*
Net soos die H F Verwoerddam (Gariep), speel die P K le Roux (Vanderkloof) dam ook ‘n mate van bron van kragvoorsiening aan Suid-Afrika met behulp van waterenergie of hidroöpwekking. Dit word wêreldwyd en ook in Afrika gedoen. Hidroëlektrisiteit word ook waterenergie of waterkrag genoem, wat ’n hernieubare energiebron is. Daar is geen afvalstowwe, soos by kragopwekking met steenkool of uraan nie. Daar is geen uitpomping van gasse soos die swaweldampe en koolstofdioksied van steenkoolkragsentrales wat die atmosfeer besoedel en tot die sogenaamde kweekhuis-effek bydra nie.
*
Met die bou van sekere van Suid-Afrika se damme was daar reeds voor 1994 heelwat vooruit-beplanning gedoen vir groot besproeiingskemas vir Boere en ook dorp en stadsontwikkeling in die dekades wat sou volg. Suid-Afrika is nie ‘n groot waterryke land nie en is vooruitbeplanning uiters noodsaaklik. Dit geld op alle gebiede ook in die voorsiening van elektrisiteitsvoorsiening en militêre beveiliging wat natuurlik totaal geignoreer is sedert die 1994 ANC oorname.
1994
Toe volg die 1994 oorgawe van vernietigingsprosesses, wat voorafgegaan is deur liberale vergaderings, buite ons land en agter die konserwatiewe blanke se rug. Die sogenaamde demokrasie en ‘grondwet’ wat niks anders is as die 1955 anc pac sakp manifes nie. Sou die sogenaamde demokrasie voortgegaan het met opbou, instandhouding, uitbreiding en nog meer damme bou, sou ons nie in die gemors gewees het nie. WEF !
Die vernietiging is alles te danke aan die liberaal verligte blankes en broederbonders wat dit goed gedink het om alles netso aan die kommuniste te oorhandig. Daar is geen demokrasie soos wat daar tekenne gegee word nie maar die blanke in die land word totaal onderdruk met meer as 110 diskriminerende rasgewende wetgewings om alle besighede en huishoudings te verwoes. Dit word selfs in hulle ou grondwet uitgespel.
Die blankes in Suid-Afrika is al vuisvoos geslaan deur hierdie eensydige diskriminerende wetgewings wat in hulle oë reg is. Dis egter internasionale menseregteskendings. Natuurlik raak swart bemagtiging en regstelaksies ook die ander, niemand het dit ontken nie. Hierdie wetgewings is spesiaal so geskep slegs vir die bevoorregtes wat vir hul eie sakke en bankrekenings sorg.
*
In Suid-Afrika word hidroëlektrisiteit opgewek by sekere damme, ontvang en versprei, naamlik H F Verwoerddam, die Drakensberg-pompopgaarskema van die Tugela-Vaal-projek, asook hidroëlektrisiteit van die Cahora Basa-projek in Mosambiek, terwyl die Lesotho-hooglandwaterprojek eweneens beloof het om meer waterkrag aan Suid-Afrika te voorsien. Daar sou altesaam 5 damme gebou gewees het.
Sowat ’n vyfde van die elektrisiteit wat op al die kontinente opgewek word, word deur middel van hidroëlektriese kragsentrales verkry. Hidroëlektriese krag kom meestal van die potensiële energie van opgedamde water, wat uitgelaat word en ondertoe stort, waardeur ’n turbine en kragopwekker aan die draai gesit word. Die hoeveelheid elektrisiteit wat opgewek word, hang af van hoeveel water ondertoe vloei en van hoe hoog van die wateroppervlak af dit na benede stroom voordat dit die turbine bereik.
*
Die P K le Roux dam oftewel die Vanderkloofdam is die tweede grootste dam in Suid-Afrika geleë in die Oranjerivier tussen die Noord-Kaap en Vrystaat provinsies. Die dam is van beton gemaak, het kenmerke van ‘n gravitasiedam en boogdam. Dit het die hoogste muur van enige dam in Suid-Afrika. Die muur is 351 voet (107 meter) hoog en 2 510 voet (765 meter) lank. Wanneer dit vol is, is die reservoir agter die dam ongeveer 60 myl (100 kilometer) lank.
’n Hidroëlektriese aanleg in die damwal sit die energie van vloeiende water om in elektriese krag vir die Eskom-netwerk. Water uit die dam se reservoir besproei meer as 247 000 hektaar (100 000 hektaar) landbougrond. Die reservoir is ook ‘n gewilde ontspanningsgebied. Dit word gebruik vir visvang sowel as vir watersport soos seil, waterski en seilplankry.
Konstruksie van die P K le Roux dam het in 1971 begin, en die werk is in 1977 voltooi. Dit is na ‘n plaas vernoem op die grond waar die dam gebou is. Vanderkloof is ook die naam van ‘n nabygeleë dorpie. Die dam is ‘n belangrike deel van die Oranjerivierprojek – ‘n stelsel van damme, tonnels en kanale wat water vanaf die Oranjerivier na ‘n groot gebied van Suid-Afrika versprei. ‘n Droom bly slegs ‘n droom as daar geen uitvoering gegee word nie. Daar kon meer sulke tipe van damme en stelsels opgebou gewees het om ons ‘n unieke land te gemaak het. Dit verg egter vooruitbeplanning ook.
*
Op sosiale medium het Rudi de Lange insiggewende inligting verskaf oor die Hidroëlektrise opwekking by beide Hendrik Verwoerd (Gariep) en P K le Roux (Vanderkloof) damme.
Die H F Verwoerd dam het 4 x 90mw tubines (360mw in totaal) en P K le Roux het 2x 120mw (240mw in totaal) turbines. Al die turbines by beide damme werk 100%. Hulle is ‘piekkrag’ opwekkers wat beteken hulle hardloop wanneer die aanvraag om krag op sy hoogste is. Tydens vloed toestande of as die damme oorloop met ‘n sterk inloop, hardloop hulle amper permanent.
Die turbines sit ondergronds.
Die kragstasie en uitloop sit ‘n entjie weg van die wal af.
Mens kyk na die ‘sluite’ wat aan die kant van die wal af loop en dink dit is die hidro. Wat egter waargeneem word, is sluise wat slegs oopgemaak word vir vloed beheer, wanneer die oorloop te hoog raak of om erosie aan die onderkant van die wal te voorkom, dus is die uitlaat van hierdie sluise wal-af.
Die HF Verwoerddam (Gariep) het 3 aan elke kant van die wal en P K le Roux (Vanderkloof) het 4 slegs aan 1 kant van die wal. Hierdie sluise word af-en-toe getoets maar daar was nie in onlangse jare behoefte om hulle te gebruik nie.
Soos waargeneem kan word, is die uitlaat na die krag stasie in die onderkant van die dam omrede die water druk op sy hoogste is daar. Enorme druk word benodig om die turbines so vinnig as moontlik te draai. Die bo-kant van die dam besit nie naastenby genoeg druk vir die turbines om te benut nie. Die uitvloei van die turbines gebeur dus buite die gebou.
Die hidrogebou is weg van die wal af gebou, sodat dit afsonderlik in stand gehou kan word van die damwal en opgegradeer kan word.
‘n Paar “prettige feite” rondom die projekte:
1) Hierdie was die eerste krag stasie in Suid Afrika wat totaal-en-al ondergrond gebou is.
2) As H F Verwoerd vol is en die turbines hardloop permanent, sal die dam in 100 dae leeg getap word.
3) Die uitlaat na die turbines, wat 7 meter in omtrek is, laat 220000 liter water per sekonde deur.
*
Natuurreservaat
Die 6 200 ha Rolfontein Natuurreservaat is aan die noordwestelike oewer van die dam geleë en is die tuiste van elande, gemsbokke, rooihartbeeste, Burchell-sebra, witrenoster, koedoes, springbokke, grysduikers, vlermuisjakkalse, bobbejane, vervetaap, erdvarke en aardwolf.
Die P K le Roux dam was oorspronklik geskeduleer om op dieselfde tyd as die H F Verwoerddam te begin, maar in Oktober 1967 is bouwerk uitgestel ooreenkomstig regeringsmaatreëls om inflasie in die nasionale ekonomie te bekamp.
Gedurende 1969 het die Kabinet besluit om met die projek voort te gaan en in 1970 is tenders vir ‘n tweede keer aangevra. Die tenderpryse wat ontvang is, was baie hoër as wat verwag is, met die gevolg dat die Kabinet besluit het dat die Departement van Waterwese die dam met hul eie konstruksiepersoneel en toerusting moet bou.
Die P K le Roux dam is ontwerp deur ‘n konsortium van plaaslike en oorsese konsultante en gebou deur die Departement van Waterwese en Bosbou. Die bouwerk het in April 1971 begin en die dam is uiteindelik in September 1977 in gebruik geneem.
Vier hekke wat in die muur geïnstalleer is, kan tot 8 500 m3/s in totaal deur die vloedsluise wat op die linkerflank van die dam geplaas is, afvoer. Water wat uit die H F Verwoerddam vrygestel word, vloei in die P K le Roux dam in, waar dit óf deur die Oranje/Rietkanaal na die Rietrivierkom oorgedra word óf stroomaf deur twee hidro-kragopwekkers vrygestel word. Die kragopwekkers kan elk 120 MW elektrisiteit produseer teen ‘n ontlading van ongeveer 200 m3/s. Die hidrokragsentrale kan dus tot 240 MW elektrisiteit teen ‘n vloeitempo van 400 m3/s verskaf.
Daar is oorspronklik in die vooruitsig gestel dat die regteroewerkanaal sou strek tot by die Brakriviervallei in die Prieska-Britstown area asook die Carnarvon-Leegte, die Beervlei area, die Sakriviervallei en die Koariviervallei. Weens ekonomiese faktore rakende die finansiële lewensvatbaarheid van die ontwikkelings wat benodig word, is daar egter besluit om nie voort te gaan met die uitbreidings van die regteroewerkanaal wat nou naby Hopetown stop nie. Net so was dit oorspronklik bedoel om ‘n linkeroewerkanaal vanaf die dam na Hopetown te bou om besproeiing langs die linkeroewer van die Oranjerivier te voorsien. Hierdie kanaal is nie gebou nie en alle besproeiing langs die linkeroewer tussen P K le Roux dam en Hopetown word direk vanaf die rivier met pompe voorsien.
Sestien kilometer noord van Petrusville en grens aan die P K le Roux dam is die Rolfontein Natuurreservaat in die boonste Karoo geleë. Die terrein bestaan uit Karoo-vlaktes met doleriet-boude (bekend as koppies), asook berge met beboste klowe. Die witrenoster, Burchell se sebra, bruin hiëna, springbok, gemsbok en ander wildsbokke kan in hierdie reservaat gevind word, asook die meer ontwykende erdvark en aardwolf.
Die Piet Barbet-staproete is ‘n kort 4km kronkel deur die park, maar stappers is welkom om verder te verken, solank jy vooraf reëlings met die parkbestuur tref. Besoekers kan in die reservaat piekniek hou en oornagverblyf is in tentkampe beskikbaar en daar is twee oornaghutte vir stappers.
Beeldmateriaal
Vanderkloofdam
Vanderkloofdam
Sekere geboue en openbare swembaddens is totaal en al verwaarloos, geen onderhoud gedoen nie.
*
Verwante inligting
Lesotho Highlands Water Project
https://kids.britannica.com/students/article/Vanderkloof-Dam/610208
VERWANT
29 000 millionaire civil servants
Traditional leaders South Africa: 8840
Development of One Plans – Ramaphosa
Die skrywer hiervan is TOTAAL onkundig tov die Broederbond. Verseker, is die skrywer, uiters jaloers dat hy nie genooi is om deel te word van ‘n uiters intellektuele groep mense nie.
LikeLike