Tigris en Eufraat riviere

*

Daar beoort altyd 10-20 jaar vooruitbeplanning te wees en wat belangrik is om te leer uit ander lande se toestande.  Daar behoort altyd goeie en relevante impakstudies gedoen te word met die aanpassing of vergroting van bestaande strukture om nuwe infrastrukture in plek te kry, hoe ‘n land hulself, sowel as hul buurlande  kan bevoordeel, veral riviere en damme.

Location map of the Euphrates-Tigris river system. Black box shows the... |  Download Scientific Diagram

*

Besproeiingskemas is krities in enige semi- of woestynlande, ook in Suid-Afrika en Afrika.    Alles sal afhang van die beskikbaarheid van vars water as geheel,  veral in drooggeteisterde lande, wat ‘n woestyn of semi-woestynklimaats toestande het.    Suid-Afrika en suidelike Afrika het groot gedeeltes semi- en woestyngebiede wat gebuk gaan onder droogtes, maar daarteenoor is daar heelwat gebiede in ons land wat goeie opvangste het wat beter bestuur en benut kan word.   Dit kan ook as energievelde gebruik word.

*

Riviere wat opdroog is nie altyd as gevolg van droogte en elemente soos waarna soms verwys word nie.   Min reënval is wel die geval hier van toepassing, maar daar is heelwat damme in hierdie area gebou die afgelope 50-70 jaar, wat deur hierdie riviere gevoed word.

Politiek speel ‘n baie groot rol sedert 1960 in skemas en daar is meer as een land wat water gebruik vir hul eie water en voedingskemas in hierdie gebiede –    Iran, Irak, Turkye en Sirië.    Die riviere ontspring uit Turkye en vloei weg uit die land uit en deurkruis ander lande.    Met al hierdie gebeure rondom die hele streek, sal water in riviere opdroog en kan dit baie nadelig vir sommige lande uitwerk indien hul nie deel het in die waterskemas nie.

*

Geskiedkundige en godsdienswaarde – Tigris en Eufraat

‘n Lang rivier in Wes-Asië wat een van die twee groot riviere van die antieke streek van Mesopotamië was: Tussen die Tigris- en Eufraatrivier is die gebied wat glo die Bybelse terrein van die Tuin van Eden is. Die Tigris verskyn twee keer in die Ou Testament. Eerstens, in die boek Genesis, is dit die derde van die vier riviere wat vertak van die rivier wat uit die tuin van Eden uitvloei. Die tweede vermelding is in die boek Daniël, waarin Daniël sê dat hy een van sy visioene ontvang het “toe ek by daardie groot rivier die Tigris was”.

Tigris en Eufraat riviere en damme

Die Eufraat-Tigris-bekken word gedeel tussen Turkye, Sirië en Irak, met Iran wat dele van die Tigris-komme uitmaak. Sedert die 1960’s het eensydige besproeiingsplanne wat die riviere se vloei verander, tesame met politieke spanning tussen die lande, verhoudings in die stroomgebied gespanne. Dispute tussen die onderskeie regerings het verhinder om die riviere van die kom effektief saam te bestuur. Alhoewel samewerkingspogings in die 2000’s hernu is, het dit nog nie gelei tot ‘n formele ooreenkoms oor die bestuur van die komwater nie.

*

SUID-AFRIKA IS BASIES OP ‘N ANDER MANIER IN DIESELFDE BOOT VAN VERNIETIGING VAN WATER, VOEDSEL EN LANDBOUGEBIEDE –  LEES MEER OOR DIE ANC REGERING EN ONS LANDWYE BESOEDELING – OOR DIE 6000 MYNE BESOEDEL OOK EN WORD NIE GEREHABILITEER NIE.

Die bou van damme en vooruitgang van elektrisiteit, is juis gedoen omdat ons ‘n arm land is, arm aan water en infrastrukture.   Dit is juis so gedoen om die land se boere en dorpe/stede te help met elektrisiteit en watervoorsiening.   Ons sal nie daarmee kan voortbou as hierdie besoedelingsprosesse voortduur nie.  Rou afval riool en chemikalie vernietig alles op grond, naasliggend aan riviere, damme en so ook elektrisiteit.

Ongelukkig in Suid-Afrika kan ons nie onsself meer uitgee as kenners na 1994 nie, omdat meeste van ons riviere en damme erg besoedeld is sedert die oorname van die ANC.   Die bou van ordentlike damme en infrastrukture wat ons voor 1994 uitgevoer het, is in sowat 20 jaar vernietig.

Die besoedeling van riviere en damme in Suid-Afrika, is aan die orde van die dag en dit as gevolg van onbevoegdes wat aangestel word wat nie die werk kan doen nie.   Die feit dat miljoene immigrante die land binnekom oor oop grense, vererger die situasie.  Nie net vergroot dit waterbehoeftes nie, maar ook voedsel wat nie voorsien kan word as gevolg van besoedeling in riviere en damme.   Die meer as 60% rioolaanlegte wat hul rou riool in riviere stort, beland in damme, water wat aan stede en dorpe voorsien word.  Niemand kan sulke besoedelde water gebruik nie.

Nie eers om damme wat gebou is of ander infrastrukture en staatsentiteite soos Eskom te onderhou nie is onderhou nie.  Dit is nie net elektrisiteit wat gaan afbly nie, daar sal binnekort nie meer skoon drinkwater wees nie en nog minder voedselvoorsiening vir die meer as 120 miljoen bewoners van Suid-Afrika nie.   Pompe loop nie vanself om water aan dorpe, stede en boere se voedselprodukte te voorsien nie.    Alles word met opset vernietig sodat daar hongersnood is, sowel besoedeling wat siektes sal veroorsaak.

Die instel van wetgewings, swart bemagtiging en regstellende aksie gee heelwat aanleiding tot hierdie onding van besoedeling op ons water in die omgewing, erosie wat plaasvind.   Myne wat ons water insluk veroorsaak ook verdere probleme op die omgewing en ook vir ons as mense is dit ‘n groot bedreiging, indien nie die grootste nie.   Die bou van damme is ‘n noodsaaklikheid om water te berg in tye van droogte.

*

VERWANTE ARTIKELS OOR WATER EN DAMME

RIOOL IS EEN VAN DIE MEGANISMES WAT GEBRUIK WORD OM BESOEDELING IN SUID-AFRIKA TE VERHAAS – ROU RIOOL WORD MET OPSET IN ONS RIVIERE IN DAMME GEPLAAS SODAT VERGIFTIGING MOET PLAASVIND.  RIOOL BEVAT OOK INDUSTRIëLE AFVAL

Hoë Aswan Dam in Egipte

Tigris en Eufraat riviere – damme

Suid-Afrika

Legkaart vir ons volk se voortbestaan

Cholera en riool

Riviere in Suid-Afrika

Water and Pollution – Rooiwal Waste Water Treatment Plant

Hendrik Verwoerddam

H F Verwoerddam (Gariep)

P K Le Roux dam (elektrisiteit) (Vanderkloofdam)

Japan infrastrukture, drome en lewenskwaliteit

*

Bronne

https://www.thearchaeologist.org/blog/what-is-found-after-the-euphrates-river-dried-up-shocked-scientists

https://www.researchgate.net/figure/Dams-in-the-Tigris-Euphrates-River-Basin_fig1_304706450

https://climate-diplomacy.org/case-studies/turkey-syria-and-iraq-conflict-over-euphrates-tigris

The Reasons and Meaning Behind the Euphrates River Drying Up: 2023 Edition

1 gedagte oor “Tigris en Eufraat riviere”

Lewer kommentaar