*
Enige volk het kultuurskatte, simbole, monumente, grafte en geskiedenis wat juis eie is aan enige volk. Die Boere volk het nie agtergebly wat dit aanbetref nie. Daar is maar soms beelde of kultuurskatte wat die uiterlike simboliseer. Om te mag onthou, is deel van enige volk se geskiedenis en waardevol. Museums, konsentrasiekampe asook die duisende grafte herinner ons vandag aan ons Boere volk se ryk geskiedenis en nalatenskappe rondom die Anglo-Boere oorloë en stigting van ALLE Boere republieke. Majuba is nie deel van Vrijstaat of ZAR Boere republieke nie.
Majuba – Volksrus laer word getrek en BOERE arriveer – dankie aan die fotograaf.
https://www.flickr.com/photos/hilton-t/43178121301
*
Meer as 15 Boere republieke het êrens in ons verlede ontstaan, hulle het almal vlae, museums, verskeie veldslae gehad. Dit is ‘n vlam wat in elke Boere hart lewendig bly dat alle Boere republieke hiermee herstel kan en gaan word. Daarom is elke Boere republiek belangrik om elke kultuurskat, oor al ons grense heen te bewaar en uit te dra wat ons Boere volksidentiteit nog meer sal verewig.
Dit is in belang van elke lid en afstammeling van die Boere volk. Moenie dat veelvolkige organisasies en nasies inbreuk maak op die Boere volk se nalatenskap en erfenisse nie. Dit behoort aan die Boere volk.
*
OM TE MAG ONTHOU IS DEEL VAN ONS BOERE VOLK SE IDENTITEIT
Die kultuurskatte was nie alles slegs deel van die ZAR of Vrystaat Boere republieke wat internasionale onafhanklike status gekry het nie. Dit staan wydsbeen geskryf oor elke Boere republiek en dis hoekom ons ‘n unieke Boere volk is. Waarskynlik kan die Boere volk nie vergelyk word met enige ander volk, hier in Suid-Afrika sowel oorsee. Die Boere republieke met al die waardevolle geskiedenis is belangrik vir ons as Boere volk,
Elkeen van hierdie kultuurskatte het ‘n waardevolle geskiedenis en wortels om op trots te wees. Hetsy ‘n eensame graf, hier in Suid-Afrika of ‘n banneling op ‘n verlate eiland of langs die baie konsentrasiekampe of museums hier of oorsee. Dit is die eiendom van elke Boere volkslid, ook in ander Boere republieke wat deel vorm van die Boere volk. Wees trots op elkeen daarvan, want die erfenis, geskiedenis en kultuur is ryk. Dit is wat ons Boere volk se identiteit uitbeeld. Kultuurskatte moet bewaar word, en daarom moet al die Boere republieke herstel word.
Die meer as Boere republieke weerspieël ons herkoms. Museums word opgerig, nie om beelde te aanbid nie, maar net om ons geskiedenis makliker te onthou, veral die nageslag wat nie altyd vertroud is met inligting daaroor nie.
*
HELP ONS OM ONS KULTUURSKATTE VOLLEDIG TE MAAK EN DATABASIS OP TE BOU
Verseker is die lys hiermee nie volledig nie. Indien daar enige museums, kultuurskatte of waardevolle inligting in u direkte omgewing is, laat weet ons gerus, dat die lys van al die Boere republieke, opgedateer kan word. Skryf gerus aan ons en as daar foto’s is, stuur dit gerus aan asseblief. Enige inligting hieroor is welkom en veral foto’s met beskrywings is belangrik.
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
*
Die Boere volk het ‘n baie ryk geskiedenis, kultuur en erfenisskatte wat net deur onsself aan die groot klokke gehang kan word. Sodoende kan ons weer al ons ou Boere republieke ten volle in glorie herstel soos wat dit was. Om waarlik vry te wees, het ons as Boere volk nodig om al die Boere republieke ten volle te herstel.
Dit is tyd dat alle pogings aangewend moet word om hierdie proses te bespoedig sodat ons as Boere volk herstel kan word soos dit behoort te wees. Verseker wil elkeen van ons volle vryheid geniet. Dis iets wat ons, die nageslag verskuldig is aan ons voorgeslagte wat met hul bloed en lyding hiervoor betaal het. Onthou dit gerus en doen mee waar moontlik.
Nie almal het altyd die nodige fondse om soms geleenthede by te woon nie. Skep geleenthede en word deel daarvan. Dit hou ons Boere volk se tradisies getrou, lewendig, kragtig en is opbouend. Alvorens daar nog ooit enige museums ter sprake was, het ons volk oral in Boere republieke laers getrek. Met hierdie laers en ossewaens het hul hulself beskerm teen elemente sowel aanvalle van vyandige stamme.
Swart op swart stam gevegte was daar baie, lank voor 1838 en die Trekkers en Boere volk was nie daarvoor verantwoordelik nie. Swartes het netso min enige grond wettig gekoop. Brittanje en haar bondgenote het al hierdie besette gebiede en Boere gebiede wat gekoop was, ook geplunder, laat afbrand en vernietig, geannekseer as hulle sin saam minerale regte.
So is ons Boere volk se voorsate probeer vernietig deur die Britte se verskroeide aarde beleid. Brittanje was nie alleen nie en het heelwat vennote uit verskeie lande gehad wat hulle help veg het teen ‘n handjievol Boere, vroue en kinders. Inderwaarheid ‘n hele paar lande wat saam Brittanje meegedoen het om ons Boere volksgenote totaal te verwoes.
*
INTERESSANTE BEELDMATERIAAL OOR
VEGKOP VAN DIE BOERE EN MATEBELE’S
https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=oDvpEmo9E3s&autoplay=1&rel=0&showinfo=0
*
Slag van Bloedrivier
https://www.youtube.com/watch?app=desktop&v=AJNEEId8XSA
Die Slag van Bloedrivier was ‘n groot uitdaging vir ons Boere in die laer en hul geloof in hul God Almagtige Vader om hulle uit hierdie omstandighede te red – die Gelofte – die Geloofstoets het geslaag.
*
Die Geloftekerk is in Pietermaritzburg opgerig en is nie die Voortrekkermonument nie.
https://www.youtube.com/watch?v=vFb4z43T-so&t=289s
![]()
Voortrekker kerk Pietermaritzburg
*
*
ONAFHANKLIKHEID VAN DIE ZAR (OU TRANSVAALSE BOERE REPUBLIEK)
*
Monumente en gedenkwaardighede is beskikbaar … Geliewe daarop te let dat heelwat museums, veldslae oor al 20 Boere republieke strek – dit behoort nie net aan EEN Boere republiek nie, maar dit behoort aan een Boere volk. Dit is die Boere volk se reg om hulself weer in hierdie Boere republieke te regeer en hul eie te beheer. Dit is hoe dit hoort te wees. Hier word net ‘n paar gemeld, daar is ander ook – en skryf gerus daaroor vir ons in u omgewing en dorp. Stuur gerus foto’s sodat dit behoorlik geboekstaaf kan word.
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
http://www.boereafrikana.com/Monumente.htm
*
MONUMENTE
|
MUSEUMS
|
STANDBEELDE
|
|
Transvaal |
Pretoria – Voortrekkermonument Pretoria – Manie Maritz Vereniging – Vredesmonument Pretoria – H. P. N. Pretorius (Weermaghoofkwartier) Verwoerdburg – Hans van Rensburg Daleside (Alberton/Vereniging)- Japie Greyling Heidelberg – A G Visser Heidelberg – Die Transvaalse Driemanskap Johannesburg – Ierse Monument Johannesburg – Jan F. E. Celliers Johannesburg – Johannes van der Walt Krugersdorp – Paardekraal Gatsrand (Potchefstroom)- Danie Theron Koster – Republiekmonument Nooitgedacht – Jopie Fourie Sabie – Long Tom Gedenkteken Belfast – Berg-en-Dalmonument Volksrust – Majuba
|
Pretoria – Willem PrinslooPretoria – Klapperkopfort / Fort SchanskopPretoria – Paul Kruger huisPretoria – Anton van Wouw huis
Pretoria – Jan Smuts huis Pretoria – Pierneef huis Pretoria – Die Staatsmodelchool Pretoria – Melrose House Potchefstroom – Gereformeerde Kerk Potchefstroom – Hederduits Hervormde Kerk Rustenburg – Boekenhoutfontein Pretoria – Ou Raadsaal (suidekant van Kerkplein) Pretoria – Engelenberghuis (Arcadia) Pretoria – Willem Prinsloo-landboumuseum Pretoria – Pioniershuise (Silverton) Lydenburg – Historiese Lydenburg |
Pretoria – Paul KrugerPretoria – Andries Pretorius (voor Stadsaal)Pretoria – Louis Botha (Uniegeboue)Pretoria – M.W. Pretorius (voor Stadsaal)
Pretoria – J. G. Strijdom Pretoria – T. F. Burgers (Burgerspark) Pretoria – Piet Joubert (Fort Schanskop) Pretoria – N. P. van Wyk Louw(Engelenberghuis) Potgietersrus – Piet Potgieter Potchefstroom – Die Totiusbeeld en -suilegroep Makwassie – C. F. Beyers Lichtenburg – J. H. de la Rey Zeerust – Andries Potgieter Rustenburg – Versoeningsgroep Rustenburg – Paul Kruger Krugershek – Paul Kruger |
Oranje Vrystaat |
Bloemfontein – J. D. Kestell (vader Kestell)Bloemfontein – Die Nasionale VrouemonumentBloemfontein – Beeldegroep by die VrouemonumentBloemfontein – Die beeldetuin van die NALN
Heilbron – Vegkop Koppies – Emily Hobhouse Ladybrand – Antjie Scheepers Philippolis – Tobie Muller Reddersburg – Genl C. R. De Wet Welkom – Taalmonument Wepener – Louw Wepener Winburg – Die Voortrekkermonument |
Bloemfontein – RaadsaalBloemfontein – Die Ou PresidensieBloemfontein – Onze RustBloemfontein – Nasionale Afrikkanse Letterkundige Museum en Navorsingssentrum | Bloemfontein – J. H. BrandBloemfontein – M. T. SteynBloemfontein – C. R. de WetBloemfontein – J. B. M. Hertzog
Bloemfontein – H. F. Verwoerd Kroonstad – Sarel Cellier (voor stadsaal) |
Natal |
Babanango – Piet Retief se grafChieveley – BloukransDundee – BloedrivierDurban – C. R. Swart
Ladysmith – Burgergedenkteken op die Platrand Ladysmith – Spioenkop Vryheid – Die Niewe Republiek-bakens |
Melmoth – Die Kerk by DingaanstadPietermaritzburg – Die Geloftekerk | Pietermaritzburg – Piet RetiefPietermaritzburg – Gert MaritzHarrismith – Kaalvoetvrou |
Kaapprovinsie |
Alexandria – Karel LandmanBurgersdorp – Eerste Afrikaanse TaalmonumentDarling – HildebrandmonumentFranschhoek – Die Franse Hugenote
Graaff Reinet – Gideon Scheepers Grahamstad – Bybelmonument Kimberley – Magersfontein Oos Londen – Genootskap van Regte Afrikaners Paarl – Taalmonument Port Elizabeth – Retiefmonument |
Kaapstad – Die KasteelKaapstad – Groot ConstantiaKaapstad – De PosthuysKaapstad – Koopmans-De Wet Huis
Kaapstad – Groote Kerk Stellenbosch – Die Koetsiershuis Stellenbosch – Die Kweekskool Paarl – Strooidakkerk Paarl – Taalbakens Swellendam – Die Drosdy Oudtshoorn – Arbeidsgenot (C. J. Langehoven) |
Graaff Reinet – Andries PretoriusKaapstad – Jan van RiebeeckKaapstad – Maria Van RiebeeckKaapstad – J. H. Hofmeyr (Onze Jan)
Kaapstad – J. C. Smuts Stellenbosch – Ds. J. H. Neethling Stellenbosch – Jan Marais Stellenbosch – D. F. Malan |
Ander |
Maputo – Die Louis Tregardt-gedenktuinKruger huis NederlandSouth African house LondonDeville Wood monument | Rustenburg – Voortrekkervrou |
*
VERWANTE INLIGTING EN ARTIKELS
Invalsplanne op Boere republieke
ABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) – kultuurskatte
Goosen en Stellaland Republieke President Gert van Niekerk
Beleg van Ladysmith (Kliprivier)
Vryheid – Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)
Vlae van Vrystaat en ZAR Boere republieke
Vierkleur en Vrystaat Boere republieke vlae
*
VERWANTE ARTIKELS EN INLIGTING
Kultuurskatte, geskiedenis, simbole van alle Boere republieke
ABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) – kultuurskatte
President Paul kruger en Verraad teenoor Boere republieke
Oud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republieke
Oud president Paul Kruger en Boere republieke
Paul Kruger 10 Oktober
Paul Kruger se dae in die vreemde – 10 Oktober
PRESIDENT PAUL KRUGER
KNP – Kruger National Park
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
[…] Enige volk het ‘n geskiedenis en daar is maar soms beelde wat die uiterlike simboliseer. Om te mag onthou, is deel van enige volk se geskiedenis. Monumente : Geskiedenis simbole ZAR […]
LikeLike
[…] – VERWANTE INLIGTINGABW concentration camps – Rudie Rousseau eaMonumente : Geskiedenis simbole ZARGeskroeide aarde – Scorched earth (1)ABW : The Absent-Minded […]
LikeLike
[…] Monumente : Geskiedenis simbole ZAR […]
LikeLike
[…] kerk Pietermaritzburg Monumente : Geskiedenis simbole ZAR Geloftedag 16 Desember […]
LikeLike
[…] Monumente : Geskiedenis simbole ZAR […]
LikeLike
[…] Monumente : Geskiedenis simbole ZAR […]
LikeLike
[…] Monumente : Geskiedenis simbole ZAR […]
LikeLike
[…] Monumente : Geskiedenis simbole ZARGold and diamonds -1886 – Griqualand WestDiamonds/Diamante – Gold/Goud -MINERALSABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) en ander museums […]
LikeLike
[…] Monumente : Geskiedenis simbole ZAR ABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) en ander museums […]
LikeLike
[…] INLIGTING EN ARTIKELSInvalsplanne op Boere republiekeKultuurskatte, geskiedenis simbole van alle Boere republiekeGoosen en Stellaland Republieke President Gert van NiekerkBeleg van Ladysmith (Kliprivier)Vryheid […]
LikeLike
[…] Kultuurskatte, geskiedenis, simbole van alle Boere republieke […]
LikeLike
[…] https://my-krugersdorp.blogspot.com/2008/04/paardekraal-n-geskiedkundige-oorsig.html*Berg-en-dal Boere monument (ZAR)Stoelmonument Middelburg KaapkolonieKultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volkABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) kultuurskatteKultuurskatte, geskiedenis, simbole van alle Boere republieke […]
LikeLike
[…] VERWANTE ARTIKELS EN INLIGTINGKultuurskatte, geskiedenis, simbole van alle Boere republieke […]
LikeLike