*
Die Slag van Berg-en-Dal Boere volk monument is en was een van vele belangrike veldslae op plaas Berg- en-dal gedurende Anglo-Boere oorlog 2. Dit staan ook as die Belfast veldslag of Dalmanutha bekend. Die slag het op 27 Augustus 1900 plaasgevind. Daar is bykans nie een veldslag wat belangriker geag word as ‘n ander nie, omrede dit het gegaan om die Boere volk se vryheid en onafhanklikheid te beskerm. Die aanslag was teen die BOERE volk, nie teen ander vreemde of veelvolkige nasies nie.
*
Die monument was baie kleiner opgerig in 1930, maar is later in 1970 vervang deur hierdie monument wat vandag aan ons gewys word. Dalmanutha is ‘n treinstasie naby die veldslag en dis juis wat die Boere gebruik het om die Britse aanvalle te stuit. Die eerste was in 1930 opgerig
Op die Berg-en-dal terrein is daar twee ‘monumente’ opgerig.
Die groot een (naald wat lyk soos ‘n vuurpyl) is vir Boere bedoel en piramied klipstapel vir die Britte. Die veldslag het nie net een dag geduur nie. Die eerste simbool is nie regtig Boers nie. Die Boere krygers het vir jare hierdie gebiede met hul lewens beskerm, vir hul kinders en nageslagte. Die idee van herdenkingsnaalde en simbole is nie eie aan die Boere volk nie.
Die Slag van Berg-en-Dal strek oor paar dae ongeveer 21 tot 27 Augustus 1900. In bevel van Boere was Genl Louis Botha met ongeveer 7000 man en 20 kanonne (onder andere die Long Tom kanonne) met die hoofdoel om spoorlyn tussen Belfast en Paul Kruger se hoofkwartier in ooste te beheer. Hierdie aanvalle was altyd verrassend vir die Britse soldate wat ver gereis het om met die handjievol Boere krygers slaags te raak .
Daar word vir etlike dekades al ‘verander’ aan die Boere volk se kultuur erfenisse en selfs geskiedenis, veral na 1910 regering en elkeen moet hul eie gevolgtrekkings daaruit maak.
Vreemde ‘Naalde’ word ook soms as simbole gebruik, wat nie die Boere volk verteenwoordig nie. Paardekraal het dieselfde deurgemaak, daar was net ‘n gewone klipstapel gebou deur duisende Boere wat daar was en vandag sien dit anders daaruit met ‘naalde’ (vrymesselaars of afrikaners) wat nie die Boere volk weerspieël nie.
Daar moet opgelet word, dat die Afrikaner nasie nie deel is van die Boere volk en hul geskiedenis of kultuur erfenisse nie. Dis juis die Afrikaners wat na 1910 die septer probeer swaai het saam die Britse regering in unie wording.
Die Afrikaners het nooit omgegee om onder die juk van die Britse regering te staan nie en hulle doen dit vandag steeds. Hulle was grootsliks verantwoordelik dat die land in 1994 aan die ANC kommuniste oorhandig is.
Dakar 1986 – Notes of H Giliomee
Daarom word opgemerk hoe die geskiedenis met simbole van die Boere volk ‘verander’ word om ander groepe te pas en maak of die Boere volk deel daarvan is. Die Boere volk is ‘n volk in eie reg en het juis padgegee uit die Kaapkolonie. Daarteenoor is die Afrikaner ‘n veelvolkige multi-kulturele nasie wat daarop roem om saam of onder die ANC te staan.
1900 Dertig sikkels silwer (30000 Britse pond) ABO
Afrikaner stigting Solidariteit Julie 2024
Veelrassige organisasies – ABN
*
Aan Britse kant Buller met 19000 soldate en 82 kanonne. Botha het op ñ strategiese koppie 60 van sy beste man ( die ZARP’s – lede van die Republiekeinse Polisiemag) geplaas met opdrag om koppie tot die dood toe te behou.
Die Engelse soldate wat hier aan die suidpunt kom moeilikheid maak het met ‘n geweldadige oorlog teen die Boere volk, krygers, hul vrouens en kinders, het oral probeer koning kraai om die handjievol Boere volkslede as hul slawe te behou.
Dit is alombekend dat die Boere volk nie onder die Britse heerskappy en bewind wou bly om die onderdrukking en slawerny te laat voortbestaan nie. Daarom het hul getrek en oral is Republieke gestig deur die Boere volk.

The battle lasted from 21 to 27 August 1900.
The climax came on the last day, when 70 men of the Johannesburg Zuid-Afrikaansche Rijdende Politie (ZARP), a special mounted police corps of the Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), faced a full attack by General Sir Redvers Buller’s Natal Field Army of 1500 men(also referred to as the Natal Field Force).
The ZARPs established their position on a koppie (Hill) and in some of the buildings on the farm Bergendal at the junction of the Carolina and Dalmanutha roads.
Dalmanutha is a railway station just to the east of the koppie, which is almost the highest point of the ridge and rises sharply from the surrounding grassy slopes. After a heroic defence the surviving ZARPs realised they had to retreat.
Buller describes the final stages of the battle as follows: ‘The enemy stood their ground with great gallantry, and only left their positions when the Rifles were among them and the Inniskilling Fusiliers on their flank, between 20 and 30 of them keeping up the fire until actually made prisoners.’ …
*
Bronne, verwysings en verwante artikels
John Roderick het ‘n pragtige artikel geskryf oor een van ons vele Boere erfenisse en ook heelwat pragfoto’s verskaf. Die veldslag was tussen 21 en 27 Augustus 1900.
https://monument-sa.co.za/berg-en-dal-belfast-bergendal/
https://www.sahistory.org.za/dated-event/boers-and-british-clash-battle-dalmanutha
https://tracks4africa.co.za/listings/item/w205198/battle-of-berg-en-dal-war-memorial/
https://www.graves.eggsa.org/mpumalanga/belfast_rural/berg%20en%20dal/
Mooi skakel (publiek)
*
Kultuurskatte, geskiedenis, simbole van alle Boere republieke
Kultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volk
*
Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com
*
[…] https://my-krugersdorp.blogspot.com/2008/04/paardekraal-n-geskiedkundige-oorsig.html*Berg-en-dal Boere monument (ZAR)Stoelmonument Middelburg KaapkolonieKultuurskatte, museums en -erfenisse – bestaansreg van die Boere volkABO Militêre gedenkplekke in Natal (KZN) kultuurskatteKultuurskatte, geskiedenis, simbole van alle Boere republieke […]
LikeLike