Gedenkdag – onthou 16 Junie-June 2019 – Remember this day

Onthou 16 Junie 2019 is konsentrasiekampdag – As verrigtinge bygewoon word, neem ‘n paar blomme of saadjies saam en gooi dit langs die pad of plaas dit by die name.   Stap so bykans 120 jaar terug op ons voorouers se voetspore en onthou wat ons grootouers en voorsate vir ons gedoen het.  As dit nie vir hulle was wat oorleef het, opgestaan het uit die ashoop van vernedering, voortgebeur het en weer opgebou het, was ons nie vandag daar om te onthou nie.  Heelwat van ons kom uit die twee eens onafhanklike Boere republieke – waar eens niks was, wat ons opgebou het.   Hierdie onthou moet herstel word wat dit was, ons het ‘n reg om ons eie gebied onafhanklik te wees, weg van kommunisme en liberaal radikales wat hul wil op ons afdwing.  Elke volk het die reg tot onafhanklikheid om deur hul eie leiers regeer te word.  Ons voorgeslagte het nooit moed opgegee nie – en ons, waar is ons vandag? slawe van kommuniste?  #Bolshevism #Bolsjevisme

Image may contain: one or more people and text

ONTHOU VIR LIZZIE

The most famous inmate of Bloemfontein camp was a little girl, Lizzie van Zyl, who died in May 1901. Her photograph, of a skeletal child clutching her doll, has become the symbol of the inhumanity of the camp system and appears in almost every book about the camps, but her death also became a political football. Probably the full story will never be known but it is worth looking more carefully at her. The Bloemfontein camp registers were not well kept but the most likely candidate was Elizabeth Cecilia, from Twistniet farm, Ventersburg.

***

Lees gerus:

Britse konsentrasiekampe Hester de Beer

“Geskroeide aarde”-“Scorched earth” (1)

“British rule” Colonial rule

***

***
Hoe vermoor jy ‘n volk se karakter?
-Jy ontneem haar van haar geskiedenis…
Hoe vermoor ‘n volk haar eie karakter?
-Sy laat dit toe…

Op 16 Junie 1900 teken Lord Roberts die doodsvonnis van derduisende Boere-vroue en kinders met sy handtekening onder aan Proklamasie (No 5/1900) waarin hy verklaar:

“…The houses in the vicinity of the place where the damage is done will be burnt and the principle civil residents will be made prisoners of war”

Soos diere, nee erger, word ons volk se vrouens en kinders in kampe ingedruk waar derduisende van hulle nooit weer uitkom nie…

Het jy gisteraand koud gekry in jou huis? Het jy vanoggend die koue lug in jou longe gevoel toe jy buite kom? Het jy dalk iewers deur die dag gevoel jy raak honger en is lus vir iets om te eet?

Nou dink jouself in om in hierdie koue wintersnagte in ‘n dun ou tentjie te lê saam met talle ander mense terwyl die wind deur die opening sny….honger… koud… siek…
Dink jouself in om langs ‘n kind te lê terwyl hy of sy al sagter begin asemhaal en jy weet daardie kind nie die son sal sien opkom nie omdat daar nie toegang tot enige hulp is nie…
Dink jouself in hoe dit moet voel om langs die vlak graffie te staan van ‘n baba…

Mense wonder partykeer hoekom ons 16 Junie Konsentrasiekampdag herdenk… Ons herdenk nie die kampe nie… ons onthou ons mense… Ons onthou die duisende vrouens, kinders en oumensies wat die hoogste offer gebring het vir ‘n volk se strewe na vryheid.
Ons onthou die seer, maar ook die moed en durf van ons voorgeslagte wat hierdie onreg moes verduur net sodat die Britte kon toeslaan op die rykdom van die Boervolk…

Die vraag wat ek en jy moet beantwoord is eenvoudig… Is ons skaam vir ons geskiedenis? Is ons skaam om ons voogeslagte se stryd te onthou?

Of…

Herdenk ons die 16de Junie die offer wat ons mense betaal het met trots en deernis?

Ek nooi jou uit om hierdie jaar die 16de Junie vir ‘n oomblik stil te raak… Om terug te dink aan die hel wat ons mense in die konsentrasiekampe moes deurmaak…. Om te verstaan waar ons volk vandaan kom….

Want dan sal jy besef hoekom ons nogsteeds hier is en hoekom ons volk ‘n kans het op ‘n toekoms….

Advertisements

Een gedagte oor “Gedenkdag – onthou 16 Junie-June 2019 – Remember this day”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s