Nog ‘n Ivermektien briesie het oor Suid-Afrika begin waai – ‘n oud sport held en dalk vir sommige onbekend, maar Hannes Strydom, apteker, het hom geskaar om die wettigheid van Ivermektien te gebruik saam die ander dokters en afriforum. Dit gaan oor om menselewens verbeter en selfs te vergemaklik, nie oor beheer en kontrole deur “magtiges” nie. Dis nie die “magtiges of ministers” wat langs siek beddens staan nie, maar ons families op die grond, die dokters, die mediese personeel en aptekers. Daar is reeds soveel ander medikasie wat ook nie geregistreer is nie, en tog word dit weinig indien ooit aangespreek. Ons land is in ‘n krisis en Ivermektien saam ander middele, is die oplossing. Oorsese lande se burgers stem saam.
*
Daar word vir ons vertel die virus is gevaarlik, handhaaf afstande, was hande en so gaan dit aan. Word dit gedoen – nie tydens die hooggeplaastes hulle “enstof” ontvang het nie, en die gesondheidswerker doen dit sonder handskoene. So waar is die afstande en gevaar? …..
https://www.youtube.com/watch?v=ZtDmAPr6sqk
*
SUID-AFRIKA
Eintlik is Ivermektien reeds ‘n wettige middel, as daar na die persverklaring geluister word en dis veilig. Miljoene het oorleef met rivierblindheid en ook genees aan die einde van die dag. Sowel ander siektestoestande soos velprobleme en luise, ens.
Indien daar tot einde Maart 2020 gewag moet word, word nog geliefdes verloor (en eintlik vermoor deur diegene wat daarteen is). Hierdie regering en die paar “magtiges” wat beheer probeer uitoefen, wil ons almal weghou om gesond te word sodat ons almal die entstowwe moet gebruik (waarvan sommige ook reeds vervaldatums op het).
Daar is nie baie vertroue in die entstowwe wat net 57% trefkrag het nie. Dit bly wetenskaplike proewe en ons is die proefkonyne.
Net ‘n vraag – hoeveel van die “magtiges” het aandele in die entstowwe?
Dis vir niemand ‘n ligtelike besluit nie, maar tog as daar na die reuse suksesse van Ivermektien gekyk word, kan mens nie anders nie. Dis nie net Aptekers nie, maar elke mediese dokter en ander personeel van spreekkamers en hospitale, behoort hul agter die stryd van wettiging en beheer van Ivermektien te plaas – dokters en aptekers wat die produkte verkoop of voorskryf. Dis ‘n mensereg en skending as ons nie toegang daartoe verkry nie. Oorsee doen dokters baie vir hul mense, maar ons word deur die howe aan bande gelê.
Daar is al heelwat mediese dokters met die versoek, maar daar is toe genoem dis nie gewettig nie. Miljoene mense het al Ivermektien gebruik in verskillende lande, veral Peru, maar ook sedert die uitbraak van die virus word dit ook in verskillende lande, met sukses gebruik.
Gesien in die lig van wat Afriforum skryf, asook ander wat saam hierby betrokke is, is die situasie in Suid-Afrika baie duidelik dat daar openlik en opsetlik “leuens” verkondig word oor Ivermektien en dat ons as siek mense nie toegang daartoe mag verkry nie.
Selfs dat Ivermektien dodelik is, wat nog minder sin maak, aangesien honderde dokters die virus reeds in verskeie lande met Ivermektien en ander middele met sukses behandel. Die middel word in Indië uitgedeel.
Dokters in Suid-Afrika se menseregte word oral geskend en siek pasiënte wat behandel kon word sit vandag met meer en erger siektes simptome of ander het reeds geliefdes verloor omdat Ivermektien geweier is.
Wat ‘n skandalige waarneming is dit hoe ons as burgers behandel word, getrou daaraan om gereeld ons belastings te betaal, maar word deur owerhede aan bande gelê om nie gesond te lewe nie. Dus word elkeen se mensereg geskend, saam elke mediese dokter en personeel wat langs siekbeddens staan wat nie mag behandeling ontvang nie.
Wetenskaplike proefnemings – entstowwe – nie eers een van die entstowwe kan ons gesondheid verbeter nie, want dit is steeds ‘n wetenskaplike eksperiment op elke mens regdeur alle kontinente. Selfs diegene wat ingeënt is moet steeds voortgaan met hul laslappie wat hul monde sloer en handjies was met middels wat nog minder gesondheid vir enige een vir ons of ons kinders inhou. Word daar middels aan die handel gespuit, staan baie kinders rondom hoe mamma en pappa hul hande moet ontsmet en asem heel “onskuldig” giftige middels in wat hul longe en selfs ander membrane, ore, neus en keel, selfs die vel, beskadig. Oor die entstowwe wat geen waarborge bied nie, kan mens bladsye oor skryf. Daar is geen waarborg dat mens se spoeglappie gaan verdwyn nie en ook nie handjiesvas nie.
Maar die dag toe Ramaphosa en ander hul entstowwe ontvang het en wat op televisie getoon is, was daar geen afstande tussen omstanders nie, die gesondheidswerkers het entstowwe toegedien sonder enige handskoene aan. Waar is die groot gevaar of dodelike virus daarmee of hoekom word daar so vir die publiek gelieg.
https://www.youtube.com/watch?v=ZtDmAPr6sqk
Dit word nie ontken dat die virus nie bestaan nie, maar indien daar medikasie is wat wêreldwyd aangewend word, waarom is dit hier in Suid-Afrika verbode of wil die wat beheer uitoefen almal eers laat doodgaan en dan word almal as ‘n Covid-19 sterfte aangeteken.
*
Apteke en betrokkenheid by medikasie – heelwat apteke buig agteroor om hul kliënte van hulp te wees.
Hannes Strydom – die bekende apteker, eienaar van die Pharma Valu-apteekgroep en oud-Springbok-rugbyspeler – het pas ’n nuwe hofaansoek gebring om dié feite voor die hof te plaas wanneer AfriForum en verskeie ander organisasies, ook die ACDP, se hofaansoeke gelyktydig op 29 tot 31 Maart 2021 vanjaar aangehoor gaan word.
AfriForum en dr. George Coetzee is die afgelope maand in ‘n regstryd met die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (SAHPRA) gewikkel sodat dokters die weergawe van ivermektien wat vir mense geformuleer is vir die behandeling van COVID-19 aan pasiënte mag voorskryf.
AfriForum en sy regspan het onlangs tot die gevolgtrekking gekom dat dié middel – wat gebruik kan word om mense te behandel wat COVID-19 opdoen – nog altyd wettig was, omdat SAHPRA nooit toegesien het (soos wat die Wet op Medisyne en Verwante Middels 101 van 1965 voorskryf) dat ‘n Staatskoerant-kennisgewing gepubliseer word wat registrasie van ivermektien as medisyne vereis nie. Boonop het SAHPRA dié feit tot dusvêr van die publiek weerhou.
*
Die volgende is deur Afriforum bekragtig bevestig dat SAHPRA egter in die 30 jaar wat ivermektien al beskikbaar is en die medisyne as skedule 3-medikasie gelys is, nooit ’n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer om dit onwettig te verklaar nie. Ivermektien is dus nie ’n registreerbare medisyne nie, maar is wel gelys in skedule 3 van die wet.
“’n Belangrike aspek van die verbod op ongeregistreerde medisyne is dat ongeregistreerde medisyne nie outomaties onwettig is nie. Daar is ’n plig op die reguleerder om eers ’n kennisgewing in die Staatskoerant te publiseer. Dié kennisgewing gee aan medisyneverskaffers en apteke, of farmaseutiese maatskappy wat wil aanhou om ’n bepaalde medisyne te lewer, ses maande tyd om die medisyne te registreer. Dit is eers wanneer die ses maande tydperk ná kennisgewing in die Staatskoerant verstryk het dat ’n ongeregistreerde medisyne onwettig raak. Medisyne is dus nie outomaties bloot onwettig nie. Dit moet eers afgekondig word as ’n registreerbare medisyne, en eers wanneer dit opgeroep word en nie geregistreer is nie raak dit onwettig,” verduidelik Spies.
https://afriforum.co.za/ingrypende-wending-in-regstryd-oor-ivermektien/
*
Strydom sê apteke is betrokke by primêre gesondheidsorg en dit is tans in ’n krisis. “Ivermektien is wêreldwyd al deur miljoene mense gebruik in behandeling teen parasiete en dit is bewys om veilig te wees.
“Ons sien daagliks pasiënte in die land sterf, en daarom soek ons uitsluitsel om ivermektien vir pasiënte te kan gee wat daarby kan baat. Gegewe die huidige situasie is dit nie nodig dat die middel geregistreer hoef te wees nie. Die owerheid moet nou ingryp sodat mense gehelp kan word. Daar is buitendien nie nou ’n alternatief beskikbaar vir die behandeling van COVID-pasiënte nie.”
Strydom meen dit maak baie meer sin dat die middel plaaslik teen ’n bekostigbare prys saamgestel en vervaardig word, as wat onwettige weergawes daarvan die land ingesmokkel word en teen astronomiese pryse verhandel word.”
https://afriforum.co.za/afriforum-en-aptekersgroep-wil-he-hof-moet-ivermektien-wettig-verklaar/
*
Die burgerregteorganisasie AfriForum gaan in samewerking met Hannes Strydom, oud-Springbokrugbyspeler, apteker en eienaar van die Pharma Valu-apteekgroep, ’n belangrike wending in die geveg oor die beskikbaarstelling en gebruik van ivermektien aankondig.
https://www.youtube.com/watch?v=t5X3CeyJQ_Y
*
Background of Hannes Strydom –
He was part of the 1995 World cup rugby team and is a legend in South African sport and now also a prominent businessmen and entrepreneur.
https://www.youtube.com/watch?v=OHM7OaxyCcE
Facebook
https://www.facebook.com/PharmaValuPharmacy/
Website
https://pharmavalu.com/?fbclid=iwar0jbmeviuoy7dmmd0ppki-znwkkvgd821l_w5oj7ivoa105xmeqplogbgq
*
*
More background
Ivermectin – India and Brittain
Quercetin – immune system
Zinc – Ivermectin – Doxycycline – virus
Ivermectin – Stromectol – Mectizan – Ivomec
Ivermectin – Covid-19 – Prof Thomas Borody
Ivermectin – Japan – Satoshi Ōmura
Ivermectin – Prof Paul Marik
COVID-19: The Ivermectin African Enigma
Ivermectin SA Doctors and Afriforum
Ivermectin – FDA approved
Ivermectin – Nigeria
Ivermectin – Carte blanche
IVermectin – IVermektien
FLCCC Alliance – Ivermectin …
Ivermectin – FLCCC
Hoekom iets verban wat werk nog n klap van die Regering soos met alles. Ek is 70 en gebruik dit en gesond soos n vis in die water. Ek bid vir geregtigheid seen en sterkte met die saak ek weet julle sal dit wen
LikeLiked by 1 person
Wonderlik, vertel asseblief meer.
LikeLike
Ek woon in Alberton, waar kan ek Ivermectin koop in ons omgewing?
LikeLike