Anglo-Boere Oorlog: Konsentrasiekampe

*

Konsentrasiekampe rondom 1900 in suidelike Afrika is nie vakansie- of vlugtelingsoorde nie, maar niks anders as martel- en strafkampe nie.  Meeste van die kampe is spesifiek geskep nadat huise en voedsel afgebrand is, sodat dit moet lyk na ‘vlugtelingkampe’.   Brittanje en haar bondgenote het openlik die verskroeide aarde beleid met mag en mening toegepas op die Boere en gesorg dat veral die vroue en kinders voetslaan of in oop trokke na kampe in hul massas gereis.

*

Op hierdie oop trokke was daar geen sanitêre geriewe nie en moes hul hul toiletbehoeftes tussen ander mede-aangehoudendes doen.   Die trokke was altyd vuil van beesmis, afvalmateriaal en soms swart steenkool.   Dit het sewe dae of selfs langer geduur om spesifieke moordkampe te bereik.

Verskeie beelde van maer tingerige kinders, jong mense, vroue en mans, wat op hul laaste sterf beddens deurgebring het, flits deur families se gedagtes.   Dit is hartseer om te weet dat die wat die konsentrasiekampe beheer het, geen menslikheid in hul gehad het om ‘n beter lewe vir die Boer vroue en kinders of ou mense te skep nie.   Hierdie is alles deur die toedoen van die “Britse bouers en voorsieners” van die moordkampe uitgevoer.

Die Britse koloniale bouers rondom konsentrasiekampe, was nie alleen hiermee nie.  Daar is en was niks voorsien nie.    Sommige helkampe het geen tente gehad nie.      Die dun tentmateriaal het geen beskerming gebied teen die ysige elemente nie, veral nie die koue en snerpende wintersdae, waar dit gegiet was in ysreën of sneeu uit die hemel. Die Vader alleen weet wat het ons voorgeslagte deurgemaak.  Veral die Boere se  kinders en jeugdiges wat niks teen die Engelse of haar statebond vennote gedoen het nie.   Die toestande van min slaap weens honger en die bittere koue omgewings, het ons voorgeslagte toegevou, soms in ‘n yskombers net om in die nag van koue, dors en honger om te kom.

Basies is die tente destyds gebruik as effe skuiling teen die elemente, daar is soms net leë tente oorhandig,  gesinne van 10+ in ‘n tent moes so ‘n klein woon-slaapplek deel in menigte van hierdie konsentrasiekampe.   Dit was beslis geen plesier om in sulke tente onder swaar omstandighede te bly nie.    Alles het ineengestort nadat hul aanskou het hoe die Britse soldate en swartes hul huise en voedsel tot op die grond afgebrand het.

*

Natuurlik sal die gedagtes rondom die straf en helkampe van Engeland, haat voortbring, as daar meer as 38000 volkslede hiermee uitgewis is.   Selfs na 100 jaar is dit nie eensklaps oor en verby nie.   Ironies hoe daar gerapporteer is dat daar nie meer as 25000 is wat destyds gesterf het nie, maar dis duidelik met al die inligting wat inmekaar vervleg is, dat hier lelike dinge in die suidelike Afrika afgespeel het en daar baie meer sterftes was.   Afgesien dat daar min of geen mediese sorg en benodighede, voedsel was so min en het baie groot hongersnood veroorsaak.    Die kampe was in groot afsondering bedryf en gereeld het daar “siektes” soos masels ingekom van iemand van buite af wat dood en verwoesting gesaai het.   Die kampe was nie oor en weer kuierplekke of uitkampterreine nie.

Die tente oor die algemeen, was onhigiënies en omstandighede was haaglik om in te bly, weens koue nat weer en sneeu was nie hierby uitgesluit nie.        Kampe kon ook nie verlaat word nie, want alles was meestal omhein en opgepas dat kampbewoners fisies ‘n tronklewe uitgedien het.

Die konsentrasiekampe was inderwaarheid strafkampe waar vroue en kinders gestraf is sonder kos, water en mediese behandelings, om die Boere by te kom wat op kommando was.  Die Boervroue en kinders is gestraf om pad te gee uit hul huise wat afgebrand is deur die Engelse.    Voedsel is afgeneem deur soldate en ander wat meegehelp het om die Verskroeide aarde beleid uit te voer.  Die  Britte het duidelik geslaag om alle wonings en voedselketting te vernietig sodat Boervroue en kinders nie maklik kon terugkeer nie, maar moes gehoor gegee word aan die Engelse tente wat voorsien is.

*

Die Merebank-kamp is in drie kampe onderverdeel, Grassmere, Hazelmere en Windermere.

Die Boervroue en hul kinders is aanvanklik in kloktente geplaas.   Van hulle is later in hout- en sinkhutte gehuisves, óf in hout- en doekhutte of klokhutte.   Die kampe het nie net siektes in die omstandighede veroorsaak nie, maar ‘n stadige dood het ingetree waar kinders en vroue, die wat in kampe geforseer is, ‘n stadige dood tegemoet gegaan het.     Daar was soms swartes daar, sommige vroue het van hul werkers saamgebring.  Swartes het die kampe opgerig waar blanke vroue, kinders en oues moes vrede maak om in oorvol tente te woon.

Volgens inligting en boeke was daar arbeiders- of werkerskampe vir swartes opgerig in die kolonies en Boere republieke.   Dit was anders as waarin Boere, vroue en kinders moes bly, maar ook baie slegte omstandighede.

Loer gerus in by die volgende webtuistes.

https://decampcourant.arkpark.net/merebank.htm

https://decampcourant.arkpark.net/klerksdorp.htm

https://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub/article/view/140

https://scholar.ufs.ac.za/items/05763f81-e318-4fc2-8327-ae94ce8ecadd

*

Gedenkdag – onthou 16 Junie-June 2019 – Remember this day

Britse konsentrasiekampe Hester de Beer

Geskroeide aarde  – Scorched earth

ABW concentration camps – Rudie Rousseau ea

Wit leuens van Brittanje en ander lande

Boere, Britte en uitlanders

Konsentrasiekampe tydens ABO

Konsentrasiekampe – ABO

Britse konsentrasiekampe Hester de Beer

Wit leuens van Brittanje en ander lande

*

Natuurlik sal die hele scenario rondom hierdie hartseer,  haat voortbring, maar dis duidelik met al die inligting wat inmekaar vervleg is, dat hier lelike dinge in die suidelike Afrika afgespeel het rondom 1900.   Afgesien dat daar min òf geen mediese sorg en benodighede was òf voedsel was so min en het baie groot hongersnood veroorsaak.

Die Britte se Verskroeide aarde beleid het juis alle voedsel of afgeneem/gebuit of andersinds verbrand, saam met meer as 30000 plaaswonings en buitegeboue.   Dit is as gevolg van die Britse Verskroeide aarde beleid dat daar hongersnood was onder die Boere volk, gesinne wat dan in tente ingedruk is om van siektes en hongersnood om te kom.  Selfs die swartes, wat Engelse behulpsaam was om spoorlyne te bou , wat ook heelwat voedsel van Boere verkry het, het daaronder gely.   Dit was nog altyd Boere wat hul werkers van voedsel voorsien het en hul doen dit vandag steeds.

Die tente was haaglik om in te bly, weens koue nat weer.     Kampe kon ook nie verlaat word nie, want soms was alles omhein.   Die Merebank-kamp is in drie kampe onderverdeel, Grassmere, Hazelmere en Windermere. Die Boervroue en hul kinders is aanvanklik in kloktente geplaas.   Van hulle is later in hout- en sinkhutte gehuisves, óf in hout- en doekhutte of klokhutte.   Die kampe het nie net siektes in die omstandighede veroorsaak nie, maar ‘n stadige dood het later ingetree waar kinders en vroue, die wat in kampe geforseer is, ‘n stadige dood tegemoet gegaan het.

Swartes binne in die Boere kampe was daar ook, sommige vroue het van hul werkers saamgebring.  Swartes het die kampe opgerig waar blanke vroue, kinders en oues moes vrede maak om in oorvol tente te woon.    Volgens inligting en boeke was daar heelwat ander kampe wat vir arbeiders- òf werkerskampe vir swartes opgerig, maar dit was anders as waarin Boere, vroue en kinders moes bly.

*

https://decampcourant.arkpark.net/merebank.htm

Die kamp se behuising het bestaan uit Sinkkamers waarvan die vloere sand was en dit het gewemel van vlooie. Van die vroue het beskryf hoe die gras uit die klam grond, waarin die seewater opslaan, gegroei het. Daar was ook ‘n groot  skool met klaskamers en alle kinders was verplig om skool by te woon.   In Maart 1902 was daar 8,350 inwoners in die Merebank Konsentrasiekamp. Die kamp is teen die voet van ‘n lae heuwel opgerig.

https://www.boererepublieke.co.za/setlaars-monument/natal/merebank/

*

The first concentration camp to be erected in Durban was the Merebank concentration camp 12 kilometres South of the city, on the south coast railway line. This camp which was to become the largest concentration camp of the war with its more than 8,000 inhabitants were erected on wet marshy land that caused health and comfort problems. Criticism of the site had little effect.

The Merebank camp was divided into three sections, Grassmere, Hazelmere and Windermere. The inhabitants were accommodated in either wooden and corrugated iron huts, or wood and canvas huts or bell tents.

Merebank camp

*

Britse moordkampe van 1900-1902: nuwe feite

Rudi Rousseau het al 56 konsentrasiekampterreine in Suid-Afrika besoek en oor elkeen ‘n DVD gemaak. Hy het selfs twee nuwe konsentrasiekampe ontdek waarvan niemand voorheen bewus was nie. Om die waarheid oor die Britse moordkampe te vertel, het by hom ‘n roeping geword.

Waarom word die omvang en boosheid van die Britse inval in Suid-Afrika verswyg, terwyl ander volksmoorde wêreldwyd aan die groot klok gehang word? En is dit waar dat swartes ook in konsentrasiekampe aangehou is of is dit sommer ‘n polities korrekte bogstorie? Kyk na dié boeiende onderhoud met Rudi Rousseau en besluit self. As u belangstel om hom te kontak of ‘n DVD te bekom.

6 gedagtes oor “Anglo-Boere Oorlog: Konsentrasiekampe”

Lewer kommentaar