Federale Rade beheer al die gebiede binne so ‘n gebied met ‘n ysterhand – veral die hooffunksies soos veiligheid, finansies, immigrasie en buitelandse skakeling. Bestudeer die lande se grondwette waar dit voorkom. Daar is een groot weermag en polisie, een grensbeheer. Daar is nie afsonderlike beveiliging vir elkeen nie. Sou daar immigrante instroom in een “gebied” is daar nie afsonderlike grensmure wat ons as volk sal of gaan beskerm nie.
Kantons, emirate, federale gebiede of slegs provinsiale of munisipale “outonome” – het nie enige onafhanklikheid nie.
Trustgebiede, soos bv. Ingonyama Trust bestaan uit 9 gebiede of CPA’s soos wat ons tans het, het geen self-regerings nie – ons onderhou steeds al die 8840 tradisionele leiers en ook die duisende CPA gebiede wat met grondeise bekom is, en wat slegs vir bruin en swart na 1994 geskep is. Elkeen onder hul eie stelle wetgewings. Vir sommiges mag dit dalk voorkom of dit ‘n tipe van federale stelsel is, maar dit is nie. Onlangs wou die ANC die Zoeloe gebiede “terugvat” en daar was amper oorlog in Kwazulu-Natal met die ANC regering. Ons weet almal daardie gebiede was voor 1994 onderhandel en voor dit was al hierdie Trustgebiede as Tuislande bekend. Voor 1961 was dit reservate en gaan so ver terug as 1854. Dis wat die Britte dit gedoop het. Tog het die hele Afrika en ook ander kontinente hul eie Tuislande gehad, Dr Verwoerd het dit net verbeter dat volke hulself kon onderhou en onafhanklik raak.
Tans word die Trustgebiede en CPA alles 100% deur die SAKP-ANC regering beheer en bestuur met toepaslike wetgewing.
Sou daar bv. ‘n “Federdale Raad” in werking tree – sal die ANC die FederaleRaad beheer nes dit tans die geval is. Die President van die land is tans ook die “president” van die Huis van Tradisionele leiers. So, dis nie aannames nie, dis bewyse in wetgewing en hansards.
Meeste van hierdie Trust en CPA gebiede het slegs kommunale regte en daar word getwyfel of ons grondregte so wil weggee op ‘n skinkbord. Lees wat die wetgewings bepaal. Verblyfreg is al wat hulle het.
Sou ons dan so ‘n gebied (federale gebied) bekom kan onteiening en swart bemagtiging steeds voortgaan om te bestaan en dit sal makliker vir die regering wees om dit einduit te voer indien ons tot sekere gebiede beperk is.
Dan sal ons beveiliging nog erger in gedrang wees. So – moenie stem vir outonomie of federale regte nie, dit vat al ons magte weg. Die een vul die ander aan.
Indien Weermag of Polisie onder Federale Raad bestuur val, beheer hulle steeds soos nou, alle beveiliging. Al word sekere funksies afgewentel na Plaaslike owerhede of selfs provinsies, soos wat die Wes-Kaap tans het, is en bly daardie provinsie onderworpe aan nasionale wetgewings, soos bv. swart bemagtiging. Dus, waar laat dit ons? Dis of volwaardige volle soewereiniteit of sink saam die res.
Bekende gebiede soos die Switzerse kantons akkommodeer elke “volkseie” funksies, soos skole, taal en kultuur, maar die hooffunksies hoort by die Federale Raad wat die belangrikste funksies hanteer, wat normaalweg begroting, beveiliging, immigrante beheer en buitelandse skakeling insluit.
Sou ons as volk volle onafhanklikheid verkry in ons gebied(e) wat ons as een eenheid kan verkry, is ons met al ons funksies onder ons eie beheer. Dit verhoed ons nie om met ander etniese volke plaaslik of selfs in Afrika of op ander kontinente te skakel of ooreenkomste aan te gaan nie. Meestal onderhandel kommunistiese lande met mekaar, en ons as volk kan presies dit ook doen. Buitelandse skakeling en ooreenkomste is belangrik vir in en uitvoer, sowel immigrante beheer, grensbeheer.
Dit word beklemtoon – indien sulke funksies by ‘n Federale Raad is, sal ons steeds met geen mag en ekonomie sit nie, swart bemagtiging en onteiening is 100% moontlik onder federale of outonome bestuur. Daarom is dit belangrik om absoluut te gaan vir 100% onafhanklikheid, soos wat die twee Boere republieke was.
Stem Front Nasionaal vir volle soewereiniteit – selfbeskikking, waar ons oor onsself regeer sonder inmenging van buite.
Asblief stop die emails dadelik
Sent from my Samsung Galaxy smartphone.
LikeLike
[…] Selfbeskikking – soewereine onafhanklikheid vs Federale Raad […]
LikeLike