*
‘n Graaf word ‘n graaf genoem, nie iets anders nie. Net omdat dit ‘n graaf is, wat nuttig gebruik kan word in vele opsigte, tuinwerk, bouwerk en vele ander projekte, beteken dit NIE dat die graaf al die grond wat opgeskep word aan die graaf behoort nie. ‘n Graaf kan ook aangewend word om slote te grawe vir velerlei doeleindes. By Boekenhoutfontein was daar ook hard gewerk.

*
Die ZAR is een van die paar BOERE republieke wat aan die BOERE volk behoort, nie aan enige ander volk of veelvolkige organisasies of reënboognasie nie. Beide die ZAR en Vrijstaat Boere republieke, is onderverdeel in verskeie ander kleiner Boere republieke, dit was nie net TWEE republieke nie. Boere Vegters vir vryheid was afkomstig uit al die Boere republieke, nie net uit ZAR en Vrijstaat nie Die Republieke het oor Volksrade beskik wat hul eie presidente gekies het. Daar was nie net twee Presidente nie.
Reservate (swartes) (later tuislande na 1961) en kroongebiede (khoi san en griekwas) was nie deel van die Boere republieke nie. Hul gebiede het hul beset en was toe al apart van die res van die Boere republieke.
*
*
Die insiggewende beelde en stories speel af op ‘n bekende baken, Boekenhoutfontein. Hier het dit voortgeleef. Die plekkie van die ZAR, het aan die vorige President van ZAR, Paul Kruger behoort en kan sy interessante lewensverhale hier en op baie ander plekke gewys of oorvertel word.
Die beeldmateriaal, lief en leed van een van die Boere volk se eens geliefde presidente, President Paul Kruger, kan ervaar word. Daar is heelwat inligting beskikbaar. Daar sal altyd verraad wees en dit kom nie net in die Boere volk geledere voor nie, maar elke volk en veelvolkige nasie ervaar dit 100%.
Van die leiers is al vir jare bekend dat hulle aan die geheimsinnige mans Vrymesselaarsorganisasie behoort. Die Broederbond en Afrikanerbond is ook geheimsinnige mansorganisasies.
Paul Kruger het nie landuit gevlug nie en ook nie bedank in 1900 nie.
Daar is geen bewyse ooit dat hy bedank het soos beweer word in ‘n sogenaamde ‘proklamasie’ nie. Dit, terwyl die inligting tot ons beskikking, vrylik is om gelees te word in Notules (hansards). Ook die proklamasie lyk dan so eg. Diegene wat dink hy het as President bedank, moet maar hul huiswerk gaan doen in die argiewe van die Hansards en Notules van Boere republieke en ook elders in ander lande. Tot dan, is dit wat in Notules van die Volksraad, voorkom, die waarheid.
Lees meer omtrent Paul Kruger, oud president van die ZAR. President Paul Kruger het steeds voortgegaan op verskillende plekke alvorens hy die land om veiligheid en gesondheidsredes verlaat het
Al het sy gesondheid dit dalk nie altyd toegelaat nie, aan die einde van sy lewe het die oud president hom steeds beywer en verbind vir die Boere volk se sake en hul vryheid. Hy was nie verniet betrokke by al die Konvensies en sy laaste besoek aan Brittanje is bewys daarvan hoe hy die beperking op onafhanklikheid laat ophef het.
Op die Gelderland – Paul Kruger
*
Dit was nie sy keuse nie.
Paul Kruger se dae in die vreemde – 10 Oktober
*
*
*
*
IS DIT WAAR – KAN DIT WAAR WEES?
NEE NATUURLIK IS DIT NIE WAAR NIE
DIE AANTEKENINGE (REKORDS) VAN DIE REGERING ZAR VERTEL ANDERS
PRESIDENT PAUL KRUGER WAS DEEL VAN DIE VOLKSRAAD EN NIE DIE SLAAF VAN DIE BRITSE RYK OF ENIGE ANDER LAND WAT SAAMGESPAN HET TEEN DIE BOERE VOLK NIE. EN DIT WAS NIKS IN 1900 NIE.
BEWERINGE BLY BEWERINGE
The original proclamation posted by Field Marshall Roberts on the 14th September 1900 held by the Balson Holdings Family Trust
https://www.tokencoins.com/oompaul.htm

*
IS DIT REGTIG UNIEK?
Dit is beweringe wat beweringe sal bly tot die teendeel bewys is. Paul Kruger was deel van die Volksraad en nie deel van die Britse ryk nie.
Sulke goed kan op internet gedoen word en is soms net ongeloofwaardig.
*
This unique document was posted in Johannesburg following the departure of President Paul Kruger for Lourenco Marques and states that Kruger had “deserted” the boers and that they should surrender to the British… they did not! Shortly after this in March 1901 the Bitish started routing the boers – see despatches and papers below.

This proclamation was issued prematurely, as according to international law, a conqueror may proceed to annex conquered territory only after the enemy has ceased to fight and peace has been formalised through an agreement. After this proclamation was released, Boer leaders within the annexed area refused to surrender, with the President of the South African Republic, Paul Kruger, issuing a counter proclamation on 3 September 1900. He declaired that Lord Roberts’ proclamation was not valid according to international law and refused to submit to British rule. The result of this rejection was the third phase of the Boer War – the guerrilla conflict between British mounted troops and the Boer army.
https://www.awm.gov.au/collection/C2096253
*
MEER OOR DIE BEELDMATERIAAL VAN RUDIE RAKENDE DIE ABO
Paul Kruger – die Engelse en bondgenote is op die aanval teen die Boere volk.
https://www.youtube.com/watch?v=DU00R_BC5jg
Natuurlik is hierdie leiers nie die enigste wat in die Anglo-Boere oorloë betrokke was wat hul vals vlag Vrymesselaarsagendae voorkeur het nie. Jan Smuts was een van die vele leiers wat ‘n dubbel agendae gehad het.
Vir die Boere volk is dit ‘n groot klap in die gesig.
Daar moet onthou word, die mandaat vir onderhandelinge vir Boere republieke en grondgebiede destyds, is nie aan die Vrymesselaars gegee of hulle het dit OOK nie gekoop nie. Die wat die werk fisies uitgevoer het, was die Burgers, nie die organisasies nie. Die Burgers regdeur al die Boere republieke, was entoesiasties om geld te gee, sowel as om sekere dienste te lewer aan swart groepe wie besteel was (vee, vroue en kinders).
Dit was wel nie alle volkslede nie – net soos vandag, behoort alle mans beslis nie aan die Afrikanerbond, Broederbond of Vrymesselaars of ander veelvolkige Afrikaner organisasies nie. Die Boere volk is nie deel daarvan – indien daar lede is wat op twee stoele sit, moet hulle maar hul eie keuses uitoefen en seker maak vir watter saak hulle bevorder.
Nog ‘n verdere kwelpunt was die hoeveelheid van hierdie leiers direk afkomstig was uit die Kaapkolonie onder ‘n vals front. In werklikheid Afrikaners!! Hulle oogpunt was infiltrasie en was nooit deel van die Trek of Grensboere nie, dus is hulle nie Boere volkslede nie. Jan Smuts is ‘n groot voorbeeld hiervan.
Interessant hoe daar vir dekades nie daaroor gepraat is dat sekere leiers van die Boere volk deel is van hierdie geheime organisasies nie en word dit as bespiegelinge doodgepraat. Let wel. Die Boere volk is nie die eiendom van die Britse regering, haar bondgenote of vrymesselaars of afrikanerbond korps wat hul gehelp het om teen die Boere volk te veg nie.
*
*
*
Hoe laag het hierdie Vrymesselaars of ander organisasies nie gedaal nie en om wat te bereik?
nagevolge sonder die Boere volk – EEN Unie van Suid-Afrika, waarvan die Boere volk nie deel is, terwyl dit juis die Boere volk wat sedert 1902 alles verloor.
Wie beheer die mynregte, veral in die Ou Boere republieke?
Aan wie word 15000 HA grond aan Saudi Arabië of Chinese verkoop – grond wat deel is van die ou Boere republieke. Waar is hulle mandaat dat hulle dit mag doen?
En WIE beheer die opstokery om die BOERE uit te wis? Daar word nie gesing, vermoor die Afrikaner of Zoeloe of Afrikanerbond of Vrymesselaars nie. Dit is ook die Afrikanerbond wat B-BBEE begin het en daarmee gaan die ANC lustig voort, vernietig die hele land in totaal.
Besoedeling in ou Boere republieke
Afrikanerbond – Johann Rupert – Remgro – Richemont
*
*
*
*
VERONDERSTELLING
Indien daar slegs ‘n Britse ryk teenoor die Boere volk in suidelike Afrika was wat hier kom oorlog maak het, sou daar honderde duisende soldate minder gewees het en indien ander lande nie perde voorsien en spesiaal vooraf geteël het nie, sou die Britse ryk beslis nie die gebiede geannekseer het nie. Dan sou die prentjie beslis nie so uitgeloop het nie.
Die helfte word ons nie vertel wat voor 1902 plaasgevind het nie. Dit was ondergrawing en verdrukking vir ‘n eerste plek.
Moet nooit die mag van ‘n klein Boere volk onderskat nie, is dit hoekom daar soveel ander lande betrokke was? Is dit hoekom die Boere volk so entoesiasties was om eie gebiede, die Boere republieke te skep?
Die Boere republieke is nie die veelvolkige Afrikaner of ander volke se gebiede nie. Nog minder die van Afrikanerbond of Vrymesselaarsorganisasies.
Indien die Boere volk so veramd voorgestel word, waarom is daar oor die 30000 huise op die platteland, met stoorplekke vir voedsel, vee en ander gewasse vernietig. Dit gaan oor baie meer, van die minerale rykdom word nie eers gepraat nie.
Waarom was dit nodig om derduisende vroue en kinders aan te jaag na Britse helkampe. Was dit nodig dat vroue en jong meisies verkrag is?
Verskroeide aarde, Mfecane: Kill the Boer lied
Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie
*
*
*
*
EMIGRASIE – DIE BOERE VOLK
VANDAG IS HEELWAT BANNELINGE IN VREEMDE LANDE GEWORD HET, NET OM AAN DIE LEWE TE BLY. IN SUID-AFRIKA WEN DIE REGERING EN AL HAAR MAATSKAPPYE, WAAR ONDERHOUDE VOORAF GEVOER MOET WORD – VIA INTERNET EN ANDER PROSESSE.
Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index
Wat gebeur vandag, al hierdie statebondslande verwelkom elke lid van die Boere volk in hul lande om fisies handewerk te kom doen, met miljoene rande waarmee ge-emigreer word. Inderwaarheid maak elkeen van hierdie statebondslande en vele ander, dubbel soveel geld uit elke lid van die Boere volk wat uitgaan, wat gaan werk oorsee en daardie lande se ekonomieë bou.
Neem die Boere volk lede uit al hierdie lande weg en plaas hulle terug in die Boere republieke – kyk dan hoe val elke land se ekonomie plat. Dit is nie net op die gebiede van landbou nie, maar elke bedryf.
*
TYDENS DIE OORLOë EN VELDSLAE
Hulle het waarskynlik mede volksgenote gehad wat saam aan die vuilspel van die Britse ryk en haar organisasies beplan en uitvoering gegee het om saam Brittanje en bondgenote te veg.
Brittanje was nooit alleen teen die handjievol Boere vegters en vroue/kinders nie. Vir hulle het dit gegaan oor hul saak om die Vrymesselaarsagendae of Afrikanerbond te bevorder. Om een verenigde land en minerale te verkry.
Die Afrikanerbond se Bondsparty was deel van die Kaapkolonie en het nie die Trek meegemaak of belanggestel in vryheid of Boere republieke nie.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) – ABO
Betreurenswaardig is die organisasies se geheimhouding en agendae wat ‘n invloed op die Boere volk, in die verlede, maar sowel vandag, het. Maak nie saak waarheen nie, een keer ‘n lid van die Boere volk, altyd een.
Waarskynlik is heelwat van die Boere vegters wat gedood is, ook soos ander bekendes dit gedoen het, in hinderlae gelei. Smuts het dit ook gedoen. Die Engelse kon nie wag vir hul Vrymesselaar broers om die Boere volk wat nie lede is van hul organisasie nie, uit te wis nie.
Emily Hobhouse en Lizzie van Zyl
Sodoende is die omstandighede in die Britse Konsentrasiekamper vererger om elke vrou en kind daar by te kom. Van die kinders is van jongs af voedsel en medikasie geweier en het hulle meestal aan hongersnood gesterf.
Op die platteland en plase het dit nie anders verloop nie, maar die Engelse het ‘n binnehand, die Vrymesselaar leiers en hul spioene, van die Boere volk gehad, wat hulle help verwoes het.
Gerugte in die verlede oor die destydse leiers is meningmaal eenkant geplaas, half van die tafel afgevee in die hoop dit is nie waar nie. Dit het die realiteit geword na meer as ‘n eeu.
Die eens trotse Boere volk moes in hartseer hul knieë buig voor die Engelse ryk en haar bondgenote se oorwinnings. Hoe dan anders, met slegs ‘n handjievol Boere volkslede wat moes veg teen die Britte, gesamentlik met al die statebondslande en selfs meer?
Terwyl daar geveg is vir vryheid, het die Vrymesselaars in die geheim vergaderings gehou hoe om die Boere volk inderwaarheid uit te wis.
Rudie wat die foto’s, beeldmateriaal en bewyse toon is tot in sy tone geskok oor die leiers wat nie regtig vir hul vaderland en volk geveg het nie, maar vir hul organisasie, die Vrymesselaars. Wie sal nie wees nie, dink almal wat lid is van die Boere volk sal wees. Hulle sal nooit Afrikaners wees of word nie. Daar word verstaan daar is heelwat vergaderings gehou gedurende die tye van oorlog, die bittere stryd in Britse helkampe. Vuurtonge tydens die Verskroeide aarde beleid van die Boere volk se plase, platteland het ten hemele geroep, maar die geroep het in sak en as vergaan.
Daardie leiers wat hulself Boere volkslede genoem het maar lede is van Afrikanerbond en Vrymesselaars, moet verbasend goed voel aan die anderkant vandag. Dat hulle bereik het wat hulle opdragte was. Vernietig die Boere volk. Dit gaan oor die mag van geld, beheer en kontrole. Die Vrymesselaars en ander organisasies, was nog altyd en steeds die geval, slegs vir mans beskore, nie vir vroue en kinders nie. Dus sluit dit volkslede totaal en al uit die prentjie.
Vir Vrymesselaars gaan dit oor hulself en hul organisasie vir MANS – asof mans alleen ‘n volk of selfs ‘n veelvolkige nasie kan voortplant. Die ander BOETIE organisasie, is die Afrikanerbond, Broederbond of wat hulle ookal genoem wil wees. Sonder enige vroue en kinders sal daar geen voortbestaan wees nie. Die geslag van manlikheid het bepaal of jy ‘n lid mag word al dan nie. Vroue was nooit naby toegelaat nie.
Die oorloë, verseker die ergste ooit in die Boere volk se geskiedenis, basuin dit uit in privaatgesprekke dat dit in Vrymesselaarsoorwinningsbloed gedoop is. Eendag sal klippe nog uitroep oor vroue, mans en kinders wat in Britse helkampe moes deurmaak. Vir mans wat deelgeneem het aan Vrymesselaars of Afrikanerbond gesprekke, en ander jong seuns wat nooit eers ‘n keuse gehad het waarmee hul geliefdes, ‘n PA of BROER of selfs OOM besig was nie.
*
Opregte dank aan Rudie Rousseau en sy bekendmaking oor die bekende leiers van die Anglo-BOERE oorloë en hul lidmaatskappe tot die geheimsinnige Vrymesselaars.
Vrymesselaars van die Boere volk
https://www.youtube.com/watch?v=SJof-5aeK3A
Wen of verloor – Magaliesberge en ABO
https://www.youtube.com/watch?v=_MG9BxuSgBs
*
The Anglo-Boer WAR
https://www.youtube.com/watch?v=TdmZDHVYRoA
Magalies
https://experience.arcgis.com/experience/69362b6452d346098de38140310cd666
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] in Natal (KZN) – kultuurskattePresident Paul kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud president Paul Kruger en Boere republiekePaul Kruger 10 OktoberPaul Kruger se dae in die vreemde […]
LikeLike
[…] (KZN) – kultuurskattePresident Paul kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud president Paul Kruger en Boere republiekePaul Kruger 10 OktoberPaul Kruger se dae in die vreemde […]
LikeLike
[…] in Natal (KZN) – kultuurskattePresident Paul kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republiekeOud president Paul Kruger en Boere republiekePaul Kruger 10 OktoberPRESIDENT PAUL KRUGERKNP […]
LikeLike
[…] Oud President Paul Kruger en Verraad teenoor Boere republieke […]
LikeLike