Kruger Park se DUBBEL moord Mei 2026 (Marais)



*

Woorde kan nie hierdie tragedie beskryf nie. TWEE moorde teveel gepleeg. Die slagoffers van aanvalle en moorde in Suid-Afrika verdien beter behandeling en ook meer veiligheid, veral waar dit plaasgevind het. Dit is beslis nie ‘n maklike en aangename gesig vir diegene wat op hul lyke moes afgekom het nie. Suid-Afrikaners is steeds in skok na ‘n tragiese en wrede voorval in die noordelike deel van die Krugerwildtuin, waar twee blanke besoekers van Suid-Afrika dood gevind is naby die Luvuvhu-rivier by Crooks’ Corner in die Pafuri-streek op Vrydag 22 Mei 2026.




*

Hulle lyk na ‘n rustige paartjie wat die natuurskoon geniet het. Maar hul moordenaars wat steeds op vrye voet is, het hul voertuig gebruik om weg te kom.

Die wrede moorde op ‘n bejaarde paartjie, Ernst (71) en Dina (73) Marais van Mosselbaai, het in die afgeleë noordelike Pafuri-streek van die Krugerwildtuin, naby die historiese Crooks’ Corner, plaasgevind. Die paartjie is doodgesteek en hul voertuig word steeds vermis.

Dit is jammer dat so iets gebeur asof dit ‘n alledaagse gebeurtenis is. Soms klink dit so of die woordvoerders van die regering sommige moorde afmaak as dat dit nie baie gebeur nie, soos in die geval van plaasaanvalle en moorde.

Daar is meer moorde en aanvalle wat hier plaasgevind het en die Park is nie so veilig as wat toeriste of besoekers dink nie. Wees altyd paraat maak nie saak waar nie. Die Park self het hul eie beveiliging en natuurbewaringspanne in plek maar die ander deel van kamera’s en privaat beveiliging was nie totaal in plek nie, omdat daar nie finansies is om dit in stand te hou nie.

Die Kruger Park is groot en ontvang heelwat besoekers wat duur betaal om die park binne te gaan. Besoekers soos die Marais gesin, betaal duur ingangsfooie en ondersteun akkommodasie en winkels. Daar is na jare se besoeke, nie genoeg fondse om die grense te bewaak nie en kan nie eers hul voertuie volg indien dit gekaap is nie. Wat ‘n skandvlek is vir elkeen. Die Nasionale Kruger park is een van die regeringsparke.

Dis die grooste park in die land, tog is daar nie genoeg fondse om die veiligheid beter te verseker nie. Die persone is nie net normaal dood nie, maar grusaam vermink en vermoor. Dit laat mens dink aan die president van die land wat internasionaal meld daar is nie plaasaanvalle en moorde nie.

Die Marais
https://www.asaqs.co.za/news/727868/Retired-ASAQS-member-found-murdered-in-Kruger-National-Park.htm

*

WAAR IS DIE MOORD GEPLEEG?

Dit word in berigte genoem dat die paartjie die park op 17 Mei 2026 binnegekom en is laas lewend gesien by die Pafuri-piekniekterrein op die oggend van 20 Mei. Nadat hulle nie na die kamp teruggekeer het nie, is ‘n soektog van stapel gestuur en mede-toeriste het hul liggame op 22 Mei in die Levubu-rivier ontdek.

Die klopjag na die moordenaars van die Mosselbaai-egpaar in die Krugerwildtuin duur voort terwyl spoorsnyers bandspore ontdek wat na Mosambiek lei. Die moorde het plaasgevind terwyl SANParks maatreëls ingestel het om toeriste in die noorde van die park te beskerm.

Crooks’ Corner is geleë aan die uiterste noordelike punt van die park, waar die grense van Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek ontmoet. Dit is ‘n geïsoleerde en histories berugte gebied vir smokkelary.

Waar is dit in die Kruger wildtuin? Op die grense.



The brutal murders of an elderly couple, Ernst (71) and Dina (73) Marais from Mossel Bay, occurred on May 22, 2026, in the remote northern Pafuri region of the Kruger National Park, near the historic Crooks’ Corner. The couple was stabbed to death, and their vehicle remains missing.

The couple entered the park on May 17, 2026, and were last seen alive at the Pafuri picnic site on the morning of May 20. After failing to return to camp, a search was launched, and fellow tourists discovered their bodies floating in the Levubu River on May 22.

Crooks’ Corner is located at the extreme northern tip of the park, where the borders of South Africa, Zimbabwe, and Mozambique meet. It is an isolated and historically notorious area for smuggling.

The manhunt for the killers of the Mossel Bay couple in the Kruger National Park continues as trackers discover tyre tracks leading into Mozambique. The murders happened as SANParks introduced measures to protect tourists in the north of the park.

*

CROOKS CORNER

Dis hoekie staan al lankal bekend as die “crooks corner’, want dis waar drie lande bymekaar kom, Suid-Afrika, Zimbabwe en Mosambiek.



Driving through this patchwork of habitats, spotting plenty of zebra, wildebeest, kudu, nyala, impala, warthog, vervet monkeys and baboons, it’s hard to appreciate the many stories that are concealed in its soil and among the ancient baobabs. Its elephants still migrate across the unfenced boundary with neighbouring Mozambique, made possible through the creation of the Great Limpopo Transfrontier Park, but its ancient trade routes have long changed their course.



https://www.tfpd.co.za/crooks-corner

KOMMERWEKKEND EN GEVAARLIK

Indien hierdie “crooks corner” wel gevaarlik is wat dit voorkom dit is die geval, waarom is dit nog nooit beveilig nie, mens twyfel of die regering voor 1994 pogings aangewend het om hierdie gebied meer te beveilig. Dit kom voor of daar voertuie in hierdie omgewing deurgaan na twee buurlande, sonder enige teken. Waar is die weermag dat hulle nie ons grense kan bewaak en beskerm met tegnologie nie?

Daar was sedert 2009 ook NARYSEC soldate opgelei en van hulle is aan parke toevertrou. Daar is buiten die gewone weermag, meer as 30000 jeugdiges opgelei – en hulle het skielik in die niet verdwyn, terwyl belastingbetalers betaal het daarvoor.

Hoeveel van die NARYSEC soldate is hier in die Krugerwildtuin? NARYSEC soldate word dubbel opgelei, in hul private beroepe maar ook in die militêre rigting van hulle keuse. WAAR is hierdie jeugdiges van die SAKP en ANC wat as Narysec soldate bekendstaan? Hulle is heelwat te sien in Hansards van Parlement sowel op sosiale media, opleiding het in die OOS Vrystaat geskied. EN wat het van die 5de brigade soldate van Zimbabwe geword wat deur Noord-Korea opgelei is onder Mugabe?

DUS, word moorde maklik in Suid-Afrika gepleeg en dan verdwyn hulle met gemak oor die grens na buurlande en selfs die moontlikheid dat hulle op ‘n skip klim en erens gaan vakansie hou.

Dit is kommerwekkend dat hierdie gebied nie beter beveilig is nie. Indien die voertuig weg is , waarheen het dit gegaan dat buurlande te sleg is om met die waarheid uit te kom dat hulle huisves moordenaars in hul midde. Miljoene immigrante stap hierdeur en wat word daaraan gedoen? met dwelms en selfs mensehandel waarskynlik ook nog.

*

Daar is pragtige en aangrypende tonele in die Kruger park.



https://www.dailymaverick.co.za/article/2026-05-25-sanparks-beefs-up-security-after-mossel-bay-couple-killed-in-kruger-park/


Hulle was natuurliefhebbers en gereelde besoekers aan die Kruger Nasionale park. Die Minister van Toerisme doen ‘n beroep dat natuurliefhebbers die KNP moet besoek ten spyte van die tragedie wat gebeur het.

Die feit dat daar soveel ander voorvalle plaasgevind het waar stropers van renosterhorings , deur die bosse van Mosambiek en Zimbabwe loop en uitgewis word, behoort reeds ‘n groot rooi vlag vir enige besoeker, toeris of selfs natuurliefhebber te wees. Veldwagters was ookal aangeval en doodgeskiet.

Wat is die kanse dat die moordenaars of stropers van horings of selfs deel van die zama zama’s kan wees wat in die omgewing hul goud uithaal en die riviere besoedel?. Daar word goud en minerale gestroop in die wildtuin omgewing. Hierdie grens behoort al lankal ordentlik toegemaak gewees het en deur die weermag beman geword het in belang van almal.


*

Daar is ‘n paar insidente van aanvalle en moorde in die Kruger wildtuin, maar dit is min in vergelyking met die res van die land se moordaanvalle.

https://www.news24.com/southafrica/news/criminals-will-have-carte-blanche-if-tourists-stay-away-from-kruger-park-minister-20260525-0530


Respect Mathebule was killed in 2018 by pouchers
https://wildlifecollege.org.za/kruger-national-park-loses-first-field-ranger-to-a-poachers-bullet/

Accident 2016
https://www.sanparks.org/news/media-release-sanparks-rangers-capture-ten-suspected-poachers-and-suffer-the-loss-of-one-ranger

Narysec

5e Brigade soldate van Zimbabwe
Gukurahundi – Zimbabwe

Gukurahundi

*

Crooks Corner earned its name honestly. In the early 20th century the convergence of three international boundaries made it an ideal refuge for anyone wanting to disappear — poachers, ivory smugglers, fugitives from colonial law. Step across a river and you were in a different jurisdiction entirely. The most famous of the characters associated with the area was Cecil Barnard, known as “Bvekenya” or “Mr Big Nose,” who ran an ivory smuggling operation here for years and became something of a legend in the process.


*

Omrede hulle blankes is, word die saak vererger , veral op sosiale media platforms, deur massas omdat hulle reken blankes is ‘n klein persentasie van die veelvolkige reënboognasie en niks is spesiaal aan blankes dat hulle nie ook vermoor kan word in die misdaadland nie.

Wat verder uit die oog verloor word, en belangrik is, is dat die groot persentasie moorde onder swartes ook immigrante en onwettiges daarby insluit. Dan is dit mos net regverdig indien blankes en die Boere volk rekord hou van hul eie mense wat brutaal vermoor word. Niemand verhoed enige swart volk of nasie om hul eie rekords op datum te hou nie. Daar word altyd net van die aantal moorde gepraat, maar min of selde word verwys na sake wat aanhangig is by die polisiediens of howe, nooit opgevolg word waar daardie moordenaars is of wat van hulle word nie.

ANDER VERWANTE ARTIKELS


White Killings – Land – Malema

White Cross monument

Witkruis monument 15-16 September 2023

Witkruis monument Augustus-September
*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

Lewer kommentaar