Die veelsydige kiwivrug, of Sjinese appelliefie (dikwels verkort tot net kiwi buite Nieu-Seeland), is die eetbare bessie van ’n houtagtige rankplant in die genus Actinidia. Dit het ’n veselagtige, dowwe groenbruin skil en heldergroen of goue vlees met rye klein, swart, eetbare sade. Die vrugte het ’n sagte tekstuur en ’n soet maar ’n unieke smaak, en word vandag kommersieel verbou in verskeie lande, soos Italië, Nieu-Seeland, Chili, Griekeland en Frankryk. Kiwi’s is dalk nie so volop in Suid-Afrika nie, maar styg die vraag na dié vrugte wêreldwyd vinniger as die aanbod. Sien geleenthede en potensiaal, doen eie volksbemarking, skep jou eie aanvraag en aanbod met direkte aflewerings – ook vir oorsese markte.
*
Eating a kiwi fruit is for sure a healthy habit in your everyday life. High in antioxidants, a daily consumption would prevent the appearance of certain cancers and limit the risk of cardiovascular diseases. Some scientific studies have shown that the oxidation of DNA is responsible for certain type of cancers.
Health Benefits of Kiwi fruits.
Helps treat asthma.
Aids digestion.
Boosts immune system.
Helps prevent sickness.
Manages blood pressure.
Reduces blood clotting.
Protects against vision loss.
https://www.healthline.com/health/7-best-things-about-kiwi
*
Maak jou eie wyn of ander gebottelde resepte:
Kiwi Wine Recipe – Fruity, Tropical White Wine
Lemon, bananas, raisins, and spices give punch to this kiwifruit chutney used as a condiment. It’s a sweet and savory blend that adds elements beyond simply turning your fruit into jam.
*
Gesondheidsvoordele van kiwivrugte
Daar tien gesondheidsvoordele waarop kiwivrugte aanspraak maak:
1. Dit is ’n baie goeie bron van anti-oksidante met hoë vlakke van vitamiene C en E. Volgens navorsing bevat kiwivrugte meer vitamien C as lemoene. Die vitamien E in kiwi’s help met die verlaging van cholesterolvlakke en beveg vrye radikale. Dan is kiwivrugte ook ryk aan polifenole wat help om weerstand teen siektes op te bou.
2. Kiwi’s werk veroudering teen en verbeter velgesondheid. Volgens navorsing wat gepubliseer is in die Joernaal van Sellulêre Fisiologie, kan die polisakkariede in kiwivrugte die sintese van kollageen in die liggaam verdubbel in vergelyking met normale omstandighede wanneer hierdie aktiwiteit verminder as ons ouer word. Kiwi’s is ook die gasheer vir karotenoïed en ’n antioksidant genoem luteïen, wat baie voordelig is vir velgesondheid deurdat dit die vel teen UV-lig beskerm.
3. Verbeter respiratoriese gesondheid. Kiwivrugte en ander vrugte hoog in vitamien C word suksesvol gebruik om ’n aantal respiratoriese siektes te behandel. Twee studies het ’n verbetering in respiratoriese funksies getoon by beide volwassenes en kinders wat aan asma ly nadat kiwivrugte by hul dieet gevoeg is. Beide studies het tot die gevolgtrekking gekom dat die vrugte danksy die hoë konsentrasie van vitamien C gehelp het om die simptome van hierdie pasiënte te verlig.
4. Bevorder sig en voorkom oogsiektes. Die voorkoms van luteïen in kiwivrugte is nie net goed vir velgesondheid nie, maar help ook om ouderdomsverwante makulêre degenerasie in die oog te vertraag. Luteïne beskerm die oog deurdat dit skadelike kortgolflengte UV-lig filtreer. Saam met die luteïen bevat kiwivrugte ook ’n groot hoeveelheid vitamien A, wat ook meehelp met die optimale gesondheid van die oog.
5. Help met die verteringsproses. Kiwivrugte het in studies belofte getoon as ’n behandeling van derm- en verteringsteurnisse. ’n Aantal studies het getoon kiwi’s help met komplikasies wat verband hou met die vermindering van prikkelbaredermsindroom asook dermontsteking.
6. Verbeter die kardiovaskulêre stelsel. Danksy die kalium in kiwivrugte help dit met die verlaging van hoë bloeddruk met dus ’n laer risiko van ’n beroerte, bloedklonte en kardiovaskulêre siektes. Dit is ook ’n vasodilator wat die are in die liggaam laat ontspan. Die vesel en vitamien K help met die opbou van kalsium wat die risiko vir hartaanvalle verminder. Kiwivrugte is ook ’n goeie bron van omega 3, magnesium, vitamien E en koper, wat almal help om die kardiovaskulêre stelsel behoorlik te laat werk.
7. Bevorder beengesondheid. ’n Tekort aan vitamien K veroorsaak swak beengesondheid. Studies dui daarop dat ’n dieet ryk aan vitamien K beengesondheid kan verbeter en die risiko van beenbeserings en siektes soos osteoporose kan verminder.
8. Bekamp slaapprobleme. Die serotonien in kiwi’s het deelnemers aan studies in hierdie verband gehelp om beter te slaap. Daar is ook bewys gelewer dat serotonien die geheue en gemoedstoestand van pasiënte bevorder het.
9. Kankerbevegter. Vir baie jare is die bome in die Actinidia-familie (kiwi-bome) in China gebruik as medisinale plante vir die behandeling van kwale soos gewrigspyn, nierstene en kanker van die lewer en slukderm. Beide die vrugte en wortels van kiwi’s het ’n inhiberende uitwerking op menslike lewer-, long- en kolonkanker-selgroei getoon.
10. Antifungale en antibakteriese vermoëns: In verskeie studies is kiwi’s se antifungale en antibakteriese vermoëns bewys. Dis oënskynlik in die saadjies van die vrug waarin hierdie eienskap opgesluit lê.
*
Daar is drie hooftipes kiwi, naamlik die gewone kiwi, Actinidia deliciosa, die goue kiwi, Actinidia chinensis, en dan die baba-kiwi of kiwiño waarvan daar twee tipes is, die Actinidia arguta en die Actinidia kolomikta.
Daar is persone of boere wat wel die vrug in Suid-Afrika aanplant en bemark. Dit sal ook ‘n goeie resultaat op kan lewer om met ander vrugtesoorte soos die bloubessie te kompeteer. Dit vervang nie die bloubessie nie, maar die waarde van vitamines in die vrug is hoog, veral Vitamine C. Die prys oor die algemeen is nes die bloubessie duur. Die kiwivrugte van Suid-Afrika sal ook effens anders smaak as die uit ander lande, weens die klimaattoestande. Danksy nuwe kultivars wat die Suid-Afrikaanse klimaat beter pas en ook lekkerder smaak, verbeterde produksietegnieke, gesonde plante en ’n aantreklike gaping in die mark, is daar baie min wat in Suid-Afrika se pad staan om ’n gerekende kiwiproduserende land te raak.
Plant jou eie kiwiplante – die vrug is bekend daarvoor dat hulle goed bestand is teen siektes en peste. Die plante word gewoonlik so 5 x 2 m uitmekaar geplant. Dis ’n tweeslagtige gewas en daarom word manlike plante teen ’n verhouding van 1:4 tussenin geplant. Na gelang van bestuiwingsmetodes kan dit gerek word na 1:8.
Bye vir bestuiwing is uiters belangrik maar dit kan ook met die hand gedoen word. Dit word, soos tafeldruiwe, met ’n prieelstelsel opgelei en daar word aanbeveel dat kiwiplantasies onder netstrukture gevestig moet word omdat die plante gevoelig is vir wind- en sonbrandskade. Dit raak gevaarlik bo 35 °C, maar hoe ouer die plant word, hoe meer bestand raak dit teen hitte. Die plant word sowat 2 m hoog opgelei met die nette wat minstens 2 tot 4 m bo dit gespan word. Hoe hoër, hoe beter is die kans dat bye suksesvol daar sal werk. Kiwiplante begin ná drie jaar vrugte dra en bereik teen die vyfde jaar volle produksie.
Water is ‘n absoluut noodsaaklikheid vir die plante.
Aangesien kiwivrugte betreklik min het wat hom pla en dus min bespuitings verg, is dit een van die maklikste gewasse om organies te verbou, wat goed is vir die boer se sak. Indien jy oorweeg om jou eie kiwibome te plant – hetsy vir tuisgebruik of boerdery – kan die volgende as riglyn dien:
Kies die plant wat die beste by jou voorkeure en plaaslike klimaat pas. Oor die algemeen benodig alle kiwi’s ’n gematigde klimaat met koel winters en warm somers.
In Suid-Afrika maak boere staat op 40 t/ha, hoewel toetsblokke gemaklik 30 t/ha lewer. Aangesien die plant (soos ’n wingerdstok) op twee jaar oue lote vrugte dra, word die ou lote wintertyd weggesnoei. In die somer is dit belangrik om loofbeheer toe te pas en die lighuishouding in stand te hou, maar ook seker te maak die vrugte is beskerm teen sonbrand. Kiwiplante kan lekker dors raak en het sowat 10 000 m³ water per ha nodig om te floreer, maar grondtipe en vruglading sal uiteraard ook ’n rol speel. Vanweë die groot wortelstelsel word mikrospuite aanbeveel. Die plant se huidmondjies gaan nooit volledig toe nie, daarom respireer dit die hele tyd. Moet egter nie skrik vir al die water nie, want die winsgrense laat toe om op minder hektare te boer vir dieselfde geld.
Ontkieming Kies watter tipe kiwi jy wil aanplant – die gewone, die goue of die babakiwi. Maak seker jy verstaan elkeen se spesifieke behoeftes en dat jy daarvoor voorsiening sal kan maak. Kry kiwi-sade. Vir grootskaalse boerdery sal dit die beste wees om saailinge deur kiwiboere te bestel waar verskillende variëteite reeds op onderstamme gevestig is om die optimale opbrengs te bereik. As jy egter net vir eie gebruik ’n paar bome wil plant, kan jy die saadjies uit kiwivrugteuit die supermark gebruik. Verwyder die sade uit ’n vars kiwi deur dit met ’n lepel uit te skep en verwyder dan die pulp met water.
Plaas die plante op ’n plek met direkte sonlig, soos byvoorbeeld ’n vensterbank. Die jong plante is baie sensitief vir die winterkoue en daarom verkies meeste produsente om die plante binne te hou totdat hulle groot genoeg is om uitgeplant te word. Onthou om jou plante in groter potte oor te plant soos wat hulle groei. Skei hulle van mekaar sodat elkeen in sy eie pot is wanneer die plante sowat 20 cm hoog is.
Plant die saailinge oor Vind ’n geskikte plek vir die plante. Maak seker dat die toestande reg is. Die plant benodig voldoende ruimte vir sy groei. Die meeste kiwiplante groei beter in direkte son of in ’n effense skadukol. Oor die algemeen benodig kiwiplante ’n effens suur grond met ’n pH van 6 tot 6,5. As jou grond baie alkalies is, kan jy dit versuur om die regte toestande vir die verbouing van die plante te skep.
Die grond moet klam wees, maar met goeie dreinering. Bou ’n stewige prieel vir jou plante. Onthou dat kiwi’s rankplante is wat tot 9 m hoog kan groei en baie kan weeg. Soos ander rankplante ontwikkel hulle beter langs vertikale strukture wat ondersteuning en groter toegang tot lig bied. Kommersiële kiwi-produsente gebruik 2 m hoë gespande drade wat elke 5 tot 6 m met ’n T-staaf gestut word. Plant die saailinge oor. Grawe vir elke saailing ’n gat ’n bietjie groter as die huidige pot waarin hy staan. Verwyder elke plant met al die grond uit die pot. Dis belangrik dat die wortels nie in dié stadium versteur of beskadig word nie.
lees meer :
https://www.farmingportal.co.za/index.php/farminglifestyle/food-and-health/5623-die-kiwivrug-suid-afrika
*
Apart from simply eating the ripe kiwi fruit – by slicing them in half and scooping out the flesh with a spoon – they can be peeled and sliced and added to fruit salad. Kiwi fruit also makes a delicious filling for a cake, or a topping for ice cream. The fruit contains the proteolytic enzyme actinidin, which can aid digestion, but it is probably wise to avoid excessive consumption because little is known about the effects of this enzyme on the body. It can also be used as a meat tenderizer, but this should be limited to 10 minutes. The enzyme also curdles milk and yoghurt and prevents gelatine from setting unless the fruit is cooked first. Always peel the common varieties of kiwi fruit, otherwise the hairs on the skin can irritate the throat.
https://www.thegardener.co.za/grow-to-eat/diy-food/kiwi-fruit/
Make your own ice creame

At least 300 years ago the Chinese were already cultivating ACTINIDIA deliciosa on a very small scale, yet much of the crop consumed there still comes from wild vines scattered over the Zhejiang counties. It was when seeds from China were taken to New Zealand in 1906 and the plants subsequently flourished there that commercial production of the fruit began. In 1962 New Zealand growers began marketing the fruit under the name ‘Kiwi fruit’ (sometimes ‘Kiwifruit’) in an attempt to give it greater market appeal. It is currently grown in many countries, including South Africa, where experimental plantings first began in 1960. Suitable climates Kiwi vines need temperatures of between 5 and 25°C for good fruiting, but they can survive temperatures of as low as -10°C while dormant. Open flowers must be protected from frost (use frost cover) and severe early frost will retard growth. Very high day temperatures can cause sunburn on fruits.
Apart from simply eating the ripe kiwi fruit – by slicing them in half and scooping out the flesh with a spoon – they can be peeled and sliced and added to fruit salad. Kiwi fruit also makes a delicious filling for a cake, or a topping for ice cream. The fruit contains the proteolytic enzyme actinidin, which can aid digestion, but it is probably wise to avoid excessive consumption because little is known about the effects of this enzyme on the body. It can also be used as a meat tenderizer, but this should be limited to 10 minutes. The enzyme also curdles milk and yoghurt and prevents gelatine from setting unless the fruit is cooked first. Always peel the common varieties of kiwi fruit, otherwise the hairs on the skin can irritate the throat.

read also:
https://www.gardeningknowhow.com/edible/fruits/kiwi/harvesting-kiwi-fruit.htm
*
If you have a good strong trellis, are a bit of a gambler and have a love of kiwifruit, there’s no reason not to grow your own crop. As vigorous as they are, though, don’t expect to plop these vines into the ground and stand back. Kiwifruit need some attention to yield the large amount of fruit they’re capable of producing. Proper siting, fertilizing, watering and, most importantly, protecting from cold weather, are necessary to keep your plant in good shape.
Kiwifruit vines are either female, which produce the fruit; or male, which are vital for pollination and fruit production. Be sure to plant both unless a neighbor has the correct male (same species). See photos in the above publication to tell the difference between male and female flowers.

https://today.oregonstate.edu/news/growing-vigorous-kiwi-takes-care-and-strong-trellis
[…] RELATEDKiwi fruits – vrugteFood and VitaminsVitamines and MineralsZinc […]
LikeLike
[…] farming – landZimbabwe – “bread basket” into a “basket case” ~~~ No farmer – No foodKiwi fruits – vrugteTurksvye – Prickley pearsQuercetin – Onion, […]
LikeLike
[…] – VERWANTFood and VitaminsReflexology Therapy and Immune systemKiwi fruits – vrugteBorrie – Curcumin -TurmericWaatlemoene – Watermelon – HydroponicPomegranates […]
LikeLike
[…] Kiwi fruits – vrugteTurksvye – Prickley pearsLettuce – SlaaiblareVitamines and Minerals […]
LikeLike
[…] Kiwi fruits – vrugte […]
LikeLike