*
Dat hierdie dag herdenk word vir dekades, is die waarheid. Al gebeur dit net onder sekere blanke groepe en nie die res daarvan wat hulle daarvan distansieer. Vir heelwat Boere volksgenote sal dit wees om spesiale voorbereidings te tref om êrens deel van die dag se verrigtinge te wees. Sommige sal sorg dat hul perde en osse, soms met ossewaens deel daarvan vorm – doen dit gerus. Vir baie volksgenote is dit egter nie altyd beskore nie, wat dalk deel wil vorm, maar weens armoede en geen middele beskikbaar om wel deel te vorm nie.
*
Die dag het baie stof tot dankbaarheid.
Dit bly ‘n dank- en geloftedag om die dag te herdenk waarvoor ons voorgeslagte dit ook gedoen het – om dankie te sê vir die wonders van nalatenskappe aan ons – veral gebiede wat geskiedkundig aan die nasate behoort.
Landwyd sal daar eredienste en feesdienste gehou word.
Daar moet onthou word dat heelwat mans en jong seuns (oor die 6600) uit die land verban is deur die Engelse, heelwat inligting is ook van ons weerhou.
DIE BOEREVOLK
*
BOERE
BLOEDRIVIER GELOFTE
https://boereafrikana.com/Gelofte.htm
*
Die Geloftefeeskalender vir vanjaar is pas deur DitsemBlits beskikbaar gestel soos by die skakel hierbo. Sedert in 2012 begin is om ‘n Geloftefees kalender saam te stel van Gelofte feeste en -dienste wat op 16 Desember landswyd en selfs in die buiteland gehou word, is vir vanjaar ‘n rekordgetal van 187 feeste en dienste gelys. Sedert in die eerste Kalender 35 feeste en dienste gelys is, het die aantal jaarliks stelselmatig gestyg tot waar dit vir vanjaar staan.
https://www.ditsem.net/ditsem/images/pdf/geloftefees/Geloftefeeskalender2022.pdf
https://www.facebook.com/groups/372725536482372
2021
https://www.facebook.com/groups/372725536482372/search/?q=16%20desember
AGTERGROND
VRYBURGERS en die TREKBOERE
Hierdie Trek het nie oornag plaasgevind nie. Daar moes baie lank hiervoor beplan gewees het en dit kan net met opgewondenheid gewees het, omdat dit vreemd genoeg ‘n tipe van ‘n uitdaging en inspirasie was vir ‘n beter lewe.
Boere republieke is oral gestig en ook die ou Transvaal (ZAR) en Vrystaat is Boere republieke. Daarom is die burgers in daardie republieke BOERE genoem. Nie almal is plaasboere nie (Boer is in Engels ‘Farmer’.
Verwag of hoop sommige van ons dit in 2022 maar nie almal dat dit beter sal gaan nie, maar dit gebeur nie. Dis ons menseregte wat vir dekades geskend word, nie ander volke sin nie. Dis net ons volkslede wat iets daaromtrent kan doen.
1835
In 1835 begin die Groot Trek toe Lang Hans van Rensburg en Louis Tregardt die Kaapkolonie verlaat. Andries Hendrik Potgieter volg hulle teen die einde van 1835, en in September 1836 steek Gert Maritz en sy trek ook die ‘limiete’ oor. In 1837 volg eers Piet Retief en toe Piet Uys met hulle families. Duisende het binneland gaan vestig waar hulle kon.
Op 28 November 1838 is Andries Pretorius gekies as hoofkommandant van die kommando wat later bekend sou staan as die Wenkommando, wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Hierdie was die tweede kommando wat op die been gebring is met die doel om die moord op die Piet Retief-geselskap asook die aanvalle op die laers by Bloukrans en Moordspruit te wreek.
Die kommando het bestaan uit 467 Boere, 3 Engelse, asook ‘n onbekende aantal swart- en kleurlingbediendes. Hulle neem 57 waens en een oskar saam. Niemand weet werklik wat deur daardie Boere se gedagtes gegaan het nie. Ons nageslag kan ons nie eers in sulke situasies indink nie.
Op 9 Desember 1838 lê Carel (uitgespreek Sarel) Cilliers aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges die eerste keer die Gelofte af. Dit word daarna by elke aandgodsdiens herhaal.
*
GELOFTE IN AFRIKAANS
Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê da thulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinningaan hom te gee.
https://boereafrikana.com/Gelofte.htm
*
Die Gelofte, soos wat dit volgens die beste oorlewering oorspronklik in Desember 1838 deur die Voortrekkers onder leiding van Sarel Cilliers en Andries Pretorius in Nederlands afgelê is, lui soos volg:
“Mijne broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven.”
*
Daar was bittermin geriewe of tyd om steenhuise te bou soos wat vandag die geval is. Vandag word ons van vele kante af gebom met wetgewing, rassisme en diskriminasie.
*
*
*
*
SKENDING VAN MENSEREGTE
Multi-kultuur organisasies en bewegings
Multi-kultuur organisasies sal niks kan doen nie, want hulle het geen mandaat om namens ons minderheidsvolk te praat nie. Hul praat namens hul lede en dis waar dit stop. Hulle is en bly gemeng en multi-kultuur is geen volk nie. Dis ‘n donker beeld onder die kommunistiese regering en parlement asook hul liberale en klassieke blankes (multi-kulturele organisasies) wat deel is van mekaar.
Swart bemagtiging en rassisme
Die feit dat volksbesighede en boerderye hul deure moes sluit as gevolg van swart bemagtiging en regstelaksies en sodoende heelwat ander volke in werkloosheid gedompel het, verarm ons volksgenote nog meer. Dit opsigself het ook veroorsaak dat heelwat van ons volksmense nie landuit kon gaan vir ‘n beter toekoms nie, maar sit tans onder bome en bouvallige tente van plastiek om daagliks te oorleef.
Die wat landuit padgegee het, het dit ook doelgerig en met opgewondenheid gedoen, omdat ander vreemde lande en vreemde kulture ‘n welkome uitdaging is. Hier is daar soveel meer werksgeleenthede omrede dit op die tuisfront van ons vervreem en weggeneem is. Dit het destyds in die Kaapkolonie ook gebeur, dalk op ander fronte en maniere waar net sekeres bevoordeel is, net soos in 1910 en Uniewording het liberale blankes hul dansies uitgevoer met die Engelse regering.
BEELDMATERIAAL
Vind uit waar jy jou Gelofte kan betaal, nie omdat jy moet nie, maar omdat ons ons dankbaarheid aan God wil toon.
https://www.youtube.com/watch?v=qpEZSaHFKnM
*
Vir ‘n handjievol Boere was dit ‘n oormag.
https://www.youtube.com/watch?v=XugIpToHIR8
*
*
Geskiedenis rakende die Trek, Gelofte en laertrek
Anglo-BOERE oorloë
MEER INLIGTING
Voortrekker kerk Pietermaritzburg
Groot Trek – Winburg (kaarte)
British in ZAR and Free state – ABWars
Volle soewereiniteit vir konserwatiewe Boere en Afrikaners
Geloftedag 16 Desember 2020 – Amerika