Boere volk is grondloos in SA

*

In die artikel is en word ‘n paar dinge op grondvlak aangespreek, oor  die wat werklik grondloos is en al die wetgewings wat uit die AB en liberaal verligte Afrikaners se geledere gekom het, lank voor 1900 en ook 1986.  Swartes en Khoi san/Griekwas is beslis nie GRONDLOOS nie.  Die Boere volk wat van hul Boere republieke (meer as net TWEE), beroof is, is grondloos, want hulle het dit nog nooit teruggekry nie.   Die Boere volk het hul grond wettig bekom.  Ander volke se besette grondgebiede is en was beskerm onder die 1910 Grondwet van die Unie van Suid-Afrika wat deur wetgewing uit London bepaal is.    Daar is verseker meer as een rede hiervoor dat die Boere volk totaal en al beroof is van hul onafhankike grondgebiede en ook hul vryheid.   Volksvryheid wat nie deur die groot moondhede gegun is aan die Boere volk en die rykdom van minerale in die Boere se grond.

Following the Cape to Cairo Railway | Worlds Revealed

*

Wie se skuld is dit inderwaarheid dat kolonialisme of imperialisme oorgeneem het in Afrika en grondloosheid veroorsaak het?   Ongelukkig is dit ook nie heeltemal waar  nie, want nie almal is grondloos nie.   Waarom het swartes en anderskleuriges binne suider Afrika, die Britte en ander bondgenote se kolonialisme ondersteun en selfs vir hulle gewerk om dit te bespoedig?   Hulle moet hulself blameer hiervoor en ophou die Boere volk as slaansak gebruik.

Selfs die ander groepe soos die Afrikaners uit die Kaapkolonie wat EEN land voorgestaan het saam Brittanje en bondgenote, het niks inderwaarheid bereik nie, behalwe armoede en volksmoorde.

Meer as ‘n eeu gelede gedurende 1902 het Brittanje basies die hele land geannekseer, sowel as alle minerale rykdom.    Brittanje was nie alleen nie, baie interne persone, instansies en oorsese lande het hulle daarmee gehelp.

Waar het al die mynmagnate vandaan gekom?  Uit al die Britse statebondslande en elders het hierdie magnate soos aasvoëls op die Boere republieke toegesak.   Die verskeidenheid van mynhuise en ook museums van al die mynmagnate is 100% bewys van die rykdom van veral die Boere republieke.   Die Boere republieke, wat wettig aan die Boere volk behoort het, moes afstand doen van hul vryheid en geboortereg om as volk te bly voort bestaan.   Brittanje het nie alleen kom veg in suider Afrika nie, maar hulle was inderwaarheid bang vir ‘n handjievol Boere krygers en kommando- lede sowel hul vroue en kinders wat saamgeveg het.

Daar was tussen 1902 en 1908 uitgespel dat die Boere republieke moet teruggaan na die Boere volk.  Dit staan so geskryf in die Vredesverdrag en in Hansards.   Dit het nooit gebeur nie.

Verdrag van Vereeniging 1902

Die Boere volk (Republiek) gebiede is in suider Afrika, en was voorheen aparte lande, net soos wat Zoeloeland en ander gebiede was.   Die Boere republieke is nie die hele Republiek van Suid-Afrika nie.  Daar was ook nie net een Boere republiek nie, maar sowat 15 en kan selfs meer wees.  Buite ons landsgrense is daar ook Boere republieke.

Herstel Boere republieke Boere volk

Herstel van Boere Republieke

Herstel van Boere republieke en Boere volk

Swartes, Khoi san en Griekwa se grondgebiede wat deur Brittanje geannekseer is as kroongebiede en reservate, het almal behoue gebly vir daardie spesifieke volk en stam.   Hulle het nie elders anders gaan bly nie.   Hul grondgebiede is meestal almal terugbesorg aan die spesifieke stammetjies wat die grond voor 1830 beset het.  Dit was nie die Boere wat hul grond gesteel het nie, niemand het hul grond gesteel nie, want die grondgebiede word almal onder die ou Unie regering se grondwet van 1910 beskerm.   Dit was Brittanje en haar bondgenote wat kom oorlog voer het in suider Afrika.

In die lig hiervan, moet elkeen hulself afvra, wie is dus grondloos?   Die Boere volk en Boere republieke.

In 1961 is van die ander gebiede, Reservate en Kroongebiede, verander na Tuislande.  Na 1996 is die gebiede weer eens onder ANC wetgewing verander na Trust en KEV (CPA) gebiede.  Na 1994 eis die spul weer eens grond op en verkry dit “weer” terug, met verskillende vergoedings (Hansards).    Soos gesien kan word, het hierdie stamme toe al apart van mekaar gewoon, dit was nie die 1961 regering se skuld nie.   Hulle is steeds apart van mekaar.   Niks is verkeerd daarmee nie, want die Franse, Italianers, Russe, Chinese en Spanjaarde bly ook apart van mekaar in hul eie onafhanklike grondgebiede en lande.

Niemand het grondeise op hulle afgedwing nie, die ANC het dit laat uitvoer onder hand van die Britse statebond , kommunisme en liberaal verligte Afrikaners en DA/ANC/EFF.

*

Dit was die Boere Republieke wat deur Brittanje en haar bondgenote gesteel is en so is dit aan die Unie van Suid-Afrika en latere 1948 regerings OF oorgedra of dit is steeds in Britse statebond besit.  Ons is en bly na 1994 deel van die Britse statebond (ook die CPA en Trustgebiede).  Heelwat van die Grondeise, val onder spesifieke ANC wetgewings wat dit steeds kommunale gebiede maak, waar daar nie maklik Titelaktes verkry word nie.

*

DIE BOERE REPUBLIEKE EN ANGLO-BOERE OORLOë

Enige volk het ‘n internasionale reg om hulself in hul eie gebiede te regeer….  die Boere volk ook.  Daar was brutaal geveg teen vryheid en minerale rykdomme.

Konsentrasiekampe  en Verskroeide Aarde beleid

Terloops, wie se voorgeslagte was saam betrokke voor en tydens die Anglo-Boere oorloë voor 1902?

Wie kon nie wag om Brittanje by te staan hiermee om die Boere volk te vernietig nie?

AFRIKANERS HET SAAM BRITTANJE GEVEG TEEN DIE BOERE REPUBLIEKE

Net soos wat die Zoeloe, Xhosa, Sotho, Khoi san en Griekwa van mekaar verskil, is daar ook verskillende blanke volke, die een is ‘n blanke volk, die ander is ‘n Afrikaner multi-kulturele REëNBOOGNASIE.   Die Xhosa word nie gedwing om onder die Zoeloe koning te wees of andersom nie.

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond)  ABO

Richtersveld  KHOISAN AND CPA

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Trustgebiede –  KEV (CPA).

Indien Swartes, Khoi san en Griekwas op APARTE kommunale grondgebiede bly, het hulle mos grond, dis nie die Boere volk se skuld dat hulle nie titelaktes kan bekom nie.   Hulle moet die links liberale Afrikaners, ANC, Kodesa en Idasa gangers blameer.   Die ondersteuners moet hul leiers vra, van oor die 8840 leiers is deel van die Tradisionele leierskorps wat almal salarisse en byvoordele kry uit die staatskas uit.

Salarisse en byvoordele van tradisionele leiers in SA

Traditional leaders South Africa: 8840

Miljoene swartes wat vandag in Suid-Afrika is en bly is afkomstig van die Oos- Wes- Noord en Sentraal Afrika en selfs OOS, waar hul voorgeslagte in myne kom werk het.  Dis hulle wat aangedring het op stemreg en gratis dienste vir hulle en hul nakomelinge.

Onwettige immigrante in SA

Immigrante – Immigrants

Heelwat swartes en anderskleuriges was betrokke om vir die Engelse gedurende die Anglo-BOERE oorlog te werk om hul treinspore en blokhuise te bou. Daar is baie foto’s wat dit bewys dat daar selfs aparte werkerskampe vir swartes ingerig is en nie konsentrasiekampe soos die van die Boere volk nie.

Daar was selfs gespioeneer op die Boere volk en hulle was behulpsaam om meer as 30000 huise te plunder wat ook afgebrand is, vee geplunder en doodgekap..   Selfs blanke vrouens wat verkrag is deur Olaf Bergh wat sy swartes en ander opgelei het om dit te doen.

Daar het geen dag verbygegaan waar die Britte bly vetvoer is en wat al ryker geword het om die minerale uit die Boere republieke en reservate/kroongebiede, te verwyder en landuit laat gaan vir die Britse Statebondslande.   Swartes en al die ander bondgenote het meegewerk om dit te bewerkstellig.   Aan die einde word vertel dat dit HULLE en die mynmagnate was wat die land gebou het, nie die Boere volk of ander nie.   Indien die Britte NIE die huise en besighede afgebrand het soos wat hul gedoen het nie, sou hulle ‘n ander deuntjie gesing het.   Dit is nie die Boere volk wat Engeland en haar bondgenote gaan aanval het nie.

Dit is al hierdie spul wat hulle aan Brittanje en bondgenote se kant geskaar het, en help bou het aan die Britse imperialisme of kolonialisme, nie die Boere volk nie.   Die spoor van Brittanje loop diep en sny diep deur al die minerale wat vir meer as 100 jaar geannekseer is en al die lewensverliese en VOLKSMOORDE deur Afrika.

Dit is ook die liberaal verligtes, die Afrikaner organisasies, Afrikanerbond, Demokratiese Party en Nasionale party, sowel meerderheid swartes en ander, wat samesprekings gevoer het in Dakar, Zambië en ander plekke, wat help bou het aan swart bemagtiging en regstellende aksie, nie die Boere volk nie.  Daar was netsoveel aksies wat in die hele Afrika uitgevoer is om alles kwansuis “wettig” te bekom.

1874 – Cape to Cairo Railway - Rhodesian Study Circle

*

KILL THE BOER KILL THE FARMER

Meer as ‘n eeu later, sing die swart massas steeds verskillende radikale en rassistiese liedere om die Boere volk te ontstig, landuit te jaag en pertinent om die Boere te vermoor (“kill the Farmer, kill the Boer).   Dit het nie in 1994 ontstaan nie.   Dit het reeds voor 1994 gebeur, maar die liberales en Afrikanerbond wat dit goed geag het, het voortgegaan om die land en alles daarmee saam te oorhandig aan kommuniste wat ons almal regeer en die land tot niet maak.  Daar is gewaarborgde finansierders wat al hierdie dinge toelaat om die hele land, Suid-Afrika tot ‘n ondergang in te dryf.   Die boot het lankal gesink en baie spook en spartel om bo te bly.   Swart bemagtiging is wel deur die ANC op papier ingestel, maar dit is deur die Afrikanerbond, Broederbond, NP, DP, SAKP, ANC, PAC in Dakar begin, lank voor 1990.

Die leiers van die interim regering, sowel die ANC-PAC-SAKP, en ander organisasies en besighede, ondersteun swart bemagtiging, regstellende aksie en onteiening sonder vergoeding.

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Dit is identies wat die liberales, die Afrikanerbond en haar organisasies sedert 1986 se besoeke in Afrika voorgestel het.

Dus, die manipuleerders en die wat kontrole uitoefen is nie  die ANC regering alleen nie.   Dit is presies wat in 1902 ook gebeur het en daarna het Unie wording gevolg.

"BEE IS NOT A PROGRAM OF SOLVING BLACK POVERTY" - MOELETSI MBEKI

Die beplande wetgewings het ‘n lang aanloop gehad lank voor die 1994 oorgawe en vernietiging van die land.  En in die proses vind die grootste sirkel van korrupsie, misdade, sindikate en vernietiging plaas, en dit kwansuis onder ‘n ‘demokratiese grondwet’.  Die ANC het voortgeploeter en het die voorstelle van die Afrikanerbond en organisasies gulsig aangegryp.

https://www.youtube.com/watch?v=eNKg-W8RPHA

https://www.youtube.com/watch?v=diKAqoo-9fs

*

Regstellende aksie –  Affirmative Action –  Dakar 1989

Skaakspel van Swart bemagtiging, korrupsie, skending van menseregte

Politieke skip in SA

Zuma, bomme – moorde en plaasmoorde  –  ook voor 1994

Vermoor die Boer lied – Kill the Boer song

In Parliament –  One settler one bullet and Kill the Boer song

ANC – Lethuli-house can of worms  –  Nyani skeletons – so-called apartheid (segregation) and white privileges

Skaakspel van Swart bemagtiging, korrupsie, skending van menseregte

1955 ANC Freedom Charter

1996 Grondwet en 1955 manifes

Dakar 1986 – Notes of H Giliomee

Dakar-Kodesa 1982-1986-1994

*

WEER EENS

Die Suid-Afrikaanse swart en anderkleurige bevolkings wat so afgaan hulle besit geen grond nie, belieg eerstens hulself wat uitkring na die res van die wêreld wat alles opslurp as die waarheid.    Voorheen het die stamme uit veral die noorde in Afrika grond in SuiderAfrika bekom deur dit te beset en te maak of dit hul eiendomme is.   Hulle doen dit vandag steeds.  Niks het verander nie.  Hulle beset en bly en vat wat nie hulle sin is nie, al het ander die grond reeds aangekoop.

Hulle het grondgebiede BESET en dring daarop aan dis hulle gebiede.

Die Boere volk het hul gebiede wettig gekoop met VEE, transaksies of selfs aanvalle vanuit sekere gelederes, maar hulle mag dit nie onafhanklik bestuur soos internasionaal voorgeskryf word nie.

Mfecane –  1795-1830 teenoor 2024

Verskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer lied

Mfecane, Dfecane, aparte gebiede

DAARTEENOOR HET

die Boere volk grond wettig bekom, deur verskillende transaksies aan te gaan, wat met geld of vee gekoop of dienste gelewer is waar die Boere kommando’s as buffers opgetree het waarna Boere republieke uitgeroep is, en heelwat het onafhanklikheid geniet..  Die Boere kommando lede het verskeie kere vreedsame stamme bygestaan om hul gesteelde vroue en vee terug te kry.

*

Beperkte onafhanklikheid – susereiniteit was ‘n seer oog, wat die destydse President Paul Kruger tot op die einde laat verander het.   Lande verdien beter as dit as om deur groot moondhede , Brittanje, voorskriftelik bestuur te word.

Brittanje het in al die konvensies erken (Bloemfontein, Pretoria en London) hulle beheer almal met ‘n ystervuis.    Die oud President, Paul Kruger van die ZAR, het tot aan die einde gepoog om van hierdie beperkte vryheid ontslae te raak.

Die Britte wou nie volle onafhanklikheid erken nie, maar het susereiniteit toegepas, waar sekere funksies soos minerale regte en buitelandse beleid aan hulself toevertrou is.   Brittanje het hul pad wawyd oopgekap met verskillende oorloë soos die Anglo-BOERE oorloë, om die Boere volk te vernietig.  Met die onderskeie konvensies moes die Republieke elke immigrant en mynmagnate, almal buitelanders, beskerm.  Dis hulle wat aangedring het op burgerskap – alles het oor minerale rykdom gegaan.

*

Verskillende blanke volke wat verskil het van mekaar –

ALLE BLANKES IS BESLIS NIE AFRIKANERS NIE

Daar is verskillende blanke volke, nes daar anderskleurige volke bestaan het.  Die Boere volk, -republieke en oorloë is geen ideologie nie.

Die Boere volk het nie aan die Kaapkolonie, Brittanje of aan enige ander bondgenoot sulke voorskrifte neergepen nie.  Daarom het hulle pad gegee uit die Kaapkolonie en wou nie onderdanig aan hulle wees nie.   Gesien in daardie lig, is dit een van die groot redes hoekom Brittanje en bondgenote later die goedkoop swart arbeiders in myne, sowel die bou van spoorlyne, pad en blokhuise gebruik het.  Mynmagnate was nie net uit Brittanje afkomstig gewees nie.

Dit is ongehoord in die eerste plek, dat die minderheidsvolk, die Boere volk alles self opgebou het, maar Brittanje en haar bondgenote was voorskriftelik om nie alle mag toe te ken nie en volle vryheid weg te neem.   Geld

*

Waarom was hulle almal so aanmatigend en watse bedreiging het die handjievol Boere volkslede vir die magtige Brittanje en al haar magtige bondgenote ingehou? 

Die Boere volk het nie ‘n weermag, vloot of lugmag gehad soos wat alombekend is vandag nie.  Daarteenoor het al die aanvallers van die Boere republieke en -volk, meestal van buite die landsgrense soos aasvoëls toegesak, met al hul opgeleide soldate, ammunisie en ander meer gesofistikeerde kommunikasie toerusting.    Dit was toe al bekend dat Afrikaners van die Kaapkolonie het een verenigde land saam Brittanje gesoek, sowel van die Swartes wat in suider Afrika gebly het.

*

EIE ONDERGANG EN 1994 OORNAME HET ALLES BESPOEDIG – DIT HET LANK VOOR 1900 BEGIN

N W O

Oor die algemeen het Swartes en selfs gekleurdes, meestal hul gewig agter die Britte en haar bondgenote geplaas.  Verseker het hulle geweet dat Brittanjie nie alleen teen die Boere volk kom veg het nie.

BOU VAN SPOORLYNE EN BLOKHUISE – KAAP TOT KAIRO – MAG OOR AFRIKA

Brittanje het anderskleurige as goedkoop arbeiders, en moontlike slawe gebruik om hul treinspore te bou saam al die duisende blokhuise sodat hulle al die minerale landuit kon neem en hul oorlogvoering hiermee vergemaklik het.   In dieselfde asem het hulle aksies geloods oor die Boere volk kwansuis slawe gebruik het, wat nie die waarheid was nie.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

Lewer kommentaar