Korrupsie in EU parlement



*

Korrupsie vind regdeur alle kontinente plaas, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die EU parlement.   Heelwat mede kollegas op so ‘n hoë vlak leef lank in ontkenning en dan word sommige totaal uitgevang,   Die ondersoek het glo ‘n paar maande geduur en gaan steeds voort.   Natuurlik was dit vir heelwat ‘n ontnugtering en teleurstelling.   Aan die einde is dit die lande wat skade ly en ook die belastingbetalers se inkomstes wat leeggemelk word.   Leuens word verkondig sodat hul hul knoeiwerk kan toeverf met leuens en bedrog.   Sommige kom eenvoudig net weg met alles wat gesteel word en niks word weer teruggeplaas waar dit hoort nie.  Menseregte word onmenslik geskend hierdeur, veral in Suid-Afrika. 

Corruption scandal – now raid in the middle of the EU Parliament

*

QATAR

Daar word nie gespeel om mense in hoë posisies in hegtenis te neem en te laat aankla nie.

https://www.youtube.com/watch?v=7WjbeZVfrLA

*

Omkoopgeld – sy is van al haar titels en posisies geskors.

https://www.youtube.com/watch?v=cWJISwqyFus



*


En wat dit vererger in EU parlement, is die hoë bome wat dink hulle kan nie omval nie.   Suid-Afrika se hoë bome dink hul is teen hul eie wetgewings verhewe.    Die EU parlement het nie op hul laat wag nie en dadelik begin optree rakende die korrupsie dat dit nie weer moet plaasvind nie om dit te voorkom.  Nie in Suid-Afrika nie.   

In Suid-Afrika gebeur dieselfde al vir dekades en niks word aan hulle gedoen nie.   Regters word al sedert 1994 aangestel deur die regeringsleiers, die presidente en ander hooggeplaastes.     Dus verhoor hul hul eintlik self met hul regsbank aanstellings.   

*


Die Belgiese polisie het 12 Desember 2022 (Maand), die perseel van die Europese Parlement in Brussel deursoek. Die klopjag het gevolg drie dae nadat die korrupsieskandaal rondom die Griekse parlementêre visepresident Eva Kaili bekend geword het.  Sy is van al haar pligte onthef. 

Volgens artikel 14 van die Verdrag oor die Europese Unie kies die Europese Parlement “hul President en Buro uit sy lede” vir ‘n hernubare termyn van twee en ‘n half jaar. Dit beteken dat daar gewoonlik twee presidente in elke wetgewende sitting is.

*

Die arrestasie en aanklag van vier mense in verband met ‘n ondersoek teen korrupsie waarby lede van die Europese Parlement en ‘n Golfstaat betrokke is, wat na bewering Qatar is, kan Brussel tot in sy kern skud.

Sommige lede van die EP parlement, insluitend een van die parlement se vise-presidente Eva Kaili wat Sondag in aanhouding gehou is, is daarvan beskuldig dat hulle groot bedrae geld aanvaar het van ‘n Golf-land wat na bewering die Wêreldbeker-gasheer Qatar is. Doha het die beskuldigings ontken.

Die EU se hoof van buitelandse beleid, Josep Borrell, het die jongste verwikkelinge as “baie kommerwekkend” beskryf toe hy Maandag vir ‘n vergadering van EU-ministers van buitelandse sake in Brussel aangekom het.  Daar is reeds ondersoeke aan die gang wat opgevolg word, want dit is redelik ernstige beskuldigings.    Hierdie gaan glo oor geloofwaardigheid van die hele Europa wat in gedrang is.   Die Griekse regering het Kaili se bates bevries, die Europese Parlement se Sosialiste en Demokrate het die politieke lid geskors asook uit Griekeland se sentrum-linkse PASOK-party geskors.

Die Belgiese polisie het 9 Desember 2022, (Vrydag), sowat 16 klopjagte regoor Brussel uitgevoer waar  beslag gelê is op sowat €600 000 kontant, benewens rekenaartoerusting en selfone.   Dit is al lankal vermoed dat daar sulke transaksies plaasvind deur ‘n Golfstaat om MEP’s te beïnvloed.    Die Belgiese federale aanklaer se kantoor het nie die land se naam genoem nie, maar ‘n bron na aan die kwessie het aan AFP bevestig dat dit Qatar is, wat ander media ook berig het.     Kaili is intussen in hegtenis geneem en aangekla. En sy is gestroop van haar pligte as vise-president van die Europese Parlement.   Andere name word nog nie genoem nie.

Die ondersoeke duur nog voort.   

*

Skakels

https://www.euronews.com/my-europe/2022/12/11/its-a-disgrace-and-it-makes-europe-weaker-meps-respond-to-corruption-scandal

Belgium makes EU parliament arrests in Qatar corruption probe

https://news.trenddetail.com/today/283340.html


*


KORRUPSIE IN SUID-AFRIKA 


RAMAPHOSA IN SUID-AFRIKA – KORRUPSIE

https://www.youtube.com/watch?v=oDBeWGJIkXU

*

Korrupsie – Ramaphosa –  Grondwethof

https://www.youtube.com/watch?v=K0mPtD5_xIo


*

Ramaphosa korrupsie

https://www.youtube.com/watch?v=KEulHOd2ePE


Eskom is deel van die ANC en staatsentiteit (belastinggeld)


ESKOM EN STAATSKAPINGS

15 jaar PLUS beurtkrag onder ANC

Eskom sabotage from inside


Eskom  corruption

Sabotage inside Eskom 2020 report

Phala Phala Verslag  –  Ramaphosa

Ramaphosa: ANC Korrupsie en belasting

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s