*
Gedurende 2014 was daar reeds groot probleme by Eskom te bespeur met al die beurtkrag en korrupsie wat plaasgevind het vir langer as ‘n dekade. Na 1994 het dit al slegter begin gaan, veral nadat swart bemagtiging en regstellende aksie wetgewings geïmplementeer is. Korrupsie, misdaad, sindikate en veral opgeblaasde tenders het ‘n groot rol begin speel in die agteruitgang van Eskom as ‘n reuse kragvoorsiener in Afrika. Eskom is nie die enigste nie, daar is ander staatsentiteite ook. Dit was egter die publiek wat die slagoffers geword het van ‘n onbevoegde regering wat wetgewing daarstel wat diskrimineer teenoor Boere en konserwatiewe Afrikaner minderhede.
*
Dis logies. Kragstasies wat nooit onderhou word nie, sal vou en breek. Toerusting wat nooit die nodige aandag geniet en onderhou word nie, sal meer besoedel en allerhande siektes die lug in stuur. Indien ‘n nuwe voertuig nooit behoorlik onderhou word nie, sal alles afkom.
Kragstasies wat met klippe en rotse gevoer word, se binnegoed sal breek en skade ly. So word ons slagoffers se koffers verder geplunder en besteel. Steenkool wat onderskep word voor dit kragstasies bereik, word omgeruil met ander gemors wat klippe en rotse bevat. Dis ‘n skande op die land, die huidige ANC en selfs op die 1994 liberale Afrikaners wat alles netso en te gewillig in 1994 aan die ANC oorhandig het. Daar is geen mandaat hiervoor gegee nie, maar tog word daar steeds voortgeploeter om SA te vernietig.
Die huidige regering ontsnap gerieflik te maklik al hul verantwoordelikhede van ‘n sogenaamde demokratiese grondwet wat hulle en hul liberale Afrikaners daargestel het.
*
2015 Oorlogkamer
Met die steun van kabinetslede in 2015, is Ramaphosa aangewys en in beheer geplaas as voorsitter in die oorlogkamer van Eskom sodat daar voortgegaan kan word waarmee hul besig is (om staatsentiteit totaal te vernietig en Suid-Afrikaners van alles te beroof). Na 1994 is selfs kommissies en die regsbank gebruik om hul doelwitte uit te voer. Wetgewing soos swart bemagtiging is ingespan om totaal en al te vernietig.
Die oorlogskamer van Eskom het bestaan uit die departemente van energie, samewerkende regering en tradisionele sake, openbare ondernemings, nasionale tesourie, ekonomiese ontwikkeling, water en sanitasie en Eskom, asook tegniese amptenare. Departement van Minerale moes ook betrokke gewees het aangesien hulle betrokke was met steenkoolvoorsiening aan Eskom kragstasies.
Na hierdie periode het daar geen oplossings op die tafel verkyn nie. Ramaphosa se werk in die operasie het uitvoering gegee aan die kabinet se vyfpuntplan om die elektrisiteitsuitdagings wat die land in die gesig staar aan te spreek. Geen wonderwerk het onder ANC bestuur of in kabinetsvlak plaasgevind nie. Duidelik het die ANC se strategieë en ideologieë voorrang geniet bo die van kragvoorsiening.
Ramaphosa – Adjunk President
Joemat-Pettersson – Minister van Energie
Pravin Gordhan – Miniter van Samewerkende regering en TVradisionele sake
– Nasionale tesourie
Ms Lyn Brown- Openbare ondernemings
Ebrahim Patel – Ekonomiese ontwikkeling
Ms Nomvula Mokonyane – Water en sanitasie
– Eskom
*
ANC se vyfpuntplant
Die vyfpuntplan dek ingrypings wat Eskom sou onderneem; die benutting van die kragkrag-opwekkingsgeleentheid deur die verlenging van bestaande kontrakte met die private sektor; die versnelling van die program vir vervanging van diesel deur gas om die dieselkragsentrales aan die brand te steek; die bekendstelling van ‘n steenkool-onafhanklike kragprodusenteprogram; en die bestuur van vraag deur spesifieke ingrypings binne residensiële wonings, openbare en kommersiële geboue en munisipaliteite deur die heraanpassing van energiedoeltreffende tegnologieë.
Botsende belange
Ramaphosa se rol in die voorsiening van steenkool via sy maatskappy, Shanduka Groep was deur die DA gekritiseer en bevraagteken. Later word beweer sy belange is verkoop. Om dit wel die geval is, weet niemand nie.
*
Boere, konserwatiewe Afrikaners en Boere republieke
Boere en konserwatiewe Afrikaners van voor 1994, het niks te doen gehad met die opstel van hierdie grondwet wat 100 vergelykbaar is met die pac-anc-sakp manifes van 1955 nie.
Die woord verantwoordelikheid ken hierdie tipe leiers nie. Niks verbaas die belastingbetalers vandag na bykans 30 jaar nie. Hulle is behoorlik vuisvoos leeggesuig en die in beheer lag al die pad banke toe.
Daar word een na die ander kommissie aangestel om hulself te regverdig tot by die kantore van die NWO wat lank voor 1990 beplan is. Sabotasie, sindikate, korrupsie en misdaad word aan die groot klok gehang, maar niks gebeur met misdadigers wat hul skuldig maak daaraan nie, veral die wat alles beheer.
Die ekonomiese oorlog het nog nooit opgehou sedert Britse kolonialisme, anneksasies van grond asook minerale rykdomme in suidelike Afrika en hul statebond magspeletjies nie. Die aanhef tot die ekonomiese oorlog teen vooruitgang het reeds voor 1900 tydens Britse bewind en kolonialisme begin en voortgegroei in sekere tydperke onder Britse statebondbeheer.
Die ZAR en Vrystaat was destyds vals beskuldig van bankrotskappe terwyl hierdie areas en ook ander geannekseerde gebiede, oor die rykste neerslae goud en diamante beskik het. Dus kon hul nie bankrot gewees het nie, die minerale rykdom was volgens die Britte in verkeerde hande (Boere en ander volke). Net na alle anneksasies in 1902, is ons voorgeslagte ingedwing in ‘n Unie van Suid-Afrika wat uit London beheer is.
Ekonomiese verarming het na 1900 voortgegaan met die ANGLO-Boere oorloë om ons Boere voorgeslagte in die Unie van Suid-Afrika in te dwing onder die Engelse bewind (statebond). Daarom was die Boervroue en kinders in helkampe geplaas en ook meer as 30000 huise afgebrand volgens die Britse se verbrande aarde beleid. Myns insiens het dit nog nooit opgehou nie. Swart bemagtiging en regstellende aksie wetgewings doen dit steeds.
Die kommuniste, die ANC en hul liberale Afrikaners word as agente gebruik om die hele land as geheel se ekonomiese verval en chaos permanent probeer verseël met die oorlogskamer by Eskom wat hulle in werking gestel het in 2015. Dit is sodat belastingbetalers en armes vir altyd in donker, armoede, hongersnood en min skoon water gehul is. Groot besighede het gesluit en is landuit. Na 1994 het ANC rewolusionêre planne in werking gekom
Gedurende die tydperk van 10 Desember 2014 tot 20 Mei 2015 word duidelik gewys wie verantwoordelik is vir die chaos rondom ons huise en besighede wat die land in chaos gedompel het. Hierdie sogenaamde oorlogskamer is nie net deur een persoon uitgedink of geïmplementeer nie. So is meer as honderd wetgewings van Swart bemagtiging, regstellende aksie en grondhervorming ingestel om ontslae te raak van eienaarskap van Boere en konserwatiewe Afrikaners. Minerale regte spring soos ‘n dobber na boontoe en flikker gevaarlik.
*
Bronne
Die Vyfpunt plan vir Eskom van die Kabinet – SA – 10 Desember 2014
Geen onderhoud word op kragstasies gedoen nie.
Ongeveer 14 000 MW of ongeveer een derde van die totale Eskom-opwekkingskapasiteit gemiddeld was van lyn af. Van hierdie 14 000 MW was meer as 8 000 MW te wyte aan onbeplande (onbeplande) instandhouding. Eskom het ruimte nodig gehad om voorkomende instandhouding in plaas van reaktiewe instandhouding uit te voer. In die onmiddellike tyd sal die fokus op volgehoue instandhouding en bedryfsdoeltreffendheid wees om die vlak van hierdie onvoorspelbare ineenstortings te verminder.
https://pmg.org.za/committee-meeting/20464/
*
Oorlogkamer besprekings onder staatskaping – Kommissie
11 Augustus 2021 – Dag 427
Click to access Day_427_-_2021-08-11.pdf
https://www.iol.co.za/news/i-asked-zuma-to-close-down-eskom-war-room-ramaphosa-19714993
https://www.sanews.gov.za/south-africa/presidency-clarifies-deputy-presidents-role-eskom-war-room
Full List of Jacob Zuma’s 2014 cabinet – all the Ministers and Deputies
https://www.politicsweb.co.za/politics/ramaphosa-must-take-full-responsibility-for-eskom-
*
*
Bykomende inligting en artikels

[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Capture of people – Black Empowerment – ZondoZondo: Guptas, Zuma, Ramaphosa etcWapenskandaal – Arms dealsEskomkorrupsie en belastingsEskom – Ramaphosa 2019Rassistiese Eskom oorlogkamersOorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike
[…] Oorlogkamer van Eskom 2014 […]
LikeLike