Leuens na 1994 en SKENDING van Menseregte

Daar is GEEN ooreenkomste wat die man, Mandela daardie tyd genoem het in sy video en wat vandag gebeur nie.   Mandela het verseker nog harder aan swart bemagtiging gewerk, want hy het die eerste wet onderteken.  Hierdie woorde is alles ‘n spul leuens en dit wat na 1994 gevolg het is skending van ons as volk se menseregte.   Ons as volk het genoeg hiervan gehad en leuens van hierdie regering wat voortbou op Mandela se sogenaamde “legacy” wat nie bestaan nie.
There are no similarities that the man Mandela mentioned at that time in his video and what happened today, after a 25 year period.   It is based on lies and what followed after 1994 is nothing less than violation of our minorities human rights.   There are no legacy at all and promises in this video are full of lies.

Related image

SIEN DIE VIDEO MATERIAAL

1.  Mandela onderteken in 1997 rassistiese wetgewing wat hul BEE noem dis later gewysig na B-BBEE en word slegs teen die minderheidsvolke, Blankes geimplementeer om hul ekonomies te ontmagtig.  Daarna het die ander Presidente sy voetspore gevolg.   Dis ‘n misdaad om teen ons as minderheidsvolk te diskrimineer met stelle en stelle wetgewings.

2.  Afrikaanse moedertaal het bykans totaal en al verdwyn uit ons lewens uit – ons het geen seggenskap daaroor nie.

3.   Aparte gebiede – segregasie – het nooit ophou bestaan nie – naamsveranderinge is ondergaan van Tuisland na Trustgebiede of CPA.     Dis ‘n goeie vraag.  Waarom het De Klerk ‘n ooreenkoms met swart leiers aangegaan om hul gebiede te verseker maar niks vir ons Afrikaners en Boere nie?    Waarom is daar reeds voor 1994 wetgewing in plek gestel om swart en khoi san volke te vrywaar, en dan word steeds voortgegaan dat hulle geen grondgebiede het nie.    Dis verregaande, ons as blanke volke is baie langer in die land as swart volke in hierdie land en het netsoveel reg om hier te wees, inteendeel.   Elke volk het die reg om hulself te regeer in gebiede wat hulle sin is.

4.  Waarom word toegelaat dat besettings van grond plaasvind wat ontaard in duur hofsake, om ons nog meer te melk en te verarm?    Regsbank is ‘n baba van die ANC en hul liberale blanke agente.  Elke sent hiervan behoort aan hierdie eienaars terug betaal te word.   Dreigemente oor grond is aan die orde van die dag en skakel in hierby.   Dit is strydig teen Internasionale reg.  Ons lewens word daagliks bedreig en afgedreig deur Malema en ANC se dreigemente.

5.   Onveiligheid in stede en dorpe, maar veral op plase word ons blanke boere gruwelik gemartel en uitvermoor.   Hoeveel verdien die regering uit misdaad uit – alles beland of in ‘n hof of in ‘n hospitaal of op ‘n versekering se tafel?

6.  Ons word daagliks beroof om ons eie identiteit as volk en kultuur te behou.

Video materiaal

Mandela aan die woord saam FW – leuens

Advertisements

9 gedagtes oor “Leuens na 1994 en SKENDING van Menseregte”

  1. De Klerk is nou so stil soos ‘n muis. Hy het hom nog nooit teen die vergrype uigepreek nie.
    Ons het ons land op die grens vir jare verdedig en dit meetal wit soldate. Vandag is ons die honde.
    Mags vergrype, bedrog, roof, verkragting, moord, omgekeerde rasisme, onbevoegde en ongeskoolde terroriste leiers in die ANC regering om maar net ‘n paar te noem. Hulle het die Polisie, Gevangnisdiens, hospitale, SANW, Die howe, Eskom, Stadsrade en algehele bestuur van die land sa afgetrek met kaders in poste, en die feit dat die massas daar buite nie die probleen kan verstaan nie. Hulle glo die labd is vry gemaak, solank dit net nie in iemand anders se hande weer kom nie. Ons het nou ‘n baie siek stelsel en kan nie meer enige van bo-genoemde staats insellings met gerustheid gebruik en tevrede wegloop met goeie diens nie. Daar is bitter min om oor tevrede te voel.

    Like

  2. Jy is so 100% reg Pierre – absoluut niks. Te danke aan die bolshevisme en kommunisme en aan die anderkant die liberaal verligte bendes wat saam mandela en hul kommies musical chair speel en vandag sit fw en glimlag lekker oor al die moorde want hy voel ‘n veer en so ook die res wat hiervoor buite ons landsgrense onderhandel het en almal belieg het

    Like

  3. In die proses is daar bykans GEEN mensereg van ons volk wat nie stukkend is nie. Die Doringboompie sal herrys en weer groei, het nog altyd dis bewys, maar ons moet en sal van krag tot krag gaan en met Sy hulp dit oorwin

    Like

  4. Al hierdie SOE staatsinstellings is leeggesteel en hulle pomp steeds in vir nog meer swart biljoeners en miljoeners – hulle voel niks vir armes nie

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s