Kandidate Plaaslike regering verkiesings 4 November 2026




*

Vra uself af, waar het enige politieke party ons sedert 1994 gebring? Kyk hoe lyk die dorpe, stede, metro’s, infrastrukture, hospitale, rassisme, onteiening, besettings, swart bemagtiging en regstellende aksie bevoordeel slegs ‘n klein handjievol biljoenêrs. Hoe kan die kiesers daaruit kom en is dit moontlik? Kan onafhanklike verteenwoordigers begin om die politieke partye mag opbreek op munisipale en distrikvlakke? Beslis. Met die mag op grondvlak kan meer bereik word, en dienslewerings ook beter maak soos dit hoort. Dit sal die duistere planne van politici in hul spore stop waarmee hul besig is.


*

Hoe kan die BOERE volk hulself in hierdie proses beter verteenwoordig – hierdie is net ‘n trapleer na die volgende stap, waar ons as Boere volk, ons Boere republieke kan laat herstel op internasionale vlak. Ons het nie nodig om gebonde te wees of bly aan hierdie veelvolkige reënboognasie kliek, wat uiteindeik ons almal wil beheer met data sentrums. Met onafhanklikes wat ‘n begin is, veral in gebiede, soos die 15 Boere republieke, wat almal deelgeneem het aan ABO 1 en 2, asook al die veldslae. Daar was nie net TWEE Boere republieke nie. Alles hang van ons as Boere volk af, wil ons ons vryheid terugkry of nie?

*

Breek die politieke verteenwoordigers se mag en krag oor elkeen, want tot datum het hulle nie veel beteken nie. Waar is ons vandag? Die ashoop? Enorme bedrae gaan uit ons sakke ….

Verder, word die Boere volk steeds met zero magte, totdat ons ons Boere republieke kan terugkry op daardie spoor nadat dit in 1902 ontspoor is deur globale magte en afrikaners. Dit is tyd dat die Boere volk bepaal hoe sterk ons magte in onsself is om die kommuniste se magte te breek. Veral in die dorpe en stede wat aan die Boere volk behoort.



VOLKEREG

Die ideaal is dat elke volk hulself regeer, op alle vlakke van regering. Is ‘n sterk voorstander hiervan. Dit is nie apartheid nie, maar ‘n internasionale reg.

Gemengde kulture en botsende belange het nog nooit gewerk nie, daarom kan onafhanklike verteenwoordigers op munisipale en selfs distrikvlakte bepaal hoe en waar die onderskeie volke is. Die Boere volk het 100% reg om hul eie leiers te kies in gebiede, die BOERE republieke wat aan hulle behoort.

Terloops – GEEN federale regering of konfederale stelsel sal werk nie, want so ‘n regering is ‘n BEPERKTE REGERING EN BEPERKTE GRONDWET. Kantons en emirate het nie onafhanklikheid nie.

Segregasie en aparte gebiede bestaan steeds na 1994

Daar is tans 100% aparte gebiede, net soos voor 1994 en dit is nie naastenby apartheid nie, maar waarom word die vorige regering of Boere republieke terugkry as apartheid gesien?

Die KEV (CPA), Trustgebiede en aparte huise, het elkeen hul eie wetgewings vandag – dis dan nie apartheid nie. Dus, wie besluit hieroor soos en wanneer dit hulle pas. Die massas?

Dis deel van Volkereg.

Die volle soewereiniteit en onafhanklikheid en herstel van ‘n volk, soos die Boere republieke het nog nooit oor getalle gegaan nie. Getalle is geen voorvereiste nie. Indien ons in die meerderheid is in ons Boere republieke, het ons alle reg daartoe. Daar is meer dan TWEE Boere republieke. Internasionale reg skryf nie getalle voor hoe groot ‘n volk moet wees nie, nog minder word dit bepaal of so ‘n volk self kan oorleef of selfversorgend moet wees. Daar bestaan nie sulke voorwaardes nie. Indien daar so ‘n voorwaarde bestaan, hoe het ander Afrika lande of selfs kleiner minderhede hul onafhanklikheid verkry? Dink aan Suid-Sudan wat in 2011 onafhanklik geword het. Die CIS lande het almal onafhanklikheid net na 1991 gekry. Daar is nie voorskrifte nie.

TERLOOPS

Die Xhosa, Khoi san, Griekwas, Ndebeles, Tswanas, Zoeloes en ander het almal hul grondgebiede wat hulle na 1815 beset het, behou en hul eie tradisionele leiers gekies na 1994.

Dit is tyd die Boere volk hul gebiede herstel soos en met 1902, soos dit hoort.

Die Zoeloes het almal meerderheid in Ingonyama trust na 1994-3 behou en daar was ooreenkomste onderteken.

Duisende ander grondeise, wat na 1994 ingeskop het, met wetgewing vir hulle afsonderlike gebiede, is en word steeds onder segregasie deurgevoer.

Nou waarom moet die Boere volk terugstaan hiermee, as Boere volk het ons dieselfde reg as enige ander CPA (KEV) of Trustgebied.

Die Boere se gebiede was immers onafhanklike BOERE republieke, wat nie gesteel is nie, maar wettig bekom. Die Boere volk meng nie in met die Richtersveld of Ingonyama trust of enige ander CPA/Trust nie, waarom word ons regte al sedert 1902 vervreem van ons?

IMMIGRANTE EN ONWETTIGES – MYNGEBIEDE

Honderde duisende immigrante word daagliks ingevoer in hierdie gebiede wat aan die BOERE republieke behoort. Dit het inteendeel alreeds met Uniewording begin, wat uit London en deur Afrikaners regeer is tot en met 1994. Al die minerale word eenvoudig geplunder, selfs die kroongebiede en reservate (Trust en KEV gebiede) loop deur deur hierdie ryk ‘elites’. Dan pas hulle nog boonaf Swart bemagtiging OOK toe om hulself te verryk. Hulle, saam die ANC het daardie immigrante ingevoer om onwettig in die myne te kom werk en hulle doen dit steeds.

Niemand gaan stem vir hierdie multi-kulturele politieke reënboognasie en een wereldorde regering nie, want dit is ‘n doodloopstraat. Dit is hulle agenda – om ons almal te manipuleer en beheer met kameras in hul data sentrums, wêreldwyd

Die Boere volk moet mooi dink en besluiit waar hul hul kandidate beskikbaar stel in veral die ou Boere republieke – onthou, dit is nie net die ZAR en Vrystaat Boere republieke nie, daar is 15 Boere republieke. Daar is ook gebiede in Natal en ook in die Wes-Kaap waar Boere repubieke is.

*

BACKGROUND – AGTERGROND





Role and duties of a Municipal Councillor

There must be responsible peoples to do those critical jobs. Keep the politics out of this levels of government.


*

Hoe werk die verkiesing van Raadslede op Munisipale vlakke

Kies ‘n persoon wat weet hoe dit werk om in ‘n stadsraad te wees. Stem verantwoordelik in u eie belang en belang van die dorp en stad.

Sedert 1994 het al ons dorpe agteruitgegaan en ons verdien beter dan dit. Enorme bedrae van belastings gaan in infrastrukture in, maar dit beland beslis nie op die regte plekke nie. Dit moet gestop word. Dit is tyd dat ons beursie en belastings geld, sodat ons ons eie grense kan laat aansluit by waar die 15 Boere republieke is en behoort te wees.

Indien plaaslike owerhede gewen kan word asook streke, dan is dit ‘n stap in die regte rigting na die volgende verkiesings op Provinsiale en Nasionale vlakke van regering. Moenie onder valse voorwendsels as onafhanklik staan en politici bevoordeel nie. Die afgelope paar jaar wys wat politici aan ons gedoen het.

Die BOERE volk kan dit doen, want hier kan ons bepaal hoe sterk ons magte is, veral met onafhanklikhei en verantwoordelikheid.

Onthou een ding Boere, die politici is betekenisloos en het geen seggenskap oor die Boere volk nie. Die Boere volk is nie deel van enige politieke party nie, want hulle is almal multi-kultureel. Die Boere volk is nie deel van Afrikaners nie en was nooit.

Afrikaners het ons in hierdie posisie ingedwing sedert 1902, en net die Boere volk kan daaruitkom met ons X en latere regering en verantwoordelikheid.

Afrikaners het saam Brittanje geveg om die Boere volk en Boere republieke EEN te maak in ‘n eenheidstaad in 1902. Hulle was saam en deel in die gemors van Brittanje en haar bondgenote in die verskroeide aarde beleid en helkampe, konsentrasiekampe en grafte.

*


How do Municipal Elections work in SA?

Put South African citizens first. Put South Africa first. Put your town and city first. Today South Africa is almost in ruins with infrastructure that is being destroyed, much of it through protests and illegal immigrants who simply run over taxpayers and destroy everything. Big mining companies and their trucks are destroying all our roads and don’t pay a cent to town or city roads.
Stop feeding those political parties in charge of chaos.




*



*

Breek die kameel se rug, veral die politici, die in beheer, want wat op ons wag met die data stasies, gaan nog erger word, kamera en ander beheer, soos hommeltuie waarmee hul oorlog voer deesdae.

BOERE julle moet mooi dink oor die toekoms in ‘n veelvolkige nasie, wat nog sover net hartseer gebring het, plus die korrupsie, sindikate, verkragtings, moorde, plaasmoorde ‘n grondwet wat niks beteken nie. Die beoogde verkiesing in November 2026 kan ‘n baie groot deur vir die Boere volk oopmaak as daar eerstens onafhankike kandidate is om hierdie politieke rue te breek. Ons het nie net twee Boere republieke nie, maar daar is 15 wat ons voorgeslagte wettig bekom het. Ons het ‘n verantwoordelikheid teenoor ons nageslag om ons Boere republieke te laat herstel.

Onthou, die Afrikaners is veelvolkig en het saam Brittanje geveg teen die Boere republieke …





*


Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*








Lewer kommentaar