AN OPINION BY FRONT NATIONAL
OPINIE OOR DIE KHOISAN
Front Nasionaal SA – 22 Junie 2018
deur D Lötter
Oor die afgelope maande duik die posisie van die Khoisan en die leiers van hierdie groep in gesprekvoering, met die oog op die politieke bedeling van die toekoms, telkens weer op. Dit is derhalwe dalk tyd om te kyk na die ware geskiedenis van die Khoisan. En om geskiedenis korrek te interpreteer gaan jy heel eerste na die oudste en oorspronklikste bronmateriaal omdat die opstellers daarvan die gebeure eerstehands kon rapporteer sonder die invloed van interpretasie of tydgees.
Khoisan people at the union building
WIE IS DIE KHOISAN?
Dit is belangrik om te verstaan dat die begrip “Khoisan” ‘n 20e eeuse begrip is. Dit is in ons eie leeftyd geskep. Daar was nie so ‘n verwysing of omskrywing op enige tydstip voor 1960 nie. Die mense wat deur die Portugese seevaarders van die 15e eeu aan die Kaap aangetref is, en later deur Van Riebeeck in die middel van die 17e eeu, was twee duidelik onderskeibare groepe met verdere subverdelings.
Aan die een kant was daar die jagter versamelaars wat nomadies van aard was en herkenbaar aan ‘n gelerige velkleur met kenmerkende gelaatstrekke en figuur. Die ou Hollanders het na hulle verwys as “Bosjesmannen” – mense van die bosse, wat later “Boesman” geword het en hedendaags as “San” bekend staan. Hulle het in klein gesinsgroepies geleef sonder enige gemeenskaplike orde of struktuur en is minagtend deur die ander groepering “Sonqua” genoem – struikrowers.
Aan die ander kant was daar die groepe wat gemeenskappe gevorm het en boerdery beoefen het, veral veeteelt. Na hulle het die Hollanders verwys as “Hottentotte” (omdat hulle taal na hot-en-tot-hot-en-tot geklink het). Na hulleself het hulle kollektief verwys as Khoekoen of Koina (manne van manne).
Leon Hattingh beweer dat die Khoina se oorsprong in die noorde van Botswana lê. Vanweë die soeke na weiveld het die Khoina suidwaarts en weswaarts begin trek en sodoende versprei na die gebiede waar die Europese setlaars hulle later aangetref het.
WAAR WAS DIE KHOINA IN 1652?
Tydens die besoek van Kommissaris Rijkloff van Goens aan die Kaap in 1657 is die Kompanjie se beleid oor die Khoi breedvoerig bespreek. Die omvattende verslag uit hierdie besoek gee geweldige waardevolle inligting oor die status van die Khoi. Volgens die berekeninge van Van Goens was daar tussen 40 000 en 200 000 Khoina wat die ontsaglike gebied van die Sondagsrivier in die weste kuslangs tot teen die Oranjeriviermonding aan die Ooskus bewoon het.
MAAR, dit was nie ‘n homogene volksgroep nie.
In die Skiereiland was daar vier groepe wat mekaar voortdurend aangeval en beroof het. Die Goringhaicona of Strandlopers was die uitgeworpenes wat seelangs gedwaal en van skulpvis geleef het. Dit was uit hierdie groep, onder leiding van Autshumao (Herry) dat Krotoa (Eva) gekom het. 9 dae na die landing van Van Riebeeck skryf hy dat 9 strandlopers “met magere ligchamen en hongerige buiken” kom bedel het vir kos.
‘n Tweede groep was die klompie onder hoofman Ankaisoa, wat besonder sterk figureer in VOC dokumentasie, en sy neef Doman. Inderdaad het kommissaris van Goens Doman saamgeneem na Batavië en later terug gebring na die Kaap. Doman het as tolk opgetree en was ‘n dronkaard en veedief wat die Kompanjie veel kopsere besorg het.
Die derde groep was die Corachouqua onder koning Chora, wat twee dagreise te perd noord van die Tijgerberg hulle kraal gehou het. Abraham Gabbema tel hulle op ongeveer 3000 mense.
Die Goringhaiqua was die welvarendste, maar nie die grootste, groep in die Skiereiland. Na hulle het die Hollanders verwys as “Kaapmans”. Hulle koning was Gogosoa en in totaal word hulle getal bereken op ongeveer 900. Vanweë ouderdom en siekte word Gogosoa deur sy twee slinkse seuns, Schacher en Otegnoa, uitgedryf en slyt sy laaste dae as bedelaar by die Fort. Schacher het homself as die leier van al die Skiereilandse Khoina beskou en tree as verteenwoordiger op tydens die kooptransaksie van 1672 waarin die hele gebied van die hedendaagse Gordonsbaai teen die berge langs oor Stellenbosch, Paarl en die Swartland tot teen Vredenburg aan die VOC verkoop word.
Die Westelike en Oostelike Khoina, elkeen met hulle eie koning, se verspreiding kan u self op die kaart bepaal.
WAT HET VAN DIE KHOINA GEWORD?
Die toenemende druk van ontwikkeling en die aanlê van plase het tot gevolg gehad dat die Khoinagroepe se lewenswyse ook verander het. In dieselfde periode het die nedersetters aan die Kaap ‘n bitter stryd gevoer teen veestropery deur die San, wat eintlik eers teen 1795 beeindig is toe die laaste van die “suiwer” San noordwaarts uitgewyk het tot in die omgewing van die Kalahari en Botswana. Heelwat van hulle het op plase begin werk, soos ook die Khoina, en hier het ‘n vorm van assimilasie plaasgevind wat in effek die einde van die “suiwer” Khoina beteken het.
‘n Verdere impak is gemaak deur die pokke epidemies van 1713, 1755 en 1767. Minstens 7 van die Khoina stamme is totaal uitgewis. Die Khoina wat noordwaarts gevlug het, het die pokke saamgedra en mettertyd is die binnelandse stamme ook tot op die punt van uitwissing gebring. Francois Valentijn skryf dat honderde van die Khoina daagliks gesterf het, terwyl Anders Sparrman in 1776 beskryf hoedat “galkoors” die handjievol wat oor was verder uitgewis het.
In die eerste Britse sensus van 1805 word daar bevind dat in die ganse Kaapkolonie minder as 20 000 “Ghoeghoen” (Koina) oor is. Hierdie groepie het totaal verander in tradisie en in kleredrag, kultuur en taal geassimileer by een van twee groepe: Die Oostelike groepe het deel van die Xhosa geword, terwyl die westelike, sentraal- en noordwestelike Khoina die Europese lewenswyse oorgeneem het en met die San, Maleise slawe en in sommige gevalle Europese nedersetters vermeng het.
Teen die middel van die 19e eeu word die Koina nie meer vermeld in enige verslae of historiese optekening nie. Inderdaad word rondom 1949 bevind dat die laaste tekens van die Khoina gevind is onder ‘n handjievol hoog bejaarde bewoners van die Richtersveld.
*
GEVOLGTREKKINGS:
1) Die “Khoisan” is ‘n 20e eeuse begrip – daar was nooit ‘n volk met so ‘n naam nie.
2) Die Koina, Koekhoen of Hottentotte was nooit ‘n homogene volk nie en daar was nooit op enige stadium tussen 1488 en 1805 se sensus enige bewys dat daar iets soos ‘n Koina-koning bestaan het nie. Om die losse groeperinge van Koina en San as een volk uit te beeld is presies dieselfde beginsel as om Swede, Dene, Nore en Finne as een volk te probeer klassifiseer omdat hulle almal in Skandinawië woon.
3) Die Koina het uit die Noorde van Botswana na die Kaap en ander gebiede gekom, maar het nie Ooswaarts migreer nie. Hoekom nie? Omdat die Nguni-bevolkingsgroepe op daardie stadium reeds die Ooskus beset en bewoon het. Die voorsate van die Zoeloe en die Xhosa was reeds daar VOOR die Koina. Die aanspraak dat die Koina dus die eerste mense was, is histories verkeerd. Die San (Boesmans) was lank voor hulle reeds hier en die Nguni het saam met die Khoina aangekom.
4) Die Koina het tussen 1657 en 1850 as groep opgehou bestaan. Deur uitsterwing, siekte-epidemies en assimilasie het hulle grootliks verdwyn.
5) Daar is dikwels die teenargument dat Westerse geskiedskrywing subjektief en met voorbedagte rade geskiedenis verkeerd opgeteken of verswyg het. As dit werklik die geval was, kan ‘n mens stellig vra: Waarom is die bestaan van die Zoeloe, Xhosa en ander stamme met hulle konings en grondgebied dan nooit verswyg nie? Die gevolgtrekking vir die afwesigheid van verslagdoening oor die Khoisan en hulle koning word toegeskryf daaraan dat jy nie verslag kan doen oor wat nie bestaan nie.
6) As ons voorts aanvaar dat die Afrikaner ‘n volk is wat INHEEMS ontstaan het uit assimilasie van verskeie Europese (en inheemse) herkomste, is dieselfde van toepassing op die mense wat hulleself vandag Khoisan noem. Dit is ‘n nuwe volk wat na 1795 ontstaan het uit assimilasie van die Koekhoen met verskeie ander groepe en op daardie gronde kan daar nie voorkeurstatus bestaan bo die Afrikaner se aanspraak tot besitreg van ‘n gedeelte van die land nie. As ons sulke aansprake wil maak, moet ons konsekwent wees in die toepassing daarvan.
*
Ten slotte moet ons dus aanvaar dat ‘n “volk” wat nooit bestaan het voordat hulle eers 30 jaar gelede ‘n naam gekry het (Khoisan), wat nooit ‘n homogene groep met ‘n tradisionele koningshuis was nie en wat van sowat 200 000 na minder as 20 000 verminder het, gaan sukkel om ‘n aanspraak op die erfbesit van hierdie land te maak.
Dit is waarskynlik waarom daar vandag ten minste DRIE Khoisan “konings” opduik, tesame met ‘n horde Khoisan opperhoofde van wie geen mens ‘n woord verneem het tussen 1850 en 2000 nie. Die beginsel is presies soortgelyk as wanneer die een of ander Italianer na vore sou tree en homself die “keiser van Rome” noem en op daardie gronde aanspraak maak op besitreg van gebiede wat Egipte, Israel, Oostenryk, Spanje en Brittanje insluit.
Uiteindelik is dit waarop korrektheid berus – wat kan histories bewys word. En die geskiedenis is hieroor gesaghebbend korrek. Daarom dat ons nie op loop sit met halfgebakte aansprake nie. Wat jy wil sê moet jy kan bewys. En hierbo is die bewyse.
***
Bronne:
• Geskiedenis van SA van voortye tot vandag, FJ Pretorius, Tafelberg 2012
• Nuwe geskiedenis van SA, Cameron en Spies, Human en Rousseau, 1988
• 500 Jaar SA Geskiedenis, CFJ Muller,Academica, 1968
• Groep sonder Grense, HF Heese, Protea Boekhuis, 2005
• Die VOC aan die Kaap 1652-1795, Hattingh, De Wet, Visagie, Protea, 2016
• Korrespondensie en verslagdoening: VOC museum Amsterdam
• Daghregister: Van Riebeeck
• Colonial Reports from the Cape – British Museum, London
• Paradise, the Castle and the Vineyard – the Cape Diaries of the Lady Anne Barnard, Wits University Press, 2006
[…] KhoiSan […]
LikeLike
[…] KhoiSan […]
LikeLike
[…] KhoiSan […]
LikeLike
[…] OPINION – Opinie deur Front Nasionaal KhoiSan […]
LikeLike
[…] The 1980 comedy movie The Gods Must Be Crazy portrays a Kalahari Bushman tribe’s first encounter with an artifact from the outside world (a Coke bottle). Since 2002, the Bushmen of Botswana are seeking legal action to prevent the Botswana government from removing them from the Central Kalahari Game Reserve, their ancestral homeland. The Bushmen are arguing that the Government of Botswana is attempting to destroy their culture through forced relocation and persecution based on their identity.https://www.youtube.com/watch?v=1agNMvcCq4c*British Segregation and separate areasShepstone – Natal, roots of segregationReferred to the various British Empire flags, rules – this Sheptone legislation/policy is about SEGREGATION AND APARTHEID – reserves and Crown lands.British Empire and their colonial rules/flagsKhoiSan […]
LikeLike
[…] *Die woestyn strek oor verskillende lande en so is daar ook verskillende San-volke oral.Kalahari desertKhoiSan […]
LikeLike
[…] * KhoiSan […]
LikeLike
[…] RamaphosaTraditional leaders South Africa: 8840Trustgebiede – Tuislande – ReservateKhoiSanIndigenous land (old homelands) – Trustland – CPA – […]
LikeLike
[…] – KHOISAN AND CPAKhoiSanIngonyama Trustland (Zulu […]
LikeLike
[…] KhoiSan […]
LikeLike