Ysland in die koue stilte van ‘n eens warm rivier ~ ontdek die skoonheid saam.
Die grootste vulkaniese eiland is Ysland en daar is steeds baie “lewe” en aktiewe vulkaniese uitbarstings vind steeds plaas. Die eiland is bo op tektoniese aardplate gevorm. Daar is 30 aktiewe vulkaniese sisteme wat deur die eiland vloei. Hoe lyk dit binne so ‘n vulkaan nadat dit uitgebars en vir eeue gaan “rus” het tot dit genoeg gerus het? Vind meer uit – daar is heelwat inligting oor die besonderse eiland.
Ysland se bekoringsligte
Ysland en haar skoonheid vasgevat
YSLAND
Oeroue wesens van Ysland verewig vasgeknoop aan die aarde se polsende hart
Diep in die aarde se boeg was eens oeroue wesens
van voorvaders, moeders en kinders baljaar
toe nog geleef
later doodgebrand, uitgespoeg
saam die lawa riviere gedans en gespeel, gevorm
hul eindpunt vasgeknoop in die oseaan
vasgeknoop
gedoop
Ysland
Hier en daar ‘n weggesteekte verskroeide uitgebrande hand
wonder waar al die vaders, moeders en kinders nou skuil
tussen rotswande,
laggende ysgletsers en watervalle val saam na benede
‘n nuwe herinneringslewe op Ysland roep
speel nou slegs wegkruipertjie wyl die noordelike liggies flikker en brand
vasgeknoop
gedoop
Ysland
.
Aanskoulike tonele
Nuwe lewe op Ysland met die ligte wat verbysnel
Die Grot lewe na ‘n vulkaniese uitbarsting – stalagmiete en stalagtiete
Diep in die hartjie van Ysland
Sommige sal dink dis ‘n groot grot wat leeggeloop het?
Ysland en Thrihnukagigur vulkaan
‘n Onderwêreld het “oopgegaan” met kleurvolle formasies
Ysland se eie bekoringseienskappe
Koud en bibberend
Ysgrotte van Ysland
.
KLEURVOLLE AURORA OP YSLAND
Oeroue berge en gesigte
Waar berg en lig mekaar ontmoet
2016
Kleurvol passievol
Kragtige uitstralings
Ysland se trippel dansende pare
Dansende partjies gly deur die lig en lug
Dans saam die sterre in Ysland
.