Vervalle dorpe en stede reeds vernietig – Lichtenburg

*

Wat ‘n skande en geen respek vir niks en niemand nie.  Indien daar vir jare by so ‘n munisipaliteit gewerk word en dis die uiteinde en nagevolge van munisipale kantore en politieke partye wat op stads- en dorpsrade teenwoordig is, is dit niks anders as opsetlike saakbeskadiging aan elke belastingbetaler van so ‘n dorp en selfs omliggende plaasbewoners wat ook gebruik maak van die dorp en infrastrukture.   Die spieëlbeeld van hul innerlike weerspieël in dit wat hulle totaal en al vernietig in Suid-Afrika – dis hoe hul lewenstyl vertoon word.   Daar is heelwat dorpies en stede wat erg deurgeloop het sedert 1994.  Dorpies soos hierdie een in Wes-Transvaal, is nie oornag vernietig en verwoes nie.

*

Boere in die omgewing maak ook van al hierdie infrastrukture gebruik, al het dit al so verval, dat dit soms onbegaarbaar is om voedsel te versprei.  Meeste van hierdie dorpies en stede wat so in verval gaan, gaan terug na die ou Boere republieke, wat totaal en al vernietig word.  Hier word die voedsel ketting afgebreek, dit word onmoontlik vir Boere om voort te bou op sulke tipe van anargie en rewolusionêre vernietiging.   In die proses is dit mynmagnate wat nie kan wag om hul hande op hierdie dorpies en omliggende plase, te lê en vir ‘n appel en ei op te koop vir hul eie sakke en vooruitgang nie.

Boere moet wakker word, wat om hul aangaan.  Dit is lankal tyd verby dat al ons 20 plus Boere republieke herstel word.  Die Boere volk moet in beheer wees van hul eie dorpies, stede en plase soos dit hoort.  Dit gaan nie makliker word nie en dit is net die Boere volk wat hul eie Boere republieke kan laat herstel en so ons vryheid terugkry.   Neem beheer daarvan en vestig Boere volkslede waar moontlik en beveilig hierdie plekke.   Ryk magnate en veral ander buitelanders soos Chinese moet uit ons ou Boere republieke bly om nie dit oor te neem nie.  Brittanje het sedert 1900 reeds baie skade aangerig.

*

Dis verseker, hierdie spul het geen trots in hul werk nie en nog minder die leiers, wat enorme salarisse en byvoordele kry en wat die land regeer.   Hiermee is die algehele vervalle toestande en vernietigings-proses wat die ANC saam hul bondgenote en politici in die parlement van die Republiek van Suid-Afrika sedert 1994 afgedwing het.   Dit is nie net paaie nie, maar feitlik alles – dit raak meeste plattelandse dorpies en onderhoud wat eenvoudig nooit gedoen word nie.

Wanneer daar nasionale, provinsiale en munisipale verkiesings uitgevaardig word, kan daar nie genoeg geld spandeer word aan wie die voortou in die verwoestingsaanslag moet neem nie.  Wat ‘n skande as elke belastingbetaler wat moet toesien hoe geld vermors word.    Dit help nie om te “oeee en aah” nie, want dit gaan nie die onderhoud in die dorpies uitrig en weer herstel nie.   Dit is deur die toedoen van mensehande,  hulle wat dit nie wil gebruik nie,  gedink word, hulle wat reken hulle is in beheer van hierdie situasies maar eerder alles vernietig en afbreek.

Raadslede en amptenare kry almal groot salarisse waarop hulle in der waarheid nie geregtig is as hulle hierdie voorbeelde van verswakking, anargie en vernietiging aan die publiek wys.   Hulle behoort geen salarisse te ontvang indien daar nie onderhoud gedoen word nie.

In die verlede was dit amptenare wat die werk fisies self uitgevoer het, maar oral word konsultante en privaat persone, veral swart bemagtigers, ingespan om die knoeiwerke van munisipale amptenare te probeer herstel.   Oral seëvier swart bemagtigers saam die bogenoemde amptenare, wat ons land se ekonomie en geld van die publiek steel.   Dit is niks anders as belastingbetalers saboteer nie.   Swart bemagtigers het geen plek in ons samelewing as daar heeltyd net afgebreek word nie, nog minder amptenare en raadslede wat nie hul verantwoordelikhede nakom en pligte ken nie.

Indien jaarverslae van plaaslike owerhede ingedien word by die regering, is dit nog ‘n verdere vernedering hoe ons geld vermors word.   Daar word weinig of nooit opgetree teenoor die misdade en korrupsie wat op alle vlakke van regering plaasvind.   Min vordering van bestryding hiervan, word aan die publieke forums gewys.

Begin by die boonste posisies

Dit is meestal die ANC met al hul bondgenote , die onderskeie politieke partye, wat biljoene rande van die belastingbetaler se geld spandeer, maar duidelik wys dit dat dit nie op dienste, infrastrukture of onderhoud gedoen word nie.   Waarnatoe word al hierdie finansies geallokeer, want daar word baie erfbelastings ingevorder?

Dieselfde geld op al die staatsentiteite wat in 30 jaar ondergegaan het – entiteite wat eenvoudig van binne weggevrot en vernietig is.

Heelwat van die plaaslike owerhede bestaan dalk nie meer nie en is lankal onderdeur en onder administrasie geplaas.   Sommige dorpies het geen water of elektrisiteit vir maande nie.   Hierdie dorpies, soos Lichtenburg en die ou Wes-Transvaal het in 2016 erg deurgeloop onder al die plundery, misdade, korrupsie, vernietiging en afbrand van geboue.    Dis wat massas noem en daarop roem, dat dit hul regte is om te protesteer teen geboue en infrastrukture wat nie kan terugpraat nie.    Die regerings van die dag is baie trots op wat hulle bereik het, want dit is hul leefstyl, om die land totaal in ‘n ashoop en kommunistiese anargie te verander.

Voor 1994 was daar meestal orde, dissipline en voortuigang.  In tye van onrus en protesaksies was daar aandklokreëls ingestel, juis om misdadigers vas te vat wat alles net loop en verniel.    Juis om te keer teen die vernietigingsproses wat beleef word.   Hierdie klein dorpies se verval is alles te danke aan die ANC en hul kommunistiese bondgenote in parlement en elke ander vlak van regering.  Dis hulle wat die miljoene der miljoene immigrante in die land toegelaat het in die eerste plek, juis om vernietiging van alles te bespoedig.  Let op al die protesaksies, is nooit sonder brand en vernietiging nie, oral waar daar gate in paaie inval, het hierdie protesteerders en rewolusionê res motorbande aan die brand gesteek.  Hul motorbande wat brand, vernietig die teer en so verskyn daar gate in paaie wat nooit onderhou word nie.

Voor 1994 was daar ‘n ongekende bloeitydperk en vooruitgang.  Dit, ten spyte van die groot moondhede se sanksies, wat na verskillende bloedige oorloë van 1900 opgestaan het.   Nie honderd jaar gelede was dele van die Wes-Transvaal deel van die Boere republiek ZAR, wat later na Transvaal verander is.

Die gebiede was ‘n trotse Mielie driehoek van die Boere en vooruitgang om vir almal in die land van voedsel te voorsien.   Die Mielie driehoek sal by baie onbekend wees en vergete bly, maar dit was ‘n welvarende tydperk onder daardie sanksies.  Hier het BOERE geleer hoe om selfstandig, soos hul voorgeslagte te ploeg, plant en alles te bedryf.   Na 1994 word alles eenvoudig geplunder en afgebrand.

*

Die verhale van die Boere republieke. voor 1930, wat hier afgespeel het, sal die volk altyd bybly.   ‘n Kleinerige spogplekkie soos Lichtenburg wat in 1873 begin skoene kry het saam met oud General de la Rey sal altyd ‘n teer punt bly.

Die Boere leier, De la Rey se stem saam ander mede Boere was en is ‘n trots in ons waardige Boere geskiedenis, ‘n ware kultuurskatkis om te onthou.   Die dorpie is en sal altyd ‘n bekende baken bly, en was deel van die eens Mielie driehoek, baie mense sal nie eers weet wat die betekenis daarvan is nie.   Die Boere volk moet kennis neem van al ons Boere dorpies en dit weer terugneem, ophef en ons eie Boere volkslede hier plaas vir vooruitgang.   Niemand anders gaan dit doen nie, ons moet dit self doen.

Dit was eens ‘n pragtige en trotse Boere volk dorpie waar lank gekuier is langs die vure van bekende Boere gesinne.  Laat aande in die verlede tydens die Anglo-Boere oorloë sal altyd onthou word.  Die korrupsie wat nou gadegeslaan word, stuur hoendervleis en skokgolwe deur ‘n Boere volk se lewe, want diegene tans in beheer het geen trots nie, want hulle bly ‘n gemengde nasie wat alles om hulle vernietig.

https://businesstech.co.za/news/government/800050/south-african-town-collapsing-in-front-of-everyones-eyes/

Sekere geboue het laasjaar aan die brand geraak en nog niks daarvan is herstel nie.  Dit sluit die kultuur museum daarby in.

Die munisipaliteit skuld Eskom miljoene rande, en tog is daar soveel skuld aan die munisipaliteite gegee, met niemand wat daarvoor verantwoording moet doen nie.   Indien enige ander burger nie hul elektrisiteit betaal nie, word dit summier afgesny.  Dus is daar meer as een beleid wat uitgevoer word, onder die munisipaliteite sowel as staatsentiteit soos Eskom.

*

Hierdie beeldmateriaal is in 2023 gemaak – net nog wit olifante wat aan niemand gewys word nie.  Betaal vir dienste is die enigste pad, en diegene wat nie betaal nie, moet dit nie gebruik nie.  Tyd dat daar na elke aspek omgesien word asook beveiliging van munisipale geboue.

Daar moet vir dienste wat gelewer word, betaal word, wat ook sekuriteit daarby insluit.   Meeste sekuriteit beamptes is en kan deel vorm van munisipale amptenare en werksverrigtinge.  Sportfasiliteite moet die gebruikmaking van ekstra sekuriteit insluit.  Fooie soos ‘n deposito behoort gevra te word en indien daar brekasies is, moet dit van daardie vandale verhaal word.  Weer eens is dit ‘begrotings’ wat behoort te klop , wat die beste diens kan lewer, wat moet geld.  Hou vriende, gunste en gawes, uit sulke tipe van ooreenkomste uit.  Interessant is dat meeste besighede juis meer belastings in enige dorp bydrae vir die dorp se welstand.

https://www.youtube.com/watch?v=gpsUb3npdok

Oral waar voertuie, trokke en busse gebrand word, val later gate in paaie, want teer smelt.  Daar is niemand wat hiervoor verantwoordelikheid neem nie, dit is misdadigers wat dit doen, maar niemand tree teenoor hulle op nie.

2023

https://www.youtube.com/watch?v=3fds1Q1hnUc

Wie se skuld is dit?

https://www.youtube.com/watch?v=L5JUBcshMJY

*

Dit is nie net munisipaliteite nie, maar ook staatsentiteite soos Eskom en ander wat besteel en vernietig word.

https://www.moneyweb.co.za/news/south-africa/failed-broken-municipalities-with-r79bn-debt-pile-paint-treasury-into-a-corner/

*

Verwante inligting en artikels

Burning trucks in SA –  September 2019

Coligny in South Africa / Suid-Afrika

Brandstigting, terrorisme  – Arson

Violent crime –  Arson –  Illegal burning of municipal properties

Trucks burning –  businesses burning

Kommunisme SA 2021 Communism

Burning red rewolution since 1920s

Terrorisme en sabotasie

Farm killings – plaas moorde – moorde

Coligny – Northwest

Coligny in South Africa / Suid-Afrika

The Bridge – Die Brug

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

1 gedagte oor “Vervalle dorpe en stede reeds vernietig – Lichtenburg”

Lewer kommentaar