Kringloop van omstandighede – Lewe versus Sywurms

*

Dit wat die huidige president, Ramaphosa aan ons toedig, naamlik die padda in die pot, is juis ‘n lewensles wat ons diep oor moet nadink.   Kom uit die kommuniste se roulette tafels, dis ‘n risiko.   Dink dan mooi – is dit nou ons wat in die pot sit, of die kommuniste self?   Dit moet ons juis aanspoor om weg te beweeg uit sy en hul kaders se vernielsugtige lewensbestaan.   Alles om hulle en wat hulle aanraak ver-flenter – dit word ‘n lego wat nooit weer opgebou kan word nie.  Wie is dus in hierdie water?  Dit moet nie die Boere volksgenote wees nie.

Image result for silk clothes

*

Moenie kommunisme (bolshevisme) onderskat nie.  Dit het al baie volke verwoes en baie lewensverliese gehad.    Daar is baie meer en mooier dinge in die lewe.

Image result for silk clothes and bedding

Ramaphosa het al heelwat van sy ware kleure gewys, nie net vir ons as onderdrukte volk nie, maar ook aan sy eie “ondersteuners”

 

*

Liberaliste onderhou SA se parlement, wetgewing en grondwet.
Suid-Afrika Parlement /South Africa Parliament

Ramaphosa : In Denial

Geprojekteerde sondes

Ramaposa en Verenigde Nasies

Is this really Land expropriation?

*

LEWENSLES

Daar is heelwat van ons, veral konserwatiewes, veral die Boere volksgenote, wat smag na opregte vryheid.  Dit moenie ons wees wat in hierdie pot sit nie, al dink die kommuniste ons doen mee.  Diegene wat daarin sit, is liberaliste en al Ramaphosa se eie ondersteuners, wat dink hulle kan net alles doen wat hulle wil.   Dis hulle wat alles beheer en vernietig.   Die kaders, die liberaal verligtes, wat saam Ramaphosa is, sit saam in hierdie pot wat amper uitmekaar val.  En wat gebeur as ‘n swart pot oopbars?   Veral as dit ‘n baie warm vuur is – dan beland hulle self in daardie vuur.

Wie laaste lag, lag die lekkerste.

Die spreekwoord sê – grou ‘n gat – – onthou, jy grou ‘n gat vir jouself, jyself gaan nie daaruit kom nie.  Bly weg van hierdie spul kommuniste en NWO agente.

Ramaphosa en sy vorige presidente is al vir 24 jaar besig om ons Boere volksgenote se menseregte te skend.   

Die rooi impi’s wat die strate vol dans en afbreek is soos ‘n vloeiende lawastroom wat alles in hul pad probeer vernietig.   Alles wat ons sin was, word vernietig.  Wat die massas nie besef nie, is die dag as hulle alles vernietig het, is daar niks op winkelrakke nie, en dan sal Ramaphosa se pot nie meer daar wees nie.

*

Sabbotasie en geweld – Terreur en protesaksies – dis die ANC en EFF se beleid.

Hulle sing om ons uit te wis, om Boere uit te wis, juis omdat ons nie deel van hulle is nie en nooit deel sal of wil wees nie.  Diegene wat so dink is meer as welkom om in daardie Titanic boot te bly of deel van die rooi lawa stroom voortvloei na vernietiging.

Ons as volk het ‘n reg tot selfbeskikking, ‘n reg om totaal en al onafhanklik ons eie dinge te doen.   Dis ons Boere volksgenote wat moet opstaan om ons vryheid in ere te herstel.   Dis ons as Boere volksgenote wat al ons Boere republieke moet terugkry waar dit hoort.   Kommuniste geniet alle minerale en rykdomme van ons Boere republieke.

Volksgenote moet hulle nie as die slagoffers sien in die pot met warm water nie, maar sien eerder ons posisie en omstandighede – ons is nie binne daardie pot nie.  Dis juis omdat die kommuniste hul eie konkoksies kook en warm maak waarin hul hulself gaan verdrink.   Die kommuniste deel graag gifgedagtes uit om ons brein netwerke te manipuleer en besoedel.  Gaan kyk wat het met al die oos-bloklande van die Sowjet unie geword.   Vandag is hulle vry van kommunisme, ons kan ook daar wees.  Kommunisme het hierdie lande verarm maar hulle het in 1992 opgestaan daarteen.   Dis ons volksreg om oor onsself te regeer.

Daar is regtig ander dinge wat belangriker is om na te streef – ons moet ons lewensomstandighede neem, die lesse wat goed was en uitstyg bo die neerhalende menseregteskendings.

*
*
*

Daar is baie positiewe dinge, besigheidsgeleenthede,  waaraan ons kan en mag werk in gebiede waar ons reg het om te wees.   

Skep eie werksgeleenthede, veral in die ou Boere republieke, dat ons as volk kan herrys uit ons omstandighede van verarming, swart bemagtiging, verdrukking en vernedering.   Daar is heelwat plattelandse dorpsgebiede wat aan ons, die Boere behoort.

*
*
*
*

DIE SYWURMS SE INSPIRASIE IS DIE GOUE DRAAD VIR ONTWIKKELING EN VOORTBESTAAN

Dekades gelede, wat soos gister voel,  het hierdie wurmpies heelwat kinders besig gehou.   Lekker ou dae om aan herinner te word. 

Die skrywer hiervan was self beïndruk en selfs tikkies van inspirasies het geblom as die wurms so dopgehou en vetgevoer word. 

Dit is soms soos spesiale vriendskappe wat aangeknoop word vir ‘n heilsame inspirasie om, ten spyte van terugslae, juis die inspirasies en spesiale vriendskappe te gebruik om die terugslae te oorwin.   

Die kringloop van eiertjie tot die volgende eiertjie stadium, is in stilte en met groot opgewondenheid dopgehou.  Wanneer mens ‘n kind is, dink jy soos ‘n kind.   Dit was sekerlik die aangenaamste ervaring wat ervaar is om vir ure dop te hou hoe die wurmpies groter en sterker word.  Daar is ‘n goue sydraad, die kringloop, in enige van ons se lewe, ons onderskeie omstandighede,  maar ook op besigheidsvlak, te bevorder.

Image result for cocoon sywurm   Image result for cocoon sywurm    Image result for cocoon sywurm

*

Neem dit daagliks stap vir stap.   Mens lewe nie verewig in verlede nie, maar haal juis dit uit die verlede, wat goed is en gebruik dit as kennis, mag en ervaring.   Dit is lewe en spesiale vriendskapsbande moet te alle tye beskerm word.   So is dit met volks genote, wat naby mekaar leef en uitleef – ons voorsate het dit gedoen.  Dit kan weer herhaal word, mits ons dit uitvoer wat belangrik vir ons as volk is.

Terug by die wurmpies en kringlope. 

Alvorens daar gesit en droom kon word langs hierdie besige wurmpies, moes alle huiswerk en dagtake wat toegedeel was eerstens voltooi gewees het.   

As kinders was daar sekere take in en rondom huis of besighede of boerderye uitgedeel en dit het verwissel, juis om kennis op alle gebiede op te doen.   Dit was allerbelangrik om as menswees die beste te laat voortleef.

Verskeie aspekte is in hierdie kringloop geleer.   Nie net sywurms nie, dis maar een van talle voorbeelde.

Leer jou kinders, die leiers van more,  wat dit is om take uit te voer.  Klein takies moenie ‘n berg word nie, die berg moet juis met mening aangepak word om te oorkom soos met ons voorouers oor berge gegly het met hul ossewaens.   Vroue, mans en kinders het alles saamgedoen.   

Die ossewaens was gebruik vir verskillende doeleindes:  dit was hul wonings, beskerming, hul vervoerwa hul lewe was hierom en dis ‘n kringloop uit ons geskiedenis wat nie net ‘n feëverhaal is nie. 

Wat is die lesse wat ons vandag uit die ossewa tydperk moet leer, veral veiligheid.  Dit was as ‘n veiligheidsnetwerk ingespan om aanvalle te oorleef.  Dis hoe ons ons wonings vandag ook moet beskou.   Nie net as ‘n blyplek nie maar ook as ‘n fort om ons te beskerm.  Daar is laer getrek as daar probleme opduik.  Die laers was hul veiligheidsmaatreëls. 

Die feit dat die Groot Meester hul geseën het om te kan verdedig, kan Hy ons ook mee seën, mits ons Sy pad volg en ook om ons vryheid na te streef en te verkry.   

Related image

*

Die lewe gaan weer aan by die wurmpies.   As kind het mens die werklikheid in die oë gestaar om te weet watter belangrike komponent maak hierdie wurmpies in ons lewens ‘n noodsaaklikheid.    Voedsel is belangrik, vir die wurms, maar ook vir ons eie lewens. 

Jaag die modes na, dis waar, mooi was nog nooit lelik nie.

Die vervaardiging van SY (SILK) en klere, sowel as die sagte linneware wat mens later versamel – is ‘n sterk fokuspunt en bestaan uit verskeie komponente net soos kos vervaardiging.  Die Tekstielbedryf – maar die fynere Sy vervaardiging.  Dink klein, alles begin klein, maar eindig groot.   

Dink aan Emily Hobhouse wat ons voorgeslagte geleer het hoe om te weef.

Vandag is SY of vervaardiging daarvan, opsigself ‘n baie duur proses, maar beslis nie onmoontlik om te beproef nie.   Dit laat my terugdink aan ons geliefde voorouers wat vertel het hoe hulle geleer het om te weef in die tye net na die oorlog.  Wie sal die naam Emily vergeet?  

Daar is baie beroepe in die lewe, om te BOER het netso baie uitdagings.

Werk self en weet dit wat jy doen, is jou beste.   Ons voorgeslagte het dit gedoen, en ons kan dit herhaal en weer kom waar hulle was in 1900.

 




  • Kontak Admin

    volksvryheid9@gmail.com

1 gedagte oor “Kringloop van omstandighede – Lewe versus Sywurms”

Lewer kommentaar