke. .   Sedert 2000 is daar nog meer radikale en rewolusionêre onwettige migrasies en magte uit Afrika wat op Suid-Afrika, die Weste en EU lande, toesak.  Net soos wat dit in 1800 in suidelike Afrika afgespeel het.    Agter hierdie rewolusionêre aksies, skuil meer aksies veral uit die NWO oogpunt.   Veral die liberale en sionistiese finansiers daarvan.

*

Afrika en suidelike Afrika

Daar was voor 1900 verskillende stamme, volke asook koninkryke in Afrika.   Afrika kontinent was nie net EEN land nie.

Daar is en was destyds verskeie redes vir hierdie migrasie uittogte of bewegings uit die noorde vanaf die 1800’s na die suidelike streke.   Vergelyk die faktore met mekaar, is die wesenlike faktore van 1800 nie regtig verskillend met die 2000 migrasie uit Afrika na die EU of ander westerse lande nie.

Oral breek verwoesting en vernietigings plaas.    Misdaad neem oor, lande word eenvoudig oorgeneem, gebrand en vernietig.  Lande behoort self hul eie grense beter te bewaak en migrasie beleid streng uitvoer.    In Suid-Afrika is die oopgrens beleid wat miljoene immigrante inlaat, veral na 1994.

*

Daar is egter steeds faktore waar groot moondhede en lande buite Afrika, hul mineraal ekspedisies vergroot in Afrika en rewolusionêre botsings veroorsaak.   Ontvoerings, die handeldryf in mense en -organe is nie hierby uitgesluit nie.  Dit vind steeds plaas onder mensehandel.   Dis die herhaling of voortsetting van die 1800 slawerny waar swartes hul eie mense verkoop of verruil het.   Aanbod en aanvraag geld in die faktore.  Nie net in Afrika lande van toepassing nie.

Destyds was daar groot verskille tussen die etniese stamme of gedeeltes van volke in heelwat Afrika lande.  Hierdie lande het weens faktore uit die noorde op suidelike Afrika toegesak.   Hul het daarna mekaar uitgewis.  Die term Mfecane (Nguni-tale) beteken “vernietig in totale oorlog”.

Die Sotho-sprekende mense op die hoëveld het die term Difaqane gebruik, wat “hamer” of “gedwonge migrasie/verwydering” beteken.   Hierdie gebeurtenis het die etniese struktuur van die Afrika-bevolking van die gebied vir altyd verander.

*
*

MFECANE : 1810-1840

Die ekologiese ramp en Mfecane.   

Miljoene van die migrasies het gesterf weens hul self-geskepte ekologiese rampe en onderlinge oorlogvoering.    Miljoene en verskillende groepe etniese swartes het hulself uit Afrika verplaas as gevolg van verskeie interne gebeure en oorsake.

Gesentraliseerde state van tienduisende mense met staande leërs van tot 40 000 man en outokratiese leiers het ontstaan waar daar voorheen net kleinskaalse politieke entiteite was en geen hoofman totale mag gehad het nie.   In sommige lande in Afrika was daar koninkryke gevestig.

Hierdie tydperk van revolusionêre verandering en moorde – bekend as die mfecane of verplettering, deur die Zulu en die difaqane deur die Sotho – word ook dikwels na verwys as “die tyd van benoudhede”.   Miljoene het gesterf weens magsuitvoere en -beheer.

Faktore

Kombinasies van self-gesentreerde plaaslike faktore het aanleiding gegee tot revolusionêre mag en status om te heers as ‘n magtige volk.   Van die faktore was deur hul eie toedoen, naamlik oorbevolking en oorbeweiding, wat juis aanleiding gegee het tot groot konflik net na 1800.  Dit duur vandag steeds voort.  Mag en oorheersing.   Daar was nie waarlike bestuurders wat elkeen hul eie gebiede beter bestuur of wou bestuur nie.

Meeste Afrika volke se tradisies is hul sterk selfgesentreerde ‘punte’ wat verbind aan hul eie bevolkingsontploffings en aantal besittings, veral beeste en bokke.   Hoe meer kinders, veral dogters, hoe groter is die labola/labolo,  skenkings van beeste of iets anders – hoe groter is hul stamme.   Hul etniese tradisionele vooruitsigte en magsvertoon, speel dus ‘n groot rol.

Oorbeweiding veroorsaak erge erosies en grondverspoelings/skuiwings op die groter landskappe waar besettings en ongemagtigde of onwettige besettings plaasvind.   Bome met sterk wortelstelsels word soms vernietig vir brandhoud en nooit heraangeplant nie.   Indien daar erosie is en dit reen, verspoel alle bo-grond weg see of na damme toe.  Dit word nie beheer deur hul eie interne sisteme nie.  Dit geld vir alle lande, maar veral Afrika en Suid-Afrika.

Met Mfecane het dieselfde gebeur, een groep het meer beeste en populasies gehad en ander is weggedryf, waar beeste en selfs vroue en kinders gesteel is om stamme te vergroot  Sommige sal eerder tot die uiterste gaan en eerder ‘n ander stam of volk fisies skade berokken om hulself te bevoordeel om mag te verkry en behou.

Dit is nie rassisties as volke verskil nie – volke het nie almal dieselfde velkleure nie.   Dit bestaan nie net onder die swart volke nie, maar op alle kontinente.   Daar is verskillende blanke volke op alle kontinente, net soos daar ander kleure volke is in die midde ooste of elders anders bestaan.   Waar daar groot meerderhede is, word die meerderheid se wil en tradisies soms afgedwing en so ontstaan konflikte, wêreldwyd.   Soos in Suid-Sudan.

Dit kom selfs voor in sogenaamde demokratiese stelsel soos in Suid-Afrika.   Waar fondse toegedeel word in munisipaliteite of provinsies, waar een tradisionele volk kleiner is as ander, maar die koek se persentasie bereik nie die minderheidsvolke in Suid-Afrika nie.   Meerderheid beheer alle befondsings.

Aanvaarding en respek vir mekaar , vooruitgang, bestaan nie regtig nie, nie net onder swart volke en tradisies nie.   Indien dit nie gehandhaaf word nie, word minderhede stelselmatig uitgeskryf en uitgewis.

Oral is konflikte duidelik, omdat waardesisteme en tradisies verskil op grondvlakke, waar veral etniese volke en stamme, wat apart wil leef en bly.   Meestal word minderhede in ‘n vals front demokratiese politieke sfeer ingedwing word,  wat nie suksesvol beheer en bestuur word nie.

Onafhanklikheid is ‘n internasionale reg

Daar het die afgelope 200 jaar heelwat lande onafhanklikheid verkry, juis omdat groter volke of stamme die kleiner volke of stamme oorheers, benadeel en onderdruk.   Volke het die reg om dit uit te oefen indien daar teen hulle as minderheidsvolk gediskrimineer word en waar owerhede nie misdaad kan beheer nie.

DIE BOERE REPUBLIEKE MOET ALMAL HERSTEL WORD 

*

Besette Grondgebiede vanaf 1810 – Reservate en Kroongebiede in suidelike Afrika – Tuislande – KEV’s en Trustgebiede

Daar was in 1810 geen Suid-Afrika nie, maar kolonies, republieke, reservate en kroongebiede.

Die Mfecane of Difaqane het voor die Groot trek in veral die noordelike gebiede in suidelike Afrika plaasgevind waartydens swart stamme uit die noorde militaristies teen mekaar te staan gekom het en verskeie grondgebiede in suidelike Afrika beset het.  Besettings was hul eie keuses en is nie ingedwing in die gebiede nie.     Miljoene swartes het onder mekaar  volgens hierdie verskillende oorloê mekaar uitgewis en alles deur mag en beheer.

Dit was nie die swartes uit die noorde se eiendomme nie.  Hulle was woonagtig in ander lande.   Hulle dit nie aangekoop nie, maar dit beset en hul eie Mfecane of Difaqane oorloë veroorsaak weens verskille.  Elkeen van hierdie stamme soos later gesien sal word, het apart van mekaar gegroepeer en hulle stamhoofde en kapteins oor hul eie terreine aangestel.    Dit het aangewys hul wil deur hul eie leiers beheer en bestuur word, wat ook ‘n internasionale reg is.

Etniese volke doen dit steeds in 2023 met Trust en KEV (CPA) gebiede – apart van mekaar met oor die 8840 tradisionele leiers.  Om dus die Trekkers of Boere gedurig te blameer is nes die apartheidsdeuntjie, wat hul vir hulself geskep het, lank voor die Trekkers daar was.   Hul blameer blankes en Boere vir die Tuislande, wat eens honderde aparte reservate was.  Tog het hul steeds aparte gebiede na 1994, maar word anders genoem onder ander wetgewings, naamlik Trust en KEV.   Alle grondeise en Trust/KEV’s is kommunale gebiede en nes voor Britse anneksasies en 1910 Unie van SA, word privaatbesit nie toegeken nie.

Boere en Trekkers het nie enige stam in hierdie besette gebiede ingedwing nie, want hulle was nie daar nie.   Gebiede was reeds beset en daar was leë grondgebiede.   Indien Trekkers grondgebiede verkry en onderhandel het met van die stamhoofde wat dit nie bewoon het nie, was daar verskillende ooreenkomste aangegaan en selfs om as tussenganger of groep behandel om stamme uitmekaar te hou, nes dit vandag die geval is.   Van die reservate is ongeveer in 1936 vergroot, waartydens verskeie ander volkslede se plase aangekoop is en vir hierdie besettings en reservaat bewoners gegee.

*

Na 1994

Sedert 1994 word grondeise uitgevoer met miljarde rande betrokke.   Wie betaal hiervoor?   Die ANC het oor die 5000 plase aangekoop na 1994 met belastinginkomste, dus is hierdie plase nie die ANC se gebiede nie, maar die belastingbetalers sin.

Miljoene HOP huise word met belastinginkomste aangebou en nie van ANC finansies nie.

Daar is oor die 8840 tradisionele leiers, wat deel in hierdie groot koek uit die belastingbetalers, nes die 400 lede in parlement.   Hulle kry salarisse en byvoordele.

Location of major divisions of the Nguni language family. | Download  Scientific Diagram

https://countrystudies.us/south-africa/8.htm
https://slideplayer.com/slide/4028500/

*

1902 – 1961  (is dit ook deel van Mfecane – wie werk in die myne)?

Nadat die Engelse regering al die grondgebiede wat aangrensend aan hul kolonies geannekseer het, het hulle ook alle myne beheer uit London uit.  Dit is uit ‘n mynhuis in London 1902 beheer met wetgewing wat afgekondig is in London.

Oor die 400 000 immigrante het destyds in die Witwatersrand in myne vir die Engelse kom werk.    Meestal was dit ook mans, wat in “hostels” gebly het.   Natuurlik het mans ook maar behoeftes gehad en rondgehang op plekke.   Brittanje het nie vir hierdie invoer van immigrante se behuising voorsiening gemaak nie en dit op daardie gebiede ‘n ekstra las geplaas.

*

Malema, ANC, DA en ander se grondgrype en onteiening sonder vergoeding 

Malema het die mosie ingedien van “grond wat kwansuis gesteel is” wat deur die ANC gesekondeer is.   Onteiening sluit nie net grond in nie.  DA hardloop ook saam hierdie diefstal oor grond om die radikale oorlog of rewolusie van die ANC aan te moedig en blankes uit te wis.   Herhaling van die Anglo Boere Oorlog wat nog nooit verby is nie.

Boere het niemand se grondgebiede gesteel nie.

Expropriation without compensation – ANC

Expropriation – Onteiening

Nationalisation – Nasionalisering

*

Mfecane, ook bekend onder die Sesotho-naam Difaqane of Lifaqane, was ‘n tydperk van wydverspreide chaos en oorlogvoering onder inheemse etniese gemeenskappe in suider-Afrika gedurende die tydperk tussen 1815 en ongeveer 1840.

*

Die Ndebeles

*

Vanaf 1800

*

Na 1994 het swartes voortgebou op hul aparte tuislande en kroongebiede, wat ander name gekry het met eie aparte wetgewings.   Dit is Trustgebiede genoem of andersinds grondeise wat alles kommunale regte gebied het met geen titelaktes nie, slegs lewensreg.  Dis vervat in liberale en anc wetgewing.

Wyle dr  Verwoerd wou totale onafhanklikheid gebied het aan die 10 selfregerings – tuislande en het swartes daarvoor gestem.    Trustgebiede is ingebou in die “grondwet” asook grondeise van 1996.   Die anc se planne was om ons weg te kry uit die land uit sodat hulle al die grond in besit kon kry vir minerale regte (soos in 1902 deur Brittanje).

1961 – Daar was volledige en amptelike stemreg in die ou Tuislande.   Hulle het gestem vir hul eie onafhanklikheid.

https://www.researchgate.net/figure/Location-of-major-divisions-of-the-Nguni-language-family_fig11_267228539

*
*

MFECANE : 1810-1840

Among the causes of the Mfecane include overpopulation, refugee problems and drought and famine.      They all came from central Africa, north of Zambia and various reasons were found, also like today, differences between tribal leaders and peoples and drought.

Mfecane, (Zulu: “The Crushing”) , Sotho Difaqane, series of Zulu and other tribal and Nguni wars that forced migrations of the second and third decades of the 19th century that changed the demographic, social, and political configuration of southern and central Africa and parts of eastern Africa.   

Mfecane means a period of war and conflicts, troubles in southern Africa. The Mfecane started among the Nguni tribes – the Nguni groups included the Xhosa, Thembu, Ndwande, Ngwane, Khumalo, Hlubi and Qwabe.  Warfare in larger groups resulted in larger clans absorbing weaker groups, stole cattle and manipulate people by fear.

The Ndebele broke away from the Zulu kingdom. They were called the Khumalo and later on the Ndebele of Mzilikazi, they crossed the Drakensburg and settled in the Travel at Mosega. They attacked the Sotho- Tswana around 1834

*

Conflict between different groups in the Mfolozi-Phongola region over the need for grazing land resulted in livestock raiding by the more powerful polities and extensive migrations by those less powerful. The confrontations also involved refugees attacking other polities in their path as they fled the Mfolozi-Phongola region.

The scale of this devastation is said to have been heretofore unknown in southern
Africa. The perpetual state of contention among the groups in this region culminated in the emergence of a hierarchy of centralized military polities, at the apex of which stood the Zulu state.  This model posits conflict between different “ethnic” groups (chiefmen and supporters) and allows comparison between documentary differentiation of these communities and the archaeological record.

Historical accounts also provide a chronological framework for tracing the earliest reverberations from a chronological framework for tracing the earliest reverberations from the Zulu kingdom under Shaka (ca. 1815) through the various migrations out of the heartland onto the borders and ending with Zulu raids on the eastern Cape frontier (ca. 1828). The chronological ordering proposed in this version, however, refers only to the times when fissioning militarized polities from the Zulu heartland, or from regions devastated by them, invaded a specific area.

Click to access 10.1007%2F0-306-47156-6_2.pdf

MALEMA

 

*

Contact – Kontak Admin

volksvryheid9@gmail.com

24 gedagtes oor “Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795”

  1. […] *Daar is verskeie omstandighede, soos aanvalle, diefstal, afbrand van huise en moorde, hoekom die Boere volk padgegee het onder die Britse beheer uit.   Hulle wou eenvoudig vry wees en weg onder Britse heerskappy en kolonialisme, maar veral misdaad wat toegeneem het.Die Mfecane oorloë het nog nooit ophou bestaan in Afrika , veral nie in suidelike Afrika nie.  En dit was nie ‘n geval wie was eerste in die gebied, die hoender of eier nie.   Die oorloë het buite ons grense ontstaan en hier in suidelike Afrika iom voortwoed.Mfecane  –  1795-1830 teenoor 2024Afrika Mfecane –  Difaqane sedert 1795 […]

    Like

Lewer kommentaar