*
Daar is verskeie soorte woestyne wat met die hart en siel van ‘n mens gesels, sing of ween in antieke tale. Bewerings dat die Sahara woestyn voorheen ‘n groen lafenis en OASE was, is nie vergesog nie. Wat beteken lewe in alle vorme. Alle tekens dui aan dat die Sahara heelwat groen en lewendig was, gevul met genoeg water om waarskynlik nie net Afrika nie, maar midde ooste en omliggende lande en kontinente voorsien het van verskillende tegnologiese wonders, wat moontlik eensklaps vernietig is met gesofistikeerde wapens buite ons eie raamwerke en ideologieë.

*
Moontlik ‘n reisigersnetwerk wat hier in die middel van die groot Afrika kontinent, hul handel met lande en ter seë verbreed het. Namibië aan die Weskus van Suidelike Afrika is nog ‘n bekende aan ons in Suid-Afrika.
Antieke beskawings van daardie tyd was waarskynlik meer geletterd en gesofistikeerd om ‘n reuse bestaan te gevoer het.
https://www.youtube.com/watch?v=f9scZM8g3Fw&t=86s
Dit kan nie anders om te wonder wat het die waters geskei dat dit vandag sandoseaane geword het? Alles van daardie antieke tydperke letterlik begrawe het in tyd. Moontlik aardbewings of ander ontwikkelde beskawings se tegnologieë, wapens en oorloë wat gewoed het, waaroor geswyg word. Dalk was dit ook nie ‘n aardse oorlog wat aanleiding daartoe gegee het nie.
Moontlik is hierdie sandwoestoenyn se anderkant nie net watertafels nie, maar ook moontlik ontwikkelde beskawings wat eenvoudig gesink is deur tegnologie of moontlik aardaanvallers soos afgunstige leiers, mense, drake en reuse. Dit is duidelik daar is heelwat water massas onder die Sahara woestyn. Wat word vir die ganse mensdom weerhou en weggesteek? Daar is heelwat fossiele hier te vind wat eens in baie ru water moes geleef het.
Verskroeide aarde beleid, wêreldwyd en magsvertoon
Die feit dat lande in die omgewing, soos Libië en ander gewys het hoe daar water gevind is onder hierdie “dorre” woestyn dat daar baie water beskikbaar was, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Is dit hoekom Gaddafi vermoor is? EN waarom word alle antieke geboue in al hierdie midde oosterse lande en elders anders geteiken gedurende oorloë en eenvoudig verwoes.
Enige land wat hul skuldig daaraan maak om antieke beskawings met aanvalle en bomme te verwoes, behoort aangekla te word en selfs al die onkostes te dra om hierdie antieke beskawings weer te herstel soos wat dit was voordat hulle dit verwoes het. Dit maak geen sin vir die algemene publiek om antieke beskawings, waar baie nagevors is, te vernietig nie. Wie gee enige land daardie reg om antieke beskawings doelbewus te vernietig omdat hulle self dit nie kan besit nie of dalk is daar ander redes voor?
Antieke beskawings is daar vir almal van ons, nie net vir sekere leiers en regerings nie. Heelwat van die ou beskawings is vir jare spesiaal opgegrawe deur spesialiste, nagevors sodat lande hierdeur kan leer van ‘n eens vergete verlede. Heelwat antieke geboue en beskawings word steeds met verskillende oorloë verwoes om daardie lande se verledes met volke en met behulp van vliegtuie en bomme plat te vee – Irak, Iran, Sirië, Libië, Palestina, Libanon en vele ander op die lys.

*
In die algemeen verberg woestynsand moontlik tydkapsules van vorige klimate en verskillende beskawings, geologiese en historiese geheime, insluitend antieke groen riviernetwerke, verlore prehistoriese mere en selfs meer om te ontdek. Massiewe ondergrondse waterreserwes soos die Nubiese Sandsteen-akwifeerstelsel bewys dat groot hoeveelhede water onder die droë oppervlak bestaan.
Al die sandberge, klipsirkels, antieke diere begraafplase en rituele terreine wat duisende jare terugdateer spreek uit. Interessant genoeg word beweer, die oorgrote meerderheid van die Sahara (ongeveer 70% tot 80%) is glad nie sandduine nie, maar rotsagtige plato’s en gruisbedekte vlaktes. Rotsformasies bevat dikwels antieke mariene fossiele en sedimentêre lae vandat die streek deur seë en oseane bedek was. Namibië het ookal verskeie interessante aspekte na vore gebring.
Sahara – Libya’s Forbidden Deserts
Was Atlantis groen in die Sahara
*
In general, the deserts sand like those of Namibia and Sahara hides possibly time capsules of past climates and previous civilizations, geological and historical secrets, including ancient green river networks, lost prehistoric lakes and even more to discover.
Massive underground water reserves like the Nubian Sandstone Aquifer System prove that vast amounts of water exist beneath the dry surface. All the sand mountains, stone circles, ancient animal burial grounds, and ritual sites dating back thousands of years. The vast majority of the Sahara (about 70% to 80%) is not sandy dunes (ergs) at all, but rocky plateaus and gravel-covered plains . Rock formations often contains ancient marine fossils and sedimentary layers from since the region was covered by seas and oceans.
Atlantis (Richat) (Libië) (Afrika)
Sahara secrets
Onder die droogste en mees lewelose woestyn op die planeet lê iets amper onmoontlik om te glo – ‘n hele oseaan van vars water. In die volgende beeldmateriaal sal daar na die hart van die Sahara, na die geheimsinnige Grot van Swemmers op die Gilf Kebir-plato, waar ‘n onbekende kunstenaar duisende jare gelede mense uitgebeeld het wat in water swem in die middel van ‘n toekomstige hel. Hoe is dit moontlik? Die antwoord is diep onder die sand versteek.
Daar word gepraat oor die Nubiese Akwifeer en waterwonderwerk, die wêreld se grootste reservoir van antieke fossielwater. Dit bevat moontlik meer as 150 000 kubieke kilometer vars water – twintig keer meer as al die Groot Mere van Noord-Amerika saam. Hierdie water is baie oud, daar word van ‘n miljoen jaar oud gepraat. Dit is ouer as skryfwerk, ouer as die piramides, ouer as landbou self. In hierdie omgewing moes daar ander lewe gewees het, wat eens op ‘n tyd vooruitstrewende beskawings gewees het, wat handel gedryf het. Om te dink alles van die verlede is begrawe, onder hierdie warm sandduine.
Daar word gewys dat die Sahara groen is en waarom die woestyn blomme of sterf en voortleef; hoe die gewaggel van die aarde se as die sand in ‘n bloeiende savanne verander; waarom die antieke Egiptenare hul beskawing moontlik aan die ondergang van die groen Sahara te danke gehad het. Ook oor die grandiose en kontroversiële “Groot Mensgemaakte Rivier” van Gaddafi, wat meer as 25 miljard dollar gekos het, en oor die verskriklike geheim van hierdie water: dit is nie-hernubaar. Water word soos olie uitgepomp. Gaddafi wou dit vir sy mense doen en sal onthou word vir wat hy as regeringsleier gedoen het vir sy land en mense.
Dit is ‘n verhaal van diep tyd, van ‘n verlore paradys, en van ‘n erfenis wat ons nie kan terug eis nie. Wat gaan ons doen met die geskenk wat ons geërf het van ‘n wêreld wat nie meer bestaan nie? Vir sommige sal dit stukkie vir stukkie herwin word om weer te gebruik soos in die ou antieke dae.
Beskerm dit wat nagevors word en veral groot lande en regerings wat hul bomme uittoets op antieke beskawings en klein volkies, moet eenvoudig gestop en beboet word om dit te doen.
https://www.youtube.com/watch?v=pNEHgncbNKI
Die geheim is in die sand wat alles vir lank begrawe het
https://www.youtube.com/watch?v=eGhTlcoWUO0
*
Feitlik alle woestyne het diep verskuilde ondergrondse water en mere, wat nie beskore is vir die mensdom nie, tensy hulle dit ontwikkel vir verdere gebruike.
Giant underground ocean hidden in the middle of this Chinese desert
Is Planet Earth Just One Giant Ancient Quarry…???
Kurdish – Syria – Turkey – Russia
*
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] Antieke sandkastele […]
LikeLike