Geloftedag 16 Desember

*

Dat hierdie dag herdenk word vir dekades, is die waarheid.   Al gebeur dit ook net onder sekere blanke groepe en nie die res daarvan wat hulle daarvan distansieer, is dit 100% reg.    Vir die Boere volksgenote sal dit wees om spesiale voorbereidings te tref om êrens deel van die dag se verrigtinge te wees.    Sommige sal sorg dat hul perde en osse, soms met ossewaens  deel daarvan vorm – doen dit gerus.  Vir baie volksgenote is dit egter nie altyd beskore nie, wat dalk deel wil vorm, maar weens armoede en geen middele beskikbaar om wel deel te vorm nie.   Die Boere volk is wyd verspreid op al die kontinente, maar hulle onthou, selfs daar waar hulle bly en werk.

undefined

*

Die dag het baie stof tot dankbaarheid.   

Dit bly ‘n dank- en geloftedag om die dag te herdenk waarvoor ons voorgeslagte dit ook gedoen het – om dankie te sê vir die wonders van nalatenskappe aan ons – veral gebiede wat geskiedkundig aan die nasate behoort.    Indien daar geen nageslag was nie, sou ons nie vandag hier gewees het nie.

Landwyd sal daar eredienste en feesdienste gehou word.

Daar moet onthou word dat heelwat mans en jong seuns (oor die 6600) uit die land verban is deur die Engelse, heelwat inligting is ook van ons weerhou.   

Wat het na 1994 begin gebeur onder hand van die ANC en liberaal verligte Afrikaners en hul organisasies?   Net ‘n ander tipe verbanning wat oor die Boere volk hang.   Dit word swart bemagtiging, regstellende aksie en ekonomiese ontmagtiging genoem.

*

DIE BOERE VOLK

 

Die Boere volk bestaan steeds.

*

BOERE

Die gelofte is deur die BOERE volk gedoen. 

Die Afrikaners is ‘n multi-kulturele nasie en het grootliks met Brittanje teen die Boere volk geveg.

1899 vir 3 jaar
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) –  ABO

*

AGTERGROND
 

VRYBURGERS en die TREKBOERE

Hierdie Trek het nie oornag plaasgevind nie.   Daar moes baie lank hiervoor beplan gewees het en dit kan net met opgewondenheid gewees het, omdat dit vreemd genoeg ‘n tipe van ‘n uitdaging en inspirasie was vir ‘n beter lewe vir die Boere wat nie onder die Engelse wou wees of leef nie. 

Ironies deur ons geskiedenis, is daar Boere republieke (20 plus) gestig en ook die ou Transvaal (ZAR) en Vrystaat is Boere republieke wat ‘n verskeidenheid van kleiner Republieke ingesluit het.   Daarom is die burgers in daardie republieke BOERE genoem.  Nie almal is plaasboere nie (Boer is in Engels ‘Farmer’.   Daar is meer as een blanke volk en nasie, die nasie is multi-kultureel en dit word in hulle organisasies weerspieël.

Dis die Boere volk se  menseregte wat vir dekades geskend word, nie ander volke sin nie.   Dis net ons volkslede wat iets daaromtrent kan doen.   Dit is net ons as Boere volk wat ons Boere republieke kan terugkry as volksgenote.   Afrikaners bly ‘n multi-kultuur nasie.    Die Boere is en was nog nooit deel van hierdie Afrikaner nasie nie, alhoewel die Afrikaner nasie maak of die Boere geskiedenis en kultuur hulle sin is.

*

1835

 In 1835 begin die Groot Trek toe Lang Hans van Rensburg en Louis Tregardt die Kaapkolonie verlaat. Andries Hendrik Potgieter volg hulle teen die einde van 1835, en in September 1836 steek Gert Maritz en sy trek ook die ‘limiete’ oor. In 1837 volg eers Piet Retief en toe Piet Uys met hulle families.   Duisende het binneland gaan vestig waar hulle kon.   Die Afrikaners wat agtergebly het in die Kaapkolonie het nie omgegee om onder die Engelse bewind te leef nie.  Die organisasies wat hulle vandag skep is alles ook multi-kultureel en daar is baie daarvan.

Op 28 November 1838 is Andries Pretorius gekies as hoofkommandant van die kommando wat later bekend sou staan as die Wenkommando, wat op die punt gestaan het om teen die Zoeloes uit te trek. Hierdie was die tweede kommando wat op die been gebring is met die doel om die moord op die Piet Retief-geselskap asook die aanvalle op die laers by Bloukrans en Moordspruit te wreek. 

Great Trek - Wikiwand

Die kommando het bestaan uit 467 Boere, 3 Engelse, asook ‘n onbekende aantal swart- en kleurlingbediendes. Hulle neem 57 waens en een oskar saam.    Niemand weet werklik wat deur daardie Boere se gedagtes gegaan het nie.   Ons nageslag kan ons nie eers in sulke situasies indink nie.   

Op 9 Desember 1838 lê Carel (uitgespreek Sarel) Cilliers aan die Wasbankrivier namens die aanwesiges die eerste keer die Gelofte af. Dit word daarna by elke aandgodsdiens herhaal. 

*

GELOFTE IN AFRIKAANS

Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag soos ‘n sabbat sal deurbring, en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Die huis is opgerig te Pietermaritzburg.    Die huis was ook in die oorlog beskadig, maar is later herstel.

Voortrekker kerk Pietermaritzburg

*

Die Gelofte, soos wat dit volgens die beste oorlewering oorspronklik in Desember 1838 deur die Voortrekkers onder leiding van  Sarel Cilliers en Andries Pretorius in Nederlands afgelê is, lui soos volg:

“Mijne broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een Heilige God van hemel en aarde om een Belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons sal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elke jaar zoals een Sabbat in Zijn eer zullen doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zullen waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zullen zeggen dat zij met ons erin moeten delen tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem sal worden gegeven.”

*

 

Daar was bittermin geriewe of tyd om steenhuise te bou soos wat vandag die geval is.  Vandag word ons van vele kante af vernietig met wetgewing, rassisme en diskriminasie.

Live look at former Maple Leafs fans making the great trek west to become  Kraken fans : r/SeattleKraken

*
*
*
*

SKENDING VAN MENSEREGTE 

Multi-kultuur organisasies en bewegings

Multi-kultuur organisasies sal niks kan doen nie, want hulle het geen mandaat om namens ons minderheidsvolk te praat nie.  Hul praat namens hul lede en dis waar dit stop.  Hulle is en bly gemeng en multi-kultuur is geen volk nie.   Dis ‘n donker beeld onder die kommunistiese regering en parlement asook hul liberale en klassieke blankes (multi-kulturele organisasies) wat deel is van mekaar.  In dieselfde asem probeer hul die geskiedenis en kultuur van die Boere volk as hul eiendom ‘geannekseer’.

Swart bemagtiging en rassisme

Die feit dat volksbesighede en boerderye hul deure moes sluit as gevolg van swart bemagtiging en regstelaksies en sodoende heelwat ander volke in werkloosheid gedompel het, verarm ons volksgenote nog meer.   Dit opsigself het ook veroorsaak dat heelwat van ons volksmense nie landuit kon gaan vir ‘n beter toekoms nie, maar sit tans onder bome en bouvallige tente van plastiek om daagliks te oorleef.

Die wat landuit padgegee het, het dit ook doelgerig en met opgewondenheid gedoen, omdat ander vreemde lande en vreemde kulture ‘n welkome uitdaging  is.   Hier is daar soveel meer werksgeleenthede omrede dit op die tuisfront van ons vervreem en weggeneem is.  Dit het destyds in die Kaapkolonie ook gebeur, dalk op ander fronte en maniere waar net sekeres bevoordeel is, net soos in 1910 en Uniewording het liberale blankes hul dansies uitgevoer met die Engelse regering.

BEELDMATERIAAL

Vind uit waar jy jou Gelofte kan betaal, nie omdat jy moet nie, maar omdat ons ons dankbaarheid aan God wil toon.

*

Vir ‘n handjievol Boere was dit ‘n oormag.

*

https://www.youtube.com/watch?v=YMbEvm-dPf0



*

Die Hemelse Vader is die Leier tydens Bloedrivier, nie soseer die gekose leiers tydens die veldslag nie.   Die Boere en Voortrekkers het ook leiers gehad, sommige Boere republieke het presidente gehad, volksrade en daar is met Boere onderhandel (finansieel of ooreenkomste), vir die meer as 20 BOERE republieke.  Dit was nog nooit Afrikaner republieke nie.

Die STEM was nie teenwoordig in die tydperk van die Slag van Bloedrivier nie 

2024
Wa-laer
Gelofte uitsending
https://www.youtube.com/watch?v=ThqSZJVanOw


*


*

Geskiedenis rakende die Trek, Gelofte en laertrek     

Anglo-BOERE oorloë

MEER INLIGTING

Die berge – Retiefklip

16 Desember 1838 GELOFTE

Voortrekker kerk Pietermaritzburg

Trekboere en die Xhosa

Groot Trek  – Winburg (kaarte)

British in ZAR and Free state – ABWars

Volle soewereiniteit vir die Boere volk

Geloftedag 16 Desember 2020 –  Amerika

*

Mfecane – 1795-1830 teenoor 2024

Geheime organisasies van Milner-Rhodes

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com


6 gedagtes oor “Geloftedag 16 Desember”

Lewer kommentaar