Paleofjords of Namibia 

One who looks at these valleys has a snapshot of what the fjords looked like 300 million years ago, except that the ice here has long disappeared was stated by Pierre Dietrich, a scientist at University of Rennes and lead author of the study published in Geology.

Fossil Fjords in Namibia

*

Some of the region’s U-shaped “fossil fjords” (called paleofjords by geologists) are visible in this map, composed from elevation data from the Shuttle Radar Topography Mission (SRTM). The map is false-color to emphasize the topography; red areas are the highest elevations, and blue areas are closer to sea level.

The fossil fjords were carved around 300 million years ago during the Late Paleozoic icehouse, a period when Earth’s climate was cool and Gondwana was heavily glaciated. Today, analogs exist in the ice-carved fjords of Norway and  Greenland. Although these modern examples are larger in scale, the land-ice processes are thought to be much the same.

https://earthobservatory.nasa.gov/images/148822/fossil-fjords-in-namibia

*

The exploration of mineral and gas in such a special desert areas is not ideal at all, not for the citizens and governments have to fight back against the looting of this rich area and wildlife. why should other countries plunder it – is it worth the few pennies paid to remove it that is so precious?  If something is destroyed as a result of mineral exploration or oil and gas, it is too late to turn around if it has destroyed the entire environment. it can not be reversed.

Die ontginning van minerale, olie, gas of wat ookal, maak net ‘n handjievol bevoorregte mense ryk en verskaf dalk werk aan ‘n handjievol vir ‘n jaar of twee.   Meestal laat hierdie tipe gejaagdheid na geld ‘n groot spoor van vernietiging agter wat onherstelbaar is.

So iets behoort nie plaas te vind in so ‘n spesiale woestyngebied nie, dis ongehoord en burgers en regerings moet terugveg teen die plundering van hul land se ander tipe rykdom wat nie met geld gekoop kan word nie.    Toerisme in die streek kan eerder 100% aangemoedig word sowel as wildslewe.    Hier is ‘n ander tipe wilds- en natuurlewe vasgevang.   Die vraag is hoekom moet ander lande dit plunder – is dit die paar sente werd wat betaal word om dit te verwyder wat so kosbaar is?

As iets soos hierdie gebied vernietig word as gevolg van mineraaleksplorasie, olie en gas, is dit te laat om om te draai as dit die hele omgewing vernietig het. dit kan nie omgekeer word nie.    Dit wat miljoene jare oud is, kan in ‘n kort tydperk vernietig word.   Dis ‘n groot onreg aan die natuur wat gepleeg word.  Dis myns insiens mense- en natuurregte skendings wat nie deur diegene wat dit pleeg herstel tot wat dit was nie.

*

Namibië se burgers is eintlik baie bevoorreg.   Ons in Suid-Afrika is deel van suidelike Afrika en ook die stukkie woestynlandskap was deel van ons wat aanleiding gegee het tot beter bewaring.   Die hitte en sand van die woestyn, vorm hul eie meganismes vir bewaring en stop plundering deur die mensdom.   Daar is altyd ‘n skaal – die wat lande omdolwe vir minerale en nie omgee nie en daar is die bewaringsbewustes.

Wat egter sleg is vir landskappe soos hierdie, is geldmag en mineraalontginnings, veral as daar geen rehabilitasie plaasvind nie.  Ryk maatskappye en besighede krap alles om, neem alles wat hul kan en los die voetspore van verwoesting en besoedeling agterna.   Dis sekere mense, die wat alles wil drein en ontgin, wat vernietig.  Indien almal net wou omdolf en niks teruggee nie, sal dit alles rondom ons vernietig.  Antwoord maar self aan watter groep jy behoort.

Ontginnings in sulke spesiale woestyngebiede, is ongehoord en burgers en regerings moet vasskop teen die plundering van hierdie ryk natuurlewe.  Hoekom moet ander lande dit plunder – is dit die paar pennies werd wat betaal word om dit te verwyder wat so kosbaar is?

*

Noordwes-Namibië is nie ‘n tipiese woestynlandskap nie, maar iets bonatuurlik en spesiaal . Valleie dissekteer plato’s en skep treffende uitsigte oor die warm, droë streek in die woestyn. Alhoewel hierdie valleie uiters oud is – oorspronge wat honderde miljoene jare terugdateer – is hulle merkwaardig goed bewaar.

Interessant om te meld dat navorsing dui daarop dat die oorblyfels van hierdie valleie, antieke oorblyfsels is van ‘n tyd lank voordat dinosourusse op die aarde geleef het.   Het daar moontlik ander tipe lewe bestaan in die ystydperk of was alle mense vernietig as gevolg van die ystydperk?

Lank gelede was Afrika naby die Suidpool en nog deel van die superkontinent Gondwana, wat bedek was met ys.    Dis nie net in Namibië so nie, maar oral is daar tekens hiervan.

Die vloei van die ys het die land ingesny en uiteindelik lang, smal valleie uitgekap wat met seewater gevul en fjords gevorm het.   Namibië landskap het haarself goed bewaar en toon min tekens van erosie.   Trouens, die gebied is so goed bewaar dat wetenskaplikes dit ‘n “fossiel gletserlandskap” noem.   Hierdie landskappe en area is miljoene jare oud en wat min erosie toon, wat goed bewaar is soos ‘n pot goud.

Sien gerus verskeie foto’s hieroor, hoe antieke Fjords gevorm is.    Dit wat eens op ‘n tyd ys was, het omvorm in ‘n warm woestyn.     Dit het lank geneem om van een stadium van ys tot woestyn, beloop miljoene jare.

Ys en water, nes vuur en ander elemente, is baie sterk op die aardkors en vorm mettertyd hul eie karakters waar nuwe landskappe gevorm word.  Fjords sny en kerf letterlik hul eie pad oop, dring deur kors met lang, diep kepe en smal riviermondings om selfs berge te vorm.

Hulle speel ‘n groot rol in yskapstabiliteit (dws dreinering en ablasie), is sensitief vir klimaatsverandering tydens yshuisperiodes, en tree op as belangrike sedimentophopings (Syvitski et al., 1987; Bennett, 2003; Kessler et al., 2008; Briner et al., 2009; Moon et al., 2018)

Een gedagte oor “Paleofjords of Namibia ”

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s