Anglo-Boere oorloë – Konsentrasiekampe

*

Die Vrouemonument wys op die lyding van duisende vroue en kinders, maar hulle geestelike en geloofsvolharding in Britse konsentrasiekampe en op ander plekke dra die universele boodskap dat die vrou en haar kinders as waardige mense hulle regmatige plek in die samelewing moet inneem. Die swaarkry van die Boervroue en –kinders in die jare 1900-1902 het ‘n triomferende martelaarskap geword.  

Die Anglo-Boereoorlog - Weet

*

Hierdie vroue het nie net bloed gesweet nie maar is innerlik van alle menswees beroof, die verbrande aarde beleid, verkragtings en min/geen voorrade in die helkampe van die Britte.  Die Engelse wys met trots hoe hulle huise geplunder en afgebrand het.

Suid van Trompsburg lê Springfontein. In die kerkhof by hierdie klein dorpie is daar 200 grafte van vroue en kinders wat gedurende die wrede oorlog tussen Boer en Brit gewoed het. Hierdie grafte is ‘n stille getuie van die dapper, maar magtelose slagoffers, wat in die Britse konsentrasiekamp te Springfontein omgekom het.

SPRINGFONTEIN

Beeldmateriaal van Rudie Rousseau

Verkragting en moorde van ons voorgeslagte in die konsentrasie helkampe.

30000 plase is afgebrand, heelwat voedsel daarmee heen met die ABO.    Kinders het op baie jong ouderdom gesterf weens honger en dors.

Hoekom het dit die vorige regering so lank geneem om die waarheid te openbaar oor die Boere republieke, konsentrasiekampe, verkragtings en verskroeide aarde beleid?    Sodat hul alles onder die mat kan invee.   Hulle doen dit ook met ander lande vandag.  Dis hoekom dit sioniste was wat met die 1902 gekom het en hul voorwaardes afgedwing het.   Alles voorafbeplan, selfs die perde is hiervoor geteel in Amerika.

*


Vir 124 jaar was die Verkragting dade – Die Oop Gulp Beleid van die Britse soldate vir ons weg gesteek. Hier is die 4 deel dokumenter nou met 287 Verkragting verklarings se oorspronklike hand geskrewe briewe van Boervroue wat wreed deur wit en swart Britse soldate wat hulle op die plase verkrag het nou.

Waarom moes dit ge weerhou het van ons Volk? die stel is by my beskikbaar met die boek. DIE BOEK VROUELEED WORD AS VOORBEELD GEWYS MAAR DIE NUWE BOEK MET 287 OORSPRONKLIKE HANDGESKREWE EN OORSPRONKLIKE BRIEWE IS NOU BESKIKBAAR EN KAN BY MY BESTEL WORD. Kontak my gerus op 082 536 1917.

https://www.youtube.com/watch?v=PSQjZnNTS6I

*
*

Gebeure in die Springfonteinkamp het bygedra tot die ontwerp van die

Vrouemonument.

Op 15 Mei 1901 het Emily Hobhouse Springfontein in die Suid-Vrystaat besoek. In die konsentrasiekamp aldaar was reeds 3000 vroue in die bittere koue.

Sy skryf:

Die mense wat daar saamgehok was, het geen tente gehad nie. Sommiges het onder die treintrokke ingekruip en ander het stukkies seil by die Tommies gebedel. Hulle het ‘n paar stokke in die grond gesteek en die seil daaroor gegooi, om noodskuiling te maak waarbinne ‘n mens nie kon regop staan nie.     Ek is na een van die skuilings geroep om na ‘n siek kind te kyk. Die moeder het op ‘n kissie gesit met die kind op haar skoot. Sy het niks gehad om vir die kind te gee nie en dit was duidelik dat die kind se toestand vinnig verswak het.    Ek het iemand na die opsigter van die kamp, ‘n myl daarvandaan, gestuur om hom iets vir die siek kind te vra, maar hy het laat weet dat hy net vir die kamp voorraad lewer.    Daar was niks wat ons kon doen nie. In eerbiedige stilte moes ons toesien hoe die kind sterf. 

Die moeder het nie beweeg of getreur nie.    Dit was haar enigste kind. Sonder trane en doodsbleek het sy daar gesit.   Sy het nie na die kind gekyk nie, maar na die dieptes van smart wat verder was as alle trane. ‘n Vriendin, wat agter haar gestaan het, het die Here aangeroep om hierdie tragedie te aanskou, terwyl ander vroue om haar op die grond troosteloos gehuil het.   Hierdie toneel het ‘n onuitwisbare indruk op my gemaak. Dit was asof al die elemente van tragedie in hierdie land saamgevloei het onder daardie stukkie flenterseil wat nie die son, wind of reën kon keer nie!


https://decampcourant.arkpark.net/springfontein.htm

File:9 2 302 0045-Women's Monument Bloemfontein-s.jpg - Wikipedia

*

Springfontein Konsentrasiekamp Begraafplaas

SPRINGFONTEIN

*

Toe Emily Hobhouse Springfontein vroeg in Maart 1901 besoek het, het sy ‘n ‘onvreemde plekkie’ gevind, omring deur klipperige koppies in die boomlose grasvelde van die Suid-Vrystaat. Gostling, wat Hobhouse as ”n baie gawe man’ beskryf het, het ‘n ordelike plek geskep en die kamp het gewoonlik ‘n gunstige indruk op besoekers gemaak. ‘n ‘Koloniale dame’ wat die kamp in Februarie 1902 gesien het, het gesê:

‘Die gelyke strate, die skoon tente, die witgekalkte klippe wat geplaas is om verskillende pleine en strate te merk, het die indruk op die vreemdeling gemaak van orde en voorspoed. Nou kan ek verstaan hoe ‘n vreemdeling wat by die kampe kom loer, goed tevrede kan vertrek met alles wat op so ‘n plek vir sy gevangenes gedoen word. Hy sien natuurlik nie agter die skerms, die hartseer, die onderdrukking, die vernedering wat dikwels op hierdie geduldige, stil Boere opgehoop word nie.2

Hoe menslik Gostling ook al was, hy was ‘n streng tugmeester en ‘n kragtige ondersteuner van die Britse saak. Hy het geprotesteer teen die verplasing van Boere na hul eie distrikte.

Gostling moes kophou, want die beginmaande van Springfonteinkamp was moeilik. Soos Hobhouse opgemerk het, was die meerderheid van die gevangenes bywoners, baie van hulle was desperaat verarm. Vroeë aankomelinge het min klere gehad. Sommige vroue moes onderrokke van weermagkomberse maak, een het ‘n man se broek gedra terwyl die meisies dikwels niks anders as die rok gehad het wat hulle aangehad het nie, sonder onderklere. Baie het kaalvoet gegaan. Emily Hobhouse het gehelp waar sy kon

https://www.geni.com/projects/Anglo-Boere-Oorlog-Boer-War-1899-1902-SPRINGFONTEIN-Camp-Kamp/14114

*

The Women’s Monument reflects the suffering of thousands of women and children, whose perseverance in spirit and faith in the British concentration camps and in other places convey the universal message that women – and their children – must, as righteous people, take up their rightful place in society. The struggle of the women and children in 1900-1902 has become a triumphant martyrdom.

When Emily Hobhouse visited Springfontein in early March 1901, she found a ‘queer little spot’, ringed by stony koppies in the treeless grasslands of the southern Free State. Gostling, whom Hobhouse described as ‘a really kind man’, had created an orderly place and the camp usually made a favourable impression on visitors. A ‘colonial lady’ who saw the camp in February 1902 commented that:

‘The even streets, the clean tents, the whitewashed stones placed to mark different squares and streets, made the impression on the stranger of order and prosperity. Now I can understand how a stranger coming for a peep at the camps can leave well satisfied with all that is done in such a place for its inmates. He naturally does not see behind the scenes, the heartache, the oppression, the indignities often heaped upon these patient, silent Boers’.

However humane Gostling may have been, he was a stern disciplinarian and a vigorous supporter of the British cause. He protested against the transfer of Boers to their own districts.

Gostling needed to keep his head, for the early months of Springfontein camp were difficult. As Hobhouse noted, the majority of the inmates were bywoners, many of them desperately impoverished. Early arrivals had little clothing. Some women had to make petticoats out of army blankets, one was sporting a man’s trousers while the girls often had nothing but the frocks they were wearing, with no underclothes. Many went barefoot. Emily Hobhouse helped where she could

Repatriation was a prolonged matter in Springfontein camp for, like Brandfort, it was used as a centre for orphaned children and older destitute and homeless people. The hospital was converted into an orphanage and a trickle of children arrived over the next few months. By November Springfontein had been designated as the final camp for the collection of all the unwanted but both Springfontein and Brandfort survived into 1903. Finally, at the end of January the remaining inmates of Springfontein camp were transferred to Brandfort and the camp was closed in February 1903.

*

http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Histories/Springfontein/

*

LEES MEER

Plutokrasie, siembamba en vals demokrasie

Britse konsentrasiekampe Hester de Beer

Verskroeide aarde – Scorched earth

Anglo Boere oorloë  Shepstone

Die Anglo-Boere Oorloë in kleur

Shepstone and ABW

Shepstone –  Natal, roots of segregation

Commonwealth and suppression by British Colonialism

Apartheid 1854

Jan Smuts – Churchill –  Rhodes –  apartheid  : British rules

Jan Smuts en Brittanje (44)


*

Contact Admin:
Admin kan gekontak word by
volksvryheid9@gmail.com

*

18 gedagtes oor “Anglo-Boere oorloë – Konsentrasiekampe”

Lewer kommentaar