Vlae van Vrystaat en ZAR Boere republieke

*

Die Vierkleur wat aan die Boere volk van die ZAR Boere republiek, oftewel Transvaal behoort, is en bly daardie Boere Republiek se volkseiendom.  So behoort die Vrystaat Boere republieke vlag aan daardie republiek.  Daar is heelwat Boere republieke binne hierdie twee republieke, wat elkeen ook hul eie vlae en simbole het.  Elkeen moet respekteer word.   Geen een van die vlae kan as ‘n nuwe vlag onder ‘n nuwe naam van enige ander organisasie of volksvreemde registreer word nie – dis reeds geregistreer.

image.png

*

Hierdie Boere republiek vlae het niks met ‘apartheid’ te doen gehad nie, want die Britse regering, saam ander volke het aparte gebiede geskep (1854 en 1894).

Swartes uit noorde,  het grondgebiede na 1800 beset en verkies om afsonderlik te woon.  Inteendeel, na 1994 bly hulle steeds apart.

Tuislande, Reservate en Kroongebiede heet vandag CPA (KEV) en Trustgebiede.  Dis nie een deur enige Boere volkslid of republiek geskep nie.   Die Boere het twee onafhanklike Republieke gehad wat internasionaal erken is met verskillende konvensies.

Niks verhoed die Boere volksgenote wat oral bly, om trots op hul Vierkleur, Vrystaat of enige ander vlae te wees en selfs te gebruik of ten toon te stel nie.     Vlae was dekades gelede al geregistreer as amptelike vlae van die onafhanklike ZAR Boere republiek (Transvaal), Vrystaat en ander Boere republieke.  Dit sal ook die ZAR en Boere volke se vlae bly, tensy die Boere volk anders daaroor besluit.

*

Hulle is beide Boere republieke genoem

Die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) (Transvaal) en
Vrijstaat republiek

Vierkleur tradisionele gebruike – heelwat gedenkwaardighede uit ons Boerevolk se roemryke en trotse verlede:

Paardekraal 

Uit die Geskiedenis

Tydens die twee Anglo-Boere oorloë  (Anglo: Brittanje, haar bondgenote teenoor die handvol Boere van twee Boere republieke ) was alle Boere republieke in ‘n vryheidstryd gewikkel en beslis nie ‘n Suid-Afrikaanse oorlog nie, want daar was nog geen Suid-Afrika ter sprake nie.   Selfs die Rebelle wat Boere republieke gaan help veg en opruk het, het dit onder die Boere volk se kommando sisteme gedoen.

*

Op 13 Desember 1880 is ‘n volksvergadering by Paardekraal gehou. ‘n Driemanskap-regering is ingestel met S J P Kruger as vise-president, P J Joubert as kommandant-generaal en MW Pretorius (voormalige staatspresident) as voorsitter van die volkskomitee.

Op 16 Desember 1880 het die Driemanskap Heidelberg binnegery, die Vierkleur gehys en die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) ‘n vrye onafhanklike staat verklaar.

Die oorspronklike klipstapel is op 13 Desember 1880 op voorstel van Paul Kruger deur die sowat 6 000 burgers opgerig, en moes as ‘n bewys dien van hulle voorneme om tot die bitter einde vir hulle vryheid en die herstel van die republikeinse staatsvorm te veg. In Paul Kruger se woorde was “deze steenhoop…de eeuwiger getuige daarvan.”   Gedurende die Driejarige oorlog is hierdie hoop klippe deur die vyand per spoor na Vereeniging vervoer en daar in die Vaalrivier onder die treinbrug gegooi. Dit lê nou nog daar in die water onder ‘n dik laag modder.

Aanslae van die Britte en haar bondgenote teen die BOERE volk

Paardekraal belofte

Paardekraal monument, Krugersdorp

https://af.wikipedia.org/wiki/Paardekraal-volksvergadering

*

Transvaal se Vierkleur

Toe die vryheid van Transvaal in ons stryd teen Engeland teruggewin is gedurende 1881, het S J du Toit en J S de Villiers ‘n  kragtige vlaglied vir Transvaal gegee om met trots en dankbaarheid te sing . Dit vertel op ‘n treffende wyse die verhaal van ons stryd en oorwinning:

Die Vierkleur van ons dierbaarland, die waai weer oor Transvaal;
En wee die Godvergete hand, wat dit weer neer wil haal!
Waai hoog nou in ons helder lug, Transvaal se vryheidsvlag!
Ons vyande is weggevlug, nou blink ‘n blyer dag!

Met lae lis haal Albion ons vlag verraad’lik neer;
En doen toe net al wat hul kon, dat ons hul vlag moes eer:
“Ons sou dan alles daarby wen, ‘n telegraaf en spoor,
as ons die rooi vlag wil erken”, maar dit wou ons nie, hoor!

Vier jaar lank het ons mooi gepraat om weer ons land te kry:
“Ons vraag jou, Brit, geen goed of kwaad; gaat weg en laat ons bly!”
Maar toe die Brit ons nog vererg, toe vat ons die geweer.
Ons was al lank genoeg geterg, nou kan ons tog nie meer.

En met Gods hulp het ons die juk van Eng’land afgegooi;
Ons is weer vry, geluk! Nou waai ons vlag weer mooi.
Dit het ons heldemoed gekos, maar Eng’land nog  veel meer.
So het die Heer ons weer verlos, ons gee Hom al die eer.

https://gelofteland.org/index.php/ons-taal/24-volksliedere/4628-vierkleur-van-transvaal

*

‘n Republiekvlag, die Vierkleur het lankal sy ontstaan gehad.

Woord-aanhaling:

WAT IS ‘N VLAG?

‘n Vlag is nie maar net ‘n stuk lap nie. ‘n Vlag verteenwoordig ‘n volk of ander etniese of staatkundige gemeenskap en die grondgebied waarop daardie gemeenskap woon.    Die Boere volk het ‘n eie identiteit, gekoppel aan al die Boere republieke.

Daar is etniese gemeenskappe en volke wat nie oor eie grondgebied beskik nie maar wat nogtans oor eie vlae beskik. Die vlag simboliseer, verteenwoordig en staan vir die etniese gemeenskap of volk wat hul ontwikkel het, en vir sy hele geskiedenis. Verbranding van ‘n vlag is die grootste belediging wat ‘n mens aan ‘n volk of nasie kan toevoeg.

Vir lede van die Boere volk is die Transvaalse Vierkleur asook die Vrystaatse vlag simbole wat hulle van hulle Hemelse Vader ontvang het, en wat deur Hom bewaar is oor die eeue. Hierdie twee vlae is derhalwe vir die Boere volk die belangrikste volksvlae en die vlae van die toekomstige Boere staat.  Dit geld vir alle Boere republieke.

Die Vierkleur is die geregistreerde vlag van die Boere volk en Boere republiek.  Respekteer dit, dit behoort nie aan ander volkere of organisasies nie.   Die Boere republieke se vlae behoort aan geen politieke party wat deel het aan die 1996 grondwet nie.   Om politieke punte te probeer verkry, gaan nie werk nie – politic moet hul eie vlae laat wapper en die van Boere republieke met rus laat.

Lank lewe die Boere volk! Laat die Vierkleur wapper! “  En wee die Godverlate hand wat hom weer neer sal haal”

http://staansaam-nuusblad.blogspot.com/2014/01/die-vierkleur-is-die-geregistreerde.html

*

Beeldmateriaal

Volksliede van die Vrystaat en Transvaal

Anthem of the Orange Free State + Anthem of the Transvaal + Die Stem van Suid-Afrika

*

Op die 13 Februarie 1858 is daar oor die vlag van die ZAR deur die ‘Raadskomitee’ besluit. Dit is soos volg deur die Volksraad goedgekeur:

‘Daar is besluit dat ‘n vlag vir die Suid-Afrikaanse Republiek aangeneem sal word, bestaande uit die volgende kleure: Rooi, Wit en Blou, Horisontaal, eweredig bo mekaar geplaas, en Groen loodreg langs die paal. Die woorde sal daarop geplaas word:

Eenheid maak Mag.

Nederlands volg:

‘Is besloten dat eene vlag voor de ZuidAfrikaansche Republiek aangenomen zal worden, bestaande uit de volgende kleuren:    Rood, Wit en Blaauw, Horisontaal, evenbreed boven elkander gesteld, en Groen perpendiculair langs den stok. Daarop zullen de woorden geplaatste worde: Eendragt maakt mag’.

Die Vierkleur is deur dominee Dirk van der Hoff ontwerp.

Die ontwerp het die kleure van die nasionale vlag van Nederland ingesluit, met die bykomende groen as simbool van vryheid. Die slagspreuk het egter nooit op enige Vierkleur verskyn nie.

Tydens die inhuldiging van die eerste President van die ZAR, M W Pretorius, te Potchefstroom op 6 Januarie 1857 is die vlag vir die eerste keer gehys – gevolg deur vlaghysingseremonies op 23 Februarie in Pretoria en op 9 Maart in Rustenburg.    Die Vierkleur is in 1859 as Nasionale Vlag in Lydenburg aanvaar.    Die Vierkleur het die Nasionale Vlag van die Zuid-Afrikaansche Republiek gebly tot 31 Mei 1902, toe die Vrede van Vereeniging tot stand gekom het.

DIT beteken nie ons het ophou bestaan nie.

*

On the 13th of February 1858 the flag of the ZAR was decided upon by the ‘Committee Raad’. It was approved as follows by the House of Assembly:

‘Is besloten dat eene vlag voor de ZuidAfrikaansche Republiek aangenomen zal worden, bestaande uit de volgende kleuren:    Rood, Wit en Blaauw, Horisontaal, evenbreed boven elkander gesteld, en Groen perpendiculair langs den stok. Daarop zullen de woorden geplaatste worde: Eendragt maakt mag’.

The Vierkleur was designed by the Reverend Dirk van der Hoff. The design incorporated the colours of the National flag of the Netherlands, with the additional green as symbol of freedom. The slogan, however, never appeared on any Vierkleur.

During the inauguration of the first President of the ZAR, M. W. Pretorius, at Potchefstroom on the 6th of January 1857, the flag was hoisted for the first time – followed by flag hoisting ceremonies on the 23rd of February in Pretoria and on the 9th of March in Rustenburg.   It was only in 1859 that the Vierkleur was accepted as National Flag in Lydenburg.   The Vierkleur remained the National Flag of the Zuid-Afrikaansche Republiek until May the 31 st 1902, when the Peace of Vereeniging was established.

https://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub/article/view/647/651

*

*

Vrystaat

*

*

Ander Bronne en inligting

https://www.sahistory.org.za/dated-event/die-vierkleur-four-colour-flag-zuid-afrikaansche-republiek-zar-hoisted-first-time

*

Vlae van die Boere republieke – daar was meer dan twee

https://tmg110.tripod.com/boer_nf.htm

*

MEER INLIGTING KAN GELEES WORD:

Vryheid  –  Nieuwe Republiek (Boer-Zoeloe)

Selfbeskikking – onafhanklikheid

Span osse – Selfbeskikking

17 Januarie 1852 ZAR

Monumente : Geskiedenis simbole ZAR

*

Na 1994 begin die diskriminasie en rassisme teenoor elke blanke persoon in Suid-Afrika:

Swart bemagtiging Inhoud B-BBEE Index

Ramaphosa – swart bemagtiging kommissie

Ramaphosa : B-BBEE

Communism – Bolshevism – Revolution

AFRIKANER NASIE EN BOERE VOLK

Die maklikste verstaanbare verskil tussen die Boere volk en die Afrikaners.

Die Boere volk se geskiedenis strek verder.    Voorsate wou nie onder die Britte beheer in die Kaapkolonie staan nie en het as Vryburgers / Trekboere weggetrek.

Die Boere volk kan en wil beslis nie namens Afrikaners definisies vir hulle uitwerk nie.   Van hulle was juis deel van die Kaapkolonie en ook ‘BOND politieke party’ saam Rhodes.

Die Boere volk en hul kinders is almal nakomelinge van die onafhanklike Boere Republieke.   Die Boere republieke het ‘n ryk geskiedenis en erfenis.   Oral is daar erkenning gegee vir die voortbestaan van die Boere volk en het ons soos enige ander volk ‘n reg om dit uit te voer, veral op internasionale vlak, om oor onsself te regeer.

Dit beteken nie omdat die Engelse die Boere republieke geannekseer het, hulle besit die Boere volk nie.   Hulle besit geen volk nie.   Dit beteken ook die Boere volk het ‘n internasionale reg om oor hulself te regeer en te besluit.  Hul Republieke bly steeds hulle sin.

Die Boere Republieke moet soos in 1902 ten volle herstel word en selfs gebiede waar daar getwyfel word, moet ten volle ondersoek word.   Dit wat aan die Boere volk behoort, wat kultuurskatte insluit, is en bly deel van die volk.

Die ironie is,  die politieke speletjies is sedert 1994 aan die gang en het reeds sedert wyle Dr Verwoerd se moord erger begin word.   Na 1994, waar daar steeds na 30 jaar leë beloftes gemaak word, deur hulle wat met gemak in parlement van die ANC (Britse statebond) sit en kuier.  In 30 jaar was daar niks noemenswaardig gebou aan die vryheid van die Boere volk of selfs konserwatiewe Afrikaners wat nie deel van die kommuniste wil wees nie.     Hulle wat  dink hul kan namens en vir elke Boere volk lid opstaan of praat is verkeerd.   Hulle het geen mandaat nie en hulle is almal buitendien multi-kultureel en nie volksgerig nie.   Wie is hul volk in elk geval as hul multi-kultureel is.  Al mandaat wat hulle het, is hul multi-kultuur lede.

*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

10 gedagtes oor “Vlae van Vrystaat en ZAR Boere republieke”

  1. […] en Vrystaat Boere republieke vlaeGrondgebiede van Boere volkBritse oorlog teen Boere RepubliekeDie Vierkleur van die ZAR, Transvaal Boere republiekZAR VIERKLEUR – Is die Boere vlag nou ‘n vals vlag?Boereheld Jopie Fourie en SmutsWit leuens […]

    Like

Lewer kommentaar