Die Boere volk se geloftekerk Pietermaritzburg

*

Die Gelofte wat gesluit is op 16 Desember 1838, het ingesluit dat ‘n kerk gebou moes word vir Hom sodat dit die Boere volk sal herinner aan die Gelofte van 1838.   Soveel berigte en kommentare verskyn al vir etlike dekades dat die Gelofte van ‘n kerk nooit nagekom is nie, wat natuurlik nie waar is nie.    Die kerkgebou is in 1841 voltooi en is in die Republiek Natalia gebou.   Respek om ‘n volk te wees, kom van meer as een kant af, die Boere volk het verskeie Boere republieke gestig na 1838 – hulle wou nie deel wees van die Afrikaner en Britse regering in die Kaapkolonie nie.

*

Dit is baie ou foto’s van die regte kerk wat gebou en in 1841 ingewy is en is die Bloedrivier belofte dus nagekom om ‘n kerk op te rig.  Dit is en bly deel van die Boere volk se geskiedenis.   Die Boere volk is afkomstig van die Boere republieke wat hulle gestig het nadat hulle grond bekom, deur dit te koop of geruil vir vee en dienste gelewer.  Daar is meer as twee Boere republieke, selfs in die Kaapkolonie is ook Boere republieke gestig.

*

Photos of this old church is from :
https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=11917

*

The Church was built by the Voortrekkers in fulfilment of a vow they made to God and Heavenly Father, before the Battle of Blood River/Ncome in 1838, that should He grant them victory over the Zulus in the battle they will come back and build a church is His honour, this vow can be seen in the adjacent building i.e Memorial Church.

The Museum changed its name from  Ncome Museum to uMsunduzi Museum and adopted a more culturally and historically inclusive and representative outlook.

That has nothing to do with the Vow in any case, but why strange names at the end to look out for your church?  If you do not know this, you will not find this church.

https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes_mob.php?bldgid=11917

Daarna het dit ‘n paar keer verander,  om dit as skool aan te wend, later is dit verkoop en heropkoop met die Unie regering gedurende 1912.

Dis so asof die spul in beheer nie regtig omgegee het dat die Boere volk moet weet van hierdie KERK in Pietermaritzburg nie.   Daar is later jare heelwat gefokus om eerder te fokus op die Voortrekker monument te Pretoria, wat beslis nie ‘n KERK is nie.

Net soos wat daar verskille is tussen die Zoeloe, Xhosa, Sotho en Ndebele of die Griekwa en Khoi San volke, is daar meer as een blanke groep wat van mekaar verskil.  Sommige wat hulself die Boere volk noem (die wat in die Boere republieke woonagtig was) en die veelvolkige multi-kulturele Afrikaner nasie.

*

WAAR IS DIE KERK VANDAG?

Msunduzi Museum – Ncome Museum

Die kerkgebou word sedert 1999 gehuisves in die Msunduzi Museum kompleks waar min mense dit vandag natuurlik sal opspoor.

Alles word moontlik moedswillig deur die huidige regering en ook hul voorganger gedoen, sodat die Boere volk se regmatige geskiedenis en kultuuraangeleenthede moet verdwyn of verander.    Dit is en bly onnatuurlik.

https://www.sa-venues.com/things-to-do/kwazulunatal/visit-the-voortrekker-museum/    https://umsunduzimuseum.com/about-2/

Dit is al vir etlike jare die geval.  Hoeveel van die lede van die Boere volk weet dat daar ‘n kerk gebou is en in 1841  ingewys in Natalia Boere Republiek.   Sou hulle geweet het van die kerk in die eerste plek, sou hulle nie soveel vrae rondom die Gelofte gevra het dat ‘n KERK gebou moet word nie.  Daar is dan reeds ‘n kerk, 1841.

Die Voortrekker monument word voorgehou as die alfa en omega van die Voortrekkers en die AFRIKANER VOLK, die Boere volk se geskiedenis word wel in die VM uitgebeeld en dit is al.

Die VM is ‘n monument as sulks en nie ‘n kerk wat hoegenaamd verbind is tot die belofte van 16 Desember 1838 deur die Boere volk.   Die VM is in 1949 ingewy.

*

Selfs die seëls van herdenkingsfees 1938 wys die kerk uit, wat gebruik is vir fondse vir die VM.

SOUTH WEST AFRICA 1935 Voortrekker Memorial ''½d+½d Church of the Vow'' SG  92, Bilingual

*

Luister gerus na die volgende boodskap rakende die Gelofte wat deur die Boere volk met God gemaak is.   Daar is ‘n kerk gebou in Pietermaritzburg, reeds voltooi in 1841.   Later is die kerk verander in ‘n skool en later weer verkoop.  Dit is weer teruggekoop.

https://www.youtube.com/watch?v=F-XmbzsD20o

Daar word geskryf oor ‘n kerk wat opgerig is te Pietermaritzburg, wat later die Geloftekerk gedoop is.   Geloftevieringe word steeds jaarliks deur die Boere volk en ander herdenk, maar belangrik om in ag te neem is die belangrike kerk in die geskiedenis van die Beloftes van 16 Desember 1838.   Die Gelofte was voorafgegaan en met die Slag van Bloedrivier so gedoop.

Interessant hoe sekere van die besittings van al die Boere republieke en Boere volk en hul nageslagte geloop het, nadat die 1910 regering oorgeneem het.   Die Gelofte feesvieringe het inderwaarheid niks te doen met die Voortrekkermonument nie.  Dit is buitendien deur daardie regering ‘gebou’ en gemaak of dit die Voortrekkers is wat dit versoek het.

Die seëls is uitgebring in 1939 toe daar ‘n herdenkingsfees plaasgevind het.   Die seëls is glo deel van befondsing vir die ‘Voortrekkermonument’, wat niks met die Geloftekerk te doen het nie.

Die Voortrekkermonument is ook nie die Geloftekerk nie, die is reeds lankal opgerig in Pietermaritzburg.

Hoe het die kerk eers daaruit gesien?   En waarom is dit verander?

Kyk hoe het die kerkie gelyk en na Uniewording is dit verander en deur wie?

https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-pietermaritzburg/

Voortrekker kerk Pietermaritzburg

*

In 1909 is ‘n komitee gevorm wat fondse ingesamel het vir die terugkoop van die Voortrekkerkerkie op Pietermaritzburg en die komitee het besluit om hulle later te beywer vir die oprigting van ‘n monument ter ere van Piet Retief en die Voortrekkerleiers.

Die Voortrekkerkerkie is teruggekoop en op 16 Desember 1912 aan die Unie regering oorhandig en een van die voorwaardes was dat die komitee ‘n monument op die terrein van die kerkie mag oprig. Die komitee was onder die indruk dat die Regering vir so ‘n monument sou bydra.

Ongelukkig het die Wêreldoorlog gekom en die monument se saak was vir ‘n paar jaar hangende. Verskeie pogings is aangewend maar eers in 1931 is besluit om die Sentrale Volksmonument Kommitee (SVK) te stig met opdrag om ‘n waardige monument op te rig met mikpunt om die monument te onthul 16 Desember 1938 tydens die eeufeesvieringe. Die SVK het dadelik aan die werk gespring maar dit was depressietyd en die publiek kon nie op groot skaal bydra vir die monument nie. Met die goedkeuring van die Regering is posseëls uitgegee wat elke een in staat sou stel om deur die koop daarvan iets tot die fonds by te dra. In samewerking met die regering is op die terrein buite Pretoria besluit.

Die Voortrekkermonument kan gesien word as ‘n Unie regering beslissing.   Dit is beslis nie ‘n kerk soos wat in Pietermaritzburg gebou is nie.

Van die seëls was groen met die Geloftekerk te Pietermaritzburg daarop afgebeeld.

Die 1½ d. seël was pienk met ‘n afbeelding van ‘n kakebeenwa wat met moeite oor ‘n steil gevaarlike berg gaan. Die ou Cradock-pas, een van die eerste bergpasse om George met Oudshoorn te verbind.

Dir 3d. seël was pers met die beeld van ‘n turende burgerwag wat sit (soos een van die 4 figure op die Krugerstandbeeld ook).

Die 4½d. seël was blou met ‘n peinsende Voortrekkervrou.   Soms is hierdie seëls op koeverte van die Ossewatrek-briefpos geplak.

No photo description available.

Bygaande foto’s is verkry van ‘n artikel deur JB Haarhoff wat onthou dat hy die seëls in Des 1938 op Worcester se plein voor die kerkgebou gekoop en gepos het in ‘n wa-kis. Hy onthou ook die lang baarde van al die manne en die kappies en voortrekker rokke van die vrouens. Baie Volkspele is gedoen en hulle het ook by die kerk ‘n klipstapel gepak. Hierdie seëls het hy nog al die jare bewaar as kosbare kleinood.

*

It was stated that photos was received from J B Haarhof who remembers that he bought and posted them in a wagon box in 1938 at the square in front of the church in Worcester and has treasured them all these years. He remembers the long beards of all the men and the bonnets and Voortrekker dresses worn by the women. A great deal of National dances was done and they also packed a stack of stones at the church. These stamps have been kept in his possession for years as a valuable treasure.

The Pink stamp with the Voortrekkers that trekked in the direction of Natal. In the background is the “Kerkenberg” near Harrismith. The storm and lightning flashes behind the mountain symbolise the difficulties that the Voortrekkers had to face (eg. The Rietief and Bloukrans murders). On the foreground is a Voortrekker daughter that is picking up and carrying a weak lamb.

*
*

Die FAK en Orania se Boshoff het ook die kerk besoek, saam met Ramaphosa en hulle wil die dag 16 Desember  verander na “VERSOENINGSDAG”, terwyl dit vir die Boere volk ‘n Gelofte was wat gemaak is en het niks met versoening te doen nie.

Gayton McKenzie

Daar was ook ‘n ANC minister wat ‘n uitspraak gelewer het dat dit die laaste sal wees wat die Afrikaners so ‘n Geloftedag sal herdenk, want hy noem dit ‘versoening’.   Afrikaners is in elk geval op hul eie, en kan die Boere volk nie namens hulle kommentaar lewer of praat nie.

Die minister moet maar kennis neem.    Dit was NIE die gemengde Afrikaner nasie wat daar was by Bloedrivier nie, maar die Boere volk en Voortrekkers.

Die Boere volk is geen kinders van Mandela nie, dit is ‘n saak van onmoontlikheid.   Daar is geen sprake van dat daar enige verwantskap bestaan tussen die Boere volk, Voortrekkers of Mandela nie.  Indien Afrikaners reken hulle is deel van Mandela, dan is dit hulle besluit.

Hy wat die minister is, is nie in die eerste plek God om te besluit oor die Gelofte wat deur die Boere volk gemaak is met hul Hemelse Vader.  Dit was nie met ander volke of nasie gemaak nie.  Die   Gelofte en versoen beteken twee verskillende dinge.

Daar is ‘n Gelofte gemaak, wat nagekom word deur die Boere volk sedert 1838 reeds.    Wat is daar om te versoen, as dit ‘n Gelofte is wat herdenk word – met wie moet daar versoen word.  Klink eerder of hierdie minister eerder ‘n skuldige gewete het oor ‘versoening’, nugter alleen weet tussen wie?   Die Gelofte is met die Vader gedoen, nie met mense nie.

Die Minister en sy president met wie hy so spog, wat kwansuis almal se president is, kan nie eers erken dat daar plaasaanvalle en moorde in Suid-Afrika plaasvind nie, nog minder laat hy oor ‘n honderd wetgewings toe wat teen die Boere volk diskrimineer.   Dus, hoe kan hy vir meer as 30 jaar besluit om rassisties en diskriminerend te wees verewig.    Hulle moet eerder voor hul eie deure vee as dit gaan oor versoening met hul eie mense in die land.   En dan moet die leiers maar hul eie anc-pac-sakp manifes of 1996 grondwet, gaan lees met wie hulle mag assosieer en saam met wie mag daar gekuier word.   Dit is dan so ‘n demokratiese grondwet, of is dit nie?

*
Minister of Sport, Arts, and Culture Gayton McKenzie has called for South Africans to celebrate the Day of Reconciliation – 16 December – together, following the Afrikaner community’s commemoration of Geloftedag, or the Day of the Vow.   Shortly after attending the Geloftedag celebrations in Pretoria, Gayton McKenzie called for South Africans to unite under a single objective.

The minister shared: “Today was the last time whereby we had different celebrations as a nation. The day is called Reconciliation Day for a reason. We made great strides by attending each other’s celebrations today, but this is still not ideal. We are the children of Mandela.”

https://www.thesouthafrican.com/lifestyle/gelofte-day-day-of-reconciliation-afrikaner-gayton-mckenzie-latest/

*

LEES OP MAROELA MEDIA

Laastens word ‘n berig gelees dat die ‘president’ saam met Boshoff die verrigtinge hier bygewoon het en hulle maak of ALLES te doen het met VERSOENINGSDAG, wat dit nie is nie.

Versoening en Gelofte is twee wyduiteenlopende woorde en het niks met die ANC, Orania of enige veelvolkige Afrikaners te doen nie.   Die Gelofte was tussen die Hemelse Vader en die Boere volk in Desember 1838, nie met ander volke en nasies nie.

Die Boere volk word al vir jare en dekades ontken, beide deur die huidige regering sowel as Afrikaners uit die vorige regering.

Vra gerus vir Moeletsi Mbeki oor Swart bemagtiging en waar dit vandaankom.   Dis die Afrikaners en Afrikanerbond wat alles te doen het met swart bemagtiging, regstellende aksie en ekonomiese onteiening.   Daar is ‘n groot verskil tussen die Boere volk en veelvolkige en gemengde Afrikaner reënboognasie.  Dit was so in die verlede ook, daarom het die Boere volk padgegee  uit die Kaapkolonie op soek na VRYHEID.

https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/fak-se-oor-geloftedag-versoeningsdag/

*

VERWANTE INLIGTING – RELATED INFORMATION

Afrikanerbond – Afrikaner-Broederbond in SA

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO

AAI (Afrikaner-Afrika inisiatief)

Regstellende aksie Affirmative Action – Dakar 1989

Afrikaner multi-kultuur verklaring – Eloff-Buys

Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024

Multi-kulturele Afrikaner organisasies en politieke party VF+

Afrikaners Afriforum Ernst van Zyl

Orania, selfbeskikking Afrikaner verklaring

Submission by Solidarity 14 May 2003 in Parliament

Afriforum –  Wit nasionalisme word verwerp en moet teengestaan word

*

Boere volk – die Kerk van die Gelofte te Bloedrivier is lankal opgerig, te Pietermaritzburg. Moenie groot monumente, soos die Voortrekkermonument verwar met die KERK wat reeds lankal bestaan nie.  Gelofte was tussen HOM en die Boere volk, die wat getrek het.

Boer people – the Church of the Promise at Blood River was built a long time ago, in Pietermaritzburg. Do not confuse large monuments, like the Voortrekkermonument, with the CHURCH that has existed for a long time. The promise was between HIM and the Boer people, those who moved from the Cape Colony.

Voortrekker kerk Pietermaritzburg

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

 

Lewer kommentaar