Grondgebiede van Boere volk



*
Meeste minderheidsvolke in Suid-Afrika beskik oor grondgebiede wat geskiedkundige waarde vir hulle het.   Die Boere volk het ook haar Boere republieke.      Daar is verskeie etniese groepe wat reken dat die Boere volk nie geregtig is op ‘n stukkie grondgebied nie, wyl ander dink die Boere is deel van die Afrikaners.      Dit is natuurlik totaal en al ‘n wanbegrip en vals beskuldigings wat gemaak word teenoor volkslede dat hulle nie in Suid-Afrika hoort nie.     Daar is ‘n hele aantal Boere republieke en was nie deel van Afrikaner nasie nie.

1887 – Boere republieke was al lankal internasionaal erken soos ook op die kaart aandui.

1887 ANTIQUE MAP SOUTH AFRICA CAPE COLONY ORANGE FREE STATE TRANSVAAL NATAL  | eBay

*

Die Britte het na suidelike Afrika gekom om teen minderhede en veral die Boere volk kom veg.    Die Boere volk wou nie onder Britse heerskappy in die Kaapkolonie staan nie.   Hulle het na die binneland getrek en daar opnuut gaan vestig.   Dis hier waar Brittanje hul wil op die Boere volk kom afdwing het.  Brittanje was nie alleen nie en het heelwat bondgenote gehad om saam hulle te veg, hul plekke en plase beskikbaar gemaak aan die Britte tydens die oorloë.   

Die vlae van al die Boere republieke het niks met Afrikaners te doen nie, inteendeel.  Vlae is juis geskep in al hierdie Boere republieke wat uitgeroep is.

*

Die Boere volk se gebiede is  bekend as die Boere republieke waarop hul nasate ‘n aanspraak het.    Die Afrikaner nasie en Boere volk verskil totaal van mekaar, omdat Afrikaner ‘n nasie is met multi-kulturele uitkyke en organisasies is.   

Tydens Britse bewind was die Afrikaners deel van Rhodes en kolonies.   Die Bond party uit die Kaapkolonie het meer as 30000 pond per jaar bygedra aan die Engelse om oorlog te voer teen die Boere volk.  Dis nie al wat hulle gedoen het nie, van hulle het ook geveg teen die Boere volk.

1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond)  – ABO

Die Boere is van hul volks- en menseregte vervreem in 1902 deur Brittanje en met die hulp van bondgenote,  Afrikaners en ander etniese volke het dit in chaos uitgeloop, naamlik die Unie van Suid-Afrika en opvolgregerings.   Dit is ‘n internasionale reg en volkereg – een volk kan nie koning kraai oor ‘n ander volk se gebiede nie.    Daar is genoeg bewyse dat meer as een Boere republiek in 1902 onafhanklikheid geniet en selfs internasionaal erken is.   

Reeds vandat die Engelse hier kom gebiede annekseer het, is daar bewyse dat die Boere volk nie onder Britse heerskappy in die Kaapkolonie wou aanbly nie en het dus na die binneland getrek waar min mense gewoon het.   

Brittanje sal hulle nooit onderwerp aan Russiese of Chinese heerskappy nie.   Waaorm word dit verwag dat Boere volksgenote dit moet doen en moes ‘n vals ‘vredesverdrag’ teken wat deur Brittanje en Afrikaners opgetrek is.   Dit word gemeld dat Brittanje vinnig was om pad te gee uit die Europese Unie uit, omdat hulle nie daar wou wees nie.   Elke volk, die Boere volk, het ‘n internasionale reg om oor hulself te regeer in gebiede wat aan hulle behoort, naamlik al die Boere republieke.

Verskeie swart volkgroepe het wel sekere dele bo in die noordekant van Zoeloeland en ander gebiede ongeveer in 1806-1820 beset en dit as hulle sin beskou.  Dit staan na 1994 as Ingonyama Trust bekend, of andersinds Richtersveld en ander CPA’s.   Niks is fisies deur swartes of ander volke aangekoop nie.   Die Groot trek is voorafgegaan deur Difaquane / Mfecane waar swartes met mekaar slaags geraak het en mekaar uitvermoor het.   Dit is nie deur die Boere volk veroorsaak nie. 

Ingonyama Trustland (Zulu people)

Richtersveld – KHOISAN AND CPA

Richtersveld 1847

Gold and diamonds -1886 – Griqualand West

Mfecane  – 1795-1830 teenoor 2024

Verder was heelwat gebiede in die binneland leeg en is grondgebiede wat nie benut was nie, Niemandsland, aan boere verruil is vir beeste of dienste gelewer of kontant aangekoop   Heelwat ooreenkomste is tussen swart leiers en Boere leiers gesluit en aangegaan.   Die Trekkers was Boere en geen Afrikaners het meegemaak aan die Groot Trek nie en so het Boere republieke ook ontstaan soos daar getrek is.

Dus, Afrikaners is nie ‘n volk nie, hulle kan nie aanspraak maak op die Boere gebiede nie, want hulle is nie Boere nie.   Hulle kan ook nie aanspraak op Zoeloe of Khoi san gebiede nie.  So kan die Boere ook nie aanspraak maak op Khoi san of Zoeloe gebiede nie.

ABN en Dinokeng

Afrikaner verklaring 2024

Afrikaner multi-kultuur verklaring  –  Eloff-Buys

Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024

*

Die Volkstaatraad van 1994 wat amptelik deur die nuwe interim regering aangestel is, het ondersoeke gedoen oor “Afrikaner’gebiede, wat almal inderwaarheid meestal Boere republieke is.

Die akkoord is voor 1994 verkiesing geskryf onder interim grondwet en het niks te doen met 1996 grondwet of anc manifes of die Britse statebond nie.

Afrikaners ploeg dus met die Boere se gebiede en maak dan aan die einde of die gebiede geskiedkundig Afrikaner gebiede is.


Verwys na die beeldmateriaal.

Hulle spel uit, hulle wil nie afstig nie – hoe arrogant dink hulle is mense om dit te glo, hulle wil deel bly van die land, soos vanaf 1994.  (08:14).    Daar word oor Sesessie gepraat in die eerste plek dat dit nie dit is nie en dat die Afrikaners steeds deel van SA wil wees en nie afstig nie.   Afrikaners het gestem vir die demokrasie in SA soos dit vandag is en dit is ook by Kodesa onderhandel.

Natuurlik is daar aanbevelings aan parlement gedoen voor 1996 se grondwet, en daardie aanbevelings het duidelik getoon waar die Boere volk hul mandaat gegee het.  Dit was grotendeels Boere gebiede en ook die uitslag van die verkiesing het dit getoon.  Afrikaners het geen regte om te verkry in enige van die Boere republieke nie.

Die Boere is beslis nie skoothondjies van die anc of britse statebond.    Dit was Brittanje met hulp van Afrikaners wat die Boere van baie beroof het.

https://www.youtube.com/watch?v=v9VJSot5zAc

Dit sluit aan by Groenewald se opinie.   Sy hele politieke party is rondom multi-kultuur gebou.  Eintlik ‘n grap oor Tabok as inisiatief vir Afrikaners om te ploeg met Boere gebiede.     Die publikasie, sowel as die Hansards getuig daarvan dat dit Boere gebiede is.  Afrikaners het nog nooit enige Boere republieke of grond gehad nie.   Geen reënboognasie kan aanspraak maak op die Boere volk se gebiede, die Boere republieke nie.

https://www.youtube.com/watch?v=rU4xeh8xt1U

*

CERTIFICATION OF 1996 CONSTITUTION ON THE ACCORD OF AFRIKANER SELF-DETERMINATION AND VOLKSTAAT

GRONDWETREGTERS SE UITSPRAAK MET BEKRAGTIGING VAN 1996 GRONDWET

Certification of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (CCT 23/96) [1996] ZACC 26; 1996 (4) SA 744 (CC); 1996 (10) BCLR 1253 (CC) (6 September 1996)

:::::::::::::::::::::::::

[217] A related contention was that the right to self-determination, including the right to secession, is internationally accepted as a right, and thus should not be subjected to the discretion of Parliament. Thus, if a dispute reached this Court, it should be decided according to objective criteria as determined by international law, and NOT by whether or not Parliament has passed the requisite legislation.

http://www.saflii.org/za/cases/ZACC/1996/26.html

*

Verwante inligting en artikels

Die skrywer van selfbeskikkingsartikel 235 van grondwet 1996

Volle soewereiniteit en selfbeskikking

Menseregteskendings 1994 Akkoord

Die publikasie was in 1995 uitgebring en dit stem ooreen met die Hansards van Parlement, wat deur die 1994 Volkstaatraad gedoen is.

Selfbeskikking (publikasie 1995) (Griggs)

Onafhanklikheid van ‘n volk

Kodesa – liberale en kommunistiese grondwet skrywers

Kennis is mag – Boere volksgenote

Twee Onafhanklike BOERE republieke

Afrika Mfecane – Difaqane sedert 1795

People’s international right to self-determination

Volksregte –  Rights of people

https://www.cafr.ebay.ca/itm/143086288318

https://www.cafr.ebay.ca/itm/142279923917

Contact – Kontak Admin

volksvryheid9@gmail.com

11 gedagtes oor “Grondgebiede van Boere volk”

Lewer kommentaar